Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/30/2008

Soetsuur hoender / Sweet and Sour Chicken


(bedien 150)

150 hoenderporsies, boudjies / dytjies / borsies
240 ml olie
24 uie, gekap
18 410 g blikke pynappelstukke in stroop
1,5 liter hoenderaftreksel
240 ml sojasous
240 ml bruin druiweasyn
240 ml bruinsuiker
50 ml gemmer, gerasper
120 ml sout
15 groen soetrissies, ontpit en gekap
15 rooi soetrissies, ontpit en gekap
750 ml mielieblom

sprietuie

Verhit die olie in 'n swaarboompot.
Verbruin die hoender in die olie.
Gooi die uie by en braai tot die uie deurskynend is.
Voeg die hoenderaftreksel, sojasous, asyn, suiker, gemmer en sout by.
Draai die hitte laer, sit die deksel op en prut vir 1 uur. Die hoender moet sag wees.
Voeg die soetrissies en pynappelstukke by en prut nog 15 minute.
Verdik die sous met 'n pasta van mielieblom en water.

Garneer met sprietuie.

Bedien op rys.


(foto Apesod)

Maklike mieliebrood / Easy Corn Bread

1 x blik sweet corn (mielies)
1 x blik kondensmelk
1 x 250g self rising flour
knippie sout

Gooi al die bestanddele in ‘n bak en meng goed.
Plaas in broodpan.
Bak by 180ºC vir 45 minute, of tot gaar.

resep: Lena Els

10/23/2008

Perske Smoothie / Peach Smoothie

1 koppie perskeskywe
250 ml vanielje jogurt
170 ml lemoensap

Plaas al die bestanddele in 'n menger en laat loop op hoog vir 1 minuut.

Geniet!

10/22/2008

Eisbein

Bykosse by Eisbein is ongetwyfeld kapokaartappels, suurkool en 'n lekker klomp Engelse mosterd en bier om daarmee saam te gaan. Gepiekelde Eisbein veel lekkerder as die gerookte een. Suurkool is in bottels of blikkies beskikbaar. Gooi netso in kastrol en gooi 'n bietjie witasyn en 'n paar korrels heel piment by.

Resep 2

Jurie

Kook die eisbein in 500 ml asyn, 500 ml water, 100 ml swart wynasyn, 1 koppie suiker en kerrie blare of mosterd vir 45 minute. Haal die vleis uit en sit dit in ´n oondpan. Smeer ´n mengsel van mosterd, heuning en olyfolie oor die vleis. Braai eerste 30 minute in foelie (moenie dat foelie aan die eisbein raak nie). Haal foelie af en bak op 190 grade vir nog 25 minute of tot vet hard is. Gooi orige sous bo-oor Laat kook die asynmengsel tot ¼ oor is. Gebruik die sous om op te dien.

(foto: Clemens Pfeiffer)

Resep: Dr. Ans van der Westhuizen

Gemarineerde Provolone-slaai / Marinated Provolone Salad

(resep bedien 6 persone)

500 g kersietamaties (Rosa is heerlik)
200 g Provolone
varsgemaalde swartpeper
vars basielkruid
olyfolie

Sny die Provolone in blokkies en besprinkel met olyfolie en peper. Meng saam met die res van die bestanddele en hou vir ten minste 30 minute in die yskas.
Heerlik saam met Franse brood.

Pasta-omelet met spinasie en kaas / Pasta Omelette with Spinach and Cheese

(resep bedien 4 persone)

200 g kersietamaties (Rosa is heerlik)
200 ml Cheddar, gerasper
15 ml olyfolie
8 eiers
350 g spinasie, fyn gekap
100 g pastaskulpe
80 ml tamatiesous

Kook die pasta tot al dente. Roer die tamatiesous deur die pasta. Stoom die spinasie sag. Roer dit by die pasta. Klits die eiers en roer dit saam met die kaas by die pasta. Voeg die tamaties by. Verhit die olie en giet die mengsel by. Roer tot dit begin stol. Verhit die oond se roosterelement. Verbruin die omelet onder die rooster.

Bedien met volgraan brood en groenslaai.

Quesadillas

(resep bedien 4 persone)

Indien jy nie lus is vir kosmaak nie bied quesadillas altyd 'n oplossing vir 'n vinnige happie.

Koop klaar voorbereide tortillas by jou supermark. Sit 180 g cheddar tussen twee tortillas en braai vir drie minute aan elke kant in olie. Sny in kwarte en sit voor. Die inhoud hoef natuurlik nie net te bestaan uit kaas nie. Gekapte rissies smaak heerlik saam met die kaaas.

Resep 2


(bedien 4)

250 ml mieliepitte
115 g Cheddar en Mozzarella, gerasper en gemeng
60 ml olyfolie
2 jalapeno-rissies, pitte verwyder en gekap
30 ml vars oreganum, fyn gekap
8 klaarbereide tortillas

Verhit 30 ml olie in ´n pan en soteer die rissies, mielies en oreganum vir 2 minute. Smeer ´n ander pan met olyfolie, verwarm en plaas ´n tortilla daarin. Gebruik ¼ van die kaas om bo-oor te strooi gevolg deur ´n ¼ van die mieliemengsel. Sit nog ´n tortilla bo-op en druk plat met jou hand. Braai tot die tortilla bruin is aan die onderkant. Draai om en braai bruin aan ander kant.

Bedien saam met salsa.

Souttert / Quiche

Maak saam fyn: 5 snye brood (wit of bruin), 2 eetlepels margarine, 1½ koppie melk

Braai saam: 1 ui, ½ pakkie snipperspek en 4 weense worsies. Roer by broodmengsel plus:

1 ½ koppie kaas, 3 eiers met bietjie melk, ½ teelepel sout, pietersielie en rooipeper.
Bak by 180 ºC vir +/- 10 tot 15 minute.


Resep: Maureen

Gekaramelliseerde peerslaai met Gruyère / Caramelized Pear Salad with Gruyère

(bedien 4)

4 pere
bietjie bruinsuiker
klein botterslaai
2 andyvie
bossie bronkors
80 g Gruyère
40 geroosterde haselneute

Slaaisous:
200 ml druiwepitolie
100 ml vars suurlemoensap
1 eetlepel bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel droë mostert
½ teelepel witpeper

Sny die pere in dun skywe en verwyder die pitte. Plaas die helfte van die skywe op ´n bakplaat en strooi suiker bo-oor. Karamelliseer dit onder die oondrooster. Meng al die bestandele vir die sous. Rangskik slaaiblare en bronkors op die een helfte van die bord en andyvie op die ander helfte. Rangskik die peerskywe bo-op. Skaaf die kaas in lang repe oor en strooi haselneute oor. Sprinkel die slaaisous oor.

Garneer met sprietuie of eetbare blomme.

Suurlemoentert / Lemon Meringue

Resep 1

een blikkie kondensmelk
gerasperde skil van een suurlemoen
½ koppie suurlemoensap
2 eiers, geskei
2 eetlepels suiker
een gebakte kors of krummelkors

Meng kondensmelk, suurlemoenskil, sap en eiergele saam. Gooi in kors. Klits die eierwitte styf met suiker en smeer bo-oor. Bak by 180ºC vir ± 10 minute.


resep: Petro van der Westhuizen


Resep 2

200 g Marie beskuitjies, fyngemaak
125 g botter, gesmelt
2 blikkies gekondenseerde melk
4 eiers, geskei
250 ml suurlemoensap, gebruik vars suurlemoene
125 ml strooisuiker

Meng die beskuitjies en botter en druk vas op die bodem en kante van ´n gesmeerde tertbak van 220 mm. Meng die melk en eiergele goed. Voeg die suurlemoensap by. Giet die mengsel in die tertkors en bak 10 minute lank by 180ºC. Klop die eierwitte tot dit sagte punte vorm. Voeg die suiker geleidelik by en klop goed na elke byvoeging. Klop tot dit stywe punte vorm. Sodra die tert uit die oond kom plaas jy die eierwitmengsel bo-op. Plaas terug in die oond en bak tot die eierwit goudbruin is.


Die volledige kookboek vir diabete

Na beraming ly ten minste 3 persent van ons Suid-Afrikaanse bevolking aan diabetes. Die eet van 'n volledige, gebalanseerde dieet is baie belangrik vir die diabeet sowel as vir die nie-diabeet. Dit is basies 'n gesonde dieet, hoog in samegestelde koolhidrate en dieetvesel en laag in vette. Dit is nie nodig dat die diabeet ander voedsel moet eet as wat die res van die gesin geniet nie. Die diabeet kan selfs dikwels die hele gesin daartoe lei om gesonder te eet.

Die volledige kookboek vir diabete bevat al die noodsaaklike inligting en het 'n kontrolelys by elke resep. Dit is ook die ideale gids vir verslankers en kilotemmers en word aanbeveel deur die Diabetesvereniging van Suid-Afrika.

Coca-Cola

Daar is seker nog nie een mens in die hele wye wêreld wat nie van Coca-Cola gehoor het nie. Die geld wat Coca-Cola spandeer aan advertensies kan ´n Afrika land of twee aan die gang hou. Daar is ook so baie urban Legends oor Coke. ´n Mens weet nie meer wat die waarheid is nie. So ek het gaan ondersoek instel na waar kom die gesogte drankie vandaan.

In 1886 het Dr John Stythe Pemberton het eendag sy eie tonikum aangemaak wat ´n mens se brein en senuweestelsel moes gehelp het om beter te funksioneer. In die tonikum het hy ´n Afrika Kolaneut se ekstrak geneem asook kakao blare. Albei hierdie bestanddele is sterk stimulante. Dr. Pemberton se vennoot ´n boekhouer genaamd Frank M Robinson het die tonikum genoem Coca-Cola.

Dr Pemberton is toe met sy stroop hier onder die arm af na Jacobs se apteek toe. Die apteker het die dik bruin stroop met water gemeng en toe aan die mense verkoop vir ´n paar sente. Eendag het ´n kliënt in die apteek ingekom en vir die apteker gevra om vir hom ´n drankie aan te maak maar dat hy nie gewone water moet gebruik nie maar eerder sodawater. En net daar is Coca-Cola gebore.

Dr. Pemberton het nie vreeslik baie geld met sy Coke gemaak nie. Vyf jaar na sy uitvinding het die Dok sy maatskappy verkoop aan ´n Asa G Candler. In 1893 het die man Coca-Cola gepatenteer. Die res is geskiedenis. Coke word vandag in oor die 200 lande verkoop. Coke het so ´n ryk geskiedenis en bekende handelsnaam en ek glo dit is een van die bekendste produkte ter wêreld.

Coke is ook in die geskiedenis van die mens ingeweef. Daar is letterlik duisende stories oor Coke en sy invloed op die mens. Die een man skryf dat hy en vriendin onder die maan en sterre gesit het en Coke drink het. Net daar het hy toe so begeesterd geraak en haar gevra om met hom te trou.

´n Ander man vertel dat die mooi vrou verby hom geloop het en ´n bottel Coke gedrink het. Sy het verby hom geloop en gestruikel en al haar Coke op sy nuwe klere gemors. Vandag is hulle nog ´n hele paar jaar gelukkig getroud.

Dit is nie net met die liefdeslewe waar Coke mense bymekaar kry nie, maar ook in al die oorloë wat die moderne wêreld al gesien het. Van die tweede wêreld oorlog tot in met die oorlog in Afghanistan het soldate stories te vertel rondom Coke. Soldate wat moeg en uitgeput is na ure se patrollies wat afkom op ´n klein winkeltjie in die middel van nerens wat koue Coke verkoop.

Coke is nie net ´n tonikum, of heerlike drankie nie maar daar kan baie ander dinge daarmee gedoen word en ek gee so ´n paar wenke hier:

· Gooi ´n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir ´n uur. Spoel die toiler en jy sit met ´n sprankel skoon toilet.
· Waneer jou motorbattery aangepak is neem net Coke en gooi dit oor die terminale. Die Coke sal die terminale skoonvreet.
· Wanneer jy sukkel om ´n geroeste skroef los te draai. Gooi Coke op ´n lappie en hou die lappie teen die skroef vir ´n paar minute.
· ´n Heerlike manier om ´n varkboud gaar te maak is om ´n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie. Bak die vark boud tot net so ´n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur. Die sous van die varkboud en die coke meng dan om ´n heerlike sous te maak.
· Om vetkolle van klere te verwyder moet jy ´n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal. Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.

Jare gelede toe die jong mans nog grensdiens gaan doen het, het ´n blikkie Coke 25 sent gekos en ´n bier 20 sent. Weens ekonomiese redes het die soldate daardie tyd eerder bier as Coke gedrink. ´n Kas bier het slegs R 4.80 gekos terwyl ´n kas Coke R6.00 gekos het.

Daar is veral manne wat beweer dit is nie die Brandewyn wat jou siek maak nie maar wel die Coke. Gesond of nie, lekker of sleg Coke is ´n deel van ons lewens en ons kultuur. Geniet jou Coke en onthou maar soos alles matigheid voor oë.


deur Frik Lombard

10/21/2008

Soetpatats / Sweet Potatoes

1 kg patats, in skywe gesny
5 cm gedroogde nartjieskil
30 ml botter
1 kaneelstokkie
250 g bruinsuiker
sout
125 ml water

Was die patats. Sit dit saam met die nartjie, botter, kaneel, suiker, sout en water in ´n dikboomkastrol en prut tot die patats gaar en die meeste water weggekook is. Verhoog die hitte en braai die patats tot goudbruin. Haal die kaneel en nartjie uit voor opdiening.


(resep bedien 4 persone)

Pampoenkoekies / Pumpkin Fritters

500 ml pampoen, gaar en fyn gemaak
125 ml meel
5 ml bakpoeier
sout
2 eiers, geklits
olie

Meng die pampoen, meel, bakpoeier en sout in ´n mengbak. Voeg die eiers by die pampoenmengsel om die drupbeslag te vorm. Braai lepels hiervan in olie tot gaar en goudbruin. Dreineer op kombuispapier.

Bedien dit ´n slag met vars kruie van jou keuse en skaafsels parmesaan of met ´n spuit room en versier met groen kersies.

Kinders is dol oor pampoenkoekies.


(bedien 6)

Varkspek quiche / Bacon Quiche

Beste mensen, dit recept is een Belgische variant op het recept van Skelvis Quiche.

Gebruik in plaats van vis 500 g gerookt varkensspek (braaispek)en gesneden ui, paprika en wortel. Ook is het lekker om room te gebruiken in plaats van melk. Het mosterpoeier mag vervangen worden door peper, zout en groene tuinkruiden.

Veel succes!

Resep: Ann de Wit

Skelvis quiche / Haddock Quiche

Basis :
300 g bevrore broskorsdeeg
500 g skelvis, in blokkies gesny
1 medium ui, fyn gekap
1 koppie cheddar kaas

Vulsel:
3 groot eiers
300 ml melk
½ teelepel mosterdpoeier
Sout en peper na smaak (Onthou skelvis is reeds sout.)

Rol deeg uit tot ± 3mm. Smeer quichebak en voer uit met deeg en hou verkoel. Posjeer skelvis in melk vir ongeveer 8 minute. Dreineer en plaas in lae met uie en kaas op basis. Vulsel: Meng al die bestanddele en gooi oor basis. Bak vir 20 minute teen 200°C tot goudbruin. Enige ander vis kan ook in die resep gebruik word.

Resep: Petro van der Westhuizen

Gestopte wildsboud / Stuffed Leg of Venison

1 medium (2 tot 2,5kg) wildsboud
250 g spek
250 ml asyn of 125 ml asyn en 125 ml droë rooiwyn
5 ml peper
2 ml fyn gemmer
12,5 ml suiker
75 g ontpitte rosyntjies
2 knoffelhuisies, gekap
1 groot ui, in skywe gesny
12,5 ml appelkooskonfyt
6 naeltjies
25 ml koekmeel

Sny spek in 10 mm repe en laat week in mengsel van asyn, sout. peper, gemmer en suiker lê. Steek gate met mes in boud groot genoeg om voorvinger in te druk. Steek in elke gat 'n stukkie knoffel, rosyntjie en stukkie-repie- spek. Rangskik uie skywe bo-op boud en gooi asynmengsel oor. Laat 3 dae staan en draai twee keer per dag om. Smeer boud met appelkooskonfyt. Sit boud in dikboomkastrol, gooi asynmengsel by + 375 ml water. Kook stadig tot vleis sag is. Gooi sous af en hou eenkant. Braai nou boed bruin in kastrol en haal uit. Meng meel met sous en kook vinning op.

Resep: Petro van der Westhuizen

Wortelkoek / Carrot Cake


500 ml meel 10 ml bakpoeier
2,5 ml koeksoda
5 ml sout
500 ml gerasperde wortel
125 ml neute, gekap
10 ml kaneel
500 ml suiker
250 ml olie
4 eiers
1 klein blikkie fyn pynappel
Vulsel:
110 ml botter
375 ml versiersuiker
100 ml geroomde kaas
5 ml vanielje

Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel saam. Voeg dan die suiker, olie en eiers by en meng goed. Voeg die wortel, gedreineerde pynappel en neute by en meng goed. Sit in 3 koekpanne wat gesmeer is en bak teen 350 180ºC vir 40 minute of tot gaar. Koel af en versier met die vulsel. Die bestanddele hiervoor moet goed gemeng word.

Buffet

So slaan jy ´n buffet aanmekaar:

Vir die somer: Koue vleis - asseblief nie die wat jy koop nie- Bak jou eie varkboud, skaapboud, gerookte varkboud/nek en gekruide hoender.

Voorgereg: Dit kan vekieslik reeds op die gedekte tafels gesit word.
Vars vrugte in stukkies gesny en in sosatiestokke geryg. Bedien met bietjie room bo-oor. Om mooi te laat lyk sprinkel versiersuiker rondom die sosatie in bordjie.

Hoofgereg: Vleis (Van die vleise kan ook warm bedien word saam met warm groente.)
Blomkool en spruitkool saam gekook - net tot gaar nie pap nie. Verkieslik gebak in oond met groentesout oor - los uit die witsous asseblief. Gooi liewers wortelrepies(Jullienrepies) bo-oor en bak saam met die kool. Dit kan warm of koud bedien word.
Kook rys en laat afkoel- Meng blikkie gekapte pynappel-sonder sous- gaar ertjies en gekapte neute daarmee. Kan warm of koud bedien word.

Uitpak slaai: Tamaties, komkommer, blaarslaai, radyse, feta kaas en olywe. Sit slaaisous apart voor.
Piesang- en eierslaai: Sny piesangs in ringe en voeg gekookte eier wat in skyfies gesny is by en meng met mayonaise.
Aartappel- en sampioenslaai: Kook baba aartappels in skil tot gaar maar nie pap nie. Neem blikkie gesnipperde sampioen in room. Hol aartappel uit en meng die aartappelvleis met sampioene. Vul die aartappels. Warm of koud. Pak in mooi bord en gooi gekapte pietersielie bo-oor. Klein gekleurde uitjies kan ook op die aartappel gesit word. Dit lyk mooi en smaak lekker.

Gesondheidsbrood: ´n Paar skywe gesny maar los op broodbord met ´n mes sodat mense self die brood kan sny. Sit voor met REGTE botter en twee konfyte en gerasperde kaas.

Nagereg kan jy ´n gebakte poeding met val of roomys voorsit.

Met Koffie: Soutbeskuitjies en verskillende kase.

Probeer een van hierdie resepte maar moenie te veel goed voorsit nie. Jy gaan baie moeg wees met die ete en eintlik moet jy dit ook geniet:

Aspersies in bottersous
Kiwi-kaaskoek
Bloukaas pastaslaai
Tipsy tert
Gemmerheuning lamsboud

Aspersies in bottersous / Asparagus in Butter Sauce

1 blik aspersies, gedreineer
250 ml room
250 g botter
50 ml salotte, fyngekap
50 ml asyn
50 ml wit droë wyn
15 ml koue water

Soteer salotte in botter. Meng room, wyn en asyn by. Roer oor lae hitte en sit warm oor aspersies voor. Geur.

Hierdie is ´n heerlike groente, maar kan ook as voorgereg gebruik word. Neem skilferdeeg en sny in vorms, sit twee opmekaar met geklitste eier opmekaar en bak. Sit bo-op aspersies vir versiering.

Kiwi-kaaskoek / Kiwi Cheesecake

350 g Digestive (of sommer van iets wat jy van hou) beskuitjies, gekrummel
200 g botter, gesmelt
12 g gelatine
45 ml water
350 g roomkaas
100 g strooisuiker
225 ml ongegeurde jogurt
300 ml dik room
5 ml vanielje geursel
60 ml suiker
5 ml mielieblom
2 kiwivrugte dun gesny

Meng krummels met botter en druk op boom van losboompan. Verkoel. Klits roomkaas en suiker. Klits jogurt daarby in. Klits room styf en voeg by. Los gelatine in warm water op en roer by mengsel. Skep oor kors. Maak suikerstroop met 125 ml water en suiker aan en verdik met mielieblom. Versier koek met kiwivrugte en verglans met suikerstroop. Verkoel oornag. Die koek kan met enige vrugte versier word indien verkies.

Bloukaas pastaslaai / Blue Cheese Pasta Salad

Meng die volgende:
250 g gaar skulpie pasta, gedreineer en afgespoel onder koue water
4 stingeluie, gekap
½ soetrissie, in blokkies gesny
6 repe spek, gerooster en gekap
Slaaisous:
½ koppie romerige mayonnaise
60 g bloukaas
2 eetleps pietersielie, fyngekap
Sout en peper

Tipsy tert / Tipsy Tart

1 koppie gekapte dadels 250 ml kookwater
250 ml suiker
250 ml meelblom
½ teelepel bakpoeier
¼ koppie gekapte neute en kersies
2 eiers
2 eetlepels botter
¼ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1 teelepel gemengde speserye

Kook die dadels in die kookwater en voeg koeksoda by. Room die botter en suiker. Voeg eiers by en meng goed. if die droë bestandele en voeg dit by die eiermengsel. Roer die dadelmengsel by. Voeg die neute en kersies by en laastens die bakpoeier. Gooi in 'n gesmeerde tertbak. Bak 30 minute by 200ºC.

Stroop:
Vir die stroop kook jy 1¼ koppie suiker met 'n ¾ koppie water. Voeg een eetlepel botter by en laat effens afkoel. Voeg ¼ koppie brandewyn en een teelepel vanielje by. Gooi die warm stroop oor die warm tert.

Resep 2

Petro van der Westhuizen

1 koppie gesnyde dadels
¾ koppie kookwater
1 teelepel koeksoda
2 eetlepels botter
1 klein koppie suiker
1 eier
1¼ koppie meel
4 teelepels bakpoeier
Sout
¼ koppie neute

Gooi kookwater op dadels en koeksoda. Room botter, suiker en eiers. Sif meelblom, sout en bakpoeier saam. Meng nou die drie mengsels saam. Voeg neute by. Bak in tertbak vir 45 minute teen 180ºC.

Stroop:
1½ koppie suiker
¾ koppie water
Kook alles saam vir 10 minute. Voeg by 2 teelepels botter, ¼ koppie brandewyn of liqueur of 1 teelepel vanielje. Skep oor afgekoelde tert en versier met room.


Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien weerstandigheid


Die meer as 230 resepte in die Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid is oor die jare getoets en verfyn deur die outeur en is spesiaal onwikkel om by plaaslike eetgewoontes en voedselvoorkeure in te pas.

Klem word gelê op die soorte kosse waarvoor diabeteslyers gewoonlik sukkel om gepaste disse te kry, en bestanddele en plaasvervangers wat bekostigbaar en vrylik beskikbaar is, is met groot sorg gekies.

Vet feite

Baie keer voel dit vir my asof ons so gebreinspoel word dat ons nie meer tussen die waarheid en die leun kan onderskei nie. Doen julle self net die guns en kyk eendag na die etikette van die produkte wat julle koop. Moet ook nie skaam wees om ´n gewone produk en ´n lae vet produk se etikette te vergelyk nie.

Eendag het ek ´n pakkie skyfies van die rak afgeneem en na die voedingsinhoud van die pakkie gekyk. Langs die bekende naam van die skyfies het ook ´n ander bekende naam lae vet pakkie skyfies gelê. Die vetinhoud op die twee pakkies was amper dieselfde gewees. Die vraag het by my opgekom oor wanneer is ´n lae vet produk ´n lae vet produk. Of word die woorde "lae vet" net gebruik as ´n bemakingsfoefie? Lees die artikel deur en besluit maar self.


Botter en margarien het ook omtrent dieselfde kalorieë. Die grootste verskil tussen botter en margarien is diervette en plantvette. As jy margarien net eet omdat dit minder kalorieë het sal botter glad nie ´n verkil maak nie.

Nog ´n groot miskonsepsie is dat lae vet voedsel minder kalorieë het as gewone voedsel. As daar ´n verskil is gaan die verskil baie minimaal wees. Die geheim lê in die etiket. Lees die etiket, as die lae vet inhoud voedsel net soveel of amper dieselfde kalorieë bevat los dan eerder die produk. Die geheim van gewig verloor lê nie daarin hoeveel vet jy inkry nie maar in hoeveel kalorieë jy inneem elke dag. Die lae vet kalorieë tel net soveel soos die vet kalorieë.

Wanneer mens kyk na jou gesondheid en wat jy eet en drink sal jy ook onwillekeurig moet kyk na die aantal kalorieë andersins gaan jy eendag gesond wees met ´n ongemaklike groot lyf. Vrugtesap is nog ´n bedekte kalorieë-tydbom. Vrugtesappe is gesond en bevat heelwat vitamines maar ook net soveel kalorieë.

So wanneer jy wil gewig verloor kyk na jou kalorieë inname en nie na die vet inname nie. Aangesien baie mense onkundig is oor vet en kalorieë, myself ingesluit, kan ons en word ons maklik om die bos gelei met lae vet produkte. Ons liggame het vet nodig om te funksioneer. Die industrieë daar buite moet hulle produkte verkoop. Wanneer die verkope af is begin hulle dink aan maniere om verkope op te stoot. En die mees suksesvolste manier is om vir mense te sê dat as hulle hierdie wonderlike lae vet produk van hulle gaan eet gaan hulle gewig verloor en so mooi en slank word. En ons val daarvoor.

Al teenvoeter en oplossing wat ek vir die probleem het is die etikette te lees en matigheid voor oë te hou.
deur Frik Lombard

10/20/2008

Gemmerheuning lamsboud / Ginger and Honey Lamb

1 lamsboud, ± 2 kg-
Sout en peper
klein bossie vars roosmaryn
5 cm vars gemmerwortel, gerasper
1 knoffeltoontjie, fyngedruk
2 eetlepels heuning

Voorverhit die oond tot 160ºC. Geur die lamsboud met sout en peper. Maak 15 snytjies oor die boud. Steek takkies roosmaryn in die snytjies. Meng die gemmer, knoffel en heuning tot ´n pasta en smeer oor die vleis. Plaas boud op ´n oondrakkie wat oor ´n oondbraaipan pas. Oondbraai vir 30 minute en draai die boud om en oondbraai vir nog 1½ uur tot goudbruin. Die vleissappe moet helder wees as ´n toetspen ingesteek word.

Kerrie en rys / Curry and Rice

1 kg blokkies vleis (ek gebruik nooit maalvleis nie, maar mens kan)
2 wortels, in blokkies gesny
2 aartappels, in blokkies gesny
olie
2 uie, gekerf
vars oreganum, 1 takkie
1 poedinglepel kerrie
½ teelepel fyn vinkel
1 lourierblaar
½ teelepel gerasperde gemmerwortel
1 knoffelhuisie, gekneus
½ teelepel borrie
½ teelepel asyn
½ teelepel bruinsuiker
Opsioneel: 1 heel brandrissie en gekerfde soetrissie

Braai vleis, uie en knoffel in 'n bietjie olie tot bruin en uie deurskynend.
Voeg rissies by en vinkel. Roerbraai vir ± 2 minute.
Voeg al die ander bestanddele by en gooi water by sodat alles bedek is. Laat prut oor lae hitte.

Hoe langer die gereg staan hoe lekkerder smaak dit.

Bedien op rys.

Geroosterde kreef / Roasted Lobster

Sny die kreef oop en drup olyfolie oor. Sout en peper na smaak of gebruik Thai-vissous. Dis heerlik en geen sout is dan nodig. Braai oor kole en draai gereeld om. Die vuur moenie te warm wees nie. Dit kan ook in ´n bak gesit word en dan op die kole gesit word. So verloor dit nie baie sappe nie.

Bedien met ´n sous, bv. bottersous, op rys met ´n groenslaai.

Troepe-koekies / Anzac-koekies / Anzac Biscuits

Die Anzac staan vir Australia / New Zealand Army Corps.

1 koppie koekmeel
1 koppie klapper
1 koppie hawermout
twee-derde koppie bruinsuiker
knypie sout
125 g ongesoute botter
1 eetlepel goue stroop
½ teelepel koeksoda
2 eetlepels kookwater

Meng meel, klapper, suiker en hawermout goed. Smelt botter in klein pannetjie en meng koeksoda en water by en gooi stroop by bottermengsel. Gooi by droë mengsel en meng goed. Voer bakplaat uit met bakpapier. Rol teelepels vol deeg in klein balletjies en sit op bakplaat. Ver genoeg van mekaar sodat koekies nie ineen loop nie. Bak vir 15 tot 20 minute tot gaar by 180°C. Laat in bakplaat afkoel.


Biltongtert / Biltong Tart

125 g koekmeel
12 g botter
125 g room of maaskaas
knippie sout

Meng meel en sout. Vryf botter in. Voeg room by. Verkoel in yskas vir 30 minute. Druk in ongesmeerde pastei-pan, 3 mm dik, en bak vir 15 minute teen 200°C.

Vulsel:
20 g koekmeel
30 g botter
goeie knippie sout
50 g gerasperde biltong
50 g gekapte sampioene besprinkel met een lemmetjie
¼ ui, gekap
5 ml pietersielie, gekap
2 eiers

Maak witsous met meel, melk en 20 g botter. Geur met sout. In dieselfde pan: soteer die uie en sampioene tot bruin in res van botter. Voeg witsous by. Skei eiers. Klits die gele en voeg by mengsel. Voeg biltong en pietersielie by. Klits eierwitte styf en vou by mengsel in. Skep in gebakte pasteikors en bak vir ± 20 minute tot gaar by 200°C.

Resep 2

Resep: Petro van der Westhuizen

275 g meelblom
3 ml sout
2 eiers
115 g botter
20 g fyn biltong, hou groter stukke vir versiering
25 ml bakpoeier
200 g bloukaas
Kap 3 ongelegte pere in groterige stukke.
375 melk of karringmelk
10 ml marmite

Sif meelblom, bakpoeier en 'n knippie sout saam. Voeg kaas by en meng. Klits eiers en melk en voeg kaasmengsel by en meng. Roer. Bak in oond teen 190°C vir 25 minute. Smelt botter en marmite saam en gooi oor tert. Plaas terug in oond vir nog 3 minute en strooi biltongstukke oor terwyl warm.

Thaise rooikerrie / Red Thai Curry

Lamskenkels is wonderlik in ´n potjie. Dit moet stadig en nogal lank kook. Kerrie is lekker saam met dit asook klein aartappeltjies.

10 ml koljandersade
50 ml sonneblomolie
45 ml rooikerrie pasta van Woolworths
1 ui, gekap
4 tamaties in skywe gesny
1 blikkie klappermelk
30 g vars koljanderblare, gekap
klein aartappeltjies
wortels geskil en in groot stukke gesny
Braai uie in olie. Voeg skenkels by en roerbraai. Meng al die ander bestanddele en voeg by en laat prut tot die vleis sag is.

Bedien op jasmynrys.

Kerriekool / Curried Cabbage

My kinders is, soos enige kind, seker maar is nie baie lief vir groente nie, maar hierdie was ´n wenner gewees.

1 klein koolkop, gekerf
2 wortels, gerasper
2 uie, gekerf
1 kg maalvleis
1 pakkie hoendernoedelsop
5 ml borrie
2 eetlepels kerrie (matig)
1 teelepel sout
1 ml swartpeper
4 eetlepels botter

Gebruik ´n groot braaipan. Braai die uie in 4 eetlepels botter tot ligbruin. Voeg die kool by en roerbraai vir ongeveer 30 minute. Voeg nou vleis, wortels en geurmiddels by. Maak sop aan met 500 ml water en gooi helfte by. Kook / prit vir 30 minute en gooi af en toe van die res van die sop by of as dit nodig is kan meer water by gegooi word (moenie laat dit brand nie) (partykeer gooi ek so ´n kwart koppie room by net vir die lekker).

Bedien met rys, vars broodjies en mengelslaai.

Resep: Yris du Plessis

Lensiebobotie

(resep bedien 4)

150 g bruin lensies
400 ml kookwater
1 groente-ekstrakblokkie
10 ml olyfolie
1 ui, gekap
1 wortel, gerasper
2 selderystingels, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
2 ml fyn gemmer
2 snye volgraanbrood, korsies af
4 suurlemoenblare
1 eier
250 ml vetvrye melk

Maak die lensies gaar volgens aanwysings op die verpakking. Sit die ekstrakblokkie halfpad deur die kookproses by. Verhit olyfolie in ´n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg nou die wortel en seldery by en roerbraai. Voeg die knoffel, kerrie, borrie en gemmer by en braai vir nog ´n minuut. Voeg die lensies nou by en meng. Week die brood in melk. Druk die oortollige melk uit, maar moet dit nie weggooi nie. Krummel die brood by die lensies en meng. Geur met sout en swartpeper. Skep die mengsel in ´n kasserol. Klits die oortollige melk en die eier saam en giet oor die lensies. Druk suurlemoenblare in die mengsel en bak teen 180ºC vir 25 minute.

Bedien saam met groenslaai.

Pizza Rustica

Afgesien van die naam is die Pizza Rustica nie ´n pizza nie, maar ´n pastei.

(bedien 6)

Deeg:
225 g meel
½ teelepel bakpoeier
knippie sout
100 g botter, in blokkies gesny
55 g strooisuiker
1 eiergeel
55 ml room

Vir die deeg sif jy die meel, bakpoeier en sout saam in ´n groot bak. Vry die botter by tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die suiker by. Meng die eiergeel en room saam en gooi by die deegmengsel. Knie tot jy ´n sagte deeg het. Hou in yskas tot benodig.

Vulsel:
500 g ricotta
3 eiers
50 g pecorino, gerasper
120 g mozzarella, gerasper
125 g prosciutto, in klein stukkies
2 eetlepels pietersielie, fyn opgesny

Meng die ricotta met die eiers, kaas, prosciutto en pietersielie. Onthou die sout en peper. Voorverhit die oond tot 200ºC. Sny een derde van die deeg af en rol die res uit om in ´n pasteipan met ´ 20 cm deursnee te pas. Gooi die vulsel in en maak glad bo-op. Rol die res van die deeg uit en bedek die pastei daarmee. Bak vir 20 minute. Verlaag die hitte tot 180ºC en bak ´n verdere 20 minute.

Sjokolade pankoek / Chocolate Cake

750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
500 ml suiker
80 ml kakao
knippie sout
500 ml kookwater
250 ml olie
10 ml vanieljegeursel
50 ml witasyn

Sif die droë bestanddele in ´n mengbak. Meng die vloeistowwe saam en gooi egalig by die ander bestanddele en meng met ´n vurk. Gooi in ´n oondpan en bak by 180ºC vir 20 minute. Toets deur ´n skerp mes of speld daarin te steek wat moet skoon uitkom. Laat die koek in die pan koud word. Versier.

Cipolline agro dulce

1 kg klein uie, net geskil
2 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels asyn
60 g botter
water

Verhit die suiker in ´n kastrol tot dit begin karamaliseer. Verwyder van die hitte en roer die asyn en botter by. Sit terug op plaat en bring tot kookpunt. Voeg nou die uie by en genoeg water om die uie te bedek. Kook oor matige hitte vir 10 minute. Bedek nou die kastrol en kook vir ´n verdere 20 minute of tot die uie sag is.

Sarie 5


Die titel vul 'n leemte vir diegene van ons wat hou daarvan om eerlike kos met 'n moderne aanslag te maak - lekker kos wat met die eerste proeslag geluksaligheid oor die gemoed bring.

Resepte wissel van flatervrye staatmakers soos Pampoenkoekies en Sjokolademousse tot Tamatie-broodsop en Tagliatelle met gerookte salm en tamatie. En die bonus van so 'n kookskat? Al die resepte in Sarie 5 verg net vyf bestanddele van jou en verg nie die wêreld se tyd nie. Die klem op vyf bestanddele is egter net Barbara Joubert se rigtingwyser, want sy glo elke persoon moet sy of haar reg hê om van die resepte af te wyk om meer bestanddele by te sit of sommiges uit te laat. Die titel weerspieël Barbara se oortuiging dat kook die lekkerste vorm van demokrasie is wat sy ken!

Elke hoofstuk bevat resepte wat gepas is vir winter- of somermaande, maar laat jou toe om te besluit waarvoor jy lus het. Barbara se manier van kosmaak is om dinge te vereenvoudig, sonder om die essensie of smaak van 'n gereg prys te gee. Probeer gerus haar resep vir die lekkerste hoenderpasteie of die perfekte geroosterde aartappels.

Wenke vir vegatariërs

Almal hou nie daarvan om vleis te eet nie. Wat ek hier wil doen is om net so ´n paar wenke hier te gee vir mense wat graag so nou en dan vegetariese disse wil eet. Vir mense wat op ´n lae cholesterol- of vetdieet is kan gerus van hulle vleisdisse vervang met vegetariese disse.

Die eerste wenk is om heerlike vegetariese frikkadelle te maak. Koop vegetariese burgers by jou Supermark. Ontvries die burger en krummel dit. Voeg green peppers, gekapte uie, knoffel en fyn aartappels by. Meng goed en rol dan van die mengsel frikkadelle. Hier frikkadelle kan jy dan bak of braai. Jy kan enige ander groente ook in die mengsel sit. Die een wat ek hier weergee is net die basiese resep en jy kan die bestanddele aanpas volgens jou smaak.

Jy kan ook so vir jou ´n heerlike hamburger maak. Neem weer die ontvriesde vegetariese burger en krummel. Jy kan jou gunsteling groente byvoeg of as jy haastig is maak ´n groterige frikkadel of twee. Druk dit dan plat om ´n lekker groterige hamburger te maak. Sit nou die frikkadel op ´n sny brood en gooi salsa of sampioensous oor die burger. Sit die ander snytjie brood op en geniet.

Wat jy ook kan doen is om fyn aartappels te neem en dit meng met broodkrummels. Braai dit dan in ´n pan met olie. Om hierdie frikkadel interessant te maak voeg tamatie, selery, tamatiesap en verpulpte groente soos broccoli en ertjies by. As jou mengsel te slap is voeg nog broodkrummels by. Gee jou verbeelding vrye teuls en doen proefnemings met byvoegings om die frikkadelle nog meer interessanter te maak.

Pasta kan ook op verskeie maniere verander word om dit interessant te maak. Neem gekookte pasta en meng met jou gunsteling pastasous. Gooi broodkrummels oor en bak in die oond. Meng ´n blikkie boontjies en gekapte ui met jou pasta en geniet. Maak ´n Salsa en meng dit in jou pasta en garneer met gekapte olywe. Meng margarien, knoffel of knoffel poeier en pietersielie in die pasta. Neem weer margarien meng dit in die pasta met gekookte ertjies en tamatie sous of ´n heerlike salsa.

Om heerlike en interessante pastasouse te maak is net so maklik. Neem ´n blikke gekapte tamaties en ´n bottel pizza- of pastasous en meng. Probeer dan om geblikte boontjies te neem en meng ook met pizzasous. Meng sampioene met boontjies gekapte spinasie en ´n groente sous blokkie. Kook saam vir paar minute.

Van rys kan mens ook wonderlike vegetariese geregte maak. ´n Heerlike risoto is so vinnig en maklik om te maak. Die basiese resep vir risoto is soos volg : Verhit twee eetlepels olyf olie in ´n pan. Braai dan vir 1 minuut ´n huisie knoffel in die olie. Gooi dan so 1 koppie rys in die pan en braai en roer die rys in die olie. Gooi nou 4 koppies water of groente-aftreksel by. Kook die rys tot al die vloeistof geabsorbeer is. Gooi nog water by en roer tot al die water geabsorbeer is en die rys so sag en romerig is.

Maar die einde is dit niet. Want om die rys heerlik te maak kan jy enige van die volgende en in enige kombinasies is byvoeg nl. gemmer, gedreineerde fyn pynappel, gevriesde gemengde groente, ertjies, sojasous, neute of spinasie. Moet nie die tamaties of green peppers vergeet nie. Knoffel kan hier ook goed werk.

Ek hoop dat ek julle nou genoeg inligting gegee het en julle smaakkliere net genoeg lus gemaak het om so ten minste een keer per week ´n vegetariese ete voor te berei.

deur Frik Lombard

10/16/2008

Duitse Knödel / Aartappelkluitjies


Nan Lodveteig

1,5 kg rou aartapels
500 g gaar aartappel (van oorskiet)
1/8 l melk
Broodkrummels (krummels van 3 broodrolletjies)
Sout en peper

Rou aartappels se voorbereiding:
(a) kan fyn gerasper wees of
(b) kan gemaal word met 'n meule.

Druk al die vog uit die rou aartappels.(maak nie saak as die aartappels effens verkleur nie dit is maar net die yster in dit wat vinnig blou word)

Maal of rasper ook die gaar aartappels.
Voeg die krummels, sout, peper en 'n eier by aartappels en meng met 'n lepel.
Voeg die melk bietjie, bietjies by.
Maak jou hande nat en rol die aartappelmengsel in bolletjies met die handpalms.
Bring water tot 'n vinige kookpunt in 'n kastrol waarvan die bodem groot genoeg is om al die bolletjies te vat.
Sak die aartappelkluitjies in die kookwater en draai die tempratuur na matig.
Kook +- 20 minute. As die artappel gaar is sal dit bo-op die water dryf.
Skep dadelik uit die water en bedien soos aartappels met enige vleisgereg of in 'n bord sop.

10/15/2008

Vrugtekelkietert

1 blik vrugtekelkie
2 koppies bruismeel
1 koppie suiker
2 teelepels koeksoda
1 teelepel sout
2 eiers

Klits die eiers en suiker tot dit lig en sponserig is. Voeg nou die vrugte en sap by. Vou die gesifte droë bestanddele by. Bak teen 180ºC vir 35 minute.

Kook die volgende bestanddele saam vir 3 minute om die sous te maak wat jy oor die tert gooi:
1 koppie suiker
1 koppie fyn klapper
50 ml botter
250 ml ingedampte melk
1 teelepel vanielje

Vis met rissiesous / Fih with Chilli Sauce



15 ml sonneblomolie
15 ml gerasperde groen gemmer
3 toontjies knoffel, gekneus
65 ml tamatiesous
65 ml brandrissiesous
10 ml suiker
15 ml sojasous
10 ml sjerrie
30 ml water
250 g van jou gunsteling vis

Plaas die olie, gemmer, knoffel, tamatiesous en rissiesous in ´n warm pan. Roer 1 minuut oor matige hitte. Voeg die ander bestanddele, behalwe die vis, by en meng. Voeg nou die stukkies vis by. Meng en oor baie warm hitte roerbraai tot vis gaar is.
Die sous kan ook vir hoender of garnale gebruik word.

resep: Petro van der Westhuizen

Hoendermarinade / Chicken Marinade



1 eetlepel rooiwyn
1 eetlepel olyfolie
7 eetlepels sojasous
1 eetlepel vars oreganum, gekap
1 eetlepel vars gekapte basilie
1 knoffeltoontjie, gekneus
1 eetlepel gekapte pietersielie
sout en peper na smaak

Meng alles saam.

resep: Petro van der Westhuizen

Hertzoggies / Hertzog-koekies

2 eetlepels suiker
1 eetlepel botter
2 geklitste eiers
12 eetlepels meel
6 teelepels bakpoeier
knippie sout
appelkooskonfyt vir vulsel
die wit van 2 eiers, styf geklop
1 koppie suiker
1 koppie klapper

Klop die suiker en die botter saam en roer die eiers by.
Sif die meel, bakpoeier en sout by en meng goed.
Rol die deeg uit.
Druk ronde stukke uit; groot genoeg vir ´n kolwyntjiepan.
Plaas die stukke in 'n gesmeerde pan en skep 1 teelepel appelkooskonfyt in elkeen.
Roer die suiker en klapper by die eierwit en skep bo-op koekies. Verhoed dat daar enige gaatjies is waar die konfyt kan uitloop.
Bak vir 15 minute teen 190ºC.


Tuna met tamatie-rissiesous / Tuna with Tomato Chilli Sauce

(die resep bedien 8 persone)

Braai 8 tunafilette van 200 g elk in ´n pan en geur met vars suurlemoensap en , sout en varsgemaalde swartpeper.

Gebruik die volgende bestanddele vir die sous:
15 ml olyfolie
1 ui, fyn gekap
10 ml roosmaryn
2 rissies, ontpit en fyn gekap
2 blikke uie, knoffel en tamatie
bruinsuiker
sout

Braai die uie in die olie tot sag. Voeg die roosmaryn en rissie by en braai nog ´n minuut. Voeg die res van die bestanddele by, verhit tot kookpunt en prut tot dik.
Bedien die vis met spinasie en jong aartappeltjies.

Kluisenaarskoekies

(maak 3 dosyn)

6 eetlepels margarien
½ koppie suiker
1 eier
½ koppie stroop
1¾ koppie meel
¼ teelepel koeksoda
knypie sout
¾ teelepel kaneel
¼ koppie rosyne sonder pitte
Meng margarien, suiker en stroop goed. Sif droë bestanddele saam en gooi suikermengsel bietjie vir bietjie by. Gooi rosyntjies in. Laat lepelsgewys op gesmeerde bakplaat val en bak vir 10 minute by 180ºC.

resep: Petro van der Westhuizen

Eierkoek / Egg Cake



200 g fijne suiker
150 g zelfrijzen bak meel
50 g Maizena
4 eieren - vanillemerg uit
1 stokje mespunt zout
gesmolten boter
poeiersuiker

Verwarm de oven voor op 220°C. Zet een beslagkom in een bak warm water en klop hierin die eieren, suiker, zout en vanille 15 minute tot schuimende, lichtgele massa. Zeef hierboven bakmeel en maizena en schep lughtig door eiermassa. Bekleed een bakplaat met bakpapier en schep hierop, met tussenruimte van 6cm., bergjes deeg. In 15 minuten lightgeel bakken. Bestrijk ze nog warm met wat boter en bestrooi met poeiersuiker, laat ze afkoelen, eet ze zo of snijd ze open vul ze met fruit en/of slagroom of maak er Pounti van.

resep: Petro van der Westhuizen

Biscotti


Biscotti is baie gewilde Italiaanse koekies.

(resep vir ± 50)

250 g botter 100 g okkerneute
200 g verglansde sitrusskil, gekap
150 g kersies
150 g verglansde groenvye, gekap
250 ml olyfolie
200 g strooisuiker
3 eiers, geklits
5 ml vanieljegeursel
450 g koekmeelblom
5 ml bakpoeier

Meng die neute, skil, kersies en vye. Klits die olie, suiker, eiers en vanielje tot glad. Voeg by die vrugtemengsel. Sif die meelblom en bakpoeier en voeg by mengsel. Roer tot dit ´n deeg vorm. Verdeel die deeg in 4 en rol elk uit tot 4 x 28 cm. Plaas op ´n gesmeerde bakplaat en bak teen 160ºC vir 25 minute. Koel af vir 10 minute. Sny elke rol in 1,5 cm dik skyfies en pak op ´n skoon bakplaat. Bak vir nog 15 minute.
Bewaar in lugdigte houers.

Bedien saam met koffie of dessertwyn.

(foto Jocelyn McAuliflower)

Sampioendoopsous / Mushroom Dip

300 g sampioene, baie fyn opgesny
250 g room maaskaas
1 pakkie bruinuiesop
25 ml gesmelte botter
12,5 ml pietersilie, gekap

Meng alles saam en verkoel vir ten minste 1 uur.

Hoenderslaai met mango en gemmermayonnaise / Chicken Salad with Mango and Ginger Mayonnaise

6 hoenderborsie filette
250 ml witwyn
250 ml hoenderaftreksel
2 ml swart peperkorrels
3 lourierblare
bossie gemengde kruie
2 selderystingels, gekap
45 ml pietersielie, gekap
3 groot mango's, geskil en gesny

Gemmermayonnaise:
200 ml mayonnaise
200 ml suurroom
1 suurlemoenskil, gerasper
30 ml suurlemoensap
10 ml heuning
1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper
sout en peper na smaak

Meng alle mayonnaise bestanddele saam, geur en verkoel.
Kook hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met kruie, peperkorrels en lourierblare. Sodra gaar, sny in stukkies. Meng gaar hoender met seldery, pietersielie en mango skyfies. Meng met gemmermayonnaise.

Resep: Rika Spang

Lensie- en rysslaai / Lentil and Rice Salad

200 g lensies
200 g ongepoleerde rys
1 middelslag ui, geskil en fyngekap
1 knoffelhuisie gekneus
200 ml fyngekapte pietersielie
sout en peper na smaak
175 ml lae-vet slaai-olie
75 ml asyn of suurlemoensap

Gooi lensies en rys saam in 'n bak en bedek dit met koue water. Laat dit sowat 2 uur week. Spoel in 'n sif onder lopende water af en plaas in 'n kastrol. Voeg koue water en sout na smaak by en kook dit sowat 20 minute tot sag maar nie pap nie. Dreineer in 'n vergiettes. Gooi in slaaibak. Voeg uie, knoffel, pietersielie sout en peper by en meng. Meng slaai-olie en asyn of suurlemoensap en gooi oor.

Rika Spang

Jogurt

Jogurt se geskiedenis trek al lang baard. Daar word beweer dat jogurt sowat al 4000 jaar gelede gemaak en geëet is. Niemand weet presies waar kom dit vandaan nie maar die legende beweer dat Abraham deur ´n engel geleer is hoe om jogurt te maak.

Die woord jogurt of eerder die engelse woord yogurt is ´n Turkse woord wat Lewe beteken. Die Turke beweer dat ´n nomade deur die woestyn getrek het met ´n velsak vol melk wat oor sy kameel gehang het. Die hitte van die son en die skommeling het hierdie melk in ´n dikkerige vloeistof laat verander.

´n Ander interessante weergawe wat weergee word is dat een of ander Turkse veglustige het ´n vegter van ´n ander dorp gevangene geneem. Om hom te vergiftig het hulle suur melk in sy velsak gesit. Maar die suurmelk het ook verander in hierdie dikkerige vloeistof. Hierdie vegter het voortgegaan met sy reis en hoe verder hy gery het hoe sterker het hy geword want hy het net van jogurt geleef.

Daar is ook verskeie stories opgeteken oor een of ander Mongoolse veldmaarskalk wat in 1215 omtrent die hele ooste verower het en al wat hy omtrent sy manskappe gevoer het om te eet was natuurlike jogurt gewees. Dit was seker ´n ontsaglike proses gewees om jou eie jogurt te maak.

Daar word baie goeie dinge aan jogurt gekoppel. Meeste mense wat allergies is vir laktose in melk kan jogurt gebruik. Jogurt is ook goed vir mense met diarree en mense wat hardlywig is. (Hierdie een kan ek nie verstaan nie.) Wat sterk aanbeveel word is dat jogurt moet geëet word wanneer antibiotika geneem word. Dit versterk jou liggaam se imuunstelsel. Verder word daar beweer dat jogurt ook aknee kan verminder.

Om spesiale smaak aan ´n dis te verleen kan jogurt in plaas van room gebruik word. Dit is altyd raadsaam om die jogurt aan die einde van die kookproses in te gooi en dan net sowat 5 minute te laat prut. Wanneer die jogurt aan die begin van die kookproses bygevoeg word bestaan die moontlikheid dat dit kan skif.

Vir nog ´n unieke smaak kan jy mayonnaise en jogurt meng (so om die helfte). jogurt kan ook as basis gebruik word vir doopsouse. My naby aan die einde van die maand doopsous is jogurt gemeng met ´n bietjie sop poeier. Heerlik saam met skyfies en glo my iemand in die geselskap gaan jou die resep vra. Vir ´n gesonde slaaisous gooi jogurt oor jou slaai. Smaak heerlik.

Om jou eie heerlike jogurt te maak neem ´n bakkie gewone jogurt (met lewendige kultuur / live cultures) en meng dit met 1 liter melk. Bring die melk tot kookpunt. Haal van die plaat af en plaas in die yskas. More oggend het jy heerlike tuisgemaakte jogurt. Meng dan jou gunsteling vrugte daarin of eet net so.

Dat jogurt goed is vir ´n mens kan ek nie betwyfel nie. Kos uit die hemel? Besluit maar self.

Frik Lombard

Kersfees in Witrivier

Laurette van der Westhuizen woon in Witrivier waar dit nogal warm kan raak die tyd van die jaar. Sy wil graag vanjaar Kersfees 'n spesiale geleentheid maak vir haar gesin en het kom aanklop vir 'n paar wenke. Hier volg 'n paar wenke vir Laurette en die volgende week of twee gaan al die resepte gemik wees op haar Kersete. Ons hoop sy stuur vir ons 'n paar foto's.


Indien daar kleuter en peuters is. Maak vir hulle 'n aparte tafel. Laat hulle Jesus se geboorte vier en asseblief moenie verwag hulle moet styf voor 'n bord kos gaan sit nie. Dek alles wat jy by 'n partytjie gaan kry. Daardeur sal hulle onthou dit is Jesus se geboortedag en nie die dag met 'n geraas en baklei vereenselwig nie.

10 jaar + vra waar hulle wil sit. Erken en respekteer hulle wense.

Sit staaltafels teen mekaar indien jy nie 'n groot genoeg tafels het nie. Dit kan gehuur word. Bestel nou al. Kry ´n groot tafeldoek. Wat van dowwe pienk vir ´n verandering.
OVERLAY'S IS UIT.
Kry ´n lang lap, ´n halfmeter breed, wat afhang aan die kante en werk tossels aan die punte - kleur: net ligter of donkerder as tafeldoek. Dit lyk duursaam. Sit van een kant na ander oor tafel.
GEEN PAPIERSERVETTE. Maak lapservette Vou sodat dit lank is en ± 10 cm breed. Sit langs eetgerei. Dit moet ook afhang van tafeldoek.

Maak 'n draai by die straatsmouse en koop 2 lang blik blomhouers, ± halfmeter hoog. Koop oase wat in die bekke gaan pas en vul hulle met jou kleur rose. Rangskik die rose styf teenmekaar. Sit die blombakke op die PUNTE van die tafel. Die eetgerei moet nie op die punte gedek word nie. Dit bring die mense nader aan mekaar en niemand is die hoof nie, net Jesus. Jy kan kleiner bakke ook koop om orals rond te sit met rose in. ASSEBLIEF nie GIPS nie. Sit net hier en daar 'n groen stewige loof in.

Soek by jou naaste Crafts-winkel vir die groot ongebakte borde en kleinborde. Koop 'n blikkie silwer of goue verf vir jou borde en roesverf vir jou blombakke.

Die drie glase langs mekaar vir die verskillende wyn / sjampanje lyk mooi.

Sit 3 of meer kleinbordjies met ´n verskeidenheid kerse in die middel van die tafel. Byvoorbeeld: Een gewone lang kers wat vierkantig is, dan korter gewone ronde kerse, dan dikker korter kers en dan ronde klein kers. Hou dit spierwit of enige ander een kleur van jou keuse. Vir 'n warm ete sal ek nie die nuwerwetse papierkandelare laat hang aan die dak nie. Hou by jou kerse.

Probeer om die voorgereg in interessante bakkies te bedien, nie in kleinbordjies nie.

Binne of buite die huis is jou keuse. Kyk wat die weerberigte sê. Maar indien jy 'n onthaalarea het sal dit stunning lyk.

As gaste aankom bedien jy sjerrie in die onthaalarea. Dek ´n klein tafeltjie en sit likeurglase vol sjerrie daarop. Los een oop bottel op tafel. Geen fonteintjies of ander goete daarby nie.

Slaai - Mengelslaai is altyd lekker maar onthou om alles by te sit.

Spyskaart



Voorgeregte

Sampioene met hoenderlewer / Mosselsop



Hoofgeregte

Pienk kalkoen kebabs

Volstruisfillette met rooikerrie


Bykosse

Pampoenkoekies

Blomkool met kaassous

Gebakte aartappel

Jasmynrys / Koeskoes op klein pannekoekies

Uitpakslaai / Piesang-en boontjieslaai


Nagereg

Pere in stroop met kaneelroom / Vrugte Brûlée

deur Petro van der Westhuizen

10/14/2008

Kerrie boneslaai / Curry Bean Salad

350 ml gaar bruin of gespikkelde bone
1 medium tamatie, in blokkies gesny
1 medium ui, gekap
50 ml rosyne
5 ml kerriepoeier
3 ml sout
3 seldery stingels, in stukkies gesny
knippie peper
Franse slaaisous
slaaiblare om bak mee uit te voer

Meng al die bestanddele liggies. Voer 'n slaaibak uit met die slaaiblare en skep die slaaimengsel daarin. Verkoel die slaai voor opdiening.

Variasies:
Vervang die tamatie met ½ pynappel wat in blokkies gesny is.
Vervang die seldery met 'n klein groen soetrissie wat in blokkies gesny is.

Resep: Rika Spang

Gestoomde heuningpoeding / Steamed Honey Pudding

110 g botter
110 g strooisuiker
170 g koekmeel
7 ml bakpoeier
2 groot eiers
30 ml warm water
90 ml heuning

Sit al die bestanddele behalwe heuning in bak en klits goed - tot glad. Smeer 'n poedingbak ± 1,3 liter - gooi heuning daarin en voeg deegmengsel daarin. Bedek met foelie en bind vas sodat daar nie water kan inkom nie. Maak kastrol halfvol water en laat kook. Sit poedingbak daarin. Die water moet so half teen bak op kom. Sit bypassende deksel op en laat prut vir 90 minute. Kyk af en toe dat daar nog water in is en gooi kookwater by indien nodig.

Resep: Petro van der Westhuizen

Mangosous / Mango Sauce

Hierdie is ´n uitstekende marinade vir varkvleis.

1 koppie ongegeurde jogurt
1 soetrissie gekap en ontpit
Knippie fyn gemmer
3 koppies mangoblokkies
3 ml sout
1 ml witpeper
1 eetlepel marmelade of bruinsuiker
2 eetlepels Marsala
25 ml fyn pietersielie

Plaas al die bestanddele in kastrol. Kook vinnig en laat dan prut vir 20 minute. Laat afkoel.

Laat week sosaties vir 2 ure en dreineer en bak sosaties tot crisp. Bedien met sous as doopsous.

Resep: Petro van der Westhuizen

Jogurtversiering / Yogurt Icing

125 g jogurt - na jou smaak
250 ml versiersuiker
knippie sout

Geursel indien verkies, gewoonlik 50 ml.
Meng alles saam. Voeg nog versiersuiker by indien nodig.

Resep: Petro van der Westhuizen

Patatslaai / Sweet Potato Salad

Kook kleinerige patats in skil tot gaar. Kook boontjies- langwerpig gesny tot net sag, nie pap nie. Sny patats in groot skywe. Rangskik op mooi bord. Gooi eetlepels suurroom tussen in. Strooi boontjies oor. Parmesankaas kan oorgesprinkel word.

Bedien warm.

Resep: Petro van der Westhuizen

Magarita

Sny 'n lemmetjie in wiggies en smeer aan rante van tequilaglase. Druk glase in piering sout en skud oortollige sout af. Maak mengfles vol ys (soos verkies) en voeg 30 ml tequila en 'n bietjie lemmetjiesap by. Skud goed en gooi in voorbereide glase.
Resep: Petro van der Westhuizen

Vinnige pepersous / Quick Pepper Sauce

1 teelepel groen peperkorrels - wat in bottels is
2 eetlepels brandewyn
2 ml Franse mostert
½ koppie vars room
Meng alles saam.

Eet lekker.

Resep: Petro van der Westhuizen

Piesang-en boontjieslaai / Banana and Bean Salad

2 x 410g blikkies boontjies in tamatiesous
15ml suurlemoensap
4 piesangs, in skyfies gesny
440g blik pynappelstukkies, gedreineer
75ml mayonnaise
blaarslaai

Sprinkel die suurlemoensap oor die piesang om te verhoed dat dit verkleur. Meng die bone, pynappel en piesang liggies. Meng die mayonnaise deur. verkoel en sit op blaarslaai voor.

Resep: Petro van der Westhuizen

Uitpakslaai

1 slaaikop gewas en blare in groot stukke geskeur.
1 Engelse komkommer in skywe gesny
1 soetrissie in ringe gesny
Tamaties in wiggies gesny
Radyse in skyfies gesny
Uie in ringe gesny

Pak alles soort by soort op ´n plat bord. Sit verskillende slaaisouse voor.
Bak jou eie gunsteling broodjie en sit dit voor in die plek van Franse brood.


Resep: Petro van der Westhuizen

Vrugte brûlée / Fruit Brûlée

2 piesangs, geskil en in skyfies gesny
2 mangos, in blokkies
1 bakkie vars kersies, gehalfveer en ontpit
180 ml gewone jogurt
donker bruinsuiker
bietjie grenadillasap

Voeg piesangs, mango, kersies en grenadillasap bymekaar. Skep mengsel in vier martiniglase. Bedek met ´n dik laag jogurt. Gooi bruinsuiker bo-oor.

Resep: Petro van der Westhuizen

(bedien 4 persone)

Pere in stroop met kaneelroom

4 klein ferm pere
1 koppie droë witwyn
1 koppie water en twee teelepels ekstra
½ koppie strooisuiker en 1 eetlepel ekstra
1 stokkie kaneel
1 teelepel maizena

Skil pere en sny onderaf sodat dit kan regop staan. Voeg saam wyn, water en suiker en kaneelstokkie en kook in mikrogolf bak, 100% vir drie minute. Roer een keer in die tyd. Haal uit en roer tot suiker gesmelt het. Sit peer regop in sous en bedek. Kook by 100% krag vir ± 5 minute of tot net sag, nie pap nie. Gooi gereeld van die sous wat in die bak is bo-oor. Haal pere uit sous en voeg by 'n 3/4 koppie sous die ekstra suiker, water en maizena by. Meng maizena eers met water en kook stroop. Gooi stroop oor en bedien met kaneelroom.

Kaneelroom:
300 ml dik room
1 eetlepel strooisuiker
teelepel fyn kaneel
Meng alles goed en bedrup die pere.

resep verskaf deur: Petro van der Westhuizen

(bedien 4 persone)

Volgehoue energie vir kinders

Kinders benodig spesifieke voedingstowwe om te voldoen aan die daaglikse vereistes van die lewe, om behoorlik te groei en te ontwikkel en om gesonde, produktiewe grootmense te word.

Volgehoue energie vir kinders bied smaaklike, voedsame resepte en riglyne om jou kinders gesonde eetgewoontes aan te leer. Die wye verskeidenheid resepte bevat tipies Suid-Afrikaanse bestanddele en is vinnig en maklik om voor te berei.

Resepte is geformuleer om: energievlakke te volhou ideale bloedsuikervlakke te bewerkstellig en te behou gepaste vet-, kilojoule- en veselinhoud in te sluit. Ouers sal vind dat dié resepte voordelig is vir: die beheer van gedragversteurings optimale prestasie in sport die voorkoming of beheer diabetes die risiko van hartsiektes te voorkom en gewigsprobleme te beheer die voorkoming van hardlywigheid optimale groei en ontwikkeling die voorkoming chroniese siektes.


Slaai

´n Slaai is iets wat baie keer eie aan ´n huis of huisgesin is. Elke huisgesin het sy eie spesiale slaai wat voorberei word en wat met trots voorgesit word wanneer die gaste kom kuier. Die verslankers eet net slaai om hulle maer te kry en ander hou weer van slaaie op ´n heerlike warm dag. Maar vir my is slaai iets wat daardie kunstigheid en kreatiwiteit van jou na vore kan bring.

Met enige kosmaak en nie net met slaai nie is daar een geheime bestanddeel wat jou kos spesiaal kan maak en dit is die liefde waarmee jy die kos voorberei. Dit het al baie met my gebeur dat ek ´n resep moet maak wat ek al by iemand geëet het en dan proe dit net nie dieselfde by my nie. Maar dan onthou ek die geheime bestanddeel en siedaar werk die resep.

Om ´n heerlike slaai voor te berei kan jy begin met ´n basis slaaiblare. Indien jy so bevoorreg is om vars kruie in jou tuin te hê kan jy gerus van dit ook in die slaai gooi. Aan die begin sal ek voorstel dat jy spaarsamig moet wees want party kruie kan nogal geniepsig op die tong wees. Daarby kan jy groente byvoeg of partykeer sommer kaas of neute of droë vrugte of net wat jy in die huis het.

Wat nog mooi kleur aan ´n slaai kan gee is roosblare. Die blare is soeterig en ruik heerlik. Viooltjie blomblare kan ook gebruik word. Nasturtiums proe pepperig en kan ook by ´n slaai gevoeg word.

In plaas daarvan om ´n slaaisous te maak kan jy gerus probeer om so ´n bietjie sitrussap oor te gooi. Onversoete lemoen sap, lemmetjie sap, pomelo sap of suurlemoen sap kan wondere verrig aan ´n doodgewone slaai. Vervang asyn met lemmetjiesap in jou slaaisous. Lemmetjiesap verander die smaak van ´n seekos, hoender of groente slaai van doodgewoon na ´n smaaksensasie.

´n Maklikke slaai of heerlike voorgereg kan vinnig gemaak word deur avokado blokkies met en pomelo segmente te meng en dan strokies hoender of gekookte garnaal by te voeg. Bedien net op gesnyde slaaiblare.

Lemoensegmente saam met gesnyde beet smaak vorentoe en is ´n heerlike gesonde slaai. Lemoensegmente saam met pasta of rysslaai is heerlik. As jy die slaai eers so saam met lemoen geëet het sal jy nie sommer weer jou beet, pasta of rysslaai maak sonder lemoen nie.

´n Gunsteling slaai van my is biltongslaai. Dit is ´n heerlike en kleurvolle slaai wat ek graag met julle wil deel. Vir die slaai het julle 6 tot 9 gekookte eiers, ´n bottel Miracle Wip, slaaiblare en ´n botteltjie fyn biltong nodig. Kerf die slaaiblare fyn en plaas ´n derde van die slaaiblare in ´n bak. Neem nou miracle wip en smeer oor die slaaiblare. Gooi nou fyngedrukte en gekookte eier oor en rond af met ´n lagie fyn biltong. Herhaal 2 of drie maal. Gebruik ´n deurskynende glasbak want die slaai sal baie beter daarin vertoon.

Gee julle kreatiwiteit vrye teuls wanneer dit by die maak van slaai kom. Probeer om al die ou gunstelinge op te kikker met een of twee onbekende bestanddele.

Resep 2

Jennifer Marais

(net-net genoeg vir 4 persone)

1 - 2 Avo's
R25 se biltong, fyn, maar nie te fyn nie
2 tamaties in blokkies gesny
feta
kaas in blokkies gesny
biltong/peper chips dip

Meng alles saam en geniet.

Resep 3

Rika Spang

Slaaisous:
60 ml balsem-asyn
125 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml suiker of na smaak
5 ml Dijon-mosterd
1 stingel sprietui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Slaai:
250 g klam, baie dun gekerfde biltong
375ml gerasperde cheddarkaas
'n verskeidenheid blaarslaai om die slaai op te rangskik
3 agurkies, gekap
2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
2 ryp avokado's, in blokkies, besprinkel met suurlemoensap

Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in 'n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste 'n uur (of selfs tot 'n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op 'n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in 'n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.

deur Frik Lombard

10/13/2008

Koeskoes op klein pannekoekies / Couscous with Small Pancakes

Kook 375 ml koeskoes volgens die soos aanwysings op die pakkie. Kap 1 ui en 1 geskilde tamatie fyn. Gooi by die koeskoes. Voeg ook 3 gekneusde knoffeltoontjies en die sap van 1 suurlemoen by. Sprinkel growwe seesout en varsgemaalde swart en groenpeper oor twee handevol boontjies. Sit boontjies in mikrogolf en kook op 100% - bedek vir 2 tot 3 minute. Dit moet nog kraakvars wees. Boontjies se toppe moet net afgesny word. Spoel met yswater af. Dit hou dit ferm.
Bak klein pannekoekies - vervang net helfte van meel met nuttywheat en voeg een teelepel brandewyn by. Dit kan lank voor die tyd gedoen word en in vrieskas gebêre word. Smeer kolwynpannetjie - die wat regaf gaan en diep is - en sit pannekoek daarin. Druk bakpapier bo-oor pannekoek sodat 'n bakkievorm behou word. Bak vir ± 10 minute. Haal uit en laat afkoel. Pak boontjies in die kant van bakkies - regop - vul met koeskoes.

Bedien in ´n mooi bord.

Versiering is nie regtig nodig nie want dit lyk reeds mooi.

Resep: Petro van der Westhuizen

(bedien 4 persone)

Jasmynrys / Jasmine Rice

(bedien 4 persone)

Gooi 1 koppie water oor 1 koppie jasmynrys en laat week vir 15 minute. Dreineer goed. Kook 500 ml water met 5 ml sout en voeg rys by. Prut sonder deksel vir 12 minute. Dreineer - moenie roer nie - en sit terug op plaat - sit plaat af - sit deksel op en stoom vir 5 minute of tot rys sag is.

Resep: Petro van der Westhuizen

Resep 2

Neem 1 koppie jasmynrys. Bedek met koue water en laat week vir 15 minute of langer. Dreineer goed. Kook 500 ml water (2 koppies) en voeg 1 teelepel sout by. Voeg nou die rys by en laat prut sonder deksel vir 15 minute - moenie roer nie, dreineer, sit terug op plaat en skakel plaat af en sit deksel op en stoom vir ± 5 minute.

Bedien saam met skenkels.

Versier met koljanderblare en geblansjeerde lang gesnyde boontjies.

Gebakte aartappels / Baked Potatoes

Neem genoeg klein baba-aartappels vir al jou mense, onthou daar is potjiekos-aartappels en dan is daar baba-aartappels. Kook met skil tot halfgaar.
Roer stukke botter en vars gekapte pietersielie by en laat afkoel en sit in yskas tot dit gebak moet word.
Bak in oond teen 180ºC tot gaar.

Petro van der Westhuizen

Blomkool met kaassous / Cauliflower with Cheese Sauce

Braai gekapte spek tot goudbruin.
Voeg vars gekapte vinkel by, ± 1 eetlepel. Laat staan sodat geure kan trou.
Meng met witsous en gooi oor blomkool. Bak in oond en sprinkel paprika oor vir kleur.

Petro van der Westhuizen

Sampioene met hoenderlewer / Mushrooms with Chicken Liver

6 groot bruin sampioene, haal stingels uit en kap fyn
6 snye wit brood, gesny om in sampioene te pas
Verhit 15 ml elk botter en olie en braai brood aan albei kante bruin. Hou eenkant warm.

Giet meer olie in pan en soteer een fyngekapte ui en een gekneusde knoffeltoontjie to glansend.
Voeg by 125 g hoenderlewers - grof gekap - en ook die fyngekapte stingels van die sampioene. Roerbraai ± 10 minute. Voeg sout en peper na smaak by.

Intussen plaas jy die sampioene op ´n bakplaat en sit in oond. Bak by 180°C vir 8 minute - moet asseblief nie pap bak nie!
Skep vulsel in en gooi dikroom oor en versier met pietersielie en klein tamaties.

Variasie: vervang hoenderlewers met spinasie en feta en strooi parmesaan oor en bak onder rooster vir ± 3 minute.

´n Sauvignon blanc gaan heerlik hiermee saam.

Petro van der Westhuizen

Mosselsop / Mussel Soup

Koop 'n blikkie of pakkie mosselsop of vissop. Maak aan soos voorgeskryf. Meng een blikkie mossels, gedreineer, by. Bedien warm en versier met bietjie room en croutons. Dit is 'n ligte voorgereg wat goed pas by ´n swaar voorgereg.

´n Sauvignon blanc gaan heerlik hiermee saam.

Resep: Petro van der Westhuizen

Volstruisfilette met rooikerrie / Ostrich Fillets with Red Curry

10 ml fyngekapte koljandersade
500 g volstruisfilette in skywe gesny
50 ml olie
45g rooikerrie pasta
1 ui, fyngekap
1 eiervrug, gekap, gesout en gedreineer
125 ml hoenderaftreksel
1 blikkie klappermelk
10 ml gerasperde lemmetjieskil

Vryf die fillette met koljandersade in. Verhit olie in pan en soteer uie en eiervrug vir 1 minuut. Voeg res van bestanddele by en prut vir 5 minute. Hou eenkant. Bak fillette in olyfolie vir 3 minute aan elke kant vir 3 minute of tot mooi bruin. Pak in bord - hout lyk mooi - en gooi sous oor. Laat staan en verhit net voor opdiening.

Versier met koljanderblare en bedien met jasmynrys en 'n lekker shiraz.

Resep: Petro van der Westhuizen

(resep bedien 6 persone)

Pienk kalkoenkebabs / Pink Turkey Kebabs

Borsies of vleis soos jy verkies, vir 6 persone in blokkies gesny
60 ml sojasous
1 ml pienk kosgeursel
60 ml heuning
60 ml tamatiesous

Ryg blokkies in sosatiestokkie - onthou om houtstokkies vir 'n ruk in water te week. Wissel af met varkspek en/of klein stukkies droëvrugte na smaak. Meng laaste vier bestandele en gooi oor sosaties. Marineer in yskas oornag. Haal uit marinade en bak in gesmeerde bakplaat en rooster vir 5 minute aan elke kant. Bedruip gedurig met sous. Bedien in ronde diep glasbak - die sosaties moet regop kan staan. Laat takkies roosmaryn tussen in staan en langs die kant afhang. Rooi kersies kan ook aan die punte geryg word maar dan moet dit onder wees sodat die gaste se hande nie taai word as hulle dit neem nie.

Bedien met 'n shiraz.

Resep: Petro van der Westhuizen

Kahlua-drankie / Kahlua

Meng 25 ml kondensmelk en 50 ml klappermelk in 'n voedselverwerker vol ys. Skink in mooi glas en voeg 25 ml kahlua by. Sprinkel 'n knypie kaneelsuiker oor en sit voor.

bydrae: Petro van der Westhuizen

Likeurbrandewyn / Liqueur brandy

6 groot eiers
5 ml vanielje
500 g suiker
500 ml room
500 ml brandewyn

Klop eiers tot skuimerig. Voeg vanielje en suiker by en klop goed. Voeg die room en brandewyn by en klop teen lae spoed tot goed gemeng. Gooi in bottels en verseël. Hou vir vier weke in yskas voor gebruik.

Lekker na ete.

(maak 1,5 l)

bydrae: Petro van der Westhuizen

Vakansie-ontbyt / Holiday Breakfast

250g spek, gekap
2 gekookte aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 ui, in skywe gesny
6 groot eiers
30 ml room
30 ml vars pietersielie, fyn gekap
5 ml paprika

Braai spek en haal uit pan - hou eenkant. Braai aartappels in olie. Stel hitte laer en braai uie tot glansend. Klop eiers room en pietersielie saam en gooi saam met spek terug in die pan. Geur met sout, peper en paprika. Sit deksel op en kook tot eiers amper heeltemal gestol het. Haal van plaat af en hou deksel op en laat staan tot eiers heeltemal gestol is.

Petro van der Westhuizen

Tamatiekonfyt / Tomato Jam

Skil tamaties- kookwater metode- gooi suiker bo-oor. Bedek en laat staan oornag. Kook stadig volgende dag. Sonder deksel. Roer nou en dan. Prut tot taai. Dit is ook moontlik om dit in 'n mikrogolf kan doen. Vergeet van water by die meeste konfyte.

750 g suiker en 50 ml suurlemoensap vir 1,5 kg vrugte.


Resep: Petro van der Westhuizen

Huisgenoot Top 500 Wenresepte - onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur

Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur - kookboeke wat hulle plek volstaan reg langs Kook en Geniet en ander resepteboeke.

Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met 'n versameling van die Huisgenoot Top 500 Wenresepte. Die resepteboek is spesiaal saamgestel sodat Huisgenoot-lesers die gewilde tydskrif se 90ste verjaardag in styl te vier. Hierdie lywige samestelling bestaan uit 17 liplek-lekker hoofstukke, insluitend "Soutterte", "Soet terte", "Gebakte poedings", "Vis en Seekos" en "Maalvleis" en "Pastei". Trefferresepte soos Ouma se Karoolamspastei (Wenresepte 7), Pampoenkoekies in stroop (Wenresepte 1), Biltongsop (Wenresepte 7) en Varkboud met lemoensous (Wenresepte 4) is ingesluit.


Natuurlik het Suid-Afrikaners se soet tand nie vergete gebly nie met staatmakers soos Melktertkaaskoek (Wenresepte 3), Gemmerpoeding (Wenresepte 2000), Maaskaaskoek (Wenresepte 3) en Allerlekkerste sjokoladekoek (Wenresepte 2).

Elke resep is getoets deur die bekwame Huisgenoot-kosspan en dra hul stempel van flatervrye kook- en bakgenot. Ook is daar 'n versameling pragfoto's wat saam met die kontemporêre uitleg sorg dat Huisgenoot Top 500 Wenresepte 'n noodsaaklikheid sal wees in elke kombuis.



Soek gerus in Kookkuns.com vir wenresepte. Dit is ook die plek om te soek vir kookboeke / resepteboeke met Huisgenoot wenresepte, resepte RSG en Tjailatyd resepte, SARIE Kos resepte, resepte uit Vrouekeur en Pasella resepte. Daar is ook gesonde wenresepte, resepte wat voordelig is vir jou algemene gesondheid, resepte vir volgeheoue energie, diabetes, asook low gi resepte. En dan natuurlik is daar die wat altyd in aanvraag is: pannekoek resepte, hoender resepte; net mooi enige kos resepte waaraan jy kan dink. Boonop pasella en gratis om te gebruik. Jy is ook welkom om jou eie maklike resepte met ander lesers te deel.


Huisgenoot Top 500 Wenresepte, Bettie Blom, 13 Oktober 2008. 4

Heuning

Die eerste verwysing na heuning in die Bybel kom voor in Genesis 43:11. So van die begin af was die by al daar gewees om ons van sy soete arbeid te gee. Op 26 Junie 2003 is die 29ste herdenking van die strepieskode (barcode) gevier. In die natuur vlieg die by rond met sy eie strepieskode op sy agterlyf.

Die by is ´n meerdoelige dier. Eers help hy met die bestuiwingsproses en dan maak hy ook die lekkerste en soetste lekkerny vir ons. Daar word ook tans ´n studie gedoen oor die gif van heuningbye wat gebruik kan word vir die verligting van artritis onder andere.

Ongeveer een derde van alle artikels wat ons in supermarkte koop het heuning in. Die Engelse woord "honey" maak deel uit van die woord honeymoon. Die oorsprong van die woord kom van die middeleeue waar pasgetroudes vir een maand lank elke dag "Mead" gedrink het. Mead is ´n heerlike heuningdrankie. Mead is gedrink om te verseker dat die paartjie ´n seun so kry. Die basiese meadresep bestaan uit heuning, water, gis en speserye.

Indien mens na ´n natuurlike middel teen seer kele en verkoues soek dan is heuning die antwoord. Wanneer jou keel krapperig voel gryp die bottel heuning nader en eet ´n teelepel vol heuning. Jy kan met die behandeling aanhou tot jou keel beter is, heuning is nie skadelik nie so jy kan maar eet tot jou keel beter is. Nou moet ek ook dadelik sê dat as jou keel nie binne ´n dag of twee beter is nie gaan sien maar liewers jou dokter. Verder kan jy heuning meng met lemoensap, suurlemoensap of met pomelo´s om daardie ekstra vitamiene in te kry om die verkoue die finale nekslag toe te dien.

Daar is ook navorsing gedoen oor die effek wat heuning het op atlete. Heuning is nie net ´n opkikker nie maar daar is bewyse dat indien atlete heuning gebruik voor strawwe oefeninge of resies, hulle spiere vinniger en makliker herstel as atlete wat glad nie heuning gebruik nie. So dit sal goed wees vir atlete om eerder ´n heuning energiedrankie te drink as om enige chemiese middel te gebruik.

Vir die skoner geslag is daar ook goeie nuus. Wanneer jy vol spanning is bad in heuning. Die bad sal al jou spanning wegneem en dit sal jou vel bevog aangesien heuning die natuur se eie bevogter is. Nou hierdie resep is so maklik: 1 Koppie amandelolie of ligte olyf olie, ½ koppie heuning, ½ koppie badolie en 1 teelepel vanilla ekstrak. Meng al die bestanddele in ´n mengbak en sit dit dan in ´n bottel. Skroef die bottel toe en gebruik soos nodig. Skud die bottel voor gebruik.

Daar is genoeg heuning badolie in vir 4 heerlike en hemelse badervarings. Ek glo ook nie dit sal ons mans skade aandoen om so nou en dan in een van hierdie baddens te klim nie. Mans, terwyl ek so sit en dink is hierdie eintlik ´n pragtig geskenk om vir jou vrou te maak vir moedersdag of sommer net om dankie te sê vir alles wat sy vir jou beteken. Gooi net die mengsel in ´n mooi glas bottel. Ek dink hierdie geskenk sal ook help om te sê ek is jammer, want ons manlike spesie is mos maar altyd in die moeilikheid.

Maar die einde is dit niet. Neem twee eetlepels heuning, twee eetlepels amandel of olyfolie, 5 druppels roos olie en 1 druppel vitamiene olie. Meng alles goed en smeer aan jou gesig en nek. Gaan lê en ontspan vir 15 minute. Was dan die mengsel af van jou gesig met lou water. Jou vel sal gou jonger lyk en baie verfrissend voel.

Die wetenskap begin nou eers om te bewys wat ons voorouers al lankal geweet het en dit is dat heuning goed is vir ´n mens. Een van die dae sal die wetenskaplikes miskien ´n heuningpil maak wat ons kan gebruik om ons te help verlos van al ons pyne skete en kwale.

deur Frik Lombard

10/11/2008

Wortelslaai - met rosyntjies en lemoen / Carrot Slaw

5 wortels, gerasper
45 ml pietersielie, gekap
125 ml rosyntjies, pitloos
die sap van 1 lemoen
die sap van ½ suurlemoen
30 ml olyfolie

Meng al die bestanddele saam behalwe die olie.
Sprinkel die olie oor die slaai nadat dit gevorm is.


(die resep bedien 4 persone)

10/08/2008

Blancmange

Blancmange is 'n nagereg berei uit melk en gelatienagtige, styselagtige bestanddele, gewoonlik in 'n vorm gegiet.

(die resep bedien 4 persone)

300 ml melk
skil van 1 suurlemoen, fyn afgeskil
30 ml gelatien
75 g suiker
300 ml room
50 g amandels, fyngemaal
45 ml brandewyn

Plaas die melk en suurlemoenskil in 'n souspan met 'n deksel op die stoof met die plaat op baie lae hitte. Laat so staan vir 1 uur en roer net af en toe.
Gooi die melk deur 'n siffie om die skil te verwyder.
Los die gelatien op in 'n klein bietjie van die melk.
Roer die gelatienmengsel en suiker by die res van die melk tot die suiker opgelos is.
Roer die room en amandels by die mengsel tot dit amper heeltemal koud is.
Roer die brandewyn en gooi in 'n vorm.
Plaas vir 5 ure in die yskas.

Braaivleismarinade / Braaivleis marinade

Geskik vir die spit of rooster.

200 ml vleisaftreksel
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie

Meng alles saam.

Petro van der Westhuizen

Tamatiemarinade / Tomato Marinade

Geskik vir die spit of rooster.

150 ml tamatiesap
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15 ml Worcestersous
15 ml vrugteblatjang
25 ml bruinasyn
15 ml bruinsuiker
2 heel naeltjies

Meng alles saam.

Pynappelmarinade / Pineapple Marinade

Geskik vir die spit of rooster.

200 ml pynappelsap
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15 ml gemmerwortel, gekap
5 ml gemmer, fyn

Meng alles saam.

Resep: Petro van der Westhuizen

Sampioene met kaas en blatjang / Mushrooms with Cheese and Chutney

6 groot bruin sampioene, met hul stamme verwyder
180 g cheddar
90 g blatjang
5 g sout
1 g peper
30 g Parmesan, gerasper

Gooi die sout en peper op die hol kant van die sampioen. Smeer dan die blatjang op en strooi die kaas oor. Bak teen 200ºC tot die kaas goudbruin is.

Wynmarinade / Wine Marinade

Geskik vir die spit of rooster.

200 ml rooiwyn
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie

Meng alles saam.

Resep: Petro van der Westhuizen

Biermarinade / Beer Marinade

Geskik vir die spit of rooster.

175 ml bier
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
30 ml suurlemoensap
30 ml suurlemoenskil, gerasper

Meng alles saam.

Resep: Petro van der Westhuizen

Vis-hamburger / Fish Hamburger

410g geblikte salm
50 ml tamatiepasta
1 ui, gerasper
10 ml pietersielie, gekap
250 ml hawermout
1 eier
5 ml olyfolie

Gooi enige sous van die vis af en vlok dit.
Meng al die bestanddele saam, behalwe die olie. Maak 'n stywe mengsel.
Maak frikkadelle van die mengsel.
Verhit die olie en braai die frikkadelle tot goudbruin.

Bedien op hamburgerrolletjies met mayonnaise.

(resep bedien 6 persone)