Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/01/2026

Edamame pesto

BESTANDDELE
Sout
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 koppie gaar edamame
'n bietjie suurlemoensap of die gerasperde skil van 1 suurlemoen
'n paar dennepitte
2 eetlepels olyfolie
'n klein handjievol koljander- of basiliekruidblare.

STAPPE
Plaas die edamame en knoffel in 'n voedselverwerker, voeg die suurlemoensap of -skil by en verwerk tot gemeng.

Voeg die olyfolie, kruie en 'n klein bietjie water by, en verwerk tot 'n gladde mengsel.
Proe en voeg nog sout by indien nodig.

Heerlik saam met pasta of as 'n doopsous.

No comments :

Post a Comment