Showing newest posts with label Wyn. Show older posts

7/27/2010
SA Terroir Wyntoekennings 2010
Kaapzicht is die top presteerder in vanjaar se SA Terroir Wyntoekennings met twee nasionale wenners, die Kaapzicht Steytler Vision 2007 vir beste rooi versnit en Kaapzicht Merlot 2007 vir beste merlot.
Uit dieselfde omgewing het Wildekrans se Wildekrans Chenin Blanc Barrel Select 2009 die prys ingepalm vir beste chenin blanc en hulle Wildekrans Chenin MCC 2008 is aagewys as die beste vonkelwyn.
Die prys vir die beste cabernet sauvignon het gegaan aan Klein Constantia vir die Klein Constantia Cabernet Sauvignon 2008. Hulle het ook 'n prys gewen met die Klein Constantia Vin de Constance 2006 wat aangewys is as beste natuurlike soetwyn.
Ander wenners was Plaisir de Merle Cabernet Franc 2008 - beste cabernet franc, Bartinney Chardonnay 2008 - beste chardonnay, De Grendel Winifred 2009 - beste wit versnit, Diemersfontein Carpe Diem Pinotage 2008 - beste pinotage, Bloemendal Sauvignon Blanc 2009 - beste sauvignon blanc, Neethlingshof Malbec 2009 - beste malbec, Bon Courage Inkará Shiraz 2008 - beste shiraz, Fort Simon Platinum Collection Viognier 2009 - beste Viognier, Signatures of Doolhof Petit Verdot 2008 - beste petit verdot, David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2009 - beste semillon en Slanghoek Red Muscadel 2009 - beste Muscat.

Sleutelwoorde:
Wyn
9/05/2009
Kaapzicht Pinotage beste in wêreld
Die Kaapzicht Steytler Pinotage 2006 is by die 2009 Decanter-wêreldwyntoekennings as die wêreld se beste wyn bo R120 gekies.
Die Decanter-wêreldwyntoekennings is die wêreld se grootste wynkompetisie en die Kaapzicht Pinotage moes teen meer as 10 000 ander wyne meeding vir die titel.
Kaapzicht Landgoed is naby Stellenbosch geleë en behoort aan die Steytler-familie.

7/01/2009
Flip a Coin Woorde, vocals en wyn
Daar is min dinge wat die hart so raak as raaksê-woorde, die suiwer klanke van a capella musiek en ’n lekker glasie goeie wyn.
Flip a Coin en Van Loveren wyne bied ’n produksie aan wat beslis al die sintuie gaan prikkel. Met musiek van Billy Joel tot Laurika Rauch gaan die manne van Flip a Coin jou betower met a capella klanke waartydens elke lid van die groep sy gunsteling wyn en digkuns aanbied en die gehoor die geleentheid sal hê om die wyn saam met hulle te proe.
Woorde, vocals en wyn vat jou op ʼn rollercoaster van emosies, met musiek wat jou voete gaan laat stamp, humor wat jou gaan later skater, digkuns wat jou gaan laat besef hoe wonderlik ons taal werklik is en wyn wat die hele ervaring perfek bymekaar gaan bring.
Ses wyne, ses digters, ses persoonlikhede, een vertoning!
Hierdie produksie is die eerste produksie wat by Aardklop 2008 uitverkoop was, weke voor die aanvang van die fees. Dit is ’n kuier wat jy nie mag mis nie!
Innibos 2009 begin vandag en duur tot 5 Julie.
Gradering: Volwasse (Geen 0/18)
Datum en tyd: Do 2 Jul 18:00, Vr 3 Jul 18:00, Sa 4 Jul 14:00
Venue: Parkeraad Ouditorium
Tydsduur: 90 min
Prys: R87
Debuutproduksie
Wyn geborg deur Van Loveren.

6/09/2009
Wyn - wat by wat?
Hierdie is 'n eenvoudige gids vir diegene met 'n baie beperkte kennis oor die onderwerp en onder druk om 'n keuse uit te oefen:
Sop - Helder droë wyn tot halfsoet wyn
Roomsop - Droë wit wyn
Dik groente sop - Enige wyn, selfs rooiwyn saam met minestrone
Voorgeregte - Met kruie byv. Knoffel - sauvignon blanc
Aspersies met bottersous - chardonay of sauvignon blanc
Artisjokke, bokkaas, Visgeregte - sauvignon blanc
Vissop en bredies - sauvignon blanc
Geregte met Mayonaise - Enige sauvignon blanc
Spanspek ens. - Enige halfsoet wyn
Pasta - Ligte rooiwyn
Wildsvleis, Braaivleis - merlot
Paté - Sterk houtverouderde wyn
Pizza - enige rooiwyn
Steurgarnale - ligte rooiwyn
bydrae: Petro van der Westhuizen

5/07/2009
Drink wyn vir 'n lewe
Die Murphy-Goode Winery in Sonoma County, Kalifornië adverteer tans vir 'n "Wine Country correspondent." Dit betaal amper R100 000 per maand en daar word van jou verwag om wyn te drink, goeie kos te eet, te tweet, te blog en nou en dan poker te speel.
Winery creates buzz with dream job offer
Winery creates buzz with dream job offer
Sleutelwoorde:
Wyn
4/30/2009
4/02/2009
Sjokoladefees met 'n neus vir wyn
Kango Wyne en 'n sjokoladevervaardiger, Martie Lamprecht, het besluit om wyn en sjokolade by mekaar te bring by vanjaar se KKNK.
Hierdie smaaksensasie is nie net iets wat die verbeelding aangryp nie, maar ook ongewone kombinasies tot gevolg het. By hierdie geleentheid probeer Martie en Kango Wyne om die gehoor op interessante wyse in te lig en te leer hoe hierdie kombinasie baie suksesvol saam gebruik kan word.
Deur middel van 'n visuele aanbieding word daar gewys hoe hierdie produkte ontstaan het en hoe dit gemaak word. Daarna word 'n praktiese proesessie aangebied waar die beste van albei produkte bymekaar gebring word in kombinasies wat selfs die fynproewer sal beïndruk.
Die KKNK 2009 begin vandag.

3/30/2009
Brandy, Bokkoms en Blues
Brandy, Bokkoms en Blues is 'n produksie wat plaasvind tydens die KKNK 2009.
Terwyl die blues die stemming skep gaan die bekende sjef Francois Ferreira jou meer vertel oor die herkoms en gebruike van brandewyn.
Henri Alant gaan die deugde van die edel drankie besin.

3/23/2009
KKNK Kos- en Wynkonsert
Die KKNK Kos- en Wynkonsert word vanjaar aangebied deur die sanger Kurt Darren, Beyers Truter, wynmaker, Jan Boland Coetzee, wynmaker en rugbylegende asook André Mostert, wynkelder-eienaar.
Die konsert bestaan uit 'n wynproe met wyne van Beyerskloof, Mostertsdrift en Vriesenhof, voorgesit met 'n ligte viergangmiddagete. Die deelnemers sal daarna die gehoor toespreek oor wynproe.

3/16/2009
Absa KKNK Wynsaal
Tydens die 2009 KKNK kan jy die lugversorgede Absa KKNK Wynsaal in De Jager Sportkompleks besoek.
Besoekers kan wyn proe by die ongeveer 30 wynkelders, en ook wyn per glas of per bottel koop. Daar sal egte boerekos te koop wees.
Bekende kunstenaars sal ook in die Wynsaal optree. Die program sluit Leon Schuster in. Chris van Niekerk is vanjaar die seremoniemeester.

2/17/2009
Kaas en wyn
'n Kaas en wyn is altyd 'n goeie idee vir 'n onthaal.Wenke vir onthaal:
Kies ´n tipe onthaal wat by jou gaste se smaak en ouderdom pas.
Nooi gaste vroegtydig. Meld die tyd, tipe drag en die geleentheid.
Doen vooraf soveel voorbereidings moontlik.
Dek tafels voor die tyd. Sorg dat tafelversierings afgerond lyk.
Beplan jou spyskaart sodat jy voor die tyd geregte kan maak.
Moenie te veel verskillende geregte maak nie. Sorg dat die kleur en geur van voedselsoorte mekaar aanvul.
Warm en koue geregte kan bedien word. Warm kosse moet net warm genoeg bly.
Hoeveelhede moet sorgvuldig beplan word om verleentheid te voorkom asook vermorsing.
1. ´n Tafel van 2,5m x 80cm. Is voldoende vir 25 persone.
2. Kies ´n tafeldoek wat by die geleentheid pas.
3. Omdat gaste met hul hande eet sorg vir genoeg servette.
4. ´n Vrugte rangskikking pas altyd by ´n Kaas-en-Wyn-onthaal.
5. Houtplanke kan dien as kaasborde. Leiklipskywe kan ook gebruik word.
6. Plaas kaasbord altyd gerieflik vir personse om die kaas te sny.
7. Gebruik kaasmessies of groentemessies.
8. Ongeveer 100 g kaas per gas - Cheddar, Blaauwkrantz, Edam, Tussers, La Campania ens.
9. ´n Verskeidenheid van 6 tot 8 porsies verskillende kaas per gas.
10. Bedien kaas by kamertemperatuur.
11. Moet nooit kaas op slaaiblare bedien nie. - Radyse, pietersielie, jong uitjies en ander groente kan bedien word, maar moet apart van die kaas wees.
12. Sny waslagie van kaas bo en onder af en los dit aan die kant vir uitkenning en maklike hantering.
13. Die skilletjie van kase soos camembert en brie moet nie verwyder word nie. Dit is eetbaar.
14. Dié kase kan op foelie-omhulsel bedien word
15. Bykomstighede:
25 persone : Gemengde soutbeskuitjies -750 g
Grondboontjies - 375 g
Rosyne - 375 g
Aartappelskyfies en/of kaaskrulle - 150 g -2 pakke
Agurkies - 200 g
Swart olywe - 200 g
Groen olywe - 200 g
Brood - 2 tot 3 soorte, bedien op broodborde maar laat gaste toe om dit self te sny of te breek.
Servette
Verskillende doopsouse.
16. Dranksoorte en hoeveelhede:
25 persone:= Wyn (wit en rooi) 16 bottels
Sap of pons - 10 liter.
17. Op informele onthaal skink gaste hulle eie wyn, hulle kry ook hulle eie bygeregte.
Indien warm geregte bedien word moet aansitplekke, messegoed en borde voorsien word.
In die geval mag koffie ook daarna bedien word.
Dit het sy gesondheidsvoordele = Een kilogram Cheddarkaas bevat soveel protiene as 1,5kg rooivleis - 1,5kg vis - of 3 dosyn eiers.
Onthou om altyd nie-alkoholiese drankies voor te sit vir gaste wat dit sal verkies.
8/26/2008
Hoe om wyn te stoor
Die sleutel tot 'n goeie wynversameling is hoe jy jou wyn stoor. Indien jy wyn versamel dan sal jy wil kyk na al die beste opsies om wyn te stoor. Afgesien van die metode waarop jy uiteindelik besluit, jy sal moet sorg dat die omstandighede konstant bly.

Die temperatuur van enige stoorplek sal konstant tussen 10 en 15 ºC moet wees. Daar moet genoeg ventilasie wees en dit moet weg wees van die besige dele van jou huis. Jou versameling kan skade ly weens vibrasie. Lig moet ook tot die minimum beperk word. Geen sonlig mag by die stoorplek inkom nie.
Jy kan 'n spesiale wynkelder bou of jy kan 'n spesiale wynverkoeler koop. Wynrakke is 'n noodsaaklike komponent van jou stoorplek. Dit kan van hout of metaal wees, afhangende van persoonlike smaak. Dit is normaalweg 'n goeie idee om jou rakke te kies om by jou stoorplek te pas.
Vir tydelike stoorplek, soos voor bediening, sal jy normaalweg 'n yskas gebruik, afhangende van die kultivar.

Hoe om wyn te stoor,
Wyn
8/19/2008
Plek van wyn
Suid-Afrika is een van die wêreld se grootste wynprodusente. 2,8% van alle wyn se oorsprong is Suid-Afrika. Daar staan wingerd op 106 000 hektaar van die land.
Suid-Afrika het 4 390 wynprodusente en 388 kelders. Die kelders bestaan uit 11 groothandelaars wat wyn produseer, 67 koöperatiewe, 91 landgoedere en 219 privaat wynkelders.
50% van alle gebottelde Suid-Afrikaanse wyn wat uitgevoer word eindig in Brittanje, 21% in Nederland, 9% in Skandinawië en 6,5% in Duitsland. Die land se markaandeel brei ook goed uit in die VSA, Indië, China en Japan.
43% van alle toeriste wat Suid-Afrika besoek maak ´n draai op ´n wynplaas.
Gesondheid!

Plek van wyn,
Wyn
Waar kom die vonkel vandaan?
Frik Lombard
Wanneer ek vonkelwyn drink wonder ek hoe kry hulle daardie aangename en tintelende borrels in die wyn. As u ook al daaroor gewonder het is sal u binnekort u antwoord kry. Maar ek gaan ook sommer oor die algemeen praat oor sjampanje, vonkelwyn en alles wat daarmee saamgaan.
La Champagne is ´n streek in Frankryk. Die streek se naam kom van die Latynse woord "Campus", "Campania". In die ou Frans het dit Champaign geword en later Champagne. In opgrawings wat gedoen is in die streek is daar afgekom op fossiele wat druiwe lote in gehad het. Die fossiele is gedateer terug na sowat ´n miljoen jaar gelede.
Die Romeine het jare kalk gesoek wat hulle gebruik het in bouwerke. Die spelonke wat hulle agtergelaat het, het in latere tye wynkelders geword. In die jaar 92 A.D. het die Romeinse keiser ´n dekreet uitgevaardig waarin hy gesê het dat al die wynlande in Frankryk vernietig moet word om te voorkom dat die Franse wyne kan kompeteer met die Italiaanse wyne. So gemaak, maar die Franse het in die geheim nog aangehou om wynlande aan te plant. Toe die verbod uiteindelik opgehef is, het die Franse wyne afkomstig van Champagne ´n treffer geword.
In die jare 1600 het daar ´n wyn-oorlog in Frankryk tussen die wynboere van Burgundy en dié van Champagne begin. Die boere van Champagne het besluit om eerder nie die wyne van Burgundy na te maak nie maar eerder ´n nuwe styl wyn gaan te ontwikkel. In 1660 is hierdie besonderse wyne van Champagne uitgevoer Engeland toe.
Meeste van die Vin Gris wyne (Grys Wyne) is baie jonk in Frankryk gedrink. Met die verskeping van die wyne in die vate na Engeland, het die hitte veroorsaak dat daar ´n tweede fermentasie proses begin. In Engeland aangekom is die wyn gebottel en met kurk verseël. Dit het veroorsaak dat die lewendige vonkel van die wyn behoue gebly het. Hierdie wyn met die vonkel het die akademici en wetenskaplikes gaande gehad.
Die monnike-kelders van Pierry en Epernay het eerste begin om die vonkel in die wyn te sit. Die keldermeesters wat daarmee gemoeid was, was Frere Jean Oudart en by Epernay die keldermeester Dom Pierre Perignon. Vir ´n paar honderd jaar is dié metode van wyn maak gevolg. Maar daar was baie probleme want tot 40 % van die bottels het ontplof as gevolg van die sekondêre fermentasie. In 1836 het ´n Franse apteker bepaal dat soet druiwe hoër alkohol inhoud en meer koolstofdioksied produseer. Die apteker het haarfyn uitgewerk hoeveel addisionele suiker bygevoeg moet word om die regte hoeveelheid koolstofdioksied te produseer om nie die bottels te laas bars nie.
Na die uitvinding is daar nie keer aan die aan die wynmakers nie en hulle het almal begin om Saute-bouchon te maak. In 1911 het daar amper ´n oorlog uitgebreek omdat daar wynmakers was wat goedkoop wyn ingevoer het van die suide om Sjampanje te maak. Om die mense te kalmeer is daar besluit dat slegs druiwe van Champagne gebruik mag word om Champagne te maak. Dit is nog steeds die rede die naam Champagne nie in enige ander wêrelddeel gebruik mag word nie, slegs die naam vonkelwyn.

Waar kom die vonkel vandaan?,
Wyn
8/18/2008
Ontdek "nuwe" kultivars
Kris-Jan Alleman
Hoekom nog ´n cabernet of nog ´n chardonnay drink as daar soveel ander kultivars is om van te kus en keur. Meeste supermarkte en drankwinkels se rakke beur onder die groot vier: cabernet sauvignon, merlot, chardonnay en sauvignon blanc. Rakspasie word verder opgemaak deur shiraz, chenin blanc, Cape riesling en Suid-Arika se eiesoortige pinotage.
Maar indien waagmoedig genoeg is, is daar ´n hele nuwe spektrum van minder bekende kultivars om te geniet. Die feit dat verskeie kultivars deesdae oral geniet word is ´n relatiewe nuutjie en iets wat ons aan die onderdane van Kroon Lissie kan toeskryf. Die Eilanders se dors het te groot geword vir die Franse om te les en dit het die deur oopgemaak vir die innoverende Australiërs om die wêreld se vierde grootste uitvoerder van wyn te word na Frankryk, Italië en Spanje. Franse wyne word deur ingewikkelde stelsel ("Appelation de Controleé") geproduseer en bemark om kwaliteit te verseker. Hiervolgens word cabernet en merlot byvoorbeeld net in Bordeaux gegroei tesame met cabernet franc, petit verdot en malbec. ´n Bordeaux-versnit bestaan dus uit enige kombinasie van ten minste twee van die genoemde kultivars. Die etiket sal ook nie aan die koper enige aanduiding gee van wat in die bottel is nie. Daar word van die koper verwag om te weet. So weet ons dat ´n wit burgundy ´n chardonnay is, en ´n rooi burgundy is ´n pinot noir. Hierdie stelsel is moeilik om te verstaan en die Australiërs het besluit om dinge eenvoudig te maak. Gevolglik het hulle wynbemarking volgens kultivar aan die wêreld gegee. Hulle is ook die wêreld se voorste marknavorsers op die gebied van wynverkope. Suid-Afrika het sedert die vroeë 90´s baie vinnig geleer. Ons worstel egter nog met die vraag oor wat presies pinotage se rol in ons wynproduksie en -bemarking is.
Buiten die groot vier, maak ons in Suid-Afrika ook baie goeie chenins op groot maat. Kyk ook uit vir goeie voorbeelde van colombar vanuit die Robertson distrik. Vir ´n algemeen beskikbare handelsmerk probeer Robertson Kelder of die beste colombar voorbeeld, Bon Courage.
Andersins, hier volgens ´n lys van interessante kultivars wat gerus probeer kan word. Die wyn is egter nie geredelik beskikbaar nie. Bel die produsent om uit te vind waar dit verkoop word. Drie stere (***) is toegeken aan kultivars wat goed op eie bene staan en produsente wie se produkte goeie voorbeelde is van die genoemde kultivars.

| KULTIVAR | PRODUSENT |
| Barbera*** | Altydgedacht |
| Bukettraube | Simonsvlei, Swartland |
| Cabernet franc *** | Bellingham, Warrick, 5 Heirs, Avontuur Uiterwyk |
| Carignan | Fairview |
| Cinsaut Landskroon *** | Perdeberg, Swartland |
| Fernao Pires | Van Loveren |
| Gamay Noir | Woolworths, Asara, Signal Hill*** |
| Gewürztraminer | Neetlingshof, Bon Courage, De Wetshof, Delheim |
| Hárslevelu | Zevenwacht |
| Malbec*** | Bellevue, Fairview***, Backsberg, Nederburg*** |
| Mourvedre*** | Beaumont Wines*** |
| Petit Verdot | Nederburg***, Signal Hill |
| Pontac | Hartenberg |
| Tempranillo | Die Krans |
| Tinta Barocca | Allesverloren*** |
| Touriça natíonal | Die Krans |
| Zinfandel | Blaauwklippen***, Fairview***, Glen Carlou, Hartenberg Ashanti*** |
| Riesling | De Wetshof, Groot Constantia, Klein Constantia, Rhebokskloof, Weltevrede |
| Viognier*** | Fairview, Spier, Uiterwyk |
| Sangiovese*** | Graham Beck Wines |
| Pinot Gris | L'Ormarins |
| Sylvaner | Overgaauw |
| Nebiolo | Steenberg*** |
Sleutelwoorde:
Ontdek "nuwe" kultivars,
Wyn
8/13/2008
Waterford
Kris-Jan Alleman
Ek val so ´n ruk gelede op Waterford in op die Blaawklippen pad. Plaas ek verby gehou het. Ek word verwelkom deur ´n paar javels wat soos nat wasgoed oor die stoele en tafels hang en hulle verbeel hulle is op ´n GQ "shoot". Toe ek uiteidelik aandag trek (my labels is mos onder my klere en nie op my mou nie) bied ´n javel my ´n proe aan met die entoesiasme van ´n ou plaashond wat in die winterson lê en bak. Ek hou toe my Platimum kaart in die holster.
Diegene wat ingestel is op die esteties en hedendaagse wynlandargitektuur kan wel die plekkie besoek. Geniet dan koffie en koek daar eerder as om die marteling in die proelokaal te beleef. Indien julle wyn bestel mag julle dalk die GQ´s in die proelokaal verontrief en die lieplappers se traagheid mag dalk die voornemende koper se bloeddruk onnodig laat styg.
Die wyn is nie onaansienlik nie, maar let daarop dat dit eerder ´n nuwe-wêreldse skouwyn is. Anders gesê, hoe groter pronker, hoe kaler jonker. Die eerste sopie is oorweldigend, synde fisiologiese ryp druiwe gebruik is wat pap gepars is vir maksimale ekstraksie. Verder is dit met ´n plank in nuwe vate geboender en met ´n houtprop geseël. Elke sopie daarna begin afneem in intensiteit, tipies van die opulente styl. Die wyn kort finesse en elegansie maar mag verbeter met tyd.(Maar wie wil nou wag?) Mynsinsiens regverdig dit nie die prys nie, behalwe as jy ´n GQ is wat met die regte sopie in die hand gesien wil word.

8/12/2008
Wanneer is ’n riesling nie ’n riesling nie?

Kris-Jan Alleman
Hoekom sal die vraag belangrik wees? In Suid-Afrika is ´n riesling meestal ´n crouchen blanc en so baie soos ek van ´n riesling hou, so min genot put ek uit die suur dun stropie van crouchen blanc. Vrind Gerrie het mos nie veel om te doen nie en ek vra hom toe om my oor die verskil tussen die twee druiwe en die verwarring daarom in te lig. Hiervolgens ´n opsomming van wat vrind Gerrie toe te vertelle het:
"So jy het moontlik gedink ´n riesling is ´n riesling - lekker vars, vrugtige witwyn met sy herkoms in Duitsland. Toe nou nie. Daardie bekende en gewilde Theuniskraal riesling is toe al die tyd nie ´n riesling nie!
Die feit van die saak is dat veral wynmense dinge verwar, dit verkeerde name gee en dan beswaarlik later dit kan regstel. Soos die Chilene destyds gedink het als wat hulle plant is merlot (wat toe carminere blyk te wees), so het die voorvader-wynbouers in ons geliefde land mos gereken ´n Franse stief-druif met die deftige naam van crouchen blanc, is riesling. Eers toe die ware jakob later aangeplant word, kom die klompie agter hulle riesling is eintlik crouchen. Maar wat nou gemaak? ´n Slim javel besluit toe ons moet die crouchen doop Kaapse (Cape) riesling en die regte riesling moet volgens sy regte naam, weisser riesling heet. Later word die crouchen blanc ook Paarl riesling genoem en die weisser riesling ook Rhine riesling (verwysend na die druif se oorsprong in Duitsland). Dis vandag aanvaarbaar om Paarl riesling en Kaapse riesling as sinonieme te gebruik, asook so met weisser / Rhine Riesling.
Dit was nie net ons boere wat die fout gemaak het nie, maar ook die Ossies Doer-Onner. Die Aussies doop toe crouchen blance as clare riesling en in die bekende Barossa Vallei word dit sommer herdoop tot semillon. Gelukkig kom die manne hulle fout agter met die semillon-verwarring, maar die naam clare riesling, soos Kaapse riesling, het bly voortleef. Praat van ´n druif met ´n identiteitskrisis!
Hoe dit nou ookal sy, nie crouchen blanc of weisser riesling is baie gewild in Suid-Afrika nie. Net sowat 0,4% van alle wingerd in Suid-Afrika word deur riesling beslaan en ongeveer 1,5% deur crouchen blanc. Daar is tans slegs vyftien produsente wat nog crouchen blanc as enkelkultivar bemark, waarvan Theuniskraal riesling en Nederburg Paarl riesling sekerlik die gewildste en beste voorbeelde is. Crouchen blanc word egter meestal in versnitte gebruik en jy drink miskien baie meer daarvan as wat jy dink, synde hierdie druif een van die hoofkomponente is van die singende, dansende ens. wyntjie, Graça. Wynmakers hou van die crouchen blanc in versnitte, omdat dit ´n bietjie suurstruktuur gee, sonder om te veel geure by te bring. Op sy eie is brouchen blanc eintlik maar ´n bleeksiel. ´n Goedgemaakte voorbeeld sal op die neus sagte nuanses van kruie, koejawel of groen appels ten toon stel en op die tong sal hy vrugtig en vars voorkom. Gewoonlik het die wyn ook nie hoë alkohol nie en dis die perfekte maklik-slukbare somerwyn saam met ´n ligte slaaitjie (as jy suur tande het - kja). Anders as sy Duitse naamgenoot, verouder crouchen blanc nie goed nie en is dit ´n wyn wat liefs binne een jaar na oesdatum gedrink moet word.
Vir die van julle wat wonder: Weisser riesling (of net riesling in die res van die wêreld) is ´n baie meer komplekse en veelsydige druif as crouchen blanc. Die Duitse rieslings van die Mosel-vallei wissel van droog tot edelsoet en om hierdie wyne te proe is om op die hemel se voorstoep te vertoef. In Suid-Afrika is daar self ´n paar ordentelike voorbeelde en jy kan gerus volgende keer die verveling breek deur ´n bottel Groot Constantia of Paul Cluver te probeer saam met jou gunsteling Chinese dis. Jy sal verras word deur ´n neus vol van tropiese vrugte, blommegeure en geparfumeerde pynappel. Met ouderdom raak die wyn nog meer kompleks en kry ´n tipiese olierige terpentyn en heuning karakter. Terpentyn klink nie aptytwekkend nie, maar probeer ´n ouer riesling en jy sal gewis lieflike geure op neus en palet ervaar. Díe met ´n soeter tand kan gerus Neethlingshof se Noble Late Harvest probeer om te sien hoe wonderlik die Botritis-vrot met die natuurlike geure van die riesling-druif kombineer."
Dankie vrind Gerrie!
Sleutelwoorde:
Cape Riesling,
Crouchen Blanc,
Paarl Riesling,
Rhine Riesling,
Riesling,
Weisser Riesling,
Wyn
Watter wyn met watter kos?
Frik Lombard
Die algemene opvatting van watter wyn saam met watter kos gaan, is soos volg: Rooiwyn saam met rooivleis en witwyn saam met wit vleis. Die rede hiervoor is dat rooiwyn byvoorbeeld die delikate smaak van die vis sal oorheers. Daar is uitsonderings op elke reël en hier is dit ook natuurlik so.
Saam met gebraaide hoender, tuna en salmon kan jy gerus ´n vrugtige rooiwyn bedien. As jy ´n gunsteling wyn het waarvan jy hou om te drink, doen dit. Niks keer jou om jou gunsteling chardonnay saam met jou steak te geniet nie. Tradisionaliste sal my seker ophang oor hierdie stelling. Vir my gaan dit daaroor dat jy behoort te eet en drink wat jy geniet. Dit help nie jy drink chardonnay saam met jou vis maar jy geniet nie die wyn nie.
Soos ek voorheen gesê het: kos en wyn saam maak goeie en mooi herinneringe. Die afgelope vakansie het ek en my vrou een aand ´n strand-piekniek gehou. In ons kos mandjie was daar vis en skyfies, kaas, Fairview 2001 Shiraz en vrugte. By die strand aangekom het ek wyn vir ons geskink en ons het dit saam met die vis en skyfies geniet. Daardie aand het ek goeie geselskap gehad saam met goeie wyn. En ek kan julle belowe ons het ook wonderlike herinneringe aan daardie aand.
Indien ek by die tradisionele reëls gehou het sou ek nie shiraz kon drink nie, maar dan sou ek chardonnay moes drink wat ek definitief nie sou geniet het nie. Hier volg nog so ´n paar reëls. Indien jou slaai ´n asyn basis slaaisous het, probeer maar om die wyn weg te hou want die asynsmaak in jou mond kan dalk vir jou met ´n onaangename smaak in die mond laat.
Onthou net die reëls is nie in klip uitgekap nie en hoef nie slaafs nagevolg te word nie. Saam met steaks, geroosterde bees en lam gaan cabernet sauvignon, pinot noir en shiraz goed. Saam met vis is die beste wyn om te bedien ´n sauvignon blanc. Saam met mossels kan jy gerus probeer om ´n rooiwyn te bedien. Maar saam met kreef kan dit ´n ramp wees so bly maar saam met die wit daar.
Saam met hoender, vark en kalfsvleis is dit ook partykeer goed om byvoorbeeld ´n chardonnay te bedien. Maar as die geregte gebraai word dan kan jy kyk daarna om ´n merlot te bedien want dit gaan goed saam met gebraaide hoender. Daar is ietwat van ´n probleem wanneer kerrie bedien word. Die wyn veroorsaak dat die brand net so effens erger is as normaal. Hier sal ek voorstel dat indien jy wel alkohol wil gebruik moet jy dan eerder ´n vonkelwyn voorsit.
Met vegetariese disse is dit heelwat moeiliker om wyn by disse te plaas maar hier stel ek voor dat met die swaarder disse soos boontjies ´n rooiwyn voorgesit word en met die ligter groener groente, ´n witwyn.
By Kaas en Wyn is daar ook maar reëls wat gevolg moet word. Maar ek het al baie gesien dat op ´n Kaas en Wyn daar net gesorg moet word dat daar ´n goeie verskeidenheid kase en wyne is. Want die mense drink en eek volgens hulle voorkeure op so ´n partytjie.
Geniet u wyn en kos en eksperimenteer maar met verskillende disse en verskillende soorte kos. Dit doen nie skade nie.

Watter wyn met watter kos,
Wyn
8/11/2008
Middagete by Hartenberg
Quintus van Rensburg
Op die pad vanaf Bellville 12 km noord van Stellenbosch draai jy regs af na die Hartenberg landgoed. Tussen die wingerde deur tot by die kelder wat skuinslê teen die Bottelary-heuwels.
Ek was ´n gas vir middagete en kon rustig agteruitsit by die tafel onder die bome en teug aan ´n Nicaraguaanse sigaar terwyl ek wag op middagete en ´n verskeidenheid van Hartenberg se wyne wat ons gasheer bestel het.
Middagete by Hartenberg bestaan uit ´n voorafbereide bord met ´n verskeidenheid vleise, goente, en kaas. Die idee is die van plaaskos onder die bome.
Ons gasheer het ´n bottel Hartenberg pontac saamgebring. Soos ek verstaan het pontac nie net ´n rooi skil soos meeste rooi kultivars nie, maar ook rooi vlees. Die kultivar is by Hartenberg geplant op die punte van elke ry wingerd. Die druif gee ´n rooi sap af en bobbejane wat die druiwe kom roof dink hulle bloei en hardloop weg.
Pontac is van Franse oorsprong en volgens die etiket het Jan van Riebeeck ook moontlik ´n glasie geniet. Die wyn is reeds in 1772 verskeep vanaf Kaapstad na Amsterdam.
Hartenberg het glo die enigste pontac in die land gemaak, maar het besluit om produksie daarvan te staak. Tog jammer, want van al die wyn wat ons gehad het het die pontac die meeste beïndruk.
Op aanbeveling van die dame in die proelokaal het ons ´n verskeidenheid kraffies wyn bestel om aan te proe. Eerste aan die beurt was Bin 3, ´n droë witwyn versnit teen R22 ´n bottel op die landgoed.
Ek kan nie veel uitwei oor die karaktertrekke van Bin 3 nie, want ek kon nie veel opspoor nie. Dit was ´n baie jong wyn met lae alkohol en baie effe van geur. Die tipe drankie vir mense wat nie eintlik van wyn hou nie, maar in sekere omstandighede ´n glasie sal tolereer.
Volgende aan die beurt was die Occasional blanc de noir 2002 (R25). ´n Gebalanseerde wyn vol bessiegeure, maar te soet na my sin.
Daar is geen verskoning vir middelmatigheid nie en daarmee het ek nie veel meer te sê oor die halfsoet L´Estreux (R25) nie.
Die Weisser Riesling 2003 het ´n besondere tropiese neus. Ek soek egter ´n meer volronde karakter van ´n wyn wat 3½ sterre gekry het in die Platter Guide 2004.
My gunsteling vir die dag was die Chatillon 2002 (R22). Dit is ´n versnitwyn wat bestaan uit 35% semillon, 22% chenin blanc en 43% chardonnay.
´n Geurige droë witwyn met perske en suurlemoen wat sterk na vore kom. Goeie waarde vir geld!
Jou Chatillon kan tot drie jaar op ´n koel plekkie hou. Oor die tydperk sal die semillon-karakter van die wyn meer prominent word.
´n Bord kos en ´n bottel Chatillon is die geld werd onder die bome by Hartenberg.

Hartenberg,
Middagete by Hartenberg,
Wyn
8/07/2008
Dekantering en pers tande

Kris-Jan Alleman
(Jammer vir die anglisisme, maar Afrikaans is nog nie soepel genoeg vir die begrip nie. Waarskynlik omdat onse nasie gepapsak het wyl die wêreld ge-decant het.) In elk geval, as die sediment in die ongefiltreerde reeks die leser nie geval nie, probeer gerus hierdie oorskinkmetode om die sediment te laat afsak.
Dit kan ook gebruik word om die jong rooiwyne, waarvan daar deesdae alteveel op die winkelrakke is, se hoeke bietjie ronder te maak. Indien ´n wyn pers skuim wanner dit geskink word is dit gewis ´n kleuter. Voordat die kleuter in volwasse geselskap toegelaat word stel ek dekantering voor vir ten miste ´n uur in ´n kraffie met ´n platterige bolpens. Hoe langer hoe beter. Die resultaat is gewoonlik die wag die moeite werd.
´n Jong wyn se PH-balans kan ook op die manier balanseer en ook sodoende die kans verminder dat ´n wyndrinker se tande pers sal raak. Pers tande is die gevolg van ´n wyn wat te alkalies is.

Dekantering en pers tande,
Wyn
Subscribe to:
Posts (Atom)