Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Meer oor die Gids

Welkom!
Skop jou skoene uit en maak jouself tuis. Laat ek jou voorstel aan wat hopelik eendag met julle hulp 'n volledige Afrikaanse gids tot die Kookkuns sal wees.

Iemand het eendag aan tafel gevra: "Waar kry mens die Afrikaanse verduidelikings vir Franse kookterme?" Inderdaad! Waar is die Afrikaanse Larousse Gastronomique? Waar is die Afrikaanse "Il Cucchiaio d'argento"?

Het ons dit nodig? Beslis ja! Die revolusie het stoom opgebou. Ons het die jurk van ongegeurde Engelse eetgewoontes afgeskud. Ons kruietuine blom en die vliegtuie bult weekliks met vragte Noorweegse salm.

Hier kan ons almal nou elke begrip oopvlek vir beginner en gesoute kok. Op die koop toe ook 'n resep deel. Jy is welkom om die gids in sy huidige vorm as verwysingsbron te gebruik. Sekere eenvoudige definisies mag oorbodig voorkom vir Afrikaanse verbruikers. Die insluiting van hierdie omskrywings is vir verbruikers in Nederland, België en Luxemburg wat ook die gids nuttig vind. Jong gebruikers kan ook baat vind hierby.

Die resepte
Ons maak op jou staat om resepte met ons te deel. Indien jy nie self die resep uitgedink het nie vra ons mooi dat jy asseblief die bron sal aandui.

Kommentaar
Enige voorstelle, konstruktiewe terugvoer, nuwe idees, raad of hulp sal opreg waardeer word. Daar word egter verwag dat jy jou soos 'n gas sal gedra in hierdie kookhuis van ons.
Hou asseblief by die onderwerp.

Die gids word bestuur deur QVRP.

2 comments :

  1. Ek dink dis 'n fantastiese idee en stylvolle webtuiste, en wens jul alle voorspoed.
    Norval Louw

    ReplyDelete
  2. Ek dink dis 'n fantastiese idee en baie stylvolle webtuiste, ek wens jul alle voorspoed.
    Norval Louw

    ReplyDelete