2 wilde-eende, skoongemaak
300 mℓ port
150 mℓ aftreksel
2 uie, fyngekap
Sap vaan 1 bitterlemoen
Sout en peper
Knippie rooipeper
Braai die wilde-eende halfgaar en sny dan op in porsies.
Plaas 150 mℓ port, die aftreksel, uie, lemoensap, sout en peper en rooipeper in ’n kastrol. Laat prut oor lae hitte vir 5 minute.
Gooi die res van die port by en bring tot kookpunt.
Plaas die eend in die sous en proe vir sout en peper. Laat prut tot die eend sag is. Proe dan weer vir sout en peper.
Die gaarmaaktyd behoort so om en by 45 minute te wees.
Bedien hierdie eend saam met groenbone en geroomde aartappels.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Eend. Show all posts

6/16/2016
2/18/2016
Wilde-eend
Lees gerus die gedeelte oor die voorbereiding van wilde voëls.
Wilde-eend neem so35 minute om gaar te raak.
Bedien Wilde-eend saam met bronkors, gebraaide krummels, aartappelskyfies, lemoenslaai en 'n sous van jou keuse.

Sleutelwoorde:
Eend
11/15/2015
Die voorbereiding van wilde voëls
Patryse, fisante, wilde-eende, tarentale, kwartels en duiwe tel almal onder wilde voëls . Vir die doeleindes van resepte kan ons selfs volstruise onder die groep tel. Basiese resepte vir hierdie wildsvleis is gewoonlik op toepassing vir al dié voëls.
Hierdie voëls moet liefs nie vars geslag gaargemaak word nie. Hou hulle eers ’n dag of twee oop en heel in die yskas. Dit maak die vleis sagter.
Wildvoëls smaak gewoonlik lekkerder as jy hulle toedraai in spek. Verwyder dit die laaste 10 minute van die braaityd.
Die bykosse vir wildvoëls in Suid-Afrika is tradisioneel iets soets, iets suurs en rys.
Maak asseblief altyd seker die voëls wat jy koop is wettig bekom en nie gestroop nie.
(foto Stijn Nieuwendijk)

1/03/2013
Eend met olywe / Caneton aux olives
Neem 'n skoongemaakte eend en bind die vlerkies vas teen die lyf met tou. Verbruin die eend in BAIE botter in 'n swaarboompot. Behou net sowat 80 mℓ botter in die pot nadat die eend gebraai en uit die pot gehaal is.
Voeg 125 mℓ witwyn by en laat dit liggies kook vir 2 minute.
Gooi 250 mℓ consommé by en plaas die eend terug in die pot. Voeg 'n bouquet garni by. Plaas die deksel op en laat dit oor lae hitte kook tot sag. Na 'n halfuur sit jy 250 g groen ontpitte olywe by.

5/17/2010
Mousse de Foie Gras en Brioche
Hierdie klassieke, Franse lekkerny is ’n mengsel van eendelewerpatee en brioche, daardie lekker sagte brood.
4 eetlepels room
225 g geblikte pâté de foie gras (eendelewerpatee)
4 eetlepels brandewyn
2 eetlepels gekapte, vars pietersielie
50 g fyngekapte sampioene
100 g botter
sout
varsgemaalde swartpeper
brioche deeg
1 eiergeel
’n klein bietjie melk
Klop die room styf.
Meng die pâté, brandewyn, pietersielie en room in ’n voedselverwerker.
Braai die sampioene in die botter oor lae hitte vir 5 minute tot goudbruin.
Geur met sout en peper.
Roer die sampioene en die pâté-mengsel bymekaar.
Laat dit teen kamertemperatuur staan vir ’n uur.
Voer ’n broodpannetjie uit met brioche-deeg. Die deeg moet so 4 cm dik wees en 2,5 cm oor die kant hang.
Vorm die mousse de foie gras in ’n bal en plaas in die middel van die deeg.
Vou die deeg om die pâté.
Vorm nog ’n bal uit (’n koppie) brioche-deeg en plaas dit op die pâté-bal.
Laat die brood op ’n warm plek staan, sodat die deeg kan rys.
Verf nou die boonste oppervlakte van die deeg met die eiergeel wat jy ’n bietjie verdun met die melk.
Bak in ’n 230ºC oond tot die brioche bruin is.
Laat die brood afkoel voor jy dit uit die pan haal.
Die mousse de foie gras en brioche kan warm of koud bedien word.

Brood
,
Eend
,
Frans
,
Peuselhappie
5/12/2010
Terrien de Canard à l’Orange
Hierdie klassieke, Franse gereg is gewoon eend gemarineer in alkohol en dan bedek in ’n vleismengsel.
die vleis van die bors van 1 eend, opgesny in lang repe, 6 mm breed
die res van die eendevleis
4 eetlepels brandewyn
4 eetlepels Noilly Prat (of droë vermoet)
4 eetlepels madeirawyn (of port)
4 eetlepels lemoensap
½ ui, fyn opgesny
½ teelepel gedroogde tiemie
½ teelepel gedroogde boontjiekruid
1 teelepel gerasperde lemoenskil
1 teelepel fyngekapte, vars pietersielie
2 lourierblare, verkrummel
sout
varsgemaalde swartpeper
’n gedroogde rissie, fyngemaal
100 g eendelewer, in blokkies gesny
100 g kalfsvleis, in blokkies gesny
100 g varkvleis, in blokkies gesny
1 geklitste eier
50 g varkvet
skyfies lemoen vir garnering
’n bietjie vleisjellie (aspiek) poeier, aangemaak en daarna gegeur met 2 eetlepels madeirawyn (of port).
Marineer die eend oornag in die brandewyn, Noilly Prat, madeirawyn, lemoensap, uie, tiemie, boontjiekruid, lemoenskil, pietersielie, lourierblare, sout, peper en rissie.
Die volgende dag verwerk jy die res van die eend en die ander soorte vleis tot ’n patee in ’n voedselverwerker.
Gooi die vloeistof van die gemarineerde eend af en roer dit saam met die geklitste eier by die maalvleis.
Geur met sout en peper.
Smeer ’n terrienbak met die varkvet en druk die helfte van die patee daarin vas.
Lê die repies gemarineerde eend daarop en plaas die res van die patee daaroor.
Bedek die terrien, plaas dit in ’n bak warm water en plaas in ’n oond wat verhit is tot 180ºC vir 1½ uur.
Haal die terrien uit die oond en plaas gewig op die bokant van die gereg, terwyl dit afkoel.
Verwyder die dis uit die terrienbak, plaas in ’n skoon opdienbord, garneer met lemoenskyfies en bedek alles met die aspiek.
Laat dit oornag stol in die yskas.

Sous
,
Vleis
8/08/2008
Peking-eend / Peking Duck
Die geheim van die Peking-eend is die bros vel. Dit word na die kookproses verwyder en apart bedien.
Dit is belangrik dat die eend se vel kurkdroog is voor daar begin word met die kookproses. Droog die eend goed af en sprei dan die vlerke oop. Dit sal ideaal wees indien jy die voël iewers kan ophang met oopgespreide vlerke. As jy die voël afvee met skoon brandewyn sal dit die droogproses aanhelp. Plaas 'n waaier so dat dit lug op die eend blaas en laat dit so staan vir 4 ure. Jy kan ook die voël oornag in 'n trek hang.
Jy gaan borsels van sprietuie nodig hê. Die sprietuie moet nie langer as 10 cm wees nie. Maak hulle mooi skoon en sny die punte af. Maak 2 vertikale snitte van so 2 cm lank regoor mekaar aan die wit kant van die uie. Dan maak jy nog 2 soortgelyke snitte regoor mekaar tussen die ander snye.
Plaas die uie in 'n bakkie yswater in die yskas. Die gesnyde punte sal opkrul en jou uie sal soos klein borseltjies lyk.
Die eend word bedien met 'n tipe pannekoek. Daarvoor het jy nodig:
450 g meel
600 ml kookwater
30 ml sesame-olie
Sif die meel en meng met die water om 'n sagte deeg te vorm.
Knie die deeg vir 10 minute tot dit 'n rubberagtige struktuur ontwikkel.
Bedek met 'n teedoek en laat met rus vir 20 minute.
Rol die deeg 5 mm dik uit en sny 5 cm-sirkels uit met jou dukker wat jy vir skons gebruik.
Smeer die een kant met sesame-olie en plaas 'n ongesmeerde sirkel bo-op.
Rol albei saam uit, so dun as moontlik. Hulle behoort uiteindelik 'n deursnee van ongeveer 15 cm te hê.
Verhit 'n skoon swaarboompan vir 30 sekondes en draai dan die hitte tot op die laagste merk.
Plaas 'n pannekoek in die pan en draai sodra daar lugborrels begin vorm.
Laat jou pannekoeke afkoel en draai hulle dan toe in foelie en hou hulle in die yskas tot benodig.
Jou eend gaan ook 'n sous nodig hê:
125 ml Hoisin (of pruimsous)
20 ml suiker
20 ml sesame-olie
20 ml koue water
Meng al die bestanddele in 'n klein kastrolletjie tot dit begin kook. Draai die hitte af tot by die laagste merk en roer vir 3 minute.
Gooi die sous in 'n opdienbakkie.
Jy het ook 'n sous nodig vir die bakproses. Meng 45 ml sojasous, 20 ml strooisuiker en 150 ml koue water en verf jou eend daarmee.
Plaas jou eend op 'n draadrak in 'n roosterpan met die bors na bo.
Gooi kookwater in die pan tot dit 6 mm diep is.
Die oond moet aanvanklik verhit wees tot 200ºC.
Plaas die eend onder in die oond vir 'n uur en 'n kwart.
Verf elke 15 minute met die drupsous.
Na 45 minute moet die hitte verhoog word na 230ºC.
Op die stadium kan jy die pannekoeke sommer so in die foelie in die oond sit om dit te verhit.
Voor opdiening verwyder jy die vel en sny of knip dit in 5 cm-blokkies. Hou dit warm.
Sny die eend in lang repe vir bediening.
Plaas nou die vel, eend, pannekoeke, sous en uiborsels (so in die yswater) op die tafel in hul eie opdienborde.
Jy eet die eend deur die twee helftes van die pannekoek versigtig van mekaar af te trek. Gebruik jou borseltjie om die sous op die klam een van die 2 pannekoeke te smeer.
Sit stukke hoender en vel op die sous, vou toe, rol op en eet.
Dit is belangrik dat die eend se vel kurkdroog is voor daar begin word met die kookproses. Droog die eend goed af en sprei dan die vlerke oop. Dit sal ideaal wees indien jy die voël iewers kan ophang met oopgespreide vlerke. As jy die voël afvee met skoon brandewyn sal dit die droogproses aanhelp. Plaas 'n waaier so dat dit lug op die eend blaas en laat dit so staan vir 4 ure. Jy kan ook die voël oornag in 'n trek hang.
Jy gaan borsels van sprietuie nodig hê. Die sprietuie moet nie langer as 10 cm wees nie. Maak hulle mooi skoon en sny die punte af. Maak 2 vertikale snitte van so 2 cm lank regoor mekaar aan die wit kant van die uie. Dan maak jy nog 2 soortgelyke snitte regoor mekaar tussen die ander snye.
Plaas die uie in 'n bakkie yswater in die yskas. Die gesnyde punte sal opkrul en jou uie sal soos klein borseltjies lyk.Die eend word bedien met 'n tipe pannekoek. Daarvoor het jy nodig:
450 g meel
600 ml kookwater
30 ml sesame-olie
Sif die meel en meng met die water om 'n sagte deeg te vorm.
Knie die deeg vir 10 minute tot dit 'n rubberagtige struktuur ontwikkel.
Bedek met 'n teedoek en laat met rus vir 20 minute.
Rol die deeg 5 mm dik uit en sny 5 cm-sirkels uit met jou dukker wat jy vir skons gebruik.
Smeer die een kant met sesame-olie en plaas 'n ongesmeerde sirkel bo-op.
Rol albei saam uit, so dun as moontlik. Hulle behoort uiteindelik 'n deursnee van ongeveer 15 cm te hê.
Verhit 'n skoon swaarboompan vir 30 sekondes en draai dan die hitte tot op die laagste merk.
Plaas 'n pannekoek in die pan en draai sodra daar lugborrels begin vorm.
Laat jou pannekoeke afkoel en draai hulle dan toe in foelie en hou hulle in die yskas tot benodig.
Jou eend gaan ook 'n sous nodig hê:
125 ml Hoisin (of pruimsous)
20 ml suiker
20 ml sesame-olie
20 ml koue water
Meng al die bestanddele in 'n klein kastrolletjie tot dit begin kook. Draai die hitte af tot by die laagste merk en roer vir 3 minute.
Gooi die sous in 'n opdienbakkie.
Jy het ook 'n sous nodig vir die bakproses. Meng 45 ml sojasous, 20 ml strooisuiker en 150 ml koue water en verf jou eend daarmee.
Plaas jou eend op 'n draadrak in 'n roosterpan met die bors na bo.
Gooi kookwater in die pan tot dit 6 mm diep is.
Die oond moet aanvanklik verhit wees tot 200ºC.
Plaas die eend onder in die oond vir 'n uur en 'n kwart.
Verf elke 15 minute met die drupsous.
Na 45 minute moet die hitte verhoog word na 230ºC.
Op die stadium kan jy die pannekoeke sommer so in die foelie in die oond sit om dit te verhit.
Voor opdiening verwyder jy die vel en sny of knip dit in 5 cm-blokkies. Hou dit warm.
Sny die eend in lang repe vir bediening.
Plaas nou die vel, eend, pannekoeke, sous en uiborsels (so in die yswater) op die tafel in hul eie opdienborde.
Jy eet die eend deur die twee helftes van die pannekoek versigtig van mekaar af te trek. Gebruik jou borseltjie om die sous op die klam een van die 2 pannekoeke te smeer.
Sit stukke hoender en vel op die sous, vou toe, rol op en eet.
8/04/2008
Eend met whiskey / Duck with whisky
Koop een eend van ongeveer 5 kg.
Twee grote flessen Schotse whiskey.
Spekreepjes en een fles olijfolie.
De eend larderen en de binnenkant inwrijven met peper en zout.
De oven 10 minuten voorverwarmen op 180 graden.
Een longdrinkglas voor de helft vullen met whiskey.
De whiskey opdrinken tijdens het voorverwarmen van de oven.
De eend op een vuurvaste schotel leggen en een tweede glas whiskey inschenken. Het tweede glas opdrinken en de eend in de oven zetten.
Na 20 minuten de oven op 200 graden zeten en 2 glaven vubben met whiskey.
De glaven opdlinken en de scherven van et eeiste glas oplaapen.
Nog een haiff glav insjenkee en opdlinke.
Na en haiff uui, de hoven opedoen om eend te sjekken.
Blantwonezalf in de padkamer ganaale en op de povekand van de linkerand toen.
Denove opedoen naadatet eerste glaf leeggis en de sjotel vastpakke.
De blantwondezalf op de binnekand van de regtehantoenen deent oprape.
Deent nogis oprape en met nen nantdoek de bwantwondesalv van deent vege.
Ze hande ontvete me visky en de tupe ssalf veeroprape.
Kapotte galzzopvege endeent terug in dehove doen.
Deheent oprape en dove eers opedoen.
De tweeeeiede fjes biski pedoen en overeindzette.
Opstjaan van de vjoer ent vetsspek onder de kas vege.
Nogis opstjaan van d evjoer en tochma blijve zjitte.
De bles op de gjondzette.
Uide fjes djinke wande glave sijn opof kabot.
Denove aftette deooge sljuite en omvalle.
De volgende late voormiddag de eend aansnijden met het zilveren feestbestek en degusteren met citroen en mayonaise.
De hele rest van de middag en vroege avond de rotzooi in de keuken opruimen en de muren en het plafond schoonmaken.
Het glas bij elkaar vegen en naar de glasbak brengen, naar het medijnkastje lopen en een paracetamolletje pakken ,innemen en naar bed gaan en slapen.
De volgende dag een nieuwe eend kopen en twee flessen whiskey kopen en opnieuw beginnen ...
Eet smakelijk ...
bydrae: Ed

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)