Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Puerto Ricaans. Show all posts
Showing posts with label Puerto Ricaans. Show all posts

10/03/2024

Sofrito

Sofrito is ’n geurige, aromatiese mengsel van tamaties, uie, soetrissies, koljander en knoffel wat gebruik word as die basis vir geregte in die Mediterreense, Latyns-Amerikaanse, Spaanse, Italiaanse en Portugese kookkuns. Dit bestaan tipies uit bestanddele wat in klein stukkies gesny word en vir 'n lang tydperk oor 'n lae hitte gesoteer of gesmoor word in kookolie.

2 uie, grof gekap
20 knoffelhuisies, skoongemaak
3 koppies gekapte soetrissies – jy kan ook ’n paar rissies ingooi
4 tamaties
’n bos koljander
Olie
sout

Plaas die uie en knoffel in ’n voedselverwerker en pols dit ’n paar keer.
Voeg die res van die bestanddele by en verwerk tot ’n puree.
Kook in ’n pan met bietjie kookolie. Sout dadelik.
Kook tot dit baie sag is.

10/11/2018

La Finca

’n Puerto Ricaanse bydrae genaamd La Finca. Dit verwys na ’n pasta met ’n kruisement pesto. Dit word gemaak in plekke waar daar nie basilie of parmesaan is nie. Dit is ook ’n uitstekende vegan plaasvervanger vir gewone pesto. Die verrassende bydrae in dié resep is die tamatie.

Die tradisionele manier is om dit met ’n vysel en stamper te maak, maar hierdie is die “lui” weergawe wat tjoef-tjaf in ’n voedselverwerker gebore word.

Die volgende bestanddele in ’n voedselverwerker:

’n klein tamatie
½ koppie geblansjeerde amandels
2 knoffelhuisies
3 koppies kruisementblare
¼ koppie olyfolie
Sout na smaak

Meng met tagliatelle, linguine of spaghetti.