Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Wallies. Show all posts
Showing posts with label Wallies. Show all posts

3/10/2014

Welsh rarebit soufflé

Hierdie Welsh rarebit soufflé is basies 'n omelet. Pas die hoeveelhede aan vir jou omstandighede.

15 g mieliemeel
125 mℓ melk + nog 15 mℓ melk
2 eiers, geskei en die wit styfgeklop
30 g kaas
15 g botter
sout en peper

Maak 'n pasta van die mieliemeel en 'n klein bietjie van die 125 mℓ melk.

Bring die res van die 125 mℓ melk tot kookpunt en voeg die mieliemeel by sodra dit kook. Kook vir 3 minute, terwyl jy aanhoudend roer.
Laat die mengsel effens afkoel en voeg die geel van elke eier apart by. Klits elkeen deeglik by.
Geur met sout en peper.
Vou nou die styfgeklopte eierwitte by.

Smelt botter in 'n pan en gooi die mengsel by. Plaas die pan op lae hitte tot die onderkant van die omelet begin verbruin. Plaas dit dan in 'n 180°C oond tot dit ook verbruin aan die bokant.

Intussen meng jy die kaas, botter, 15 mℓ melk en sout en peper in 'n souspan oor lae hitte.
Gooi die mengsel oor die omelet, vou die omelet in die helfte en bedien dadelik.

Resep: D.D. Cottington Taylor

10/15/2009

Walliese kaasbroodjies

45 ml botter
45 ml koekmeelblom
10 ml mosterdpoeier
knippie rooipeper
90 ml bier
250 ml melk
500 ml gerasperde kaas
sout
6 snye roosterbrood

Mikrogolf die botter tot gesmelt. Roer die meelblom, mosterd em peper by en mikrogolf weer vir 1 minuut. Klits die bier en melk liggies by en mikrogolf vir 5 minute. Klits die mengsel 2 keer tussendeur om dit glad te hou. Roer die kaas by totdat dit gesmelt het. Skep die mengsel op die roosterbrood en verbruin dit onder die roosterelement van die oond.

9/03/2008

Welsh Rarebit of Welsh Rabbit

Nog nooit in al die navorsing wat ek gedoen het oor kos het ek op so ´n onenigheid afgekom nie. Die kenners stry vandag nog oor wat die dis genoem moet word. Laat ek maar die storie soos ek hom het vir u weergee en dan kan u self besluit of dit Rarebit of Rabbit moet wees.

Die vroegste omskrywing van die resep kom voor in The British Housewife gedateer 1755. Daarin beskryf Mevrou Martha Bradley's hoe om die perfekte Rabbit te maak. Brood is in ´n yster kontraksie geplaas waarna dit in ´n buite-oond geplaas is. Sodra die brood mooi bruin gerooster is aan die een kant word die hele spul omgedraai en die brood dan aan die ander kant gerooster.

Daarna word die brood op ´n bord geplaas en dan met wyn en bier besprinkel. Dan word kaas oor die brood geplaas en weer in die oond gedruk totdat die kaas gesmelt is. Wat interessant is hier is dat daar geen melding gemaak word van ´n haas nie.

Die gereg is maar eindelik brood met gesmelte kaas oor. Daar is nog ´n persoon wat beweer dat Welsh Rabbit soos volg gemaak moet word. Bak ´n haas tot gaar. Neem dan die vleis plaas dit op ´n sny brood sit kaas oor en rooster in die oond. Verder beweer die man dat Rarebit brood is met geroosterde kaas sonder die haas.

Dat die gereg so oorsprong het in Wallis laat geen twyfel nie. Elke streek in die Verenigde Koninkryk het sy eie weergawe van die Welsh Rabbit. Die mees oninteressante weergawe is die oorspronklike weergawe van Wallis. Hulle het brood geneem met bier besprinkel kaas oorgesit en in die oond gesit om te smelt.

Die Skotte was meer innoverend gewees wat hulle het die brood eers gerooster daarna gebotter, die kaas oorgesit mosterd oorgesmeer en dan weer in die oond vir die kaas om te smelt.

´n Vroeëre Engelse weergawe klink heerlik. Die korsies is van die brood afgesny. Dan is kaas fyn gerasper. Die brood is gerooster aan beide kante, daar is dan ´n glas wyn oor die brood gegooi. Die brood moes omgedraai word om al die wyn op te neem. Die kaas moes dan dik oor die brood gestrooi word. Weer in die oond gesit word om gesmelt te word.

´n Meer moderne weergawe van die Welsh Rarebit is Gerasperde kaas, Worchester Sous, eiergeel, mosterd en dan melk of bier. Die bestanddele word dan in ´n bak gemeng. Die brood word dan aan albei kante gerooster. Die kaas mengsel word dan oor die brood gesmeer. Die brood moet dan onder die rooster geplaas word tot die kaas gesmelt is.

Jare gelede toe die program Heidi op die TV was het ek my eie moderne weergawe van Welsh Rarebit gehad. Brood lekker dik gebotter. Die kaas ook lekker dik skywe gesny en op die brood geplaas. Daarna het ek vir die kinders Sout en Asyn geursel oor die brood gestrooi. Vir my en my vrou het ek dan suurlemoen peper ook oorgegooi. Die brood word dan onder die rooster geplaas totdat die kaas so lekker borrel. Dit het ons dan Heidi-broodjies genoem. Die kinders was mal daaroor.

Welsh Rabbit of Rarebit. Ek het nou nog die antwoorde nie. Al wat ek weet en dat dit maar eindelik net brood met geroosterde kaas oor is. Indien u ´n weergawe van Welsh Rarebit het kan u gerus maar dit aan my stuur.

deur Frik Lombard