Vis en tjips word al meer as ’n eeu lank beskou as Britse stapelvoedsel.
lees meer hieroor by Vis en tjips
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Engels. Show all posts

5/26/2021
8/19/2020
Cambridge-sous / Cambridge sauce
Cambridge-sous is ’n sous uit die Engelse kookkuns wat gewoonlik saam met koue vleis bedien word.
Maak 6 ansjovissies fyn saam met 3 hardgekookte eiergele, ’n teelepel kappertjiesaad en ’n klein handjie vol vars dragonblare en kerwel. Gebruik ’n voedselverwerker as jy een het.
Voeg 1 teelepel Engelse mosterd by en geur met peper.
Met die voedselverwerker aan drup jy olie by sodat die sous verdik.
Voeg 1 eetlepel asyn by en proe vir sout en peper.
Geur ’n klein bietjie varsgekapte grasuie en pietersielie by.

6/12/2020
Cumberland-sous / Cumberland Sauce
Skil van ’n lemoen, in fyn repies gesny
Skil van ’n suurlemoen, in fyn repies gesny
340 g rooiaalbessiekonfyt
250 mℓ port
½ koppie vars uitgedrukte lemoensap
¼ koppie vars uitgedrukte suurlemoensap
1 eetlepel Dijon-mosterd
½ teelepel fyngemaalde gemmer
Gooi water in ’n souspan tot dit sowat 5 cm diep is. Bring tot kookpunt.
Blansjeer die skille in die kookwater vir 5 minute. Dreineer.
Gooi die res van die bestanddele in die leë souspan en bring tot kookpunt oor medium hitte. Gebruik ’n ballonklitser om dit te meng.
Stel die hitte laer tot dit net prut. Roer die skille by en prut verder tot die sous genoeg verdik om ’n teelepel te bedek. Dit neem omtrent 30 minute. Roer gereeld.
Jy kan die sous dadelik gebruik of in die yskas hou in ’n lugdigte houer vir ten minste ’n week.

6/05/2020
Corniese pastei / Cornish Pasty
Gebruik hierdie brosdeeg resep. Maak drie maal die hoeveelheid, maar bedek dit met kleefplastiek en hou 3 uur lank in die yskas voor jy dit gebruik.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny sirkels met ’n deursnee van 20 cm uit die deeg.
Vulsel:
400 g beesvleis, in blokkies gesny
300 g aartappel, geskil en in blokkies gesny
150 g witwortel, geskil en in blokkies gesny
150 g uie, geskil en in halwe ringe gesny
5 mℓ sout
1 eier, geklits
Deel die vulsel op tussen die deegsirkels.
Plaas die vulsel in lae op die deeg met die vleis heel bo.
Vou die sirkels in die helfte om met die vulsel aan die binnekant. Vou die kante om en druk vas.
Bak in die oond tot goudbruin. Dit kan tot ’n uur neem.

12/27/2016
Eton Mess
Hierdie eenvoudige nagereg kry sy naam by Eton College, ’n Hoërskool vir seuns in Windsor, Engeland. Dit word tradisioneel jaarliks bedien op 4 Junie tydens die skool se piekniek.
6 meringues
570 mℓ room
450 g aarbeie, skoongemaak en gehalveer
75 mℓ port, kirsch of Cointreau
Sprinkel die 75 mℓ alkohol oor die aarbeie in ’n glasbak en maak toe met kleefplastiek. Plaas in die yskas vir 3 uur lank.
Klop die room styf en vou dan die aarbei-mengsel by. Die sappe in die bak word ook gebruik.
Druk die meringues stukkend en vou dit by.
Bedien die nagereg in indiwiduele bakkies. Jy kan dit met vars aarbeie en klein meringues garneer.

9/24/2015
Engelse broodsous / English Bread Sauce
Ek weet, die naam klink nie juis wat waffers nie. Hierdie sous is egter lekker saam met gebraaide hoender of wild.
500 mℓ melk
½ ui waarin jy 2 naeltjies gedruk het
60 g broodkrummels
45 mℓ botter
Sout en witpeper
’n knypie rooipeper
Sit die ui in die melk en laat die spulletjie stadig kook tot die melk goed gegeur is.
Verwyder nou die ui en gooi die broodkrummels by. Kook stadig terwyl jy aanhoudend roer. Roer tot die sous begin dik raak. Voeg nou die botter by en geur met sout en peper en die knippie rooipeper.

9/01/2015
Engelse pietersieliesous
Soos mens kan verwag het Engelse pietersieliesous weinig in gemeen met die Italiaanse-weergawe. Die Engelse sous is basies ’n witsous met fyngekapte pietersielie en suurlemoensap.
Berei ’n witsous voor. Wanneer al die bestanddele in die souspan is en dit begin kook, gooi 30 mℓ fyngekapte pietersielie by. Geur met sout en witpeper en prut vir 3 minute.
Net voor jy dit bedien roer jy ’n skeut suurlemoensap by – werk maar op jou persoonlike smaak.

8/17/2015
Engelse uiesous
2 uie
30 mℓ botter
30 mℓ meel
120 mℓ melk
Sout
Varsgemaalde swartpeper
Knippie neutmuskaat
Bedek die uie met water in ’n kastrol en kook tot die uie sag is.
Haal die uie uit en behou die vloeistof.
Sny die uie fyn.
Smelt die botter in ’n souspan.
Verwyder van die hitte en roer die meel by.
Plaas terug op die plaat en kook oor lae hitte vir 4 minute – roer aanhoudend.
Bring die melk tot kookpunt en voeg dit by die bottermengsel. Roer dit oor kookwater tot die sous begin verdik. Voeg dan die uie by en 120 mℓ van die ui-water. Geur met sout, peper en neutmuskaat.

8/20/2013
Gebraaide kalfsbrein / Kalfsbrein op die Engelse manier
Gebruik hierdie resep om ‘n kalfsbrein gaar te maak, maar kook dit in court-bouillon vir 10 minute.
Nadat jy dit gekook het koel jy dit af in koue water.
Sny die brein in skywe. Marineer die skywe in 'n mengsel van 15 mℓ kookolie, 15 mℓ suurlemoensap, vars gekapte pietersielie en sout en peper vir 30 minute.
Bedek die skywe met broodkrummels en braai dit in olie.
Garneer met pietersielie.

9/20/2012
Lamsbredie – die Engelse manier
Jy kan verskeie deel van 'n lam hiervoor gebruik, skouer, nek, ens. Die keuse is joune.
Sny die vleis in klein stukke en verbruin dit aan alle kante in olie.
Bedek die vleis met warm water en bring dit tot kookpunt.
Bedek die kastrol en laat dit prut vir 2 uur. Jy kan klein aartappeltjies en klein uitjies of worteltjies na 'n uur by die vleis plaas.
Die sous kan verdik word met 'n bietjie mielieblom wat met 'n bietjie koue water gemeng is tot dit 'n pasta vorm.

8/04/2012
Wat eet hulle in Londen?
Met al die opwinding rondom die Olimpiese Spele oorweeg jy dalk om 'n paar Engelse geregte voor te sit. Die realiteit is dat ons, as voormalige Engelse kolonie, verskeie geregte deel met die eilandbewoners. So het ons waarskynlik ons liefde vir worsrolletjies by hulle gekry. Hier volg nog 'n paar gunstelinge uit Engeland:
Witvissies is klein vissies wat jy net so heel eet. In Engeland is dit 'n gewilde voorgereg. In Europa is hulle oral te koop, maar in Suid-Afrika is dit soms moeilik om op te spoor. Soek vir hulle by deli’s of spesialis viswinkels.
Resep vir witvissies
Bangers & Mash is een van Brittanje se top 10 gunsteling 'troos-geregte' (comfort food), maar net so gewild onder Suid-Afrikaners hoewel boerewors en plaaslike varkwors ewe goed vaar.
Lees meer oor Bangers & Mash
Tradisioneel word herderspastei gemaak met maalvleis van lam. In Suid-Afrika gee ons nie regtig om nie.
Resep vir herderspastei
Bakewell-tert is 'n gewilde Engelse nagereg. Dit is oorspronklik van 'n dorpie met dieselfde naam. En hulle net so baie van vla oor hul poeding soos ons - dit staan nie sonder rede ook bekend as crème anglaise nie.
Resep vir Bakewell-tert
Resep vir vla
En moet nie dink Yorkshire-poeding is 'n poeding soos ons dit verstaan nie. Dit is ’n ligte brood wat dateer uit ’n tyd in Engeland toe verskeie kossoorte “pudding” genoem is. Historici is ook van mening dat oorspronklike poedings meer met wors in gemeen gehad het as met iets wat ons sou poeding noem.
Resep vir Yorkshire-poeding
Wat eet hulle in Londen? Die plaaslike cuisine van die stad weerspieël eerder sy multikulturele bevolking as tradisionele inheemse disse. Die gewildste dis in Engeland vandag is van Indiese oorsprong; kerrie-en-rys.
Witvissies is klein vissies wat jy net so heel eet. In Engeland is dit 'n gewilde voorgereg. In Europa is hulle oral te koop, maar in Suid-Afrika is dit soms moeilik om op te spoor. Soek vir hulle by deli’s of spesialis viswinkels.
Resep vir witvissies
Bangers & Mash is een van Brittanje se top 10 gunsteling 'troos-geregte' (comfort food), maar net so gewild onder Suid-Afrikaners hoewel boerewors en plaaslike varkwors ewe goed vaar.
Lees meer oor Bangers & Mash
Tradisioneel word herderspastei gemaak met maalvleis van lam. In Suid-Afrika gee ons nie regtig om nie.
Resep vir herderspastei
Bakewell-tert is 'n gewilde Engelse nagereg. Dit is oorspronklik van 'n dorpie met dieselfde naam. En hulle net so baie van vla oor hul poeding soos ons - dit staan nie sonder rede ook bekend as crème anglaise nie.
Resep vir Bakewell-tert
Resep vir vla
En moet nie dink Yorkshire-poeding is 'n poeding soos ons dit verstaan nie. Dit is ’n ligte brood wat dateer uit ’n tyd in Engeland toe verskeie kossoorte “pudding” genoem is. Historici is ook van mening dat oorspronklike poedings meer met wors in gemeen gehad het as met iets wat ons sou poeding noem.Resep vir Yorkshire-poeding
Wat eet hulle in Londen? Die plaaslike cuisine van die stad weerspieël eerder sy multikulturele bevolking as tradisionele inheemse disse. Die gewildste dis in Engeland vandag is van Indiese oorsprong; kerrie-en-rys.
Sleutelwoorde:
Engels
4/30/2011
Connaught-eiers / Connaught Eggs
140 mℓ melk
6 eiers, hardgekook
¼ ui
1 foelieblaar
6 peperkorrels
100 g botter
15 mℓ meel
sout en peper
1 potjie maaskaas
5 mℓ paprika
110 g gaar steurgarnale, afgedop
hand vol pietersielie
Kook die melk, ui, foelie en peperkorrels vinnig saam, gooi uit in ’n houer met ’n deksel, maak toe en laat staan om te trek.
Gooi die melk deur ’n sif.
Smelt 15 g botter in ’n kastrol en roer die meel by.
Gooi die melk by en sout. Roer heeltyd tot dit begin kook. Kook vir 1 minuut.
Gooi die sous op ’n bord en laat koud word. Plaas botterpapier oor die sous om te verhoed dat dit uitdroog.
Maak die orige botter sag.
Halveer die eiers en verwyder die geel. Druk die geel deur ’n sif. Meng die eiergeel met die sous, botter, maaskaas en paprika.
Kap die helfte van die steurgarnale fyn en meng met die sous. Proe jou mengsel vir sout en peper.
Vul elke eierwit met die mengsel en garneer elke eier met ’n steurgarnaal. Garneer die bord met eiers met pietersielie.
Bedien met roosterbrood en botter.

Eier
,
Engels
,
Peuselhappie
12/30/2010
Bristol-appels
4 appels, in kwarte gesny en die pitte verwyder
3 lemoene, afgeskil en in ronde skywe gesny - hou die skil van 1 lemoen en sny dit in fyn repies
110 g suiker
280 mℓ water
’n reep suurlemoenskil
Verhit die water en suiker stadig saam en roer tot die suiker opgelos is. Geur met die suurlemoenskil.
Sit die appels in die stroop, maak toe en laat prut tot sag. Dit neem omtrent 5 minute.
Laat alles afkoel met die deksel steeds op.
Kook die lemoenskil in water tot sag en spoel dit af onder koue water.
Berei karamel voor deur 85 g suiker en 100 mℓ water saam te verhit en te roer tot die suiker opgelos is. Kook dan vinnig om ’n donkerbruin kleur te kry. Gooi dit dadelik in ’n gesmeerde bakplaat om hard te word. Wanneer dit hard is druk jy dit fyn met ’n koekroller.
Skep die appels in ’n opdienbak, rangskik die lemoen bo-op en gooi net genoeg stroop oor om alles te bedek.
Sprinkel die karamel en die lemoenskil oor.
Verkoel voor jy dit bedien.

2/16/2009
Bubble and Squeak
’n Ou Engelse gereg, so genoem vanweë die klanke wat die groente, veral die kool, maak tydens die gaarmaak-proses. Oorspronklik bestaan uit oorbly-bief en kool, of kapok-aartappels en kool. Die hedendaagse Bubble and Squeak is ´n mengsel van oorbly-aartappels en kool. Party mense (veral die Skotte) gebruik oorbly wortels ook.
BESTANDDELE: 25g Botter 1 Ui, fyn opgekap 450g Aartappels, gekook en fyngemaak 225g Kool, opgekap en gekook 4-8 snye Bief, gekook en opgesny (opsioneel) METODE: Smelt die botter in ´n groot braaipan, voeg uie by en roerbraai tot sag (roer voortdurend). Voeg aartappels en kool by en roerbraai. (Indien Bief ook gebruik gaan word moet dié ook bygevoeg word). Braai oor medium hitte vir ongeveer 15minute tot bruin en geniet ´n egte tradisionele Britse gereg.
bydrae: Haydee Morgan-Hollander

Bangers and Mash
Bangers & Mash om saam te val met die 'British Sausage Appreciation Week' (29 Okt-5 Nov), Halloween (31 Okt) en die aanloop na Guy Fawkes-aand (5 Nov). Bangers & Mash is een van Brittanje se top 10 gunsteling 'troos-geregte' (comfort food), maar net so gewild onder Suid-Afrikaners hoewel boerewors en plaaslike varkwors ewe goed vaar.
Wors was nog altyd koste-effektief, veelsydig en bekend om sy voedingswaarde en het die bynaam bangers gedurende die Tweede Wêreldoorlog gekry omdat wors in die oorlogsjare soveel water bevat en plofgeluide in die braaipan gehoor kon word. Suid-Afrikaners geniet wors (buiten natuurlik as deel van die groot vleisbraai) tradisioneel vir ontbyt.
In Brittanje is Bangers & Mash onder al wat kroeg en restaurant spyskaart se hoofgeregte gelys. Variante is Bangers & Mash (2 gebraaide Britse varkworsies, romerige kapokaartappels, rooi uie-vleissous en ertjies), Bangers, Beans & Chips (dieselfde varkworsies bedien met gebraaide uie, baked beans en skyfies) of Britannia Bangers (varkwors in ´n franse rolletjie met gebraaide uie en skyfies). Broccoli, wortels of verpulpte ertjies pleks van heel erte rond die vullende maal af.

9/17/2008
Murgpoeding / Marrow Pudding
1 koppie brood krummels
1 koppie melk
250 g murg
125 g rosyntjies of korente of 80g van elk
Suiker en gemaalde neutmuskaat na smaak
Kook die melk, gooi die warm melk oor die broodkrummels en laat dit staan vir ½ uur.
Sny die murg in stukkies, klits die eiers en voeg by die krummels.
Voeg die res van die bestanddele by die broodkrummels. Plaas dit dan in 'n gebotterde vorm en kook vir 2½ ure of plaas dit in in 'n tertbak wat uitgevoer is met puff pastry en bak vir 3 - 4 ure.
Voor die tert op die tafel geplaas word strooi so bietjie strooisuiker en neutmuskaat oor.
Resep: Grietjie

Worcestershire-sous
Die oorsprong van die sous is so donker soos die sous self. Sy latere geskiedenis kan gespoor word maar nie die vroeëre geskiedenis is onbekend.
In 1835 het Heer Marcus Sandy, ´n voormalige goewerneur van Bengal, ´n resep na twee aptekers, Lea en Perrins van Worcestershire in Engeland, geneem. Dit was ´n vissous resep gewees wat hy baie van gehou het en wat hy saamgebring het uit Indië. Hulle het die resep aangemaak in ´n groot hoeveelheid en die Heer was nogal ingenome met sy sous. Hy het slegs ´n klein hoeveelheid van die sous geneem. Die twee aptekers was nie ingenome met die sous nie aangesien volgens hulle was die sous nie die kool werd nie.
Die twee aptekers het toe die sous in houers gesit en in hul stoorkamer gaan bêre. Na twee jaar besluit hulle om die apteek skoon te maak en al die ou goed weg te gooi. In die stoorkamer kom hulle toe af op die sous wat hulle aangemaak het. Hulle nuuskierigheid kry toe die oorhand en hulle maak een van die houers oop en proe daaraan. Tot hulle verbasing proe die sous toe heerlik nadat dit verouder het.
Hulle gaan toe na Heer Sandy en koop die regte van die sous by hom. Hulle noem toe die sous Lea en Perrins Oorspronklike Worcestershire Sous, natuurlik vernoem na hul tuisdorp.
Die bestanddele van die sous bestaan uit moutasyn, asyn, suiker, soyasous, molasse, tamarind, uie, anchovies, gemmer, rissies, knoffel, neutmuskaat, naeltjies en karmadon. Daar is natuurlik ook een of twee geheime bestanddele in die sous. Slegs die bogenoemde bestanddele word op die bottel weergee.
Die volle resep is al vir 160 jaar lank slegs bekend aan ´n paar mense. Menere Lea en Perrins het die resep oorgedra aan hul seuns. Hulle seuns het weer die resep oorgedra na ´n paar mense toe. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is daar besluit dat geen een mens meer die hele resep sal weet nie. Die resep is opgebreek en kode name is gegee aan bestanddele. Vandag is dit nog steeds so en niemand weet wat kom in die resep nie.
Eers word die engelse uie & franse knoffel liggies gekneus. Dit word dan in vate met moutasyn verouderd. Wanneer dit genoegsaam verouderd het word dit dan na groot vate oorgeplaas waar Spaanse gesoute anchovies, speserye van Calcutta, rooi rissies van China, molasse van die Caribbean en naeltjies van Madagaskar af.
So word die sous geroer en gemeng totdat dit perfek is. Hierna word die sous gebottel en verskeep regoor die wêreld. Die eerste en oorspronklike Worchestershiresous. Hierdie is nou werklik ´n internasionale sous.
Behalwe dat dit ´n heerlike sous is oor jou vleis word dit ook nog gebruik as deel van slaaisouse. Vir my doen die sous wondere op macaroni en kaas. Na die meer bisarre kant toe is daar mense wat koperware met Worchestershiresous skoonmaak. Volgens hulle kry mens nie beter nie. Daar is ook mense wat beweer dat as die sous in jou kopvel ingevryf word dan stimuleer dit jou hare se groei.
Natuurlik is Worchestershire-sous ook ´n hoofbestanddeel vir die kuur na ´n lang en vermoeiende drinksessie. Gooi net die wondersous in tamatiesap en sluk af. Werk blykbaar wonderlik.
Dan kan die sous ook gebruik word as ´n marinade. Gooi ´n hele hoeveelheid in ´n bak. Plaas jou vleis daarin vir 2 ure, keer die vleis om en marineer nog vir ´n verdere twee ure. Jou vleis sal dan heerlik sag wees.
Wat kan daardie geheime bestanddeel wees? Ongelukkig weet ek nie, maar tot ons eendag uitvind geniet ons maar die sous.
-deur Frik Lombard

8/18/2008
Yorkshire-poeding / Yorkshire Pudding
Yorkshire-poeding is ’n ligte brood; nie wat ons tradisioneel verstaan onder poeding nie. Dit dateer uit ’n tyd in Engeland toe verskeie kossoorte “pudding” genoem is. Historici is ook van mening dat oorspronklike poedings meer met wors in gemeen gehad het as met iets wat ons sou poeding noem.
Yorkshire-poeding is oorspronklik van Yorkshire in Engeland. Sommige maatskappye in Yorkshire beywer hulle tans daarvoor dat slegs Yorkshire-poeding uit dié omgewing onder die naam verkoop mag word.
Oorspronklik is Yorkshire-poeding bedien as voorgereg. Vandag word dit eerder met ’n vleissous saam met die hoofmaal bedien.
250 g meel
2 eiers
125 ml melk
125 ml water
sout
olyfolie
Plaas al die bestanddele, behalwe die olie, in 'n voedselverwerker en meng vir een minuut. Laat staan vir twee ure.
Gebruik 'n muffin-pan, smeer met bietjie olie, en plaas in 'n 200ºC oond vir vyf minute.
Gooi die deeg in die pan en bak vir 30 minute.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)