1 koppie koekmeel
¾ teelepel sout
1 eier
½ teelepel bakpoeier
230 mℓ melk
1 eetlepel ongesoute botter, gesmelt
Meng die meel, sout en bakpoeier.
Gebruik ’n ballonklitser om die melk, eier en botter saam te klits in ’n aparte bak.
Meng dit nou by die meelmengsel.
Verhit 1 eetlepel botter in ’n pan. Drup een eetlepel beslag op ’n keer in die pan. Kook tot dit borrels begin vorm.
Draai dan om en verbruin aan die ander kant.
Skep uit op ’n bord uitgevoer met papierhanddoek.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Russies. Show all posts
Showing posts with label Russies. Show all posts
5/01/2020
1/13/2016
Aartappel resepte van Carmen Niehaus
Leer van die klassifikasie van aartappels en kyk ’n resep of twee af by Carmen Niehaus.
Aartappel en hoender, aartappeltert, fynaartappels en skordalia
Aartappel en hoender, aartappeltert, fynaartappels en skordalia
6/15/2013
Koue borsch
Borsch is 'n bekende Russiese sop.
750 g beesvleis
1 kalfskenkel
2 liter water, gesout
3 takkies pietersielie
2 preie, in skywe gesny
2 wortels, in ringe gesny
2 rape, in skywe gesny
2 stokke seldery, in stukkies gesny
1 lourierblaar
1 knoffelhuisie
6 peperkorrels
2 naeltjies
500 g gekookte beet, gerasper
½ rooikool, gerasper
2 aarappels, inskywe gsny
2 uie, in skywe gesny
125 g sampioene, in skywe gesny
60 mℓ rooiwyn
250 mℓ suurroom
Plaas die vleis en skenkel in jou soppot, gooi die water by en bring tot kookpunt. As die water nie die vleis bedek nie, gooi nog by.
Wanneer dit kook gooi jy die pietersielie, preie, wortels, rape, seldery, lourierblaar, knoffel, peperkorrels en naeltjies by.
Bedek en laat dit 2 uur lank stadig prut. Skep enige skuim af van tyd tot tyd.
Verwyder die pot van die hitte en haal die vleis uit. Jy kan dit vir 'n ander resep gebruik as gekookte vleis. Gooi die res deur 'n sif. Behou net die vloeistof.
Voeg die beet, kool, aartappels, uie en sampioene by. Bring tot kookpunt en prut sonder deksel vir 1½ uur.
Druk die sop deur 'n sif en verkoel dit.
Roer die rooiwyn en suurroom by net voor jy dit bedien.
Hierdie resep is genoeg vir 8 persone.
Warm borsch
750 g beesvleis
1 kalfskenkel
2 liter water, gesout
3 takkies pietersielie
2 preie, in skywe gesny
2 wortels, in ringe gesny
2 rape, in skywe gesny
2 stokke seldery, in stukkies gesny
1 lourierblaar
1 knoffelhuisie
6 peperkorrels
2 naeltjies
500 g gekookte beet, gerasper
½ rooikool, gerasper
2 aarappels, inskywe gsny
2 uie, in skywe gesny
125 g sampioene, in skywe gesny
60 mℓ rooiwyn
250 mℓ suurroom
Plaas die vleis en skenkel in jou soppot, gooi die water by en bring tot kookpunt. As die water nie die vleis bedek nie, gooi nog by.
Wanneer dit kook gooi jy die pietersielie, preie, wortels, rape, seldery, lourierblaar, knoffel, peperkorrels en naeltjies by.
Bedek en laat dit 2 uur lank stadig prut. Skep enige skuim af van tyd tot tyd.
Verwyder die pot van die hitte en haal die vleis uit. Jy kan dit vir 'n ander resep gebruik as gekookte vleis. Gooi die res deur 'n sif. Behou net die vloeistof.Voeg die beet, kool, aartappels, uie en sampioene by. Bring tot kookpunt en prut sonder deksel vir 1½ uur.
Druk die sop deur 'n sif en verkoel dit.
Roer die rooiwyn en suurroom by net voor jy dit bedien.
Hierdie resep is genoeg vir 8 persone.
Warm borsch
1/15/2013
Botvinya
Botvinya is 'n Russiese soet-suur sop wat koud bedien word. Garneer die sop met klein stukkies komkommer of vis.
400 g spinasie
250 g beetblare
200 g skaapsuring (sorrel)
100 g botter
250 mℓ droë witwyn
1 liter aftreksel
7,5 mℓ sout
7,5 mℓ suiker
250 mℓ gekapte komkommer
1 fyngekapte salot
15 mℓ fyngekapte kerwel
15 mℓ fyngekapte tarragon
10 ysblokkies
Kook die spinasie, beetblare en skaapsuring in die botter oor lae hitte tot sag. Maak dit fyn in 'n voedselverwerker en laat afkoel.
Wanneer die puree koud is meng dit met die res van die bestanddele, behalwe die ysblokkies. Voeg die ysblokkies by as alles goed gemeng is. Laat die ys smelt, meng dan weer en bedien.

8/20/2012
Bitok / Risool / Bitki
Bitki is Russiese frikkadelle.
1 kg maalvleis
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
30 mℓ broodkrummels
250 mℓ meel
125 mℓ botter
Meng die vleis, ui, knoffel en broodkrummels.
Rol balle van die mengsel.
Druk die balle plat en strooi meel oor hulle, aan beide kante.
Braai die frikkadelle gaar in botter.

8/19/2012
Bitoke
Bitoke word gesien as 'n Franse gereg, maar hulle het dit oorspronklik by die Russe afgeloer.
Vir 1 bitoke het jy nodig: 125 g maalvleis, 30 g botter, sout, peper en 'n knypie neutmuskaat.
Meng dit en maak 'n plat bal daarvan (basies 'n burger).
Braai die bitoke gaar in botter.
Verwyder die bitoke uit die pan en gooi 15 mℓ room en 15 mℓ suurlemoensap in die pan.
Roer terwyl jy dit verhit en gooi die sous oor die bitoke wanneer jy dit bedien.
Tradisioneel word dit saam met gebraaide uie en gebraaide aartappels bedien. Klink al hoe meer soos 'n burger!
Jy kan die bitoke ook in geklitste eier doop en die in broodkrummels rol voor jy dit braai.

5/22/2011
Russiese slaai / Russian Salad
Hier is ’n Russiese slaai wat julle sal geniet saam met ’n braai.
Jy het die volgende bestanddele nodig, die hoeveelhede hang van jou af:
groenboontjies, in lang stukkies gesny
ertjies
ingelegde agurkies, in stukkies gesny
wortels, geskil en in ringe gesny
aartappels
5 mℓ ingelegde kappertjiesaad
mayonnaise
gaar beet vir garnering
Kook die aartappels sag, skil en sny op soos vir ’n aartappelslaai.
Kook die groenboontjies, ertjies en wortels tot gaar, maar nog ferm.
Meng die groenboontjies, ertjies, agurkies, wortels, aartappels en kappertjiesaad met genoeg mayonnaise om alles te bedek - soos vir aartappelslaai.
Garneer met dun skywe beet en bedien.

5/08/2011
’n Russiese broodjie / Russian Sandwich
Die Russe hou van komkommer en suurroom saam. Gebruik rogbrood en smeer dit lekker dik met botter. Plaas hierop papierdun skywe komkommer wat jy bedek met ’n lekker groot blerts suurroom.
7/02/2010
Aarbei Romanov
Aarbei Romanov is 'n klassieke Russiese nagereg. Dit is waarskynlik vernoem na Alexander I van Rusland.
Die aarbeie moet sowat 3 ure voor die tyd voorberei word.
Was 4 koppies aarbeie, halveer, sprinkel 'n kwart koppie suiker oor en laat in die yskas vir drie ure.
Net voor opdiening klop jy 'n koppie room styf en meng met 4 eetlepels Kirsch tot glad.
Skep die roommengsel oor die aarbeie.
Garneer met kruisement.

(foto Thomas Leong)
(die resep is genoeg vir 6 persone)

12/02/2008
Sampioen Kiev / Mushroom Kiev
24 sampioene
100 g botter
3 knoffelhuisies
2 eetlepels vars gekapte pietersilie
sout
peper
2 geklitste eiers
75 g droë broodkrummels
olie
Verwyder die sampioene se stamme, maar hou die koppe heel. Sny die stamme fyn op en meng saam met die botter, knoffel, sout en peper. Vul die sampioendoppe met die mengsel en sit twee twee aan mekaar vas met ´n stokkie.
Doop die sampioenpare in die eier en rol dan in die broodkrummels. Plaas in yskas vir 1 uur. Braai die sampioene in verhitte olie vir 5 minute.

Sleutelwoorde:
Groente
,
Russies
,
Vegetaries
8/18/2008
Bief Stroganoff / Beef Stroganoff
Bief Stroganoff is in Rusland ontwikkel. Dit was vir 'n kookkompetisie in St. Petersburg in die 1890's. Die resep het eerste prys gekry en is daarna vernoem na die bekende Russiese familie vir wie die sjef, wat dit uitgedink het, gewerk het.
1 kg beesfilet
250 g gesnyde vars sampioene
500 ml vleisaftreksel
10 ml sterk mosterd
250 ml suurroom
30 g botter
1 groot ui, gekap
25 ml meelblom
25 ml tamatiepasta
60 ml sjerrie
gekapte pietersielie
Sny die vleis in strokies en soteer die sampioene in botter.
Haal uit en soteer die ui. Plaas eenkant.
Seël die vleis maar moenie gaarmaak nie. Verwyder die vleis.
Braai die meelblom liggies bruin in die botter en voeg die aftreksel geleidelik by om 'n gladde sous te vorm.
Voeg sjerrie, tamatiepasta en mosterd by en meng goed.
Voeg uie, sampioene en vleis by.
Prut vir 20 minute.
Voeg room by net voor opdiening.
Garneer met pietersielie.
Tradisioneel word dit met rys of noedels bedien.
resep: Petro van der Westhuizen

7/03/2008
Borsch / Borsjt / Borscht / Borsht
Borsch is Russiese stapelvoedsel.
(bedien 6)
BESTANDDELE
350 g beet, nog met blare aan
2 wortels, geskil en in vuurhoutjiestokkies gesny
20 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
3 stokke seldery, in vuurhoutjiestokkies gesny
1,5 liter groente-/hoenderaftreksel
20 ml asyn
250 g tamaties, geskil, die saad verwyder en fyn opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper
STAPPE
Verwyder die beet se blare en stingels en kap dit fyn.
Skil die beet en sny op in dun repe.
Verhit die olie in 'n pot en roerbraai die beetrepe, wortels, ui en seldery oor lae hitte tot die olie opgeneem is deur die groente.
Voeg die aftreksel en asyn by en geur met sout en peper.
Bring tot kookpunt en laat dan vir 30 minute prut.
Voeg die tamatie en die beetblare en stingels by.
Prut vir 'n verdere 15 minute.
Bedien baie warm met 'n blerts suurroom en blokkies vleis.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)