Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Drankie. Show all posts
Showing posts with label Drankie. Show all posts

3/05/2026

Maroelabier

BESTANDDELE
1 liter ryp maroelas
10 liter lou water
1,6 kg wit suiker
150 g rosyne
10 g aktiewe droë gis
10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur

STAPPE
Sny 'n kruis in elke maroela. Kneus die vruggies liggies en voeg die water en suiker by. Roer dit totdat al die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in 'n plastiek emmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis.

Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Net soos met die gemmerbier, plaas 2 tot 3 rosyne in elke bottel en draai die doppe liggies vas.

Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.



Maroela bier resep

2/18/2026

Die Wartlemoen

60 mℓ wodka
15 mℓ lemmetjiesap
15 mℓ aarbei en kruisement stroop
Waatlemoen
Kruisement
Tajin

Skud die wodka, lemmetjiesap en stroop saam met ys.
Maak waatlemoen en kruisement fyn met ’n staafmenger en meng met die alkohol.
Dreineer in ’n martini glas en garneer die rand van die glas met Tajin.

6/12/2024

Koejawelsap

Was die koejawels en sny die punte af.
Sny dit dan in dun skywe.
Gooi 1 liter water vir elke kilogram vrugte by.
Bring die vrugte en water tot kookpunt en kook dan stadig vir 20 minute.

Syg die sap deur 'n gaasdoek.
Gooi 250 ml suiker en 5 ml wynsteensuur by vir elke 500 ml sap.
Bring die sap tot naby kookpunt en gooi dan dadelik in gesteriliseerde bottels. Verseël dadelik.

9/19/2023

Brandefyn en kaaskoek

Brandefyn, ’n trots Suid-Afrikaanse produk, is gerig op alle fynbesnaardes met ’n aptyt vir avontuur.
Brandefyn vier vrouwees! Soos jy, sag en ongekompliseerd!
Die vervaardigingsproses is soos kuns – die eindproduk ontvou in ’n meesterstuk van aroma en smaak van delikate chenin blanc-kultivars met sagte en egalige geure. Brandefyn praat behoorlik die taal wat die toets van die tong deurstaan!
Tydens hierdie proe word al die sintuie ingespan deur die fyn gebalanseerde kombinasie met delikate kaaskoek. Hierdie unieke kombinasie is ’n kortpad na ekstase!
Kom beleef ’n onvergeetlike tongtoer! Ontdek die verborge kontraste, kompleksiteite en geheime en deel in ’n onvergeetlike smaaksensasie!

Met: Nathan Robinson (uitvoerende sjef by The Roots)
Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots
Moontlik gemaak deur: Brandefyn

Genre: Leefstyl
Taal: Afrikaans, Engels
Gradering: Geen o.18 (A)
Tydsduur: 60 min.
Venue: The Roots Kapel, Potchefstroom
Datum en tyd: 3 Okt 14:00, 16:00; 4 Okt 12:00, 16:00 en 18:00; 5 Okt 12:00, 16:00 en 18:00; 6 Okt 14:00 en 18:00; 7 Okt 14:00 en 18:00
Kaartjies: R280

2/03/2021

Gin gemaak met olifantmis

Die Suid-Afrikaanse gin (jenewer) Indlovu word gemaak met plante wat uit olifantmis verkry word.

Paula en Les Ansley, albei voormalige professore in verskillende velde van biologie, het van Brittanje na Suid-Afrika verhuis na hul aftrede en het besluit om by te dra tot bewaring en hul plaaslike gemeenskap.

Olifante is baie uitsoekerig oor wat hulle vreet en absorbeer minder as die helfte van wat hulle eet. Die res van hul voedsel bly ongeskonde in hul mis.

Die mis vir Indlovu kom vanaf die Botlierskop Wildreservaat in die Wes-Kaap. Elke bottel bevat die GPS-koördinate van waar die mis opgetel is, asook die datum waarop dit versamel is.

Die Andleys se distilleerdery skenk 15% van die wins aan die Africa Foundation vir die bewaring van olifante.

9/30/2020

Japanese Bloody Mary / Tokyo Mary

60 mℓ wodka
5 mℓ wasabi
5 mℓ ryswyn
2,5 mℓ sojasous
170 mℓ tamatiesous

Gooi al die bestanddele in ’n glas en roer.


6/19/2020

Daiquiri

Die daiquiri verwys na verskeie mengeldrankies met rum as basis.
Gooi 45 mℓ wit rum, 15 mℓ stroop en 30 mℓ lemmetjiesap in 'n cocktail shaker gevul met ys. Skud en bedien in ’n lang glas.



(foto: Will Shenton)

5/05/2020

White Russian

Die drankie is waarskynlik nie van Russiese oorsprong nie. Die eerste verwysing van ’n “White Russian” in die literatuur was in die VSA.

30 mℓ wodka
45 mℓ Kahlua
40 mℓ room
½ koppie ysblokkies

Meng al die bestanddele in ’n 180 mℓ glas.


4/29/2020

Bistouille / Bistrouille / Broffie

In Afrikaans praat ons van ’n broffie, maar dit was die Franse wat daarop aanspraak maak dat hulle die uitvinders is.

Dit is gewoon 30 mℓ brandewyn en 2 teelepels suiker by jou koppie koffie.

In kroeë kan jy dit egter in ’n meer gesofistikeerde vorm vind: ’n klein glasie met ⅔ koffie en ⅓ brandewyn. Die brandewyn word eerste in die glas gegooi. ’n Gewilde variasie is ’n knippie kaneel voor jy die brandewyn ingooi.


10/11/2019

Die raaiselbeker

Hoe maak jy ’n drankie in die kroeg meer interessant?

Tussen die 16de en 19de eeu het Wes-Europese drinkers dit geniet om raaisels op te los terwyl hulle drink. Die raaiselbeker het ’n uitdaging vir die drinker gebied. Jy moes probeer om die alkohol te drink sonder om te mors.

Veelvuldige gate of tuite in die bekers het dit met opset moeilik gemaak om die inhoud te drink. Die bekers het gewoonlik ’n geheime gat gehad wat die drinker moes bedek om ’n vakuum te skep wat jou dan in staat stel om die vloeistof deur byvoorbeeld die handvatsel, om die rand of deur ’n werkende tuit te drink.



(foto: Manfred Werner)

10/03/2019

Ken jou bier

Meeste bierstyle val in twee kategorieë: lager en Engelse bier (ale). Die onderskeid word getref op grond van die drastiese verskil in gis wat vir die biere gebruik word.

Pilsner
’n Vars goudkleurige lager met ’n sterk hopsgeur.

Weiss
Die Duitse bier word geklassifiseer as ’n ale. Die bier se kenmerkende geur is as gevolg daarvan dat dit met koring en gort gebrou word.

India Pale Ale (IPA)
Word gewoonlik gemaak van hop wat van Indië kom.

Swartbier
’n Ale wat gebrou word van geroosterde mout. Dit gee die bier ’n donker kleur en karamelgeur.

9/20/2019

Cuba Libre / Rum en Coke / Rum and Coke

Cuba Libre is die oorspronklike rum en Coke. Die resep lyk so, aangemaak in ’n 300 mℓ glas:
45 mℓ donker rum
20 mℓ lemmetjiesap
½ koppie ysblokkies
125 mℓ Coca-Cola

5/03/2019

Whiskey Live-fees

Met die jaarlikse Whiskey Live-fees waarheen talle fynproewers hul haas, het Netwerk24 se verslaggewers ook die geleentheid op die proe(f) gestel.

5/02/2019

Virgin Sea Breeze

500 mℓ bosbessiesap
500 mℓ rooi pomelosap
40 mℓ lemmetjiesap

Roer saam en bedien.

12/19/2018

Long Island Ice Tea

Meng die volgende in ’n cocktail shaker:
15 mℓ wodka
15 mℓ wit rum
15 mℓ wit tequila
15 mℓ jenewer
10 mℓ Cointreau
15 mℓ suurlemoensap
15 mℓ suikerstroop
½ koppie ysblokkies

Skud goed en dreineer in ’n 250 mℓ glas. Vul op met 80 mℓ kola en garneer met ’n suurlemoenskyfie.


8/17/2018

Bellini

’n Bellini is ’n Italiaanse drankie. Dit is vernoem na die Venesiese kunstenaar Giovanni Bellini.

Die bestanddele is 2 dele Prosecco en 1 deel perske puree. Wit perskes is oorspronklik gebruik.

Gooi die puree in ’n glas en vul dit op met prosecco.


1/12/2018

Bellini

Gooi 45 mℓ perskesap, 15 mℓ perske schnapps en 5 mℓ lemmetjiesap in ’n vonkelwynglas. Roer alles saam en maak die glas vol met vonkelwyn.

12/10/2017

Tom Collins

Meng 60 mℓ gin, 80 mℓ suurlemoensap, 2 teelepels versiersuiker, 80 mℓ sodawater en ¼ koppie ysblokkies saam in ’n verkoelde lang glas.

Garneer met ’n maraschino kersie.