BESTANDDELE
Vulsel
’n skeut olyfolie
1 ui, fyngekap
1 rooi soetrissie, fyngekap
1 groen soetrissie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 teelepel gemaalde komyn
1 teelepel gemaalde koljander
1 teelepel gedroogde origanum
1 teelepel gemaalde, gerookte paprika
1 teelepel komynsaad
2 blikke rooi nierbone
1 sterk rissie, fyngekap
’n hand vol vars koljander, gekap
Gerasperde skil en sap van 2 lemmetjies
Sout en varsgemaalde swartpeper
Sous
2 knoffelhuisies
2 blikke heel, geskilde tamaties
8 tortillas
2 koppies gerasperde mozzarella
Suurroom
STAPPE
Verhit die olie in ’n pan en soteer die ui, soetrissies en knoffel tot sag.
Voeg die speserye by en roer vir ’n minuut.
Voeg die orige vulsel-bestanddele by en meng.
Hou eenkant.
Vir die sous kook jy die knoffel en tamaties saam vir ten minste 30 minute. Pols tot glad en geur.
Smeer die helfte van die sous onder in ’n oondbak.
Verdeel die vulsel tussen die tortillas en rol op. Pak in die oondbak.
Gooi die orige sous oor en strooi dan die mozzarella oor.
Bak teen 180°C vir 30 minute tot goudbruin.
Sit voor met suurroom.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Mexikaans. Show all posts
Showing posts with label Mexikaans. Show all posts
11/18/2020
6/04/2016
6 Soppe vir die winter: Mieliesop, sampioenroomsop, beesstert-sop, hoenderaftreksel, Mexikaanse sop en Thaise sop
Mieliesop, sampioenroomsop, beesstert-sop, hoenderaftreksel, Mexikaanse sop en Thaise sop
5/14/2016
Mexikaanse tamatiesop
’n klein bossie stingeluie, in stukke gekap
1 rissie, saad verwyder en in stukkies gesny
30 mℓ olyfolie
’n bietjie vars koljander
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 liter kookwater
60 g basmati
1 rooi soetrissie, saad verwyder en in stukke gesny
3 x 400 g blikke gekapte tamaties
Sout
’n hand vol vars kruisement, gebruik net die blare
Die sap van ½ lemmetjie
40 g feta, verkrummel
Verhit die olyfolie in jou soppot en braai die uie en rissie vir 1 minuut.
Gooi nou die knoffel, koljander, water, basmati, soetrissie, tamatie en ’n knippie sout by. Plaas die deksel op. Prut vir ten minste 20 minute.
Laat die sop effens afkoel en maak dit dan fyn in ’n voedselverwerker saam met die kruisement. Gooi dit agterna terug in die pot.
Verhit die sop weer en geur dan met die lemmetjiesap en nog sout.
Strooi feta oor voor jy dit bedien.
Bedien die sop met nachos met kaas, tamatie, koljander en avokado.
Wenk: Bietjie suurroom by die sop voor jy dit bedien is ook lekker ... of selfs oor die nachos.
(foto: QVRP & Matt DeTurck)

5/11/2016
Geurige hoender en groente met Mole-sous
Hierdie gereg word bedien met Mole-sous en basmati rys.
2 wortels, in dun repies gesny
2 stingeluie, fyn gesny
2 blokkies hoenderaftreksel
5 mℓ gemaalde paprika
500 mℓ kookwater
1 rooi soetrissie, in stukkies gesny
’n paar takkies tiemie
4 hoenderborsies
125 g gevriesde groenboontjies
125 g gevriesde ertjies
Sout en varsgemaalde swartpeper
60 g gerasperde parmesaan
Plaas die wortels, stingeluie, water, aftreksel, paprika, soetrissie en tiemie in ’n diep pan met ’n deksel oor medium hitte. Kook vir ’n paar minute.
Plaas nou die hoender, groenboontjies en ertjies by die groente en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook oor medium hitte tot die hoender gaar is.
Die hoender word bedien op basmati rys. Skep die hoender uit op die rys.
Meng nou die groente met die parmesaan.
Skep die groente uit rondom die rys.
Skep Mole-sous oor die hoender.

5/10/2016
Mole-sous
Mole-sous is ’n Mexikaanse sous. Die naam verwys na verskeie variasies van hierdie resep. Die Spaanse uitspraak vir “mole” klink soos “moolie”. Bedien dit met vleis of pluimvee.
3 stingeluie
2 skoongemaakte knoffelhuisies
2 jalapeno’s
5 mℓ gemaalde komyn
20 mℓ kookwater
60 g donker sjokolade
1 geskilde piesang
Die sap van 1 suurlemoen
Sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas die stingeluie, knoffel, jalapeno’s, komyn en water in ’n voedselverwerker en maak fyn.
Krap die sous uit in ’n verhitte pan en kook tot die vloeistof verdamp het.
Gooi dit nou terug in die voedselverwerker saam met die sjokolade, piesang en suurlemoensap. Verwerk tot fyn.
Geur met sout en peper na smaak.

6/21/2013
Mexikaanse visbredie / Mexican Fish Stew
500 g skoongemaakte visfilette, in stukke gesny
1 ui, fyn opgekap
30 mℓ olie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 mℓ gemaalde komyn
5 mℓ gemaalde koljander
500 g gekapte tamaties
1 rooi rissie, ontpit en fyn opgekap
5 mℓ droë oreganum
sout na smaak
vars koljander of dille om saam met die vis te bedien
Braai die uie in die olie in 'n kastrol. Dit moet oor lae hitte wees. Braai tot die uie sag is.
Roer die speserye en knoffel by en braai nog 'n minuut.
Gooi die tamatie, oreganum, rissie en sout by. Hou aan met kook tot die vloeistof begin verminder – omtrent 10 minute.
Draai die hitte af tot op die laagste, plaas die vis in die sous, bedek en prut vir 10 minute.
Bedek saam met rys en garneer met die vars koljander of dille.
Jy kan ook 'n bietjie suurroom op elke porsie skep.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
(foto: Michael Phams)

10/11/2012
Papaja mojito
Vries 2 gekapte mango's en 2 gekapte papajas.
Plaas die mango en papaja in 'n voedselverwerker saam met 30 mℓ lemmetjiesap en 100 mℓ wit rum.
Verwerk tot glad en bedien dadelik.
Plaas die mango en papaja in 'n voedselverwerker saam met 30 mℓ lemmetjiesap en 100 mℓ wit rum.
Verwerk tot glad en bedien dadelik.
3/19/2012
Mojito
Vir die klassieke drankie het jy nodig:
50 mℓ wit rum
die sap van 1 lemmetjie
5 mℓ strooisuiker
'n hand vol kruisement
4 ysblokkies
sodawater
Gooi die rum, lemmetjiesap, strooisuiker en kruisement in 'n lang glas. Kneus die kruisement en meng alles goed. Die agterkant van 'n houtlepel werk goed hiervoor.
Gooi die ysblokkies by en maak die glas vol met sodawater.
Garneer met kruisement en skywe lemmetjie.
(foto Ines Hegedus-Garcia)

11/19/2011
Salsa verde
Die jaareindfunksie het ’n Mexikaanse tema gehad. Ek moes ’n bydrae lewer vir die souse. My (enigste) Mexikaanse resepteboek het ’n salsa verde gehad wat lekker gelyk het. Dis nou ’n paar dae later en ek weet hoe om te verbeter op die resepteboek se weergawe. Dié resep is genoeg vir ’n lekker groot partytjie indien jy dit saam met nachos voorsit. Hier is dit:
2 murgpampoentjies, in skyfies gesny
750 g geblikte tamaties
3 rissies (ek verkies jalapeno), ontpit en fyn opgesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
’n hand vol vars koljander, fyn gekap
sout
varsgemaalde swartpeper
30 mℓ olie
opsioneel: (groente - / hoender - ) aftreksel
Jy verhit die murgpampoentjies en tamatie saam en laat dit prut tot die murgpampoentjies sag is.
Gooi die tamaties en murgpampoentjies in voedselverwerker en verwerk tot fyn.
Gooi die sous terug in die kastrol en voeg die knoffel, rissies en koljander by. Laat dit stadig prut. Geur met sout en peper.
Wanneer jou sous ’n bietjie afgekook het verhit jy die olie in ’n ander kastrol. Gooi die warm sous daarin en kook so hoog as moontlik vir 5 minute. Jy kook die sous om dit dikker te maak.
Proe vir sout en kook dan vir nog 5 minute. Indien jou sous te droog kook benat jy dit met die aftreksel.
Jou salsa is nou gereed. Die salsa kan tot ’n week in die yskas gehou word.

11/17/2011
Mexikaanse kaasgereg met geroosterde rissie
Dié hemelse gereg by die Mexikane afgekyk en my eie weergawe gemaak. Die soja is onder andere bygevoeg. Die Mexikaanse weergawe het geen soja (of vleis) nie. Weet nie wat hulle dit noem nie, maar bogenoemde naam pas, omdat die kaas dit net daai oemf gee, en so ook die geroosterde rissie.
Die Mexikane bedien dit op graan; bruinrys is baie lekker. Die resep is genoeg vir ’n honger gesin van 3.
15 ml olyfolie
15 ml botter
2 uie, gekap
5 ml fyngekapte knoffel
2 tamaties, gekap
1 groot, groen rissie, gerooster onder die oondrooster en gekap – verkieslik ’n groot jalapeño
5 ml tamatiepasta
2 ml sout
varsgemaalde swartpeper
’n knypie gedroogde origanum
ongeveer 250 g van Fry’s se soja patties, gaar en in blokkies gesny
200 g feta, in blokkies gesny. Ordentlike feta, nie daai sout goed wat hulle ons dwing om in die supermarkte te koop nie
vars koljander
Verhit die olie en botter saam in ’n kastrol. Voeg die uie by en braai oor medium hitte tot die uie glaserig raak.
Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut.
Voeg die tamatie, sout, origanum, tamatiepasta, rissie, soja en ’n paar draaie swartpeper by. Meng goed.
Plaas die deksel op en laat dit so 20 minute kook, sodat die geure lekker kan trou.
Roer die kaas by, plaas die deksel terug en laat dit so twee minute staan, sodat die kaas effens kan smelt.
Bedien dit op rys, met die vars koljander bo-op.

Sleutelwoorde:
Hoofgereg
,
Mexikaans
,
Vegetaries
9/03/2010
Guacamole
Guacamole is ’n Mexikaanse doopsous.
4 rissies - pas aan as jy voel dis te erg
vars, gekapte koljander
2 tamaties, fyngekap
sout
1 ui, fyngekap
2 eetlepels water
die sap van 'n ½ lemmetjie
3 ryp avokados, fyngemaak
Stamp die rissies, koljander, tamaties, sout en ui fyn in 'n stamper en vysel.
Voeg die water en lemmetjiesap by die mengsel en voeg die fyngemaakte avokado's by.
(foto Craig Dugas)

6/05/2010
Gebakte Mexikaanse bone en rys
Gebakte Mexikaanse bone en rys
Kookkuns Resepte
Bedien die bone en rys as hoofgereg, saam met gestoomde artisjokke en 'n groenslaai.
Voorbereidingstyd: 30 minute
Kooktyd: 40 minute
Totale tyd: 1 uur 10 minute
Bestanddele:
1 eetlepel olie
1 ui, fyngekap
2 stokke seldery
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
170 g tamatiepasta
1 teelepel gemaalde komyn
1 teelepel rissiepoeier
1 teelepel gemaalde basilie
½ teelepel gemaalde oreganum
3 eetlepels sojasous
4 koppies gekookte bruinrys
½ koppie vars pietersielie, fyngekap
3 tamaties, in dun skywe gesny
3 koppies gekookte bone
3 knoffelhuisies, fyngekap
Metode:
Verhit die olie in 'n pan en braai die uie, seldery en soetrissie tot dit amper sag is.
Plaas die bone, ¼ koppie water, die tamatiepasta, sojasous en die speserye en kruie (behalwe die pietersielie) in 'n voedselverwerker. Verwerk dit tot 'n puree.
Meng die puree met die gebraaide groente.
In 'n aparte bak meng jy die pietersielie en die bruinrys.
Olie 'n diep oondbak.
Skep die helfte van die rys op die bodem van die bak.
Smeer die helfte van die bonemengsel oor die rys en bedek met die helfte van die tamatie.
Strooi die helfte van die knoffel oor die tamaties.
Herhaal nou die lae.
Bak vir 40 minute by 180ºC.

Groente
,
Hoofgereg
,
Mexikaans
,
Vegetaries
3/06/2009
Chilli Con Carne
(4 personen)
2 grote uien
2 teentjes knoflook
2 groene paprika's
2 grote blikken bruine bonen
1 blikje maïs (300 gram)
500 gram rundergehakt
1 blikje tomatenpuree (150 gram)
1 zakje mix voor chili-con-carde
1 blik gepelde tomaten 400 gram
peper en zout
100 gram geraspte oude kaas
tortillachips
Bereidingswijze: Pel en snipper de uien en de knoflook, ook de paprika's kan je al schoonmaken en in stukjes hakken. Laat de bonen en de maïs uitlekken. Bak het gehakt al omscheppend op een laag vuur bruin. Voeg de uien, knoflook en de paprika bij het gehakt en bak ze even mee. Voeg de tomatenpuree, het zakje mix, de tomaatblokjes met het vocht en ½ dl water toe en breng dit aan de kook. Voeg de uitgelekte bonen en de maïs toe. Laat het geheel nog ongeveer 10 minuten sudderen. Breng op smaak met peper en zout. Serveren met geraspte kaas en de tortillachips.
Resep 2
2 uie, gekap
2 teelepels kerrie
1 knoffelhuisie, gekap
olyfolie
1 teelepel gemaalde komyn
sout
gemaalde swartpeper
455g maalvleis/koppie soja
200g songedroogde tamaties in olie
1 chili, ontpit en fyn opgesny
stokkie kaneel
glas water
1 blikkie rooi niertjiebone
Braai die uie en knoffel in olyfolie tot sag. Voeg die kerrie, komyn, sout en peper by. Voeg die vleis by en braai tot ligbruin. Meng die chili en tamaties in ´n voedselverwerker tot dit ´n pasta is. Gooi in die pan, asook die kaneel en water. Proe vir sout en peper. Sit die hitte op hoog tot die spulletjie kook. Draai dan die hitte af, sit waspapier en die deksel oor en kook vir 90 minute. Gooi die boontjies die laaste 30 minute by.
resep: Rian

9/15/2008
Mexikaanse bone / Mexican Beans
(die resep bedien 4 persone)
BESTANDDELE
20 ml olyfolie
400 g chorizo (of ander snoepwors)
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 rissie, gekap
2 ml fyn komyn
2 ml droë tiemie
2 ml gerookte paprika
1 groen soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
1 blikkie gekapte tamaties
3 blikkies gebakte boontjies
STAPPE
Verhit die olie, en braai die wors tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai die uie vir twee minute. Voeg die knoffel en rissie by en braai nog een minuut. Voeg die kruie en speserye, die soetrissie en die tamatie by. Kook op lae hitte vir 20 minute.
Roer die wors en bone by en prut vir nog tien minute.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Bedien in pitabrode met kaas, oor fynaartappels of oor jou gunsteling pasta.

9/04/2008
Caesar-slaai / Caesar Salad / Keiser-slaai

Frik Lombard
Hierdie slaai was nie Julius Caesar se gunsteling slaai gewees nie. Die oorsprong van die slaai is nie eers naby aan Rome gewees nie. Die geboorteplek van die slaai is in Tijuana, ´n klein dorpie in Mexico.
Wanneer mens in die Avenida Revolucion wandel is dit ´n lelike buurt waar mens nie eintlik gesien wil wees nie. Caesar's Sports Bar & Family Grill Restaurant is ´n half donker plek in die ou verslete Hotel Caesar. Die restaurant bestaan uit ses halfmaantafels en ´n lang kroegtoonbank. In 1924 is die beroemde slaai die eerste keer in die restaurant gemaak.
Die storie van die slaai begin met Alex Cardini ´n Italiaanse vlieënier wat in Tijuana gewoon het. Hy was die eienaar van die restaurant. Eendag kom daar van sy mede-vlieëniers daar aan wat lus was vir iets om aan te peusel. Daar was nou juis nie baie kos voorraad gewees in daardie tyd nie aangesien Mexico Stad baie ver van Tijuana is.
´n Tannie van Alex Cardini wat in die kombuis gewerk het, het maar met die voorraad wat sy gehad het die slaai gemaak. Wat is in die slaai wat so beroemd geraak het?
8 ansjovis filette
2 klein Suurlemoene
1 tot 2 eetlepels Knoffel
2 eetlepels olyf olie
2 eetlepels rooiwyn asyn
1 eetlepel Worcestersous
3 eiers sag gekook
4 teelepels mosterd
5 tot 6 eetlepels gerasperde Parmesaan kaas
1 koppie Croutons
3 klein Slaaiblare
Vars peper na smaak.
Neem die anchovies, sap van die twee suurlemoene en knoffel en maak tot ´n pasta met ´n vurk. ´n Voedsel verwerker sal hier handig te pas kom.
Meng nou olie, asyn, eiers, mosterd, worchestershiresous en kaas by die pasta.
Meng nou die croutons en gesnyde slaaiblare by.
Hierdie slaai sal met al die verskillende smake ´n wenner wees by enige ete.
8/19/2008
Mexikaanse vleis / Mexican Steak
500 g beeshaas (steak)
1 blikkie gekapte tamaties
1 blikkie rooi bone
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekap
1 blokkie vleisaftreksel
20 ml mosterdpoeier
2 ml varsgemaalde swartpeper
2 ml sout
20 ml rissiepoeier
olyfolie
Meng al die geurmiddels en knoffel saam; die aftreksel uitgesluit. Smeer die mengsel op die vleis.
Sny die vleis in repe.
Verhit 'n bietjie olyfolie in 'n pan en verbruin die vleis.
Voeg die ui, aftreksel en tamaties by. Bedek en kook stadig tot die vleis sag is, sowat 15 minute.
Voeg die bone by en kook (stadig) vir 'n verdere 15 minute.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)