12 wit aspersies
2 gekookte eiers
30 g botter, gesmelt
Vars gekapte pietersielie
Sout en peper
Skil die aspersies en sny die punte af.
Plaas in gesoute kookwater en kook vir 6 minute.
Dreineer.
Druk die eier fyn en meng met die botter en pietersielie, sout en peper na smaak.
Gooi oor die aspersies en bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Vlaams. Show all posts
Showing posts with label Vlaams. Show all posts
3/25/2020
1/22/2014
Ertjies, op die Vlaamse manier
500 mℓ ertjies
500 g spek, in blokkies geknip
45 mℓ botter
125 mℓ vleisaftreksel
1 kropslaai, fyn gesny
fyngekapte pietersielie vir garnering
Smoor die spek in die botter en vleisaftreksel.
Voeg die kropslaai by, gooi genoeg water by om alles te bedek en kook vir 1 uur.
Gooi die ertjies by en kook nog 30 minute.
Dreineer en plaas terug in die kastrol oor lae hitte. Net lank genoeg sodat die meeste van die oorblywende water weggekook het.
Strooi pietersielie oor en bedien.

7/21/2011
Vlaamse witwynsop
het 2 liter hoendersop nodig om mee te begin. Hierby roer jy ’n knypie neutmuskaat en 350 mℓ droë witwyn.
Kook stadig tot dit stomend warm is.
Bedien saam met dik snye witbrood.
Kook stadig tot dit stomend warm is.
Bedien saam met dik snye witbrood.
5/07/2011
Vlaamse sop / Flemish Soup
groot bos bronkors, fyngesnipper
knypie sout
5 mℓ witasyn
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
50 g botter
500 mℓ bouillon
Kook die bronkors stadig in 1,5 liter water saam met die aartappels, sout en asyn.
Voeg die bouillon by en kook nog 20 minute.
Roer die botter by net voor die sop bedien word.

2/18/2010
Vlaamse stoofgereg
900 g dikribskyf, in 5 cm blokkies gesny
2 eetlepels botter
2 uie, fyngekap
1 eetlepel meelblom
1 knoffelhuisie, fyngedruk
½ teelepel sout
280 ml warm water
280 ml bier
bouquet garni
peper
knippie neutmuskaat
knippie suiker
1 teelepel witwynasyra
Verhit die botter in 'n vuurvaste swaarboompot tot baie warm, net voor dit begin bruin word.
Sit genoeg vleis in die pot om die bodem te bedek en braai vinnig bruin aan beide kante.
Herhaal dit met al die vleis.
Hou die vleis eenkant.
Verlaag die hitte en braai die uie bruin.
Meng die meelblom by. Daar moet net genoeg vet van die vleis oor wees om met die meelblom te meng. Gooi enige ekstra vet af.
Roer die knoffel by en plaas die vleis terug.
Voeg die res van die bestandele by en roer goed met 'n houtlepel tot al die bruingebraaide deeltjies van die boom en kante van die pot los is.
Maak die pot toe en plaas in die oond vir 2 uur by 160ºC.
Verwyder die bouquet garni voor jy dit bedien.
(bedien 4 persone)

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)