Dit is ’n heerlike gereg vir 'n ligte aandete of 'n winter-middagete, en kan meer substansieel word as dit versier word met gestoofde uie, en gesoteerde of gebraaide sampioene. Bedien dit met 'n ligte rooiwyn. Tradisioneel word die eiers in die wyn geposjeer, maar dit kan ook in aftreksel gaarmaak word.
BESTANDDELE
2 koppies bouillon of ’n vegetariese aftreksel
2 koppies goeie, jong rooiwyn
8 baie vars eiers
½ lourierblaar
3 pietersielietakkies
¼ teelepel tiemie
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 eetlepel gekapte stingelui
’n knippie rooipeper
’n knippie peper
1½ eetlepel saggemaakte botter
2 eetlepels meel
2 eetlepels sagte botter
STAPPE
Bring die aftreksel en wyn tot kookpunt en posjeer die eiers daarin. Verwyder die eiers na ’n vuurvaste bak, voeg 6 mm van die vloeistof by en hou eenkant. Ongeveer 5 minute voor opdiening, plaas die bak onbedek oor pruttende water om die eiers weer op te warm.
Nadat die eiers geposjeer is, voeg die kruie, knoffel, stingelui en speserye by die wyn en kook dit vinnig totdat dit tot 2 koppies verminder het. Verwyder die pietersielie en lourierblaar.
Meng die 1½ eetlepel botter en meel tot ’n gladde pasta – Beurre manié. Verwyder van die hitte en klits dit met 'n draadklitser by die wynmengsel. Kook vir 30 sekondes.
Net voor opdiening, verhit die sous weer tot dit prut. Verwyder van die hitte en klits die 2 eetlepels botter by.
Bedien die eier op roosterbrood, skep die sous oor en garneer met pietersielie.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Eier. Show all posts

8/14/2025
8/07/2025
Saggekookte eier / Oeufs mollets
Oeufs mollets is saggekookte eier wat as ’n plaasvervanger vir geposjeerde eiers gebruik kan word.
Laat sak ’n eier stadig in ’n pot water wat kook.
Kook vir 6½ minute vir groot eiers.
Dompel dan die eier onder lopende water.
Hou dit in die yskas indien jy dit koud wil bedien. Verhit dit in ’n bakkie warm water indien jy dit later warm wil bedien

7/02/2025
Arabiese omelet
Só maak jy 'n Arabiese omelet – of ten minste, volgens Alexandre Dumas.
Kap 'n vars ui in klein stukkies, sit dit in 'n braaipan saam met 125 mℓ olyfolie. Laat dit sag kook sonder dat dit verkleur.
Voeg twee groot gekapte rooi soetrissies by. Voeg ook twee goeie, geskilde en ontpitte tamaties by wat in klein stukkies gesny is, by. Geur hierdie eerste voorbereiding met 'n bietjie sout en 'n tikkie cayennepeper. Kook enige vloeistof bietjie af en verwyder dan van die hitte.
Roer 4 ansjovisfilette by die inhoud.
Klits ten minste 3 eiers met 'n vurk.
Vryf nou die onderkant van 'n omelet-pan met 'n knoffelhuisie.
Verhit die oorblywende 125 mℓ olyfolie in die pan. Wanneer dit deeglik warm is, gooi die eiers in, laat die omelet stol en voeg die mengsel wat jy vroeër voorberei het daarby.
Skuif dit oor op ’n bord of skottel na ’n paar sekondes.

6/18/2025
’n Tuna middagete
’n Ligte ete vir wanneer jou tyd beperk is ... en goeie gebruik vir tuna in ’n blikkie.
BESTANDDELE
1 blikkie tuna in water, gedreineer
1 ½ eetlepels mayonnaise
4 teelepels sriracha-sous
Varsgemaalde swartpeper, na smaak
Gesnyde komkommers of ander bros groente, in baie dun ringe gesny (opsioneel)
Sesamsaad (opsioneel)
’n Paar repies avokado
’n Gekookte eier
’n Paar druppels lemmetjiesap
Gekapte kropslaai.
STAPPE
Meng die eerste vyf bestanddele saam.
Plaas op kropslaai.
Strooi sesamsaad oor.
Garneer met die avokado en die heel eier.
Drup lemmetjiesap oor.

6/07/2023
Biltongquiche
Hierdie biltongquiche resep is genoeg vir 6 persone.
1 x 23 cm broskorsdeeg, blind gebak
1 bossie sprietuie, fyngekap
125 g klam biltong, in dun skyfies gesny
3 eiers, geklits
125 mℓ room
125 mℓ suurroom
50 mℓ parmesaan, gerasper
50 mℓ songedroogde tamatiepesto
Varsgemaalde swartpeper, na smaak
Versprei die sprietuie en biltong op die bodem van die tertkors.
Klits die res van die bestanddele saam en giet oor die bestanddele in die tertkors.
Bak die quiche by 180°C vir 30 minute of tot dit goudbruin en gestol is.

Sleutelwoorde:
Eier
,
Peuselhappie
,
Vleis
3/16/2022
Mosselquiche
Deeg
375 mℓ meelblom
1 mℓ sout
100 g botter, in blokkies gesny
5 mℓ suurlemoensap
50 mℓ koue water
Gebruik ’n voedselverwerker om die deeg te maak. Plaas eers die meel, sout en botter daarin en meng goed. Hou die masjien aangeskakel en voeg die suurlemoensap en water stadig by deur die voerbuis. Hou dit aan tot die mengsel ’n bal vorm.
Draai die deeg toe in plastiek en verkoel vir 1 uur.
Rol die deeg uit en voer ’n 24 cm riffelpan daarmee uit.
Bedek die deeg met waspapier en vul tot by die rand met droë boontjies.
Verhit ’n oond tot 200°C met ’n bakplaat daarin.
Wanneer die oond die regte temperatuur bereik plaas jy die riffelpan op die bakplaat en bak vir 10 minute.
Verwyder die papier en boontjies en bak nog 5 minute.
Vulsel
20 mℓ kookolie
2 preie, fyngekap
1 blik mossels (225 g), gedreineer en grof gekap
3 eiers
250 mℓ melk
125 mℓ room
’n knippie neutmuskaat
2 mℓ sout
5 mℓ meelblom
Paprika
Verhit die olie in ’n kastrol en voeg die preie by. Plaas die deksel op en laat dit stadig sweet tot sag.
Dreineer die preie op ’n papierhanddoek.
Klits die eiers, melk, room, neutmuskaat en sout.
Strooi die 5 mℓ meelblom op die tertdop.
Rangskik die preie en mossels op die tertdop.
Gooi die eiermengsel versigtig in die dop en strooi die paprika oor.
Bak vir 40 minute of tot dit net gestol het.
Sit die quiche onmiddellik voor.
Die resep vir mosselquiche is genoeg vir 6 tot 8 persone.

1/20/2021
Mine Frite
Mauritius se gebraaide noedels.
3 eetlepels olie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 ui, gekap
¼ kool, gekap
2 wortels, gekap
4 pakkies gaar 2-minuut-noedels – hou ’n ½ koppie van die kookvloeistof
¼ koppie sojasous
Sout en gemaalde peper
2 eiers, geklits
Verhit 2 eetlepels olie in ’n pan en braai die knoffel, ui, kool en wortels vir 5 minute.
Voeg die noedels en sojasous by en laat vir 3 minute deurwarm word. As die mengsel te droog raak voeg jy van die behoue kookvloeistof by.
Geur en hou eenkant.
Verhit die orige olie in ’n skoon pan en gooi die geklitste eier daarin. Maak ’n omelet gaar.
Sny die omelet in repies.
Meng die omelet en noedels en sit voor.

11/04/2020
Soufflé Rothschild
Hierdie omelette word as nagereg bedien.
’n verskeidenheid vars vrugte in dun skywe gesny, byvoorbeeld 1 perske, 4 aarbeie en 1 piesang
1 dun skyfie pynappel
2 eetlepels rum / kersielikeur / lemoenlikeur
Gesifte versiersuiker
Soufflé-mengsel
3 eiergele
1 eetlepel strooisuiker
2 eetlepels slagroom
4 eierwitte
Berei ’n soufflé-bak en stel die oond op 190°C.
Gooi al jou vrugte saam in ’n bak en gooi jou alkohol oor. Besprinkel met versiersuiker na smaak. Bedek en laat 30 minute staan.
Room die eiergele en strooisuiker saam.
Voeg die room by.
Klop die eierwitte tot styf en vou met ’n metaallepel by die mengsel in.
Skep ⅓ van hierdie mengsel in die soufflé-bak. Sit die helfte van die vrugte bo-op. Bedek die vrugte met nog ’n ⅓ van die mengsel, daarna ’n laag vrugte en dan die res van die mengsel.
Bak 15 tot 20 minute lank. Besprinkel die soufflé na 12 minute met 2 eetlepels gesifte versiersuiker en bak vêrder om die suiker te karamelliseer.

10/07/2020
Korslose souttert – ’n eenvoudige resep
1 liter melk
2 blikkies Bull Brand “corned beef”, fyngemaak
4 koppies gerasperde cheddar - rasper bietjie ekstra cheddar vir bo-op
1 koppie koekmeelblom – moet dit nie sif nie
6 eiers, geklits
2 uie, gekap
10 mℓ sout
10 mℓ mosterdpoeier
10 mℓ gedroogde pietersielie
4 mℓ knoffelsout
Meng alles (nie die ekstra cheddar nie) saam en gooi in ’n gesmeerde oondbak. Bak in ’n voorverhitte oond teen 180°C tot gestol en ligbruin. Dit kan tot 40 minute in die oond bly.

Suid-Afrikaans
8/12/2020
Spinasie-roulade / Spinach Roulade
450 g spinasie, skoongemaak en stingels verwyder
15 g botter
Sout en peper
4 eiers, geskei
Parmesaan / sterk cheddar, gerasper
Vulsel:
70 g sampioene, fyngekap
15 g botter
4 teelepels broodmeel
Sout en peper
140 mℓ melk
’n knippie gemaalde neutmuskaat
3 eetlepels room
Voorverhit ’n oond tot 200°C.
Kook die spinasie in soutwater vir 8 minute.
Druk die vloeistof uit die spinasie en maak die groente dan fyn tot ’n moes.
Roer die 15 g botter by en geur na smaak.
Klop elke eiergeel apart by.
Klop die wit van die eiers styf en vou met ’n metaallepel by die mengsel.
Plaas botterpapier op ’n rolkoekpan van 30 cm by 20 cm.
Skep die mengsel uit op die bakpapier en druk dit gou plat tot dit 1 cm dik is. Strooi die kaas dik oor.
Bak dit vir 10 minute op die boonste rak van jou oond tot dit uitgerys en ferm is.
Vir die vulsel soteer jy die sampioene in die 15 g botter.
Roer die meel by en geur na smaak.
Roer die melk by en bring tot kookpunt. Laat dit prut tot dit romerig is. Verwyder dit dan van die hitte.
Roer die neutmuskaat en room by.
Keer die gaar roulade uit op ’n stuk waspapier.
Trek die papier waarop dit gebak is af.
Smeer die vulsel oor en rol op.
Sny die rante netjies af.
Bedien op ’n warm skottel en strooi nog parmesaan oor en garneer met kruie.
(Opsioneel: Gerookte salm kan op die vulsel gepak word daarvoor opgerol word.)

4/22/2020
Benedict-eiers / Benedik-eiers / Eggs Benedict
Berei die Hollandaise-sous voor volgens hierdie resep. Hou eenkant terwyl jy die eiers posjeer.
Gebruik hierdie resep vir geposjeerde eiers.
Braai rugspek tot gaar en plaas dit op gebotterde brood of muffins.
Plaas ’n eier op die spek en bedek met twee eetlepels Hollandaise-sous.
Bedien.

Amerikaans
,
Eier
,
Ontbyt
3/25/2020
Asperges à la flamande / Aspersies met eier
12 wit aspersies
2 gekookte eiers
30 g botter, gesmelt
Vars gekapte pietersielie
Sout en peper
Skil die aspersies en sny die punte af.
Plaas in gesoute kookwater en kook vir 6 minute.
Dreineer.
Druk die eier fyn en meng met die botter en pietersielie, sout en peper na smaak.
Gooi oor die aspersies en bedien.

3/11/2020
Groente en kruie frittata / Frittata alle Erbe
800 g gemengde groente (bv. spinasie, preie, uie, ens.) in stukkies gesny
6 eetlepels olie
1 takkie vars salie, fyngekap
6 basiliekruidblare, fyngekap
4 eiers, geklop met ’n knippie sout en peper
Sout
Varsgemaalde swartpeper
Kook die groente in ’n koppie soutwater.
Wanneer dit sag is dreineer die water en druk enige oortollige water uit.
Verhit olie in ’n pan en braai die groente en kruie saam oor lae hitte vir 5 minute.
Gooi die groente by die eier en meng goed.
Verhit nog olie in die pan tot baie warm.
Gooi die eier en groente in die pan.
Wanneer die onderkant verbruin het draai jy die frittata om en braai die ander kant.
Die frittata kan warm of koud bedien word.

2/07/2019
Spinasie-soufflé / Spinach Soufflé
680 g spinasie, gewas en in stukkies geknip
15 g botter
Sout en peper
’n knippie neutmuskaat
3 eiergele
4 eierwitte
1 eetlepel gerasperde cheddar
1 eetlepel bruingebakte broodkrummels
Sous
28 g botter
2 eetlepels meelblom
Sout en peper
140 mℓ melk
Vir hierdie resep benodig jy ’n no. 1 soufflé-bak (17,5 cm deursnee).
Stel die oond op 190°C.
Kook die spinasie vir 8 minute in kookwater.
Dreineer en druk die oortollige water uit.
Druk dit deur ’n sif en plaas terug in die kastrol.
Verhit dit oor matige hitte om van die oortollige vloeistof ontslae te raak.
Voeg die botter by en geur met sout en peper. Plaas eenkant.
Berei die sous deur die botter te smelt. Trek van die hitte af en voeg die meelblom by, geur en roer die melk by.
Voeg die spinasie en neutmuskaat by die sous. Proe vir sout.
Klop elke eiergeel apart by.
Klop die eierwit styf en vou 1 eetlepel daarvan by die mengsel.
Vou nou die res van die eierwit in en skep in ’n bereide bak.
Strooi die kaas en broodkrummels bo-oor.
Bak 25 tot 30 minute tot die soufflé uitgerys en ferm is.

12/10/2018
Kaas-omelet / Omelette mit kase
Jy het botter nodig en 3 eiers per persoon. En moet nooit probeer om 'n omelet te maak vir meer as 2 persone op 'n slag nie. Dit werk nie.
Die (vars!) eiers moet goed geklits word met die hand.
Dit moet ’n knippie sout en ’n knippie witpeper kry saam met 60 g gerasperde kaas.
Smelt 'n groot stuk botter in 'n swaarboompan. Hou bietjie gesmelte botter eenkant om oor jou omelet te gooi.
Dit moet oor lae hitte gesmelt word – moenie dat die botter verbruin nie!
Gooi die eier by, terwyl jy die pan skud. Dit is om te sorg dat die eier nie vassit op een spesifieke plek in die pan nie. Draai die pan sodat die eier die hele bodem bedek. Hou aan met skud.
Na 'n paar minute sal jy sien dat die omelet begin stol. Lig die pan weg van jou en vou ⅓ van die omelet aan jou kant na die middel toe. Nou lig jy die pan na jou toe op en vou ⅓ van die ander kant af na jou toe. Gly die omelet uit in 'n bord.
Indien jy die omelet net in die helfte vou is die eier geneig om uit te loop.

11/16/2018
Kaas-soufflé
Vir hierdie resep het jy ’n no. 1 soufflé-bak (17,5 cm) nodig.
8 eetlepels gerasperde kaas (verkieslik ’n mengsel van parmesaan en gruyere, maar cheddar sal ook werk)
40 g botter
2 eetlepels meel
Sout
Cayennepeper
210 mℓ melk
1 teelepel mosterd
4 eiergele
5 eierwitte
1 eetlepel bruingebraaide krummels
Stel die oond op 190°C.
Gebruik ’n groot kastrol en berei ’n roux deur die botter te smelt, dan die kastrol van die hitte te verwyder en die meel in te roer.
Geur met sout en cayennepeper en roer die melk deeglik deur.
Plaas die kastrol terug op die hitte en roer die mengsel aanhoudend, tot dit kook.
Verwyder dit weer van die hitte en roer die mosterd by.
Klop 6 lepels kaas by.
Klop nou elke eiergeel apart by.
Die basiese sous moet goed met kaas en sout en peper gegeur word om op te weeg teen die hoeveelheid eierwit wat gebruik word.
Meng die sous goed, klop die eierwit styf en vou 2 eetlepels eierwit met ’n metaallepel by die sous. Vou eers die een helfte van die orige eierwit en dan die ander helfte by die sous en draai die kastrol in die rondte terwyl jy die eierwit invou. Jy wil nie onnodig aan die sous roer nou nie.
Skep die mengsel in die soufflé-bak.
Meng bruingebakte krummels met doe orige gerasperde kaas en strooi dit bo-oor.
Bak 25 tot 30 minute lank in die oond, tot dit egalig bruin en ferm is.
Bedien dadelik.

3/19/2018
Italiaanse soufflé
Vir hierdie resep het jy ’n no. 2 soufflé-bak (15 cm) nodig.
30 g botter
4 teelepels meelblom
Sout en peper
140 mℓ melk
6 eetlepels gerasperde kaas
3 eiergele, geklop
4 eierwitte, styfgeklop
1 eetlepel bruingebakte broodkrummels
Vulsel
30 g spaghetti
Sout en peper
2 teelepels tamatiepuree
15 g botter
Maak die vulsel deur die spaghetti te kook volgens instruksies op die verpakking. Dreineer en spoel af met ’n koppie warm water. Plaas dit terug in die kastrol.
Voeg die botter by, verhit en skud af en toe.
Voeg sout en peper by en die tamatiepuree. Roer met ’n vurk tot die spaghetti bedek is met die tamatie.
Hou eenkant.
Stel die oond op 180°C.
Maak ’n roux deur die botter te smelt, die kastrol van die hitte te verwyder en die meel by te roer.
Geur met sout en peper en roer die melk deeglik deur.
Plaas die kastrol terug op die hitte en roer tot die mengsel kook.
Verwyder weer van die hitte en roer die kaas by.
Vou 2 eetlepels eierwit met ’n metaallepel in die sous.
Vou eers een helfte van die orige eierwit en dan die ander helfte in die sous en draai die kastrol in die rondte terwyl jy die witte invou, om nie onnodig baie daarin te roer nie.
Skep genoeg van die mengsel in die soufflé-bak om die bodem te bedek.
Skep die helfte van die spaghetti bo-op, bedek met helfte van die orige soufflé-mengsel, skep nog ’n laag spaghetti en bedek met die res van die mengsel.
Strooi die bruingebakte krummels oor en bak 25 tot 30 minute tot egalig bruin en ferm.
Bedien dadelik.
Opsie: Jy kan ook gaar vis of gekapte gaar ham gebruik in plaas van spaghetti.

12/18/2017
Reuben Riffel maak 'n omelet
Sukkel jy ook om 'n ordentlike omelet te maak? Kyk hoe doen Reuben dit.
12/05/2017
Kaastoebroodjies / Cheese Sandwiches
125 g goeie, gerasperde cheddar
3 hardgekookte eiergele, fyngemaak
1 eetlepel gesmelte botter
Snye gebotterde brood
Sout en peper
Meng die eiergele tot ’n pasta saam met die gesmelte botter. Meng dit dan met die kaas.
Smeer die mengsel op die brood.
Opsioneel: Sit ook bronkors op dié toebroodjies.
Nog ’n opsie: Stip die mengsel met sriracha-sous.

Brood
,
Eier
,
Kaas
,
Peuselhappie
10/23/2017
Eier en mielies
Druk gekookte/geblikte mielies fyn.
Klits genoeg eier vir jou mielies.
Smelt botter in ’n pan en roer die eier, mielies en ’n knippie sout en peper by.
Roer tot die eier begin droog word.
Bedien op roosterbrood met gekapte tamatie en avokado. Jy kan ook gerasperde kaas bo-oor strooi.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)