Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/24/2017

Basiese kombuisgereedskap

Hierdie lys bestaan uit basiese kombuisgereedskap wat jou tyd sal bespaar en jou geregte ’n beter kans op sukses gee. Die lys is nie volledig nie en alles is nie noodwendig noodsaaklik nie. Jy het dalk reeds plaasvervangers in jou kombuis vir sommige.

Die goue reël oor kombuisgereedskap is: koop altyd die beste wat jy kan bekostig, op die lang duur is dit goedkoper.


  • Sjef-mes – die lem is ongeveer 20 cm lank en met die mes kan jy omtrent alle take verrig
  • Vrugte/groentemes – die lem is ongeveer 10 cm lank en van vlekvrye staal (ander staal kan sekere groente laat verkleur)
  • Broodmes
  • Paletmes – die lem is ongeveer 17 cm lank
  • Messlyper
  • Aartappelskiller
  • Bedruiplepel
  • Dreineerlepel
  • Stel standaard-maatlepels
  • Eierspaan
  • Soplepel
  • Kombuisskêr
  • Suurlemoenpers
  • Pepermeul
  • Draadsif
  • Houtlepels – omtrent 3
  • Slaplemmes
  • Ballonklitser
  • Elektriese menger
  • Rasper
  • Maatbeker
  • Hout-kapplank
  • Rolstok
  • Smeerkwassie
  • Spuitsakkie
  • Bliksnyer
  • Kurktrekker en botteloopmaker


No comments :

Post a Comment