BESTANDDELE
2 eetlepels olyfolie
½ ui, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, in skyfies gesny
1 blikkie sardientjies
rissievlokkies (opsioneel)
500 g spaghetti
'n hand vol pietersielie / vinkel, gekap
1 koppie geroosterde broodkrummels
STAPPE
Verhit 'n pan wat groot genoeg is vir die pasta. Voeg die olyfolie, uie, knoffel en 'n klein knippie sout by en soteer tot net sag, ongeveer 5 minute.
Voeg die sardientjies met hul olie by en laat dit in die pan braai terwyl jy dit liggies met 'n lepel breek.
Voeg 'n bietjie rissievlokkies by. Sodra die sardientjies gebraai is en deel van die sous lyk, haal dit van die hitte af.
Kook die pasta in 'n groot pot kookwater wat gesout is om effens soos seewater te smaak. Hou ½ koppie van die pastawater eenkant en plaas die pasta dan met 'n tang direk in die pan met die sardientjies.
Plaas die pan terug op die hitte.
Voeg ¼ koppie van die pastawater by en meng die sardientjies en ui deur die pasta. Voeg nog water by (bietjie vir bietjie) as dit te droog lyk.
Wanneer die pasta en sous goed gemeng is, roer die helfte van die pietersielie en ½ koppie van die broodkrummels by. Strooi die res van die bestanddele bo-oor net voor opdiening.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Hoofgereg. Show all posts

10/08/2026
9/30/2026
Bone wat brand / Very Spicy Beans
BESTANDDELE
Olyfolie
1 ui, gekap
baie knoffel, in skyfies gesny
'n groot hoeveelheid ingelegde rissies
'n hand vol koljander, fyngekap
sout
gaar boontjies
STAPPE
Verhit 'n pot wat groot genoeg is vir al die bestanddele. Voeg 'n ruim hoeveelheid olyfolie by. Soteer die ui, knoffel, ingelegde brandrissies, koljanderstingels en 'n knippie sout oor matige hitte totdat die ui sag is - ongeveer 10 minute.
Voeg die boontjies by. Roer en druk die boontjies effens fyn. Laat dit vir 10 minute prut en proe dan. Dit moet sterk, ryk (vetterig) en sout wees.
Heerlik saam met tortillas of naan.

8/05/2026
Scarpetta
Scarpetta beteken letterlik "klein skoentjie" in Italiaans. Dit word gebruik om te beskryf hoe om 'n stukkie brood te gebruik om oorskietsous op 'n bord op te vee.
BESTANDDELE
500 g kersietamaties
230 g mozzarella-balletjies
½ klein rooi ui, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi soetrissie, fyngekap
1 brandrissie, fyngekap
2 eetlepels ekstra suiwer olyfolie
Vars tiemie
1 teelepel balsamiese asyn
Sout en swartpeper
6 groot basiliekruidblare
ansjovisfilette (opsioneel)
STAPPE
Rooster die kersietamaties in 'n bakskottel met olyfolie, knoffel, ui, rooi soetrissie, brandrissie en tiemie teen 180°C vir 30 minute totdat dit bars.
Plaas die balletjies tussen die warm tamaties.
Plaas onder 'n voorverhitte warm rooster (rooster) vir 5 minute totdat die mozzarella borrel, effens goudbruin is en net begin smelt.
Bedien onmiddellik in die bakskottel met geskeurde korsbrood (suurdeeg, ciabatta of baguette) om uit te skep.

Sleutelwoorde:
Hoofgereg
,
Italiaans
,
Peuselhappie
,
Vegetaries
7/29/2026
Dahl Tadka
Hierdie resep balanseer romerige, sagte lensies met 'n ryk ui en tamatie masala basis, afgerond deur 'n tadka wat die gereg verhef van eenvoudig tot restaurantgehalte. Die resep is glutenvry, vegetaries en kan in 45 minute gereed wees.
BESTANDDELE
Vir die dahl
1 koppie gesplete geel of rooi lensies, afgespoel totdat die water helder is
3½ koppies groenteaftreksel
½ teelepel gemaalde borrie
1 teelepel sout
Vir die Masala-basis
1 eetlepel botter - gebruik ghee indien dit beskikbaar is
1 medium geel ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, gerasper
3 cm vars gemmer, gerasper
1 rissie, fyngekap
1 medium ryp tamatie, fyngekap - of ingelegde, gekapte tamaties
1 teelepel gemaalde komyn
1 teelepel gemaalde koljander
1 teelepel garam masala
¼ koppie vars koljander, gekap
Vir die tadka
1½ eetlepel botter
1 teelepel komynsaad
½ teelepel swart mosterdsade
2 gedroogde rissies
10 vars kerrieblare (of 4 gedroogde kerrieblare)
1 ruim knippie asafoetida – gebruik knoffelpoeier as alternatief
STAPPE
Meng die lensies, aftreksel, borrie en sout in 'n pot. Bring tot kookpunt oor medium-hoë hitte.
Verlaag die hitte tot laag, bedek gedeeltelik met 'n deksel en prut vir 20 minute (of tot 30 minute vir ouer lensies).
Roer af en toe. Voeg nog 'n bietjie water by as dit te dik word. Die lensies is gaar wanneer hulle heeltemal sag is.
Wenk: Gebruik 'n lepel of staafmenger om ongeveer ¼ van die lensies liggies teen die kant van die pot te fynmaak. Dit skep 'n pragtig romerige, samehangende tekstuur.
Terwyl die lensies prut, verhit 1 eetlepel botter in 'n aparte, groot pan oor medium hitte. Voeg die gekapte ui en 'n knippie sout by. Braai vir 5 minute tot sag en goudbruin aan die kante.
Voeg die knoffel, gemmer en rissie by. Braai vir 2 minute tot geurig.
Roer die gekapte tamatie, komyn, koljander en 'n knippie sout by. Kook vir 5 minute en roer af en toe totdat die tamatie heeltemal opbreek en die mengsel verdik tot 'n pasta. Jy sal weet dis gereed wanneer jy 'n klein bietjie olie aan die kante sien skei.
Gooi die gaar lensies (en die kookvloeistof) in die pan by die masala-mengsel. Roer goed om te kombineer.
Voeg die garam masala en die helfte van die gekapte koljander by. Prut sonder 'n deksel 10 minute om die geure te laat saamsmelt. As die dal te dik is, voeg warm water by, ¼ koppie op 'n slag, totdat dit na jou smaak is. Proe vir sout.
Net voor opdiening, plaas 'n klein pan of kastrol oor medium hitte met 1½ eetlepel botter.
Sodra die botter gesmelt het, voeg die mosterdsaad by. Wag 'n paar sekondes totdat hulle begin bars en sis. Voeg onmiddellik die komynsaad, rissies en kerrieblare by. Roer die pan aanhoudend vir 30 sekondes.
Nou voeg jy die knippie asafoetida by en verwyder die pan onmiddellik van die hitte sodat die speserye nie brand nie.
Gooi die sisende tadka versigtig direk oor die oppervlak van die dahl. Dit sal sis en 'n ongelooflike aroma vrystel. Roer dit versigtig by.
Moenie die Tadka oorslaan nie. Dit is die siel van hierdie gereg. Dit laat die speserye blom en voeg 'n laag geur by wat nie bereik kan word deur net gemaalde speserye in die pot te roer nie.
IDEE
Gebruik die Dhungar metode om die rokerige geur van Indiese padrestaurante (dhabas) na te boots.
Plaas 'n klein, hittebestande staalbak bo-op die gaar dal. Gebruik 'n tang om 'n klein stukkie houtskool oor 'n oop vlam te verhit totdat dit rooiwarm is. Plaas die warm kole in die staalbak, drup ½ teelepel botter daaroor en bedek die hele pot onmiddellik met 'n digte deksel. Laat dit vir 10 minute rook.
Verwyder die bak en kole voor opdiening.
Sit die dahl warm voor saam met gestoomde basmati-rys en/of warm brode soos roti, chapati of naan.
Vir diegene wat gaan sukkel met die brand bedien jy ook gewone jogurt, dun gesnyde rooi uie en skyfies suurlemoen daarmee saam.
Die resep is genoeg vir 4 persone.

Indies
,
Vegetaries
7/16/2026
Paneer en sampioen Makhani
BESTANDDELE
Vir die paneer- en sampioenmarinade
400 g paneer, in happiegrootte blokkies gesny 250 g knopiesampioene of cremini-sampioene, in skywe of in kwarte gesny
½ koppie gewone jogurt
1 eetlepel gemmer-knoffelpasta
1 teelepel rissiepoeier (verkieslik Kasjmir-rissiepoeier)
1 teelepel gemaalde komyn
1 teelepel garam masala
Sap van ½ suurlemoen
Sout na smaak
Vir die sous (Makhani-sous)
1 medium ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 eetlepel vars gemmer, gerasper
400 g blikkie fyngekapte tamaties
50 g tamatiepuree
1 koppie room
3 eetlepels botter
1 eetlepel kookolie
1 eetlepel gemaalde koljander
1 teelepel gemaalde komyn
1 teelepel rissiepoeier
1 teelepel garam masala
3 kardemom sade
5 swart peperkorrels
2 lourierblare
1 teelepel suiker
Vars koljander, vir garnering
STAPPE
Klits die jogurt, suurlemoensap, gemmer-knoffelpasta en die marinade-speserye saam in 'n groot bak.
Gooi die paneerblokkies en gesnyde sampioene versigtig in die mengsel totdat dit goed bedek is. Laat dit vir 20 minute staan.
Verhit die olie en 1 eetlepel botter in 'n groot pan oor medium-hoë hitte.
Voeg die gemarineerde sampioene en paneer in 'n enkele laag by (werk in bondels indien nodig). Braai vir 2-3 minute per kant totdat die paneer goudbruin word en die sampioene krimp en 'n mooi kors ontwikkel. Verwyder dit uit die pan en hou eenkant.
In dieselfde pan, gooi nog 'n eetlepel botter. Braai die gekapte ui vir 5 minute tot sag en deurskynend.
Roer die gekapte knoffel en gerasperde gemmer by en kook vir 1 minuut tot geurig.
Gooi die blikkie tamaties, tamatiepuree, gemaalde koljander, komyn, rissiepoeier, garam masala, kardemom, peperkorrels, lourierblare en suiker by. Laat die mengsel vir 12 minute oor medium-lae hitte prut, en roer af en toe totdat die sous verminder, verdik en effens donkerder van kleur word.
Draai die hitte tot laag. Gooi die room stadig by en roer aanhoudend totdat die sous in 'n syagtige, eenvormige oramjerige sous verander.
Skuif die geskroeide paneer, sampioene en enige oorblywende sappe terug in die pan. Prut saggies vir 5 minute sodat die paneer die sous absorbeer.
Roer die laaste eetlepel botter by vir 'n glansende afwerking.
Garneer ruim met vars koljander.
Bedien die warm makhani met warm knoffelnaan of basmati-rys.

5/13/2026
Groen risotto / Green Risotto
Enige hoeveelheid gaar groen groente maak ’n mooi heldergroen risotto.
Puree die gaar groente met 'n bietjie olyfolie en 'n lepel water tot 'n gladde pasta.
Meng dit dan met ’n wit risotto.
Voeg ekstra parmesaan by en dit is gereed vir die tafel.

4/08/2026
'n Groente kerrie / Vegetable Curry
3 eetlepels olie
½ ui, fyngekap
½ teelepel sout
½ teelepel gemaalde borrie
½ teelepel gemaalde kardemom
½ teelepel gemaalde komyn
1 vars rissie, fyngekap
½ koppie gaar kekerertjies of boontjies
1 blik klappermelk
1 koppie aftreksel
3 stukkies suurlemoenskil
2 koppies oorskiet gaar groente
½ koppie geroosterde grondboontjies, gekap
vars suurlemoensap
vars koljander en warm rys vir opdiening
Verhit 'n groot, swaarboom-braaipan. Voeg die olie, ui en sout by en kook tot sag, 5–10 minute.
Voeg die speserye en rissie by. Sodra die speserye geurig is, voeg die kekerertjies, klappermelk, aftreksel en sitrusskil by. Kook oor lae hitte en roer af en toe vir ongeveer 30 minute. Dit moet nie prut nie.
Voeg die groente en grondboontjies by en kook vir 15 minute oor lae hitte.
Proe vir sout en pas aan.
Voeg suurlemoensap by na smaak.
Garneer met koljander en bedien op warm rys.

4/02/2026
’n Groente sabzi
Sabzi verwys na 'n wye verskeidenheid Suid-Asiatiese groente-geregte, gewoonlik kerries of roerbraaigeregte. Dit moet nie verwar word met die Irannese kruie-gebaseerde geregte nie.
3 olie
½ teelepel komynsaad
1 eetlepel fyngekapte knoffel
½ eetlepel gemaalde vars gemmer
1 ui, fyngekapv 1 vars groen rissie, fyngekap
½ teelepel sout
¼ teelepel gemaalde borrie
1 teelepel garam masala
½ teelepel gemaalde koljander
1 teelepel gemaalde brandrissie
'n knypie uiepoeier
3 koppies oorskiet gaar groente (pampoen, wortels, broccoli, blomkool, kool, eiervrug en groenbone is geskik hiervoor), in happiegrootte stukkies
1 blikkie ingemaakte tamaties, gekap
1 teelepel fenegriek blare
2 eetlepels gekapte koljander
Rys of brood vir opdiening
Verhit 'n groot, swaarboom-braaipan met die olie en komynsaad.
Sodra die saad begin sis voeg jy die knoffel en gemmer by, dan die ui, groen brandrissie en sout. Braai tot die ui begin sag word, ongeveer 2 minute.
Voeg dan die borrie, garam masala, koljander, gemaalde brandrissie en uiepoeier by.
Voeg die gaar groente by, dan die tamatie en fenegriek en kook tot die tamatie opgebreek het, ongeveer 5 minute. Voeg 'n bietjie water of olie by indien nodig.
Proe vir sout en pas aan. Voeg die koljander by en eet saam met warm rys of brood.

4/01/2026
Oosterse rysgereg / Riz à l'Orientale
Riz à l'Orientale is 'n Franse interpretasie van Oosterse rysgeregte. Die resep is genoeg vir 4 persone.
4 koppies warm gestoomde rys
1 koppie fyngekapte uie gaargemaak in botter en kruie van jou keuse
1 koppie blokkies eiervrug gesoteer in olie en knoffel
⅓ koppie gekapte okkerneute
12 kersietamaties, gehalveer
Sout en peper
Gekapte koljander
Met die warm rys in 'n groot kastrol, roer die uie, eiervrug, okkerneute en kersietamaties versigtig by.
Geur versigtig na smaak en skep in warm bakkies. Versier met die gekapte koljander.
Gee eetstokkies aan jou gaste.

Frans
,
Hoofgereg
,
Vegetaries
2/12/2026
Liplekker hoenderpotjie met groente
Hi Daar
Hier is 'n heerlike. liplekker hoenderpotjie met groente.
Bestanddele:
Sonneblom olie ( Olyfolie kan ook gebruik word - baie gesonder)
Twee groot uie (gekap)
Garlic - Hoef nie bang te wees nie ( Garlic is baie gesond )
Pak hoenderbors stukkies, hoe meer vleis hoe lekkerder ( Woolies se hoender is puik )
Bruin uie sop
1 Blikkie room
Bietjie rooi wyn - droog
Sweet corn mielies - Nie blikkies nie, die heel vars klein mielies)
Klein wortels - (Nie groot wortels nie, ook die wat jy klein aankoop)
Jou keuse van groente verder
Aanwysings:
Warm die potjie op, en voeg so bietjie olie by net om die onderkant en sykante van die potjie te "smeer" As die olie lekker warm is, voeg die uie en die knoffel by en laat dit bietjie braai - nie brand nie Sondra die uie en knoffel op proe staduim kom, voeg die hoender stukkies by, en braai die amper gaar. Maak seker dat die hoeder lekker "gebraai" is sodat jy meer smaak kan gee in jou potjie. As die hoeder op amper gaar staduim is , voeg bietjie rooi wyn by , braai so bietjie en HAAL UIT. Die rooi wyn sal nie net ´n lekker smaak gee nie, maar baie van die cholestrol wegbrand.
Nadat die hoender en die uie en knoffel uitgehaal is, voeg so 1 tot 2 liter water in die pot. Roer die water tot al die "vas gebrande" dele in die water ingeroer is. Voeg nou al jou groentes by die water mengsel, en geniet so glasie wyn of twee van jou eie. Kyk so nou en dan of die groentes al sag gekook is. MOET NIE dat die groente heeltemal sag kook nie, want ons maak potjie, nie stew nie.
Sodra jy ´n mes deer die wortel kan druk, is die groente mengsel gereed vir die res van die potjie-kos. Voeg nou weer die hoender en die uie-knoffel mengsel by die potjie. Laat die potjie nou bietjie kuier vir so 20 min of wat. Sodra die groente en die hoender mekaar ordentlik ontmoet het, kan jy nou so bietjie bruinuiesop byvoeg. As sien sien daar is bietjie min water in, voeg so bietjie by, want die bruin uie sop sal so bietjie dikkerigheid veroorsaak. Laat staan en kook die potjie nou weer vir so 10-20 minute. As die potjie op sy einde is, voeg die hele blikkie room by, en laat prut vir so 10 min. 'n Roomsous vir jou hoender in die potjie.
Bedien saam met ´n ligte mengelslaai en ´n glasie rooi wyn.
resep: Gert Brits
Soekgids aanwysers: liplekker hoender potjie potjiekos

10/06/2025
Kreef gesmoor in wyn, tamaties, knoffel en kruie / Homard à l’américaine
Homard à l’américaine is ’n lewendige kreef wat in porsies gekap word, in olie gebraai word totdat die skulpe rooi word, dan in konjak gevlam en in wyn, aromatiese groente, kruie en tamaties geprut word. In Frankryk, tensy jy by 'n formele aandete is, word die vleis in die skulpe bedien.
Die oorsprong van homard à l’américaine is 'n onderwerp vir bespreking. Sommige kenners noem dit à l’armoricaine, na die antieke provinsie Armorique in Bretagne waar krewe voorkom. Ander sê armoricaine is onsin omdat die tamatiegeursel ongewoon is vir Bretagne en dat die resep meer waarskynlik die produk is van 'n Paryse sjef met Provençaalse invloede wat sy gereg na 'n Amerikaanse kliënt vernoem het, of na die eksotiese oorsprong van die tamatie. Jy kan ook bevrore kreefsterte gebruik vir die resep.
Die resep is genoeg vir 6 persone.
BESTANDDELE
3 lewendige krewe van sowat 750 g elk, of 6 bevrore kreefsterte gedeeltelik ontdooi en in die lengte middeldeur gesny
3 eetlepels olyfolie
1 medium wortel, fyn gekap
1 medium ui, fyngekap
Sout en peper
3 eetlepels gekapte salotte
1 knoffelhuisie fyngedruk
⅓ koppie konjak
500 g vars, ryp tamaties, geskil, ontpit, sap en gekap
2 eetlepels tamatiepasta
1 koppie visaftreksel
1½ koppie droë witwyn of 1 koppie droë wit vermoet
2 eetlepels gekapte pietersielie
1 eetlepel vars dragon of 1 teelepel gedroogde dragon
6 eetlepels sagte botter
STAPPE
Sny die krewe in die lengte in twee. Verwyder die maagsakke (in die kop) en dermbuise. Verwyder die kloue en gewrigte en breek dit. Skei die sterte van die borste.
Verhit die olyfolie in ’n swaar geëmaljeerde pan of kastrol totdat dit baie warm is, maar nie rook nie. Plaas die kreef in die olie met die vleiskant na onder, en soteer vir 'n paar minute, draai dit om, totdat die skulpe helderrooi is.
Verwyder die kreef.
Roer die gekapte wortel en ui by en kook stadig vir 5 minute of tot amper sag.
Verhit die oond tot 175 grade Celsius.
Geur die kreef, plaas dit terug in die pan en voeg die salotte en die knoffel by.
Met die pan oor matige hitte, gooi die konjak by. Steek die konjak aan met 'n brandende vuurhoutjie en skud die pan stadig totdat die vlamme bedaar het.
Roer al die tamaties, tamatiepasta, visaftreksel, pietersielie en dragon by. Bring tot kookpunt bo-op die stoof.
Bedek en plaas in die middelste vlak van die voorverhitte oond. Die hitte moet so wees dat die kreef vir 20 minute saggies prut.
Wanneer die kreef gaar is, verwyder dit en hou eenkant.
Plaas die op ’n plaat oor hoë hitte en kook vinnig totdat die sous verminder en effens verdik het. Proe vir geurmiddels.
Hou ’n koppie van die sous eenkant.
Plaas die kreef terug in die res van die sous en bring tot kookpunt om die kreef weer warm te maak.
Klits die koppie warm sous drupsgewys by die botter in ’n mengbak en gooi dan die mengsel by die kreef. Skud en roer die pan oor lae hitte vir 2 tot 3 minute om warm te maak, maar moenie die sous weer naby die prut bring nie.
Bedien met risotto geprut in visaftreksel, of gestoomde rys en garneer met vars pietersielie of dragon. 'n Droë witwyn uit Boergondië, Côtes du Rhône of Graves is goeie pasmaats.

9/18/2025
Visfilette met mossels en sampioene / Sole à la normande
1,25 kg tongvis, geposjeer in witwyn – volg die resep vir Filets de poisson poché au vin blanc.
1 liter vars mossels, gestoom in witwyn
100 g sampioene, gaargemaak in botter en speserye
Rangskik die geposjeerde visfilette op 'n liggies gesmeerde opdienbord en omring dit met die mossels en sampioene. Net voor opdiening, bedek die bord en verhit die vis vir 'n paar minute oor pruttende water. Dreineer enige opgehoopte vloeistof voordat die vis met die volgende sous bedek word:
Vir 2½ koppies sous:
3 eetlepels botter
4 eetlepels meel
Die vloeistof waarin die vis geposjeer is plus die mossels se vloeistof, saam afgekook tot 1 koppie
¾ koppie melk
2 eiergele en ½ koppie room gemeng in 'n 2-liter mengbak
Sout en peper
Druppels suurlemoensap
4 tot 16 eetlepels sagte botter (6 tot 8 eetlepels is gewoonlik genoeg)
Volg die tegniek vir Sauce parisienne, kook die meel en botter stadig saam totdat dit skuim en skuim dit vir 2 minute.
Verwyder van die hitte, klits die warm afgekookte vloeistof by, gevolg deur die melk. Kook vir 1 minuut.
Klits die warm sous druppelsgewys by die eiergele en room.
Plaas die mengsel terug in die kastrol en kook, terwyl jy roer, vir 1 minuut. Verdun met meer room indien nodig, en geurmiddels na smaak.
Net voor die vis bedien word, bring die sous tot kookpunt. Verwyder dit dan van die hitte en klits die botter 1 eetlepel op 'n slag by.
Skep die sous onmiddellik oor die warm vis, mossels en sampioene.
Die garnering is tradisioneel garnale, truffels, kreef en/of croûtons.

9/17/2025
Visfilette met mossels en garnale / Sole à la dieppoise
1,25 kg tongvis, geposjeer in witwyn – volg die resep vir Filets de poisson poché au vin blanc.
1 liter vars mossels, gestoom in witwyn
250 g garnale, gaargemaak in botter en speserye
Rangskik die geposjeerde visfilette op 'n liggies gesmeerde opdienbord en omring dit met die mossels en garnale. Net voor opdiening, bedek die bord en verhit die vis vir 'n paar minute oor pruttende water. Dreineer enige opgehoopte vloeistof voordat die vis met die volgende sous bedek word:
Vir 2½ koppies sous:
3 eetlepels botter
4 eetlepels meel
Die vloeistof waarin die vis geposjeer is plus die mossels se vloeistof, saam afgekook tot 1 koppie
¾ koppie melk
2 eiergele en ½ koppie room gemeng in 'n 2-liter mengbak
Sout en peper
Druppels suurlemoensap
4 tot 16 eetlepels sagte botter (6 tot 8 eetlepels is gewoonlik genoeg)
Volg die tegniek vir Sauce parisienne, kook die meel en botter stadig saam totdat dit skuim en skuim dit vir 2 minute.
Verwyder van die hitte, klits die warm afgekookte vloeistof by, gevolg deur die melk. Kook vir 1 minuut.
Klits die warm sous druppelsgewys by die eiergele en room.
Plaas die mengsel terug in die kastrol en kook, terwyl jy roer, vir 1 minuut. Verdun met meer room indien nodig, en geurmiddels na smaak.
Net voor die vis bedien word, bring die sous tot kookpunt. Verwyder dit dan van die hitte en klits die botter 1 eetlepel op 'n slag by.
Skep die sous onmiddellik oor die warm vis, mossels en garnale.
Die garnering is tradisioneel garnale en truffels.

9/11/2025
Visfilette geposjeer in witwyn; room- en 'n eiergeel sous / Filets de Poisson Gratinés, à la Parisienne
Wanneer 'n Sauce parisienne vir 'n gratin gebruik word, soos in hierdie resep, kan die hele gereg vooraf voorberei word en later weer verhit word. Die resep is genoeg vir 6 persone.
BESTANDDELE
1,25 kg tongvis, geposjeer in witwyn volgens die resep by Filets de poisson poché au vin blanc. Dreineer die vloeistof in 'n geëmaljeerde kastrol en kook dit vinnig af totdat dit tot 1 koppie verminder het.
2 eetlepels gerasperde Switserse kaas, om die bokant van die sous te help verbruin
1 eetlepel botter in stukkies gesny
Sauce parisienne
STAPPE
Skep Sauce parisienne oor die vis. Sprinkel met die kaas en stippel met botter.
Laat dit onder ’n warm oondrooster om die bokant van die sous te verbruin.

8/28/2025
Visfilette geposjeer in witwyn met 'n julienne van groente / Filets de Poisson à la Bretonne
Volg die resep vir Filets de poisson bercy aux champignons, maar gebruik slegs 125 g sampioene en die volgende groente:
1 wortel
2 preie, slegs die wit deel; of 2 gewone uie
2 sagte selderystingels
Sny die groente in julienne repies van 4 cm lank en ½ cm breed. Hou die sampioene apart.
Kook die ander groente stadig in botter vir ongeveer 20 minute in 'n bedekte kastrol totdat hulle sag is, maar nie bruin nie. Voeg dan die sampioene by en kook vir 2 minute. Geur met sout en peper.

8/27/2025
Visfilette met sampioene geposjeer in witwyn / Filets de poisson bercy aux champignons
Bercy is die eenvoudigste van die witwyn-vissouse. Die sous word verdik met beurre manié en dan verryk met room. Hierdie resep is genoeg vir 6 persone.
BESTANDDELE
3½ koppies vars, gesnyde sampioene
2 eetlepels botter
⅛ teelepel sout
’n Knippie peper
Die bestanddele in die resep vir Filets de poisson poché au vin blanc
2½ eetlepels meelblom
3 eetlepels sagte botter
1 koppie room
Sout en peper
Suurlemoensap
¼ koppie gerasperde Switserse kaas
1 eetlepel botter, in stukkies gesny
STAPPE
Braai die sampioene vir ’n minuut of twee in warm botter oor matig hoë hitte sonder om te bruin. Geur met sout en peper en hou eenkant.
Die tongvis word voorberei volgens die resep vir Filets de poisson poché au vin blanc, maar gebruik ’n ekstra 250 g vis.
Wanneer die kookvloeistof in die geëmaljeerde pan is, kook jy dit af totdat dit tot 1 koppie verminder het.
Meng 2½ eetlepels meelblom en 3 eetlepels sagte botter vir die beurre manié tot dit ’n pasta vorm. Dan, van die hitte af, klop jy dit by die warm vloeistof.
Voeg ½ koppie room by en bring tot kookpunt.
Verdun die sous met die oorblywende room.
Geur na smaak met sout, peper en druppels suurlemoensap.
Skep die sous oor die vis. Strooi die kaas oor en stip met die stukkies botter. Plaas die gereg 15 tot 18 cm van 'n warm rooster vir 2 tot 3 minute om die vis weer op te warm en die bokant van die sous liggies te verbruin. Bedien so gou as moontlik.

8/21/2025
Visfilette geposjeer in witwyn of vermoet / Filets de poisson poché au vin blanc
BESTANDDELE
2 eetlepels fyngekapte salotte
1 kg ontbeende tongvis, in porsies gesny
Sout en peper
1½ eetlepel botter, in stukkies gesny
¾ koppie droë witwyn of ’n ⅔ koppie droë wit vermoet
Water
STAPPE
Strooi 1 eetlepel salot in die bodem van ’n skottel.
Geur die tongvis filette liggies met sout en peper en rangskik dit in een effens oorvleuelende laag in die bak. As die filette baie dun is, kan hulle in die helfte gevou word sodat hulle driehoeke vorm.
Strooi die oorblywende salot oor die vis en stip met botter. Gooi die wyn/vermoet oor en dan net genoeg water sodat die visnet-net bedek is.
Bring amper tot kookpunt op die stoof.
Plaas waspapier oor die vis. Plaas dan die bak in die onderste derde van die voorverhitte oond - 180ºC. Die vloeistof moet amper prut vir 8 minute. Die vis is gaar wanneer 'n vurk die vleis maklik penetreer. Moenie te lank kook nie; die vis moet nie droog en skilferig wees nie.
Plaas 'n deksel oor die bak en dreineer al die kookvloeistof in 'n geëmaljeerde pan. Die vis is nou geposjeer en gereed vir ’n sous.

6/25/2025
Stokvis alla puttanesca
Gebakte visgeregte kan ’n vervelige affêre wees. Nie hierdie een nie! Dink puttanesca-geure in die vorm van 'n eenpan-visgereg. Goed vir jou, maklik om te maak, heerlik.
Puttanesca is ’n Italiaanse sous met tamaties, knoffel, olywe en ansjovis.
Let wel: As jy net fyn tafelsout het, halveer die sout, anders sal dit te sout wees.
BESTANDDELE
600 g baba-aartappels, gehalveer
1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie
½ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper
1 medium vinkelbol, gehalveer en in halfmaanvorms gesny (hou die blare vir garnering)
200 g kersietamaties
½ koppie ontpitte Kalamata-olywe
3 knoffelhuisies, fyngekap of -gedruk
3 eetlepels ingelegde kappertjiesaad
3 ansjovisfilette, fyngekap
400 g ingemaakte tamatie, fyngedruk of in blokkies gesny
½ teelepel rissievlokkies
1 teelepel gedroogde oreganum
¼ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper
4 x 180g stokvisfilette
½ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper
1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie
1 losweg gepakte koppie basiliekruidblare, grof gekap
STAPPE
Verhit oond die tot 220°C of 200°C met die waaier aan.
Meng die aartappels in 'n groot mengbak met die 1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie, ½ teelepel sout en ¼ teelepel swartpeper.
Sprei dit op 'n bakplaat met 'n rand.
Rooster vir 20 minute.
Dan meng jy al die sousbestanddele saam. Die vinkel, kersietamaties, olywe, knoffelhuisies, kappertjies, ansjovis, tamatie, rissievlokkies, oreganum, ¼ teelepel sout en ¼ teelepel swartpeper.
Voeg dit by die bakplaat, meng dit met die aartappels en plaas dit terug in die oond vir 10 minute.
Droog die vis droog met papierhanddoeke. Sprinkel elke kant met die ½ teelepel sout en ¼ teelepel swartpeper.
Plaas die vis bo-op die puttanesca-sous. Bedruip oral met die 1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie.
Bak vir 15 minute of tot die vis gaar is (dit behoort maklik te vlok).
Bedien: Verwyder uit die oond. Bedruip met nog 'n bietjie olyfolie, sprinkel die basilie en die vinkelblare oor en bedien met ’n warm brood.

6/18/2025
’n Tuna middagete
’n Ligte ete vir wanneer jou tyd beperk is ... en goeie gebruik vir tuna in ’n blikkie.
BESTANDDELE
1 blikkie tuna in water, gedreineer
1 ½ eetlepels mayonnaise
4 teelepels sriracha-sous
Varsgemaalde swartpeper, na smaak
Gesnyde komkommers of ander bros groente, in baie dun ringe gesny (opsioneel)
Sesamsaad (opsioneel)
’n Paar repies avokado
’n Gekookte eier
’n Paar druppels lemmetjiesap
Gekapte kropslaai.
STAPPE
Meng die eerste vyf bestanddele saam.
Plaas op kropslaai.
Strooi sesamsaad oor.
Garneer met die avokado en die heel eier.
Drup lemmetjiesap oor.

6/04/2025
Gebraaide salm met avokado salsa
BESTANDDELE
2 salm filette van ongeveer 200g elk
2 eetlepels olyfolie
1 knoffelhuisie, fyngekap
½ teelepel chilipoeier
½ teelepel komyn
½ teelepel uiepoeier
¼ teelepel swartpeper
¼ teelepel sout
1 ryp avokado, ontpit en in blokkies gesny
½ koppie tamatie, in blokkies gesny
1 klein ui of salot, in blokkies gesny
2 eetlepels koljander, fyngekap
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel lemmetjiesap
sout en peper na smaak
STAPPE
Roer die olyfolie, knoffel en speserye in 'n klein bakkie. Verf of vryf dit op die salm. Laat staan vir 10 minute.
Om die avokadosalsa te maak: Meng die avokado, tamatie, ui en koljander in 'n groot mengbak. Bedruip met olyfolie, vars lemmetjiesap en 'n knippie sout en peper. Meng liggies met 'n lepel tot dit goed gemeng is.
Bedek met kleefplastiek tot gereed om te bedien.
Verhit 'n groot swaargewig (verkieslik kleefvrye) pan of rooster oor medium-hoë hitte. Braai die salm vir 6 minute per kant. Verwyder uit die pan, bedek met avokado salsa en bedien dadelik.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)