60 mℓ olyfolie
280 g knoffelwors, in skywe gesny
1 groot ui, gekap
Sout
3 knoffelhuisies, in papierdun skywe gesny
6 aartappels, geskil en in stukke gekap
800 mℓ koue water
800 mℓ hoenderaftreksel
450 g donkergroen kool, in baie dun repe gesny
Varsgemaalde swartpeper
Witpeper
Verhit die olyfolie in ’n groot soppot.
Braai die wors tot dit verbruin aan alle kante. Gebruik ’n gaatjieslepel om die wors uit te skep. Hou eenkant.
Gooi die uie in die pot, strooi sout oor en kook, terwyl jy dit af en toe roer. Kook tot die uie sag is.
Voeg die knoffel by en kook nog 2 minute.
Roer die aartappels by en gooi die water en aftreksel by. Bring tot kookpunt.
Stel die hitte laer en laat dit prut. Prut tot die aartappels sag is.
Laat die sop effens afkoel.
Purée die sop.
Voeg die kool by die sop. Bring dit weer tot kookpunt.
Stel die hitte laer en laat dit prut. Prut tot die kool sag is.
Geur met sout en peper.
Garneer die caldo verde met die knoffelwors.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Portugees. Show all posts

5/22/2020
7/12/2014
Port / Cape Ruby
Port is ’n sterk soet gefortifiseerde wyn, gewoonlik rooi. Dit is oorspronklik van Portugal. In Suid-Afrika praat ons gewoonlik van Cape ruby of Cape vintage.
Dit word normaalweg na afloop van ’n ete gedrink, of saam met nagereg. Wit port word egter voor ’n maaltyd gedrink.

Sleutelwoorde:
Portugees
,
Suid-Afrikaans
,
Wyn
6/18/2014
Madeirawyn
'n Gefortifiseerde wyn van die Portugese eiland Madeira. Die name Madeira en Madère mag slegs vir wyn van die eiland gebruik word.
Die koning het destyds beveel dat daar wingerd op die eiland van Madeira geplant word. Die eiland was egter dig bebos. Die woud is aan die brand gesteek en volgens oorlewering het dit vir sewe jaar lank gebrand. Die grond was uiteindelik perfek vir die aanplanting van wingerd.
Daar is vier tipes madeirawyn. Die name is afkomstig van die onderskeie druifsoorte waarvan hulle gemaak word. Bual is baie soet, Malmesey is ook ’n dessertwyn, maar nie heeltemal so soet nie, Verdelho is medium-soet, en Sercial is droog.

5/07/2014
Vinho verde
Die Portugese wyn vertaal is “groen wyn”. Die wyn word “groen” genoem omdat dit jonk gedrink word.
Die klassieke Portugese wit vinho verde is ’n droë, verfrissende wyn. Die rooi is perfek vir braaivleis.

7/21/2013
Cortado
As jy net opgestaan het en voel jy kort woema, kan jy die Portugese raad volg: Gooi bietjie madeirawyn en 'n stukkie lemoenskil by jou koffie. Dit laat die dag heelwat anders lyk.
7/08/2013
Bokvoet / Pé de Cabra
Na 'n glasie van dié Portugese drankie sal jy 'n huppel in jou stap hê.
Meng die volgende bestanddele saam en bedien in 'n groot glasbeker:
200 mℓ madeirawyn
300 mℓ donker bier
2 eiergele, geklits
50 mℓ suiker
'n repie lemoenskil

11/21/2011
Portugese garnaalsop
6 groot garnale, skoongemaak en die vleis verwyder (behou die res van die garnaal)
2 uie, fyngekerf
2 wortels, fyngekerf,
2 stokke seldery, fyngekerf
90 g botter
suurlemoenblaar
’n hand vol pietersielie
takkie tiemie
1,625 liter bouillon / vleisaftreksel
5 mℓ suiker
120 g meel
60 mℓ witwyn
’n knypie peri-peri
5 mℓ suurlemoensap
5 mℓ sampioensous
5 mℓ vissous
Sit die groente, botter, suurlemoenblaar, pietersielie en tiemie saam in ’n kastrol en laat dit stadig kook vir 30 minute.
Gooi 1,5 liter bouillon by en bring tot kookpunt. Intussen maak jy ’n pap van die meel en suiker daardeur saam met ’n bietjie water te roer. Gooi dit by die sop, roer goed en draai die hitte af tot baie laag.
Neem nou die res van die garnaal wat oorgebly het nadat jy die vleis verwyder het en kook dit stadig in ’n kastrol saam met 125 mℓ bouillon en die witwyn vir 30 minute. Gooi dit dan deur ’n sif by die sop.
Roer die peri-peri, sampioensous, suurlemoensap en vissous by die sop.
Sit die garnaalvleis in die sop en kook die sop vir 10 minute.
Bedien so warm as moontlik.

2/21/2011
Portugese ryssop / Portoguese Rice Soup
Kook ’n heel hoender tot sag in bouillon. Vul die bouillon aan as dit wegkook.
In ’n aparte kastrol smoor jy die volgende saam in botter:
2 uie, gekap
6 aartappels, geskil en fyn opgesny
1 rissie, fyn opgesny
1 appel, geskil en in stukkies gesny
sout
peper
Gooi 4 koppies van die sop by waarin die hoender gekook het. Kook vir ’n halfuur.
Voeg nou hierdie mengsel plus ’n koppie rys en 6 klein, geskilde uie by die groot pot sop met die hoender. Laat alles stadig kook vir 45 minute.
Stel die hitte tot op die laagste en laat prut vir 4 uur.
Sit dit voor met die hoender in die sopskottel. Wanneer jy die sop opskep skeur jy ’n stuk hoender af vir elke gas se sopbak.

5/24/2010
Portugese kabeljou
Verras jou gaste deur kabeljou op die Portugese manier gaar te maak.
450 g kabeljou filette
6 eetlepels olyfolie
4 eetlepels asyn
Vir die uiesous het jy die volgende nodig:
1 ui, fyn opgesny
4 eetlepels vars, fyngekapte pietersielie
6 eetlepels olyfolie
2 eetlepels suurlemoensap
sout
varsgemaalde swartpeper
Maak die sous vooraf deur al die bestanddele goed te meng en hou dit in die yskas tot die vis gereed is.
Week die kabeljou oornag in koue water.
Dreineer die vis, plaas in ’n diep pan, bedek met koue water en bring stadig tot kookpunt.
Verwyder van die hitte sodra dit kook en laat dit vir 10 minute so staan.
Dreineer die vis en braai stadig in die olyfolie tot goudbruin.
Verwyder dit van die hitte, gooi die asyn oor en laat so staan vir 5 minute.
Bedien in ’n warm skottel met die sous oor die filette.
Die resep is genoeg vir 4 persone.

10/07/2009
Peri-peri garnale / Peri-peri Prawns
´n Groen slaai gaan goed saam met die dis.
36 groot garnale
250 g botter
125 ml sonneblomolie
4 knoffelhuisies
10 ml peri-peri poeier
sout
Haal die garnale se are uit. Spoel dit dan af en vryf droog met handdoekpapier. Smelt die botter saam met die olie in ´n pan en voeg dan die knoffel en peri-peri by. Meng goed. Braai die garnale eenkant vir 3 minute en plaas dit dan in die warmlaai. Voeg sout by die mengsel en gooi dit oor die garnale net voor bedienning.
Jy kan ook die garnale op rys bedien met die sous in ´n aparte bakkie. Sorg dat daar altyd ´n bakkie warm water met suurlemoenskyfies langs by elke sitplek is.
Jy kan ook Franse brood in plaas van rys gebruik.
(bedien 6)

3/19/2009
Portugese hoender / Portuguese Chicken
Bedruipsous:
Half koppie suurlemoensap
Twee eetlepels hoenderspeserye/Robertsons Porteugese chicken spice
´n paar fyngedrukte loerierblare(bayleaves)
1 tl sout
2 tl fyn gedrukte knoffel
1 tl paprika peri-peri na smaak (Dis nog lekkerder om jou "flatty" of hoenderstukkies vir 24 uur hierin te marineer)
Braai nou die hoender oor matige kole (of gasbraai) en begin bedruip as hoender so 70% gaar is.(Wanneer hy ophou vog afskei) So 10 minute in die mikrogolf op hoog alvorens jy braai, help baie).
Sous vir opskep: (Lekker oor rys of chips)
125 g suiwer botter
2 tl fyngekapte knoffel
BAIE suurlemoensap (na smaak)
peri-peri met verbeelding!
Gooi alles in een houer en verhit effens sodat sout ens. kan oplos.
resep: Andre Vorster

2/25/2009
Pan Bagnat
Sny ´n Portugese brood horisontaal in twee en sprinkel olyfolie op elke kant. Pak op een stuk ontpitte olywe, 12 ingelegde kapers, twee agurkies, dik skywe tamatie, vier slaaiblare en ´n paar skyfies sampioene. Sprinkel olyfolie oor. Sit die ander stuk brood oor en draai toe in twee lae foelie. Sit ´n swaar gewig bo-op en laat staan vir minstens 1 uur.
9/22/2008
Trinchado
Suid-Afrikaners sal almal versot wees op hierdie dis van hul Portugese landgenote. Doen jouself 'n guns en maak vir jou Trinchado. Jy gaan ons ewig dankbaar wees.
Sny 'n kruisskyf in blokkies. Braai die vleis blokkie vir blokkie stadig in gelyke hoeveelhede botter en olyfolie. Haal uit en hou warm. Gooi 'n handvol gekapte uie, knoffel en rissies in die pan en braai. Kook stadig vir drie minute. Roer twee lepels meelblom stadig by. Gooi 'n handvol ontpitte olywe by. Gooi een lourierblaar, 'n glas rooiwyn en 'n tot brandewyn by en plaas die vleis terug. Bedek en prut stadig vir twee en 'n half uur.
Bedien in afsonderlike bakkies saam met rooiwyn, aartappelskyfies, Portugese rolletjies en olywe.
Resep 2
Johnny da Silva van Gringo's het uiteindelik ingestem om sy bekende Trinchado resep te deel.
Aangesien die resep met die hand in 'n kroeg afgeneem is mag die hoeveelhede en metode dalk effe anders wees.
1 kg kruisskyf, in blokkies gesny
60 ml olyfolie
2 uie, baie fyn opgesny
8 knoffelhuisies, baie fyn opgesny
250 ml rooiwyn
250 ml Jimmy sous (kyk by Pick n Pay hiervoor)
250 ml rissiesous
sout en varsgemaalde swartpeper
Meng die knoffel, rooiwyn, souse en sout en peper en marineer die vleis hierin (bedek in die yskas) vir ten minste twee ure, oornag is natuurlik beter.
Wanneer jy gereed is om die Trinchado te maak braai jy die uie eerste in 'n swaarboompot in 20 ml olie. Braai tot die uie deurskynend is. Hou eenkant.
Verhit die res van die olie in dieselfde pot, haal die vleis uit die marinade en verbruin dit in die olie.
Gooi nou die uie en marinade by die vleis en prut vir 20 minute. Voeg bietjie water by as jou sous te droog kook.
Sien die vorige resep vir opdiening.

Prego-rolletjie
Sny 'n lendeskyf in blokkies. Sny knoffel op en druk in die vleis. Braai die vleis in botter. Drie minute aan elke kant. Haal uit en hou warm. Braai uie wat in skywe gesny is in die pan tot sag. Gooi witwyn in en kook af tot dik. Sit die vleis terug en kook tot warm.
Bedien op Portugese rolletjies met aartappelskyfies.

9/17/2008
Pao Doce
'n Soet Portugese brood.
1 ½ eetlepels suiker
2 pakkies gis
¼ koppie louwarm aartappelwater (water waarin aartappels gekook is)
½ koppie fyngemaakte aartappel
¼ teelepel fyngerasperde gemmer
¼ koppie melk (gekook en afgekoel)
1 teelepel sout
3 eiers
¾ koppie + nog twee eetlepels suiker
¼ koppie botter, gesmelt
4 koppies meel
Voeg die 1 ½ eetlepels suiker en die gis by die aartappelwater. Roer tot opgelos. Meng die aartappel en gemmer. Sit eenkant en laat rys tot dit dubbel die grootte is (vyf tot tien minute). Klits die eiers en voeg die oorblywende suiker geleidelik by. Gooi die afgekoelde botter by. Meng nou die gis- en eiermengsels. Roer een koppie meel by. Voeg die melk by en klop. Voeg nog een koppie meel by. Klop vir vyf minute. Voeg die res van die deeg geleidelik by en begin knie wanneer dit deeg begin vorm. Knie vir 10 minute. Plaas die deeg in 'n geoliede houer en laat rys. Deel in twee. Vorm ronde brode en plaas op 'n geoliede pan of in 'n broodpan en laat nog rys.
Verf met geklitste eier.
Bak vir 40 minute tot bruin.

7/31/2008
Vindaloo
Vindaloo, by baie mense bekend as 'n Indiese dis, is van Portugese oorsprong. Dit is wel die speserye van die Portugese se Indiese kolonie wat die inspirasie was.
Vindaloo is heel waarskynlik 'n samevoeging van die Portugees vir wyn (vinho) en knoffel (alho). Die Portugese het die gepekelde varke wat hulle aan boord van die skepe gehad het in rooiwyn en baie knoffel gekook. In Indië het hulle nog speserye raakgeloop wat hulle mettertyd ook in die pot gegooi het.
'n Klassieke vindaloo behoort dus met vark gemaak te word. Die hoeveelhede sal jy maar self moet bepaal en moenie bang wees vir 'n fout maak nie. 'n Vindaloo is ook gewoonlik BAIE sterk.
Jy stamp die volgende speserye saam fyn:
Gemmer, knoffel, rissie, borrie, kardemom, naeltjies, peperkorrels, kaneel, koljandersaad en komyn.
Sny jou varkvleis in blokkies. Meng met jou speserye, plaas in 'n bak en gooi genoeg rooiwyn by om die vleis te bedek. Strooi kerrieblare oor. Hou oornag in die yskas.
Verhit olie in 'n pot en strooi mosterdsaad in. Sodra die saad begin knetter gooi jy die vleismengsel in SONDER die kerrieblare.
Laat alles prut tot die vleis sag is (so 1 uur lank). Indien jou rooiwyn te veel wegkook kan jy bietjie water byvoeg.
Bedien met basmati.
Vindaloo is heel waarskynlik 'n samevoeging van die Portugees vir wyn (vinho) en knoffel (alho). Die Portugese het die gepekelde varke wat hulle aan boord van die skepe gehad het in rooiwyn en baie knoffel gekook. In Indië het hulle nog speserye raakgeloop wat hulle mettertyd ook in die pot gegooi het.
'n Klassieke vindaloo behoort dus met vark gemaak te word. Die hoeveelhede sal jy maar self moet bepaal en moenie bang wees vir 'n fout maak nie. 'n Vindaloo is ook gewoonlik BAIE sterk.
Jy stamp die volgende speserye saam fyn:
Gemmer, knoffel, rissie, borrie, kardemom, naeltjies, peperkorrels, kaneel, koljandersaad en komyn.
Sny jou varkvleis in blokkies. Meng met jou speserye, plaas in 'n bak en gooi genoeg rooiwyn by om die vleis te bedek. Strooi kerrieblare oor. Hou oornag in die yskas.
Verhit olie in 'n pot en strooi mosterdsaad in. Sodra die saad begin knetter gooi jy die vleismengsel in SONDER die kerrieblare.Laat alles prut tot die vleis sag is (so 1 uur lank). Indien jou rooiwyn te veel wegkook kan jy bietjie water byvoeg.
Bedien met basmati.
7/24/2008
Peri-Peri Hoender / Peri Peri Chicken
(bedien 4 persone)
1 hoender, in stukke gesny
30 ml gedroogte rissies, fyngestamp
3 knoffelhuisies, fyngestamp
5 ml sout
250 ml olyfolie
70 g botter
60 ml suurlemoensap
Meng die rissie, knoffel, sout en 125 ml van die olie in 'n voedselverwerker.
Gooi die res van die olie en die hoender by. Marineer by kamertemperatuur vir 2 ure.
Rooster die hoender sowat 5 cm weg van die roosterelement vir 8 minute aan beide kante.
Intussen meng jy die botter en suurlemoensap om oor die hoender te gooi sodra dit gaar is.
Bedien met rys.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)