Diegene in die noorde van Suid-Afrika kry so nou en dan 'n patrys vir die pot. Gaan jy meer suid is jou kanse beter om 'n fisant in die hande te kry. Miskien kan mens ook tarentaal gebruik vir hierdie resep.
Sny 'n wit kool op en plaas dit in 'n kastrol. Gooi kookwater oor die kool en laat staan dit so vir 5 minute.
Dreineer die kool en gooi dit terug in die kastrol. Dit moet 'n groot kastrol wees waarin die voëls gemaklik sal pas saam met al die groente.
Sny 'n paar wortels in ringe en gooi dit by die kool.
Sny 'n klein salami in dik skywe en gooi by die groente.
Sorg dat jy genoeg vleisaftreksel/bouillon het om die groente en voëls te bedek.
Steek spek vas aan die patrys/e – of bind dit vas. Die hele voël moet bedek wees.
Druk die voëls in die kool en gooi die aftreksel oor. Plaas die deksel op en prut dit vir so lank as wat dit vat vir die voëls om gaar te word.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Patrys. Show all posts
Showing posts with label Patrys. Show all posts
1/13/2013
11/28/2010
Patrys bredie
Twee patryse is gebruik vir die resep. 4 persone behoort lekker te kan eet hieraan.
Jy het ook nodig:
30 g botter
’n wortel, in blokkies gesny
’n raap, in blokkies gesny
2 uie, in blokkies gesny
3 selderystele, in blokkies gesny
450 mℓ aftreksel
bouquet garni
250 mℓ uitgebrande wyn
sout
peper
Smelt die botter in ’n swaarboom pot.
Braai die skoongemaakte patryse bruin in die botter.
Haal uit en hou warm.
Smoor die groente in dieselfde pot tot dit begin verkleur.
Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt.
Voeg nou die bouquet garni, patryse en wyn by.
Draai die hitte af en kook stadig vir 40 minute. Bedruip gereeld die patryse met die sous.
Jy het ook nodig:
30 g botter
’n wortel, in blokkies gesny
’n raap, in blokkies gesny
2 uie, in blokkies gesny
3 selderystele, in blokkies gesny
450 mℓ aftreksel
bouquet garni
250 mℓ uitgebrande wyn
sout
peper
Smelt die botter in ’n swaarboom pot.
Braai die skoongemaakte patryse bruin in die botter.
Haal uit en hou warm.
Smoor die groente in dieselfde pot tot dit begin verkleur.
Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt.
Voeg nou die bouquet garni, patryse en wyn by.
Draai die hitte af en kook stadig vir 40 minute. Bedruip gereeld die patryse met die sous.
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)