1 kg volstruisvleis
1,2 ℓ joghurt
Laat die vleis vir 8 dae in jogurt lê. Draai elke dag om.
Olie, genoeg om die bodem van ’n swaarboom kastrol te bedek
120 g klein uitjies
1 ui, in skywe gesny
3 wortels, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, fyngekap
1 rooi soetrissie, fyngekap
15 mℓ meel
560 mℓ aftreksel
250 mℓ rooiwyn
Sout en peper
2,5 mℓ suiker
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g knopiesampioene
’n hand vol pruimedante
Haal die vleis uit en spoel die jogurt af. Droog die vleis af en sny dit in blokkies.
Verwarm die olie in die kastrol.
Braai die vleis vinnig bruin aan alkante. Haal dit uit.
Soteer die uitjies tot bruin in dieselfde kastrol. Haal uit.
Braai nou die skywe uie en soetrissie stadig in die kastrol tot dit kleur begin kry.
Gooi enige oortollige vet af. Daar moet net sowat 15 mℓ vet oorbly.
Roer die meel by en laat dit vir 2 minute kook.
Voeg nou die aftreksel en wyn by en laat dit ’n bietjie kook.
Geur met sout en peper na smaak en sit dan die vleis terug en plaas die deksel op. Laat dit prut vir 2 tot 3 uur of tot die vleis sag is.
15 minute voor jy dit bedien skep jy die sampioene, uitjies en pruimedante by.
Bedien die gereg op rys.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Volstruis. Show all posts
Showing posts with label Volstruis. Show all posts
12/15/2016
12/06/2015
Volstruisboud
4 kg volstruisboud
Olie
Marinade:
4 wortels, in blokkies gesny
2 uie, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
2 lourierblare
4 kruinaeltjies
Swartpeper
750 mℓ rooiwyn
2 suurlemoenblare
’n knypie tiemie
30 mℓ meel
Sout
30 mℓ olie
30 mℓ botter
Vryf die boud in met olie daarvoor in die marinade geplaas word. Dit verhoed dat die vleis swart word.
Meng al die bestanddele vir die marinade en plaas die boud daarin. Die vleis moet so te sê bedek wees. Laat dit staan vir ’n minimum van 24 uur – verkieslik 3 dae. Draai dit 4 keer om in die tyd.
Verhit die olie en botter in ’n groot swaarboompot en strooi die meel en sout oor die een kant van die boud.
Haal die boud uit die marinade en plaas dit in die pot en wanneer dit toegeskroei is strooi jy meel en sout oor.
Draai die vleis om en braai die ander kant.
Gooi nou die marinade by en laat dit vir 1 uur lank stowe in ’n 180°C-oond.
Stowe nou nog 2 uur by 135°C, of tot die vleis sag is. Die sous moet nooit kook nie.
Skep die wortels en uie uit en hou eenkant warm.
Laat die boud vir 30 minute in die res van die sous rus.
Verwyder die boud uit die sous en sny op.
Die sous kan afgekook word en verdik word met ’n ekstra bietjie meel indien nodig.
Sit die volstruisboud voor met gestoofde vrugte en soetpatats.
Garneer die vleis met die wortels en uie.

10/17/2010
Volstruis roereier / Scrambled Ostrich Egg
Een volstruiseier is normaalweg genoeg vir 10 tot 12 persone.
Die volstruiseier moet goed geklits word.
Voeg ¾ koppie melk by vir elke koppie eier.
Voeg sout na smaak by.
Smelt ’n bietjie botter in ’n pan oor lae hitte.
Gooi die geklitste eier by en roer aanhoudend tot dit gestol is.
Onthou dat die pan nie te warm moet wees nie!

12/31/2008
Volstruispotjie
30 ml kookolie
1,5 kg volstruisnekskywe
2 groot knoffelhuisies, gekneus
5 ml droë roosmaryn
250 g swartsampioene, in skyfies gesny
30 ml ingemaakte groenpeperkorrels, gekneus
75 ml brandewyn
50 ml droë sjerrie
375 ml droë rooi wyn of ½ rooi wyn en ½ hoenderaftreksel
30 ml suurlemoensap
15 vars piekeluitjies, geskil
10 klein, heel wortels
8 geskilde klein, heel aartappeltjies of skoongeskropte jong aartappels in die skil
1 x 300 g-pak verroomde spinasie en sampioene, ontdooi
15 ml koekmeelblom
bietjie melk
knippie neutmuskaat
sout na smaak
Verhit die olie in die pot en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene en peperkorrels in dieselfde pot.
Skep die vleis terug in die pot.
Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn en suurlemoensap en voeg by die vleis.
Sit die deksel op, verminder die hitte deur van die kole onder die pot te verwyder en prut 2 ½ uur of totdat die vleis byna sag is.
Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die deksel op en prut nog 45 - 50 minute.
Meng die ontdooide spinasiemengsel met ´n pasta van koekmeelblom en melk en skep versigtig oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat en sout, sit die deksel op en prut nog 15 minute.
Resep: Chantelle Geldenhuys

11/25/2008
Volstruisfilet / Ostrich Fillet
Hierdie is 'n heerlike gereg wat bedien kan word van jou ouma tot een van daai deftige vol nonsies mense.
1) Volstruisfilet(te)
2) Olyfolie
3) Roosmaryn
4) Basilie
5) Gedroogte knoffel
6) Sojasous
7) Mozarella
Maak die olyfolie baie warm in die pan, en voeg dan die rosmaryn en basilie by, en "bak" die twee kruie saam. Voeg dan die droë knoffel by en voeg versigtig dan die filette by.
Draai gedurig om en elke keer as jy die filet omdraai, dip die gebraaide kant in 'n bordjie met sojasous. Moet nie die filet te veel braai nie en sodra albei kante geseël is, haal af, en sit in 'n bord. Strooi mozarella kaas bo oor, en microwave vir so een minuut.
resep: Gert Brits

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)