BESTANDDELE
250 g botter
625 ml suiker
2 ekstragroot eiers
1,25 liter koekmeel
20 ml bakpoeier
10 ml gemengde speserye
20 ml gemaalde kaneel
5 ml gemaalde gemmer
2 ml gemaalde naeltjies
3 ml koeksoda
STAPPE
Verroom die botter en suiker.
Voeg die eiers by en klits tot lig en romerig.
Sif die res van die bestanddele saam.
Voeg by die bottermengsel en knie tot dit 'n deeg vorm.
Rol die deeg 3 mm dik uit.
Druk koekies uit en plaas dit op 'n gesmeerde bakplaat.
Bak vir 10 minute by 180C.
Plaas die koekies op 'n draadrak om af te koel.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Koekie. Show all posts

12/17/2025
6/08/2020
Skuinskoek
Skuinskoek word gewoonlik gemaak van oorskiet-mosbolletjiedeeg wat diepgebraai word in olie.
2½ koppies koekmeel
½ koppie suiker
Knypie sout
½ eetlepel fyn kaneel
½ eetlepel kremetart
1 eetlepel botter
3 eetlepels melk
3 eetlepels water
1 teelepel koeksoda
2 eiers, geklits
Olie
Kaneelsuiker
Sif die meel, suiker, sout, kaneel en kremetart saam.
Vryf die botter met die vingerpunte by die meelmengsel.
Meng die melk, water en koeksoda.
Meng die helfte van die melkmengsel met die eiers. Gooi dit by die meelmengsel en meng. Dit moet ’n sagte deeg wees, maar nie slap nie. Voeg die res van die vloeistof bietjie vir bietjie by tot dit nat en kniebaar is.
Knie die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties.
Breek stukke deeg af en rol dit dat dit so groot soos dik boerewors is. Druk die “worse” plat met jou hand tot dit omtrent 2 cm dik is. Sny in stukke van 5 cm.
Bak in warm olie – nie te warm nie, dit moet kan rys en moet nie te donker braai nie.
Skep uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
Rol in kaneelsuiker en sit voor met room en konfyt. Hoe gouer dit geët word hoë beter.

11/20/2019
Appelkooskoekies / Apricot Biscuits
500 g margarien
2 koppies suiker
2 eiers
½ koppie appelkooskonfyt
4 koppies koekmeelblom
2 teelepels koeksoda
Knippie sout
Kersies vir versiering
Verroom die margarien en suiker saam.
Klits die eier by.
Voeg die konfyt by.
Daarna kom die meelblom, koeksoda en sout by.
Rol balletjies van die mengsel en druk elke balletjie effens plat.
Versier die koekies met kersies.
Bak vir 10 tot 15 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C.

Sleutelwoorde:
Koekie
11/14/2017
Zaleti
Zaleti is ’n Italiaanse koekie. Dit staan ook bekend as “geel diamante”.
100 g pitlose sultanas, in warm water geweek vir 20 minute
200 g mieliemeel
100 g koekmeel
Sout
Die gerasperde skil van 1 suurlemoen
3 eiers
100 g suiker
150 g botter, gesmelt
50 g dennepitte
45 mℓ rum
Versiersuiker
Druk die oortollige water uit die sultanas.
Sif al die meel en sout saam in ’n mengbak en roer die suurlemoenskil by.
Klits die eier, botter en suiker saam.
Gooi die sultanas, dennepitte en rum by.
Maak ’n hopie met die meel met ’n holte in die middel.
Gooi die eier-mengsel in die holte. Werk die twee stelselmatig deurmekaar tot dit ’n deeg begin vorm. Die deeg moet baie sag wees, maar steeds vorm behou. Meng met ’n bietjie louwarm melk indien dit te styf is.
Breek klein stukkies van die deeg af en vorm klein, ovaalvormige balletjies daarmee.
Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en bak in ’n 180°C-oond vir 30 minute.
Strooi versiersuiker oor die koekies wanneer hulle uit die oond kom.

6/30/2017
12/07/2016
Gesonde beskuit en varkvleis slaai
Koskonsultant, Heleen Meyer, wys vir ons hoe om gesonde beskuit en slaai met varkvleis, kool en appel te maak.
8/26/2016
Bak in Afrikaans
Waarna verwys die verskillende maniere van bak in Afrikaans?
1. Gewoonweg beteken “bak” om iets in die oond gaar te maak met droë hitte.
2. “Leeg bak” (bake blind) is om byvoorbeeld ’n tertdop sonder vulsel te bak.
3. “Blind bak” (bake blind) is om ’n tert met ’n tydelike vulsel te bak.
Vir nog Afrikaanse woorde wat met bak verband hou besoek gerus ons uitgebreide B-woordelys.

4/16/2016
Sjokolade kolwyntjies
Bestanddele:
3 koppies (270 g) meel
2 koppies (390 g) strooisuiker
3 eetlepels (45 mℓ) goeie gehalte kakaopoeier
1 teelepel (5 mℓ) koeksoda
4 teelepel (20 mℓ) bakpoeier
Knippie sout
2 koppies (500 mℓ) kookwater
1 koppie (250 mℓ) canola-olie
1/3 koppie (80 mℓ) wit asyn
1 teelepel (5 mℓ) vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 C. Plaas kolwyntjie omhulsels in pan.
Meng die meel, strooisuiker, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam in 'n bak.
In 'n aparte bak, meng die kookwater, olie, asyn en vanieljegeursel.
Gooi nat bestanddele by die droë bestanddele en meng om te kombineer.
Skep beslag in die kolwyntjie omhulsels dan bak vir 20 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom.
Verwyder uit die pan en laat afkoel voordat jy dit versier.
Vir die sjokolade ganache versiersel:
Plaas ’n ½ koppie (125 mℓ) room, gerasperde sjokolade, 2½ eetlepels (37½ mℓ) Antonella Tiramisu likeur en ½ koppie (125 mℓ) botter in 'n bain-marie oor kookwater.
Verhit dit stadig tot die sjokolade gesmelt en die mengsel glad en blink is.
Verwyder van die hitte en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Versier die afgekoelde kolwyntjies met die ganache.

4/03/2016
7/16/2015
Koekedoor 2: Inskrywings sluit binnekort
Die soektog na die land se beste amateur-bakkers duur voort!
Inskrywings vir Koekedoor 2 sluit op 7 Augustus 2015.
Is jy so passievol soos Mareli, of so presies soos Martjie? Kan jy koeksisters vleg soos Gerda, of melktert bak soos Gerrit? Hulle wag dan vir jou inskrywing!
Koekedoor 2 gaan weer in Tulbagh, op die bekende landgoed Twee Jongegezellen, verfilm word. Voornemende Koekedore kan solank hul vere regskud vir ’n gebak en gebrou vir gróót pryse.
Lees die reëls en voorwaardes deeglik deur, vul die inskrywingsvorm volledig in, en beplan solank ’n wenkoek vir die oudisierondes. Alle inskrywings wat ons teen 7 Augustus bereik, sal oorweeg word. Kandidate wat kwalifiseer sal voor 21 Augustus ’n oproep of e-pos ontvang.
Laai die inskrywingsvorm hier af: Koekedoor 2 Inskrywingsvorm
Laai die reëls en voorwaardes hier af: Koekedoor 2 Inskrywingsreëls en Voorwaardes

6/28/2015
Blasies
250 mℓ koekmeel
1 eier
2,5 mℓ melk
Sout
Olie
Klits die eier, sout en melk saam.
Voeg die meel by en meng tot dit ’n stywe beslag vorm.
Knie dit nou deeglik.
Verdeel die deeg in 2 stukke en rol dit uit tot dit so dun soos papier is.
Plaas ’n doek bo-oor en laat dit vir 30 minute lê.
Sny die deeg in dun vierkante of druk vorms uit.
Vul ’n pannekoekpan half met olie en laat dit baie warm word.
Bak die vorms daarin tot hulle liggeel is.
Dreineer op ’n draadsif en strooi fyn sout oor.
Sodra dit koud is word dit in lugdigte houers gepak. Dit kan 2 tot 3 maande so hou ... hoewel nie in ons huis nie.

9/07/2014
Hoe om lemoenskil te rasper
Spoel die lemoen af onder koue water.
Gebruik die fyn kan van ’n rasper. Wees versigtig om nie die wit bitter deel van die lemoen te rasper nie. Rasper slegs die buitenste oranje laag – versigtig.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.

Bak
,
Koekie
,
Lekker
,
Peuselhappie
,
Vrug
9/06/2014
Kokkedoor het nou 'n Koekedoor
Goeie nuus vir alle Kokkedoor liefhebbers!
kykNET het ‘n handelsmerk-uitbreiding van Kokkedoor aangekondig. Koekedoor is ‘n splinternuwe bakkompetisie en inskrywings open Maandag 8 September.
kykNET en Koekedoor is op soek na die land se beste mees veelsydigste amateurbakkers. Die nuwe program sal bestaan uit 10 deelnemers wat meeding en elkeen 3 uitdagings per episode moet voltooi. Net soos Kokkedoor val die fokus op tradisie en vernuwing, maar word daar nie in spanne meegeding nie. Kontantpryse, asook weeklikse pryse is op die spel in die soektog vir die eerste Koekedoor.
Daar is iets baie spesiaal aan bakwerk. Die afmeet en weeg van uiteenlopende bestandele tot ‘n volmaakte produk wat met vernuf afgerond en voorgesit word. Bak is ‘n groot deel van ons Afrikaanse geskiedenis; of ons lag of huil, troue- of begrafnis hou word daar deurlopend gebak. Daar bestaan ook so ‘n ryk skatkis van wenke en tegnieke wat deur generasies heen mondelings gedeel word. Koekedoor wil bakwerk vier en die kos-rewolusie van Kokkedoor voorsit met tradisionele en vernuwende denke.
Die term “bak” verwys na die voorbereiding en bak van produkte soos brood, koek, soetgoed, pasteie, terte, beskuit en koekies.
Is jy Suid-Afrika se volgende bo-baas bakker? Inskrywingsvorm kan op kykNET se web afgelaai word.
kyknet.dstv.com

7/02/2014
Amandelkoekies / Tuiles
90 g botter
90 g strooisuiker
60 g meel
knippie sout
90 g fyn gesnipperde amandels
Verroom die botter. Voeg die suiker by en klop met ’n houtlepel tot dit lig en donsig is.
Sif die meel en sout saam en roer dan by die bottermengsel.
Roer die amandels by.
Skep hopies van die mengsel op ’n gesmeerde met ’n teelepel. Druk hulle plat met ’n nat vurk. Laat baie spasie tussen die hopies, want dit sprei nogal wyd uit.
Bak in ’n 200°C oond tot die koekies begin verkleur – 6 tot 8 minute.
Laat dit vir ’n sekonde of twee rus, tel op met ’n skerp mes en krul dit om ’n rolstok tot koud.
Laat die koekies heeltemal koud word en bêre dan in ’n lugdigte houer.

3/30/2014
Griekse Paaskoekies
250 g botter
150 g suiker
2 eiergele
480 g koekmeel
5 mℓ bakpoeier
60 mℓ melk
10 mℓ vanillageursel
1 eier, liggies geklits
Verroom die botter en suiker saam tot dit lig en romerig is.
Voeg die eiergele een vir een by, terwyl jy aanhoudend klop.
Sif die meel en bakpoeier saam.
Werk die meelmengsel en die melk nou by die bottermengsel. Gebruik jou hande.
Hou aan tot dit 'n gladde deeg vorm.
Gooi die vanilla by en hou vêrder aan tot die deeg harder raak. Voeg ekstra meel by indien nodig.
Breek klein stukkies deeg af en rol dit in potloodgroottes.
Maak lusse met die repies, of vleg dit.
Pak dit op 'n gesmeerde bakplaat en verf dit met die geklitste eier.
Bak by 180°C vir 30 minute.
Hou die koekies in 'n lugdigte houer.
Die resep maak ongeëer 80 koekies.

12/02/2013
Carolie se "lekker eet" spyskaart
Dis die tipe resepte wat in 'n Suid-Afrikaanse smaak sal val - bekend maar effens anders. Die foto is van 'n Suid-Afrikaanse stalletjie wat Carolie de Koster en 'n paar ander mense hier met trots opgerig het in Nieu-Seeland vir 'n multikulturele funksie. Carolie het die bobotiepasteitjies gemaak en koeksisters en dit was soooo gewild!
Spyskaart
Pikante appel- en witwortelsop / Appel-, prei- en witwortelsop / Peer- en murgpampoentjiesop
Visgevulde oondgebakte aartappels
Bobotie fillopasteitjies
Geurige geelrys met rosyntjes
Mev. H S Ball se blatjang
Byderwetse braaihoender
Groente-oondskottel
Appel-, neut- en dadelskyf met brandewynstroop
Neut-, semel- en saadbeskuit
Resep: Carolie de Koster
Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.
Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.
Lees meer oor Art of Cooking

11/26/2013
Neut-, semel- en saadbeskuit
Doop dié allerheerlikste bros gesondheidsbeskuit in die eerste koppie koffie of tee om die oggend op 'n eg Suid-Afikaanse manier te begin of peusel enige tyd van die dag daaraan.
Voorbereidingstyd: 20 min
Baktyd: 45 min
Lewer: Ongeveer 50 beskuite, afhangend van die grootte
Wenk: Die mengsel van vrugte, sade en neute moet altesaam 750 ml / 3 koppies wees. Wissel die aparte items af soos verkies of volgens wat beskikbaar is.
375-500 ml suiker (na smaak vir soeter of minder soet beskuit)
1,125 ml koekmeelblom
1,125 ml spysverteringsemels
30 ml bakpoeier
7,5 ml sout
60 – 125 ml pitlose rosyne (opsioneel)
250 ml sonneblomsaad
125 ml pampoensaad
125 ml lynsaad of sesamsaad
125 ml grofgekapte neute, bv. brazil-, pekan- of okkerneute
450 ml botter, gesmelt maar nie warm nie
625 ml melk
10 ml koeksoda
60 ml wit asyn
Smeer ‘n groot oondpan (± 40 x 30 cm) met botter en voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng die droë bestanddele in ‘n mengbak en maak ‘n holte in die middel. Voeg die botter en melk by en meng die koeksoda en asyn saam voordat dit ook bygevoeg word. Meng goed en keer uit in die oondpan.
Bak ongeveer 45 minute of totdat die beskuitlaag ferm voel en bo-op verbruin het maar nie te bruin is nie.
Laat heeltemal afkoel voordat dit in vingers gesny word.
Pak die beskuite effens uitmekaar op ‘n bakplaat in die oond en plaas ‘n lepel in die oonddeur om dit effens oop te hou sodat die vog kan verdamp terwyl die beskuit uitdroog.
Droog die beskuit uit in ‘n baie koel oond gestel tussen 60-70ºC vir ongeveer 5-6 ure lank of tot heeltemal droog. Pak in lugdigte houers om te bêre.
Resep: Carolie de Koster
Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.
Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.
Lees meer oor Art of Cooking
Voorbereidingstyd: 20 min
Baktyd: 45 min
Lewer: Ongeveer 50 beskuite, afhangend van die grootte
Wenk: Die mengsel van vrugte, sade en neute moet altesaam 750 ml / 3 koppies wees. Wissel die aparte items af soos verkies of volgens wat beskikbaar is.
375-500 ml suiker (na smaak vir soeter of minder soet beskuit)
1,125 ml koekmeelblom
1,125 ml spysverteringsemels
30 ml bakpoeier
7,5 ml sout
60 – 125 ml pitlose rosyne (opsioneel)
250 ml sonneblomsaad
125 ml pampoensaad
125 ml lynsaad of sesamsaad
125 ml grofgekapte neute, bv. brazil-, pekan- of okkerneute
450 ml botter, gesmelt maar nie warm nie
625 ml melk
10 ml koeksoda
60 ml wit asyn
Smeer ‘n groot oondpan (± 40 x 30 cm) met botter en voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng die droë bestanddele in ‘n mengbak en maak ‘n holte in die middel. Voeg die botter en melk by en meng die koeksoda en asyn saam voordat dit ook bygevoeg word. Meng goed en keer uit in die oondpan.
Bak ongeveer 45 minute of totdat die beskuitlaag ferm voel en bo-op verbruin het maar nie te bruin is nie.
Laat heeltemal afkoel voordat dit in vingers gesny word.
Pak die beskuite effens uitmekaar op ‘n bakplaat in die oond en plaas ‘n lepel in die oonddeur om dit effens oop te hou sodat die vog kan verdamp terwyl die beskuit uitdroog.
Droog die beskuit uit in ‘n baie koel oond gestel tussen 60-70ºC vir ongeveer 5-6 ure lank of tot heeltemal droog. Pak in lugdigte houers om te bêre.
Resep: Carolie de Koster
Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.
Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.
Lees meer oor Art of Cooking
Sleutelwoorde:
Koekie
8/25/2013
6/13/2013
Aarbei konfyttertjies
125 g koekmeel
knippie sout
45 g strooisuiker
90 g botter, teen kamertemperatuur
1 klein eier
5 mℓ vanilla ekstrak
180 mℓ sjokoladesmeer
180 mℓ aarbeikonfyt
Sif die meel, sout en suiker saam.
Vryf die botter by die meel tot dit krummels is.
Werk die vanilla en eier by die mengsel. Moet dit nie te erg
bewerk nie.
Laat die deeg rus vir 'n paar minute.
Rol die deeg 2 mm dik uit.
Sny sirkels uit die deeg groot genoeg om jou muffin pan of
kolwyntjiepan mee uit te voer.
Vul die deeg halfpad met die sjokoladesmeer. Bedek met die
aarbeikonfyt.
Bak by 180°C tot die deeg gaar en goudbruin is.
Sleutelwoorde:
Koekie
3/03/2013
Hoe om marsepein te maak (marzipan)
Sif 500 g versiersuiker en 450 g fyngemaalde amandels saam – sif dit 3 keer.
Voeg 2 groot eierwitte by en 5 mℓ vanillaekstrak. Meng om 'n stywe pasta te vorm.
Knie tot dit glad is.
Draai die marsepein styf toe in plastiek en hou dit in die yskas. Jy kan dit vir so 7 dae hou.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)