Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Italiaans. Show all posts
Showing posts with label Italiaans. Show all posts

6/25/2025

Stokvis alla puttanesca

Gebakte visgeregte kan ’n vervelige affêre wees. Nie hierdie een nie! Dink puttanesca-geure in die vorm van 'n eenpan-visgereg. Goed vir jou, maklik om te maak, heerlik.
Puttanesca is ’n Italiaanse sous met tamaties, knoffel, olywe en ansjovis.
Let wel: As jy net fyn tafelsout het, halveer die sout, anders sal dit te sout wees.

BESTANDDELE
600 g baba-aartappels, gehalveer
1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie
½ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper
1 medium vinkelbol, gehalveer en in halfmaanvorms gesny (hou die blare vir garnering)
200 g kersietamaties
½ koppie ontpitte Kalamata-olywe
3 knoffelhuisies, fyngekap of -gedruk
3 eetlepels ingelegde kappertjiesaad
3 ansjovisfilette, fyngekap
400 g ingemaakte tamatie, fyngedruk of in blokkies gesny
½ teelepel rissievlokkies
1 teelepel gedroogde oreganum
¼ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper
4 x 180g stokvisfilette
½ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper
1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie
1 losweg gepakte koppie basiliekruidblare, grof gekap

STAPPE
Verhit oond die tot 220°C of 200°C met die waaier aan.

Meng die aartappels in 'n groot mengbak met die 1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie, ½ teelepel sout en ¼ teelepel swartpeper.
Sprei dit op 'n bakplaat met 'n rand.
Rooster vir 20 minute.

Dan meng jy al die sousbestanddele saam. Die vinkel, kersietamaties, olywe, knoffelhuisies, kappertjies, ansjovis, tamatie, rissievlokkies, oreganum, ¼ teelepel sout en ¼ teelepel swartpeper.
Voeg dit by die bakplaat, meng dit met die aartappels en plaas dit terug in die oond vir 10 minute.

Droog die vis droog met papierhanddoeke. Sprinkel elke kant met die ½ teelepel sout en ¼ teelepel swartpeper.
Plaas die vis bo-op die puttanesca-sous. Bedruip oral met die 1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie.
Bak vir 15 minute of tot die vis gaar is (dit behoort maklik te vlok).

Bedien: Verwyder uit die oond. Bedruip met nog 'n bietjie olyfolie, sprinkel die basilie en die vinkelblare oor en bedien met ’n warm brood.

5/29/2025

Toskaanse Witboontjiesop

Hierdie Toskaanse witboontjiesop word in een pot gemaak en is gereed binne 30 minute.

BESTANDDELE
3 blikkies cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
1 ui, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap

2 eetlepels olyfolie
2 groot wortels, geskil en gekap
1 stingel seldery, in blokkies gesny
1/3 koppie witwyn
2 koppies boerekool, stingels verwyder, fyngekap
2½ tot 4 koppies groente-aftreksel
1 eetlepel tamatiepasta
1 teelepel sout (of na smaak)
¼ teelepel swartpeper (of na smaak)
¼ teelepel rissievlokkies (laat weg as jy nie van speserye hou nie)
¼ teelepel gedroogde pietersielie
2 lourierblare
1 teelepel gedroogde tiemie
½ teelepel gedroogde origanum

STAPPE
Soteer die ui in 'n groot swaarboom pot saam met die olie.
br> Sodra dit effens begin bruin word, voeg die knoffel, seldery en wortel by. Soteer vir nog 10 minute of tot dit sag en effens bruin is. Die bruin kleur help om baie geur by te voeg!
br> Voeg die witwyn by en soteer totdat die meeste van die vloeistof verdamp het, ongeveer 5 tot 7 minute. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die boerekool en roer goed. Bring tot kookpunt, bedek dan en verminder die hitte tot laag. Laat dit vir 15 minute prut.
br> Gooi die lourierblare weg en dra dan ongeveer 2½ - 3 koppies van die sop oor na 'n menger. Meng tot glad. Plaas terug in die pot en roer goed om te kombineer. As dit te dik is, voeg meer sous by totdat dit die verlangde dikte bereik. Voeg die gekapte boerekool by en laat dit vir 'n paar minute prut sodat die boerekool kan verwelk. Proe en pas geure aan soos verlang.
br> Bedien warm soos dit is of met 'n stewige brood aan die kant.

10/11/2023

Penne al forno

’n Gunsteling vir groot gesinne. Die resep is genoeg vir 4 tot 6 persone.


500 g penne
Sout na smaak
30 mℓ botter
2 eiers, geklits
10 mℓ mosterdpoeier
Neutmuskaat na smaak
500 mℓ volroommelk

400 g cheddar, gerasper
1 bo
ssie sprietuie, gekap
Paprika na smaak

Voorverhit die oond to 180°C en smeer ’n oondvaste bak met botter.

Kook die penne volgens die aanwysings op die verpakking.

Dreineer die paste en gooi dit terug in die kastrol.
Roer die botter en geklitste eier by.
Meng die mosterdpoeier met 30 mℓ kookwater en gooi dit by die pasta.
Geur na smaak met die neutmuskaat.
Roer die melk, 300g van die kaas en die sprietuie by.
Skep die mengsel in die oondvaste bak en strooi die res van die kaas oor.
Sprinkel paprika oor.

Bak vir 30 tot 45 minute tot dit gestol is.


(foto: Yasser Mohamed)

9/06/2023

Crostini Gustosi alla Romana / Roosterbrood met kaas en ansjovis

8 snye goeie witbrood
8 filette ansjovis, fyngekap
8 snye mozzarella
8 eetlepels botter

Verhit die botter in ’n souspan tot dit net begin smelt. Verwyder onmiddellik van die hitte en werk die ansjovis by, tot dit ’n dun smeer vorm.
Smeer die mengsel oor die brood en bedek elke sny met ’n sny mozzarella.
Plaas dit in ’n voorverhitte oond van 230°C tot die mozzarella begin smelt.

9/28/2022

Salsina per Arrosti e Cacciagione / ’n Sous vir braaivleis en wild

’n Italiaanse sous vir braaivleis en wild wat in ’n gietyster pot gemaak moet word.

50 g prosciutto, fyngekap
2 hoenderlewers, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
500 mℓ witwyn
3 blare salie
’n takkie roosmaryn
’n paar jenewerbessies
½ suurlemoen, in ringe gesny
80 mℓ olie
200 mℓ rooiwynasyn
Sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas die bestanddele in die pot en laat dit begin prut oor lae hitte. Roer dit van tyd tot tyd. Prut tot die sous met die helfte afgekook het.

5/11/2022

Trota della Nera / Nera forel, ’n Italiaanse spesialiteit

1 forel, skoongemaak - gevlek
3 eetlepels broodkrummels
’n hand vol pietersielie, gekap
Gemaalde swartpeper en sout
Olie
1 suurlemoen, in skywe gesny

Meng die broodkrummels, pietersielie en sout en peper.
Stop die forel met die mengsel.

Verhit die olie in ’n pan.
Braai die forel stadig.

Garneer met skywe suurlemoen en bedien.

2/02/2022

Fettine di Maiale in Salsina / Varkvleis in ’n pikante sous

500 g varkvleis, in dun repies gesny
3 eetlepels olie
⅓ koppie rooiwyn
Sap van ½ suurlemoen
Sout
Varsgemaalde swartpeper
1 eetlepel ingelegde kappertjiesaad

Verhit die olie in ’n pan en braai die vleis tot dit ligbruin is aan beide kante.
Gooi dan die wyn en suurlemoensap by, en sout en peper na smaak.
Voeg nou die kappertjiesaad by.
Plaas ’n deksel op en prut oor lae hitte tot die sous begin verdik.

Bedien warm.

11/03/2021

Risotto alla Parmigiana

4 eetlepels botter
½ ui, in stukkies gekap
350 g Arborio rys
l ℓ groenteaftreksel
100 g gerasperde parmesaan
Sout

Gebruik ’n diep pan en braai die uie tot deurskynend in ⅓ van die botter.

Voeg die rys by en roer met ’n houtspaan oor lae hitte. Hou aan tot die buitekant van die rys deursigtig raak.

Gooi ’n koppie aftreksel by en roer tot dit opgeneem is deur die rys. Voeg die res van die aftreksel so by die rys – lepel vir lepel. Die risotto is reg as die houtspaan kan regop staan in die mengsel. Verwyder dan van die hitte.

Roer nou die res van die botter en parmesaan by.
Plaas die deksel op en laat staan vir ten minste 5 minute voor jy dit bedien.

7/14/2021

Macaroni met 4 kase / Maccheroni ai 4 Formaggi

50 g mozzarella, in dun repies gesny
50 g gruyere, in dun repies gesny
50 g fontina, in dun repies gesny
50 g provolone, in dun repies gesny
50 g botter
1 teelepel broodmeel
⅓ koppie melk
350 g macaroni
Sout en varsgemaalde swartpeper
Gerasperde parmesaan

Kook die macaroni volgens aanwysings. Geur met die sout en peper en hou eenkant.

Verhit die botter in ’n pan tot dit begin skuim. Gooi die helfte oor die macaroni.
Voeg die meel by en kook vir 30 sekondes terwyl jy die melk byvoeg en aanhoudend roer.
Sodra die mengsel kook verlaag jy die hitte en laat dit prut vir 5 minute. Hou aan daarom aanhoudend te roer.

Verwyder die pan van die hitte en roer die repe kaas by. Klop dit goed.
Gooi die sous nou oor die macaroni en roer oor lae hitte.

Bedien met die gerasperde parmesaan.

6/09/2021

Caponata

’n Sisiliaanse gereg wat normaalweg bedien word as ’n koue hors d’oeuvre.

4 eiervrugte, geskil en in blokkies gesny
Braai die eiervrug in olie tot bruin.

Sny ’n ui in skywe en verbruin ook in die olie.

Kook ’n ¾ koppie tamatiepuree in die pan af met 4 eetlepels suiker tot die sous begin donkerder raak. Voeg dan ’n ½ koppie asyn by. Laat dit prut vir ’n paar minute.
Geur met sout en peper en voeg bietjie fyngekapte pietersielie by.
Meng die res van die bestanddele by terwyl die sous nog prut, saam met die volgende:
1 koppie olywe, versnipper
’n geblansjeerde kop seldery, in klein stukkies gesny
4 filette ansjovis, versnipper
50 g kappertjiesaad

Laat die sous afkoel voor jy dit bedien.


5/05/2021

Strichetti / Farfalle

Strichetti is pasta in die vorm van strikdassies / skoenlappers.

300 g semolina meel, gesif
3 eiers
50 g gerasperde parmesaan
Knypie neutmuskaat
sout

Werk die meel, eiers, parmesaan, die neutmuskaat en ’n bietjie sout saam tot dit ’n gladde deeg vorm.

Rol die deeg baie dun uit en sny dit in klein reghoeke (2 cm breed en 4 cm lank).

Knyp elke reghoek in die middel om ’n strikdassie te vorm.

4/28/2021

Italiaanse slaaisous

Verhit ’n koppie olyfolie effens en roer ’n fyngedrukte ansjovisfilet by. Roer tot dit goed opgelos het in die olie.

Roer nou ’n skeut suurlemoensap by en ’n bietjie ingelegde kappertjiesaad.
Geur met sout en peper na smaak.

12/16/2020

Riso col Preboggión / Rys met kruie en pesto

2 hande vol van ’n mengsel van kruie en spinasie. Die kruie wat goed werk is die volgende: pietersielie, marjolein, basilie, kruisement en kerwel. Die kruie moet vasgebind wees in bossies. Hou ’n hand vol van die kruie eenkant – kap dit fyn.
200 g Arborio rys (wat gewoonlik gebruik word vir risotto)
3 eetlepels olie
3 eetlepels pesto
’n halwe teelepel aftreksel
Sout
Parmesaan

Kook die kruie en spinasie in 1½ liter soutwater. Wanneer die spinasie so te sê gaar is verwyder jy dit en gooi die rys in die water. Kook tot die rys sag is.
Net voor jy die rys afhaal roer jy die olie, pesto en aftreksel by.
Geur met sout na smaak.

Strooi die gekapte kruie oor die rys voor jy dit bedien. Bedien dit saam met parmesaan.

9/09/2020

Minestrone met pesto / Minestrone col Pesto

1 blikkie borlotti bone
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 tamaties, geskil en die sade verwyder
2 wortels, geskil en in klein blokkies gesny
2 klein murgpampoentjies, in klein skywe gesny
1 ui, in dun skywe gesny
1 prei, in klein ringe gesny
3 stele seldery, in klein stukkies gesny
’n klein bossie komkommerkruid se blare opgekap
150 g rys pasta
4 eetlepels olyfolie
2 eetlepels gerasperde parmesaan
1 eetlepel gerasperde pecorino
1 eetlepel pesto

Bring 2 liter water tot kookpunt in ’n soppot.

Gooi die groente in die water saam met 3 eetlepels olyfolie en geur met sout.
Bedek en kook tot die sop aansienlik afgekook en verdik het – maak net seker jy kook die groente nie te lank nie.
Voeg die komkommerkruid halfpad by.
Wanneer die groente amper reg is voeg jy die pasta by.
Roer die pesto by net voor jy die sop van die hitte verwyder.

Net voor jy die minestrone bedien roer jy die orige 3 eetlepels olyfolie en die kaas by.

7/10/2020

Vermicelli met spinasie / Vermicelli con Spinaci

500 g spinasie, gewas
4 filette ansjovis, fyngekap saam met die res van die bestanddele
1 knoffelhuisie, fyngekap saam met die res van die bestanddele
6 eetlepels olyfolie
25 g fyngekapte dennepitte
400 g vermicelli
parmesaan

Verhit ’n oond tot 200 °C.

Kook die spinasie vinnig in ’n bietjie soutwater. Behou van die water.

Kap die ansjovis, knoffelhuisie, pietersielie en spinasie saam fyn.

Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die fyngekapte mengsel vir 3 minute.
Roer die dennepitte by en kook vir nog ’n paar minute. Gooi bietjie van die spinasie-water by. Die sous moet nie te dik wees nie.

Kook die vermicelli volgens die aanwysings op die verpakking.

Dreineer die vermicelli en plaas dit in ’n vlak oondvaste bak.
Gooi die sous oor.
Bak in die voorverhitte oond vir 15 minute.

Rasper parmesaan oor en bedien.

7/06/2020

Gremolata

Gremolata is ’n Italiaanse sous wat tradisioneel saam met osso bucco bedien. Dit kan egter saam met verskeie vleisgeregte gebruik word.

’n groot hand vol pietersielie, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
die gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
¼ koppie olyfolie
1 rissie, fyngekap

Meng alles saam.


6/03/2020

Pizza di patate / Aartappel pizza

’n Klassieke Italiaanse gereg.

Olyfolie
Fynaartappel gemaak van 500 g aartappels
100 g koekmeel
25 g botter
1 eier
150 g mozzarella, in skywe gesny
5 ansjovisfilette, gedreineer en gekap
3 tamaties, geskil en in blokkies gesny
Sout en gemaalde swartpeper
Origanum

Voorverhit die oond tot 220°C.

Bestryk ’n oondroosterpan met olyfolie.
Meng die aartappel met die meel, botter en eier. Geur met sout en peper.
Skep die mengsel in die oondroosterpan.
Pak die sny kaas bo-op gevolg deur die ansjovis en tamatie.
Geur met sout en peper.
Drup 2 eetlepels olyfolie oor.
Strooi vars gekapte origanum oor.

Bak tot die kaas borrel – dit neem ongeveer 20 minute.


5/13/2020

Spinasie en ricotta cannelloni

400 g spinasie
Olyfolie
¼ teelepel neutmuskaat
1 ui, in stukkies gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 x 400 g blikkies geskilde tamaties, fyngedruk
1 lourierblaar
’n hand vol basiliekruid
Die gerasperde skil van ½ suurlemoen
1 eier, geklits
2 teelepels gerasperde parmesaan
250 g ricotta
150 g cannelloni (dis omtrent 14 buisies)
250 g mozzarella, in skywe gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180°C.

Plaas die spinasie, ’n paar druppels olyfolie, neutmuskaat en sout en peper in ’n pan oor lae hitte. Plaas die deksel op. Roer af en toe tot die spinasie afgekook het. Hou eenkant.

In dieselfde pan braai jy die ui oor lae hitte in olyfolie tot sag.
Voeg die knoffel, tamaties, lourierblaar, ’n paar blare basiliekruid, en suurlemoenskil by. Prut vir 20 minute.
Geur met sout en peper.

Druk die vloeistof uit die spinasie, maar behou die vloeistof.
Kap die spinasie in stukkies en gooi terug in die vloeistof.

Roer 2 teelepels parmesaan by die eier en roer dit en die ricotta by die spinasie. Geur met sout en peper.
Vul die cannelloni met die spinasie-mengsel.
Pak die cannelloni in ’n oondbak van 20 cm x 25 cm.
Gooi die tamatie-mengsel oor die cannelloni. Pak die oorblywende basiliekruid-blare op die tamatie.
Pak die mozzarella-skywe oor die basiliekruid.
Bedruip met olyfolie en geur met sout en peper.
Bak vir 35 tot 40 minute in die oond tot dit bo-op verbruin en die cannelloni sag is.

Laat ’n paar minute staan voor jy dit bedien.


(die resep is genoeg vir 6 persone)

3/11/2020

Groente en kruie frittata / Frittata alle Erbe

800 g gemengde groente (bv. spinasie, preie, uie, ens.) in stukkies gesny
6 eetlepels olie
1 takkie vars salie, fyngekap
6 basiliekruidblare, fyngekap
4 eiers, geklop met ’n knippie sout en peper
Sout
Varsgemaalde swartpeper

Kook die groente in ’n koppie soutwater.
Wanneer dit sag is dreineer die water en druk enige oortollige water uit.
Verhit olie in ’n pan en braai die groente en kruie saam oor lae hitte vir 5 minute.
Gooi die groente by die eier en meng goed.

Verhit nog olie in die pan tot baie warm.
Gooi die eier en groente in die pan.
Wanneer die onderkant verbruin het draai jy die frittata om en braai die ander kant.

Die frittata kan warm of koud bedien word.