’n Gewilde Griekse gereg. Hierdie resep is genoeg vir 6 persone.
Olyfolie
1 ui, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
250 g lamsmaalvleis
350 g beesmaalvleis
15 mℓ komyn
Sout
Varsgemaalde swartpeper
’n hand vol origanum
30 mℓ tamatiepasta
125 mℓ witwyn
400 g gekapte tamaties
125 mℓ beesvleisaftreksel
Knippie suiker
1 kaneelstokkie
3 eiervrugte, in 1 cm skywe gesny
Die bolaag:
45 mℓ botter
60 mℓ koekmeel
625 mℓ melk
100 mℓ gerasperde parmesaan
2 ekstra-groot eiers, geklits
Verhit ’n skeut olie in ’n pan en braai die ui vir 5 minute.
Voeg die knoffel, maalvleis en komyn by en braai. Geur met sout en peper.
Voeg die origanum, tamatiepasta, witwyn, tamaties, aftreksel, suiker en kaneelstokkie by en prut vir 30 minute.
Bestryk die eiervrug met olie en geur dit. Rooster tot goudbruin.
Vir die bolaag smelt jy die botter in ’n kastrol en voeg die meel by. Kook vir 1 minuut oor medium hitte.
Klits die melk by en laat dit prut, terwyl jy aanhoudend roer – vir 8 minute lank of tot dit dik is.
Roer die kaas by en geur. Verwyder dit van die hitte.
Skep ’n bietjie witsous oor die eiers om te verhoed dat dit skif. Laat dit afkoel voor jy die res van die sous byvoeg.
Pak ’n laag eiervrugte in ’n oondvaste bak en skep die maalvleis oor.
Pak nou nog ’n laag eiervrug en bedek alles met die witsous-mengsel.
Bak vir 35 minute by 200°C tot goudbruin.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Grieks. Show all posts

7/06/2017
8/30/2016
Griekse flair
Koskonsultant Heleen Meyer wys hoe om ’n bietjie Griekse “flair” aan jou kosblik te gee.
Sleutelwoorde:
Grieks
,
Lam
,
Peuselhappie
,
Slaai
,
Sous
3/30/2014
Griekse Paaskoekies
250 g botter
150 g suiker
2 eiergele
480 g koekmeel
5 mℓ bakpoeier
60 mℓ melk
10 mℓ vanillageursel
1 eier, liggies geklits
Verroom die botter en suiker saam tot dit lig en romerig is.
Voeg die eiergele een vir een by, terwyl jy aanhoudend klop.
Sif die meel en bakpoeier saam.
Werk die meelmengsel en die melk nou by die bottermengsel. Gebruik jou hande.
Hou aan tot dit 'n gladde deeg vorm.
Gooi die vanilla by en hou vêrder aan tot die deeg harder raak. Voeg ekstra meel by indien nodig.
Breek klein stukkies deeg af en rol dit in potloodgroottes.
Maak lusse met die repies, of vleg dit.
Pak dit op 'n gesmeerde bakplaat en verf dit met die geklitste eier.
Bak by 180°C vir 30 minute.
Hou die koekies in 'n lugdigte houer.
Die resep maak ongeëer 80 koekies.

7/16/2013
Griekse suurlemoensop
1,2 liter hoenderaftreksel
die sap van 1 suurlemoen
90 mℓ gekookte rys
3 eiers
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit die hoenderaftreksel tot dit kook.
Verwyder dit van die hitte en roer die rys by.
Klits die eiers saam met die suurlemoensap. Voeg bietjies van die aftreksel ook stelselmatig by. Wanneer die mengsel glad is gooi jy dit by die aftreksel.
Kook oor die laagste hitte moontlik vir 'n paar minute.
Geur met sout en peper.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
(foto Ned Raggett)

2/25/2012
Youvetsi
Youvetsi is 'n tradisionele Griekse bredie. Die vleis is gewoonlik bees of lam. Indien jy youvetsi wil maak moet jy jou voorberei vir lank kook.
1,75 kg beesvleis, in blokkies gesny
125 mℓ olyfolie
1 ui, in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 prei, middeldeur gesny
1 wortel, in derdes gesny
125 mℓ witwyn
4 allspice
1 blikkie gekapte tamaties
5 mℓ suiker
1 liter water
500 g pasta, dit moet 'n klein soort pasta wees
sout en peper na smaak
gerasperde kefalotyri of pecorino
Verhit die helfte van die olyfolie in 'n swaarboompot, geur die vleis liggies met sout en peper en braai die vleis bruin.
Verwyder die vleis en hou eenkant. Gooi die res van die olyfolie in die pot. Braai die uie hierin tot dit deurskynend is.
Voeg die knoffel by en braai vir nog 'n minuut.
Voeg die prei, wortel, wyn, allspice, tamaties, suiker en water by. Skraap die bodem van die pot om alles wat vassit los te maak. Laat dit kook en verlaag dan die hitte.
Prut met die deksel af vir 10 minute.
Plaas die vleis terug in die pot, plaas die deksel op en prut oor lae hitte vir 1 uur.
Verwyder die prei en wortel.
Gooi die pasta in die pot, gooi nog water by indien nodig en geur met sout en peper.
Plaas die deksel op en sit die pot in 'n 180°C oond. Los dit in die oond vir nog 'n uur. So nou en dan moet jy die pot uithaal en roer, sodat daar niks aan die bodem vassit nie.
Haal die pot uit die oond en probeer al die allspice verwyder. Bedek met die gerasperde kaas en plaas die deksel terug. Laat dit rus vir 20 minute voor jy dit bedien. Jy kan ook die gerasperde kaas oorstrooi wanneer jy die individuele porsies bedien.

2/24/2012
Spanakopita
Spanakopita is 'n Griekse pastei met spinasie en feta. Dit is baie gewild in Suid-Afrika. Dit kan as een groot pastei voorberei word of as klein fillo-pakkies.
Hierdie resep maak omtrent 2 groot pasteie of 100 klein driehoekies.
1,25 kg spinasie, opgekap nadat dit gewas en gedroog is
125 mℓ olyfolie
4 uie, in blokkies gesny
2 bossies sprietuie, in stukkies gesny
125 mℓ vars gekapte pietersielie
125 mℓ vars gekapte dille
'n knypie gemaalde neutmuskaat
sout en varsgemaalde swartpeper
4 eiers, liggies geklop
250 g feta, gekrummel
250 g ricotta, gekrummel
60 mℓ gesmelte botter
nog 60 mℓ olyfolie
500 g fillodeeg, in velle (jy koop dit so by die supermark)
Jy begin deur jou pakkies fillodeeg uit die vrieskas te haal.
Verhit die 125 mℓ olyfolie in 'n pan.
Braai die uie en sprietuie tot sag.
Voeg die spinasie, dille en pietersielie by en kook vir 10 minute.
Voeg die neutmuskaat by en geur met sout en peper.
Laat die mengsel eenkant om af te koel.
Meng die eiers, feta en ricotta in 'n groot mengbak. Voeg die afgekoelde spinasiemengsel by.
Meng die 60 mℓ olyfolie met die gesmelte botter en verf twee oondpanne uit met 'n bietjie daarvan.
Rol die ontdooide fillodeeg versigtig oop. Jou deeg moet nie uitdroog nie. Wanneer jy een vel afhaal om mee te werk moet jy die res met waspapier en dan 'n klam doek bedek. Knip die velle met 'n skêr indien dit te groot is vir jou oondpan.
Lê 10 velle in die bodem van elke oondpan. Verf elke vel met jou mengsel van olyfolie en botter.
Verdeel die helfte van die spinasiemengsel tussen die oondpanne en gooi dit op die velle. Maak dit mooi glad.
Bedek die spinasie nou ook met 10 velle fillodeeg. Verf ook elke vel met jou mengsel van olyfolie en botter.
Bak by 180°C tot dit goudbruin raak. Dit neem omtrent 25 minute.

1/17/2012
Kleftiko
Kleftiko beteken "gesteel" in Grieks. Die naam verwys na die dae toe Griekse vryheidsvegters hulle kos moes steel en dit so moes voorberei dat niemand dit sou kon ruik nie.
4 lamskenkels
Marineer die skenkels in 'n mengsel van:
160 ml olyfolie
die sap van 2 suurlemoene
80 ml vars origanum
80 ml vars roosmaryn
6 knoffelhuisies, fyngesny
sout en varsgemaalde swartpeper
Laat staan dit vir ten minste 2 ure.
Terwyl die vleis marineer meng jy die volgende saam:
2 rooi uie, in kwarte gesny
4 wortels, in ringe gesny
200 g rou ertjies
800 g geblikte artisjokke
200 g feta, in blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
Deel die groentemengsel in 4.
Knip stukke foelie wat elkeen groot genoeg is vir 'n skenkel en 'n ¼ van die groentemengsel. Maak dan 4 pakkies met die skenkels en groente en sorg dat dit dig toe is.
Plaas die pakkies in 'n oondbak en voeg 1 liter water by. Bak by 160ºC vir 4 ure. Indien die water opdroog moet jy dit aanvul.
Bedien saam met geroosterde aartappels.

12/26/2011
Griekse suurlemoen aartappels
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
3 knoffelhuisies, fyngedruk
sout
varsgemaalde swartpeper
5 ml gedroogde origanum
60 ml vars suurlemoensap
80 ml olyfolie
125 ml water
Plaas die aartappels en knoffel in 'n oondpan.
Geur die aartappels met die origanum, sout en peper.
Meng die olyfolie, water en suurlemoensap.
Gooi die mengsel by die aartappels in die oondpan.
Bak vir 30 minute by 200ºC.
Gaan die vloeistofvlak na. Indien dit na 30 minute met die helfte verminder het, voeg 60 ml water by.
Bak vir nog 30 minute.

Bykos
,
Grieks
,
Groente
,
Vegetaries
12/23/2011
Griekse Kersfeesbrood
600 g koekmeel
2 pakkies droë gis (10 g elk)
190 ml warm melk
4 eiers
knippie sout
140 g suiker
die gerasperde skil van 2 suurlemoene
120 g botter, gesmelt
1 eier, geklop
sesamesaad
Gooi 240 g van die meel in 'n mengbak.
Strooi die gis oor. Gooi die melk by, meng en klop tot die mengsel glad is.
Bedek en laat staan vir 'n uur.
Klop die 4 eiers, sout, suiker en suurlemoenskil saam in 'n mengbak oor 'n kastrol kookwater tot die suiker opgelos is.
Gooi die eiermengsel by die meelmengsel en meng.
Voeg die res van die meel by en knie, terwyl jy geleidelik die botter byvoeg. Knie tot dit glad en elasties is.
Bedek en laat op 'n warm plek tot die deeg verdubbel het, dit neem sowat 2 uur.
Knie weer en plaas die deeg in 'n koekpan met 'n deursnee van 24 cm.
Bedek en laat weer staan om te verdubbel.
Verf die deeg met eier en strooi die sesamesaad oor.
Bak vir 45 minute by 180ºC.
Die brood is heerlik saam met vonkelwyn.
(foto Joana)

7/16/2010
Mezze
Die Griekse mezze tafel is ’n gewilde instelling sedert die tyd van antieke Griekeland. Dit is soortgelyk aan hors d'oeuvre, behalwe dat ons ’n hele tafel geregte het om uit te kies.
Die moderne mezze tafel bestaan uit enigiets waarvan jy hou, maar as jy dit ’n klassieke voorkoms wil gee sorg dat die volgende ook op die tafel is:
hummus
olywe
geskilde radyse
slaaiblare
sampioene, liggies gebraai in olyfolie saam met marjolein
artisjokharte, gekook in olyfolie en suurlemoensap
mossels, gebraai in olyfolie
ingelegde vis
taramasalata
feta
Dit is ’n heerlike, informele ete vir ’n klein groepie vriende.
(foto: Stijn)
Die moderne mezze tafel bestaan uit enigiets waarvan jy hou, maar as jy dit ’n klassieke voorkoms wil gee sorg dat die volgende ook op die tafel is:
hummus
olywe
geskilde radyse
slaaiblare
sampioene, liggies gebraai in olyfolie saam met marjolein
artisjokharte, gekook in olyfolie en suurlemoensap
mossels, gebraai in olyfolie
ingelegde vis
taramasalata
feta
Dit is ’n heerlike, informele ete vir ’n klein groepie vriende.(foto: Stijn)
Sleutelwoorde:
Grieks
,
Peuselhappie
,
Voorgereg
5/23/2010
Skordalia / Skordhalia / Skorthalia
Skordalia is 'n Griekse knoffelsous.
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 eetlepepels vars, gekapte pietersielie
1 groot saggekookte aartappel, geskil
50 g amandels, geblansjeer en fyngekap
olyfolie
4 eetlepels asyn
sout
varsgemaalde swartpeper
Stamp die knoffel, pietersielie, aartappel en amandels saam fyn in ’n vysel.
Voeg die olyfolie en asyn bietjie vir bietjie b, terwyl jy dit aanhou stamp. Dit sal ’n pasta begin vorm.
Voeg sout en varsgemaalde swartpeper by.
Hou aan met stamp tot dit 'n dik puree is.

2/21/2010
Griekse pons / Greek Punch
750 ml vonkelwyn
2 x 750ml wit wyn
1 groot glas brandewyn
4 liter sodawater, verkoel
1 suurlemoen, in skyfies gesny
1 piesang, gekerf
1 klein blikkie pynappelstukke met stroop
1 blikkie grenadellamoes
Meng alles behalwe sodawater.
Verkoel en laat staan - nie minder as 1 uur nie.
Dit kan langer staan en net voor gebruik voeg jy die koue sodawater by.

12/02/2008
Tzatziki
1 komkommer, afgeskil en fyn opgesny
300 ml Griekse jogurt
2 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels sprietuie, fyn opgesny
2 eetlepels pietersilie, fyn opgesny
1 eetlepel kruisement, fyn opgesny
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
gemaalde swart peperkorrels
sout
Meng alles saam.
300 ml Griekse jogurt
2 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels sprietuie, fyn opgesny
2 eetlepels pietersilie, fyn opgesny
1 eetlepel kruisement, fyn opgesny
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
gemaalde swart peperkorrels
sout
Meng alles saam.
Sleutelwoorde:
Grieks
,
Peuselhappie
,
Sous
,
Vegetaries
9/17/2008
Baklawa-stafies / Baklava
1 ½ koppie fyn gekapte okkerneute
½ koppie fyn gekapte gepelde amandels
¼ koppie strooisuiker
1 teelepel gemaalde kaneel
½ gemaalde naeltjies
10 bladsy filodeeg
150 g ongesoute botter
1 teelepel fyn gekapte amandels, ekstra
½ teelepel kaneel, ekstra
Stroop:
1 suurlemoen (so ½ van die suurlemoenskil)
1 koppie strooisuiker
1 koppie water
1 kaneelstokkie
2 naeltjies
Meng die neute, suiker en spesery in 'n bak. Sny een van die filodeeg bladsye van noord tot suid (as die noord bo aan die bladsy is en suid onder aan die bladsy is) in drie eweredige snitte. Gebruik 'n kwassie om elkeen van die gesnyde reghoeke met botter te verf. Gebruik 'n lepel en skep 'n lepel vol op elke reghoek, reg op die onderpunt van die reghoek. Los so 3.5cm kant aan albei kante van die neute. Vou in albei kante verf met botter en rol op die filo deeg tot 'n stafie gevorm is. Dit lyk soos 'n opgerolde sigaar dan. Herhaal die proses met die res van die filodeeg bladsye, neute en geverfde botter. Plaas die op gerolde stafies langs mekaar in 'n gesmeerde plat pannetjie. Verf die voltooide stafies wat in die plat pannetjie geplaas is met botter. Bak vir so 12 minute of tot hulle goudbruin is. Laat hulle afkoel in die pannetjie. In 'n aparte pot meng suiker en water oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Sodra die suiker opgelos is voeg die helfte van die suurlemoenskil, kaneel en naeltjies by en kook saggies vir so twee minute. Verkoel net 'n bietjie. Gooi die warm stroop oor die stafies, verkoel tot kamertemperatuur en gooi dan die ekstra amandels en ekstra kaneel oor. Bêre in 'n lugdigte houer, anders is die miere orals.

resep: Grietjie
9/02/2008
Saganaki
Saganaki is 'n Griekse gereg wat gebakte feta in olyfolie is.
150 ml olyfolie
1 ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, fyn gekap
400 g feta, in skywe
4 knoffelhuisies, fyn gekap
vars gekapte pietersielie
Soteer die ui in 10 ml olie tot sag.
Voeg die soetrissie by en soteer tot die soetrissie sag is.
Plaas elke skyf feta in 'n afsonderlike oondbakkie en vul met die oorblywende olie.
Skep die gebraaide mengsel oor die feta en strooi knoffel oor.
Bak vir 10 minute teen 200ºC.
Strooi die pietersielie oor voor opdiening.
(bedien 4 persone)

7/25/2008
Griekse eetgewoontes
In die nuwe testamentiese tyd het die Grieke lekker geleef. By hulle was daar nie die wettiese beperkings op hulle eetgewoontes nie. Die Grieke was relatief ligte eters en dit was vir hulle nie ´n voorkeur om vleis by ´n slaghuis te kry nie.
So nou en dan het hulle op feesdae skape of varke geoffer maar die is na die offer geëet. Die hoofmaal vir die Grieke was die aandete gewees. Gewoonlik is vriende uitgenooi om hulle maaltye saam met hulle te kom geniet. Vrouens, altans die dames, het nooit hulle maaltye saam met die mans genuttig nie. Nou wonder ek of dit hier waar die Engelse spreuk van "Barefoot and Pregnant in the Kitchen" vandaan kom.
Die Grieke se voorkeur in kos was ´n tipe wors. Saam met dit het hulle gewoonlik eiers, vis en kaas geniet. So nou en dan het hulle ook haas of duif geëet. Aangesien die Grieke van sterk geure gehou het, het hulle van hulle vis gesout en gedroog gehou. Hulle het natuurlik baie van knoffel gehou en hulle kosse is voorberei is groot hoeveelhede olyfolie en botter. Soveel so dat die kos in die borde gedryf het in die olie.
Vir spesiale geleenthede is ´n omelet berei wat bestaan het uit meel, eiers, kaas en heuning. Hierdie omelet is gekook in ´n sterk gegeurde sous, en dit is opgedien in ´n vyeblaar.
In daardie tyd het die mense geëet met hulle hande en brood is gebruik as lepels om die sous mee te verorber. Sodra die ete klaar is het slawe die vloere uitgevee en die tafels uitgedra. Hulle het oomblikke later weer teruggekom met die tafels wat gekreun het onder die nageregte. Nageregte het bestaan uit neute, olywe, vye en koeke.
Na die nageregte het die wyn te voorskyn gekom. Daar is ´n meester van die fees gekies en dit was sy werk gewees om te besluit hoeveel water by die wyn gevoeg moes word. Gewoonlik is die dit in die verhouding gewees van twee dele wyn met een deel water. Indien hulle my gekies het sou dit ´n ander prentjie gewees het. Die slawe het die wyn dan gemeng in groot erde houers. Die drinksessies het tot laat in die nag aangehou. Dit het gelei tot groot debatte wat gevoer is. Nog ´n groot tydverdryf was om mekaar raaisels te vra.
So is seker menigte aande deurgebring. In ons tyd debatteer ons nie na ´n glas of twee nie en nog minder vra ons raaisels. Hier noem ons dit sommer net twak praat om ´n braaivleisvuur. Indien ek so sit en kyk na wat 2000 jaar gelede gebeur het wil ek nie sien wat skryf die geskiedskrywers oor ons na 2000 jaar nie.
deur Frik Lombard

7/11/2008
Griekse koekies / Greek Biscuits
375 ml margarien
150 ml strooisuiker
8 ml vanieljegeursel
750 ml meelblom
375 ml fyn neute - grondboontjies kan ook gebruik word
Room botter en suiker en voeg die geursel by. Voeg meelblom by en meng goed. Voeg neute by. Vorm ronde balletjies of druk vorms uit en plaas op ongesmeerde bakplaat. Bak vir 15 minute by 180°C. Rol in versiersuiker terwyl nog warm.
bydrae: Petro van der Westhuizen

7/07/2008
Taramasalata
Taramasalata is 'n Griekse patee gemaak van viseiers. Die hoof bestanddeel, Tarama, is gerookte viseiers. Normaalweg is dit eiers van 'n kabeljou of harder.
BESTANDDELE
75 g gerookte viseiers
4 snye dik witbrood met die korsie verwyder
80 ml melk
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
150 ml olyfolie
60 ml suurlemoensap
varsgemaalde viseiers
STAPPE
Plaas die viseiers in 'n voedselverwerker en meng tot glad.
Week die brood in die melk vir 'n paar minute en voeg saam met die knoffel by die viseiers. Meng weer.
Terwyl die menger aan is drup jy die suurlemoensap en olyfolie om die beurt by. Gooi ook twee draaieswartpeper in.
Bedien met pittabrood.

Nougat
Kook 250 g heuning en 250 g suiker saam tot die suiker gesmelt het - tot by 129°C.
Voeg 1 eetlepel lemoenblomwater en die styfgeklopte wit van 1 eier by.
Smelt oor lae hitte en roer aanhoudend - tot by 109°C.
Voeg nou 500 g gekapte amandels by wat jy geblansjeer, gedroog en toe verhit het voor jy dit fyn gekap het.

Gooi die mengsel in 'n plat bakplaat wat met ryspapier uitgevoer is. Plaas ryspapier ook bo-op en plaas 'n gewig soos 'n broodplank bo-op.
Sny terwyl dit nog effens warm is.
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)