Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Peuselhappie. Show all posts
Showing posts with label Peuselhappie. Show all posts

9/24/2026

Ingelegde mossels / Pickled Mussels

As dit in 'n skulp is en in die see is kan jy dit gebruik vir hierdie resep.

BESTANDDELE
1 knoffelhuisie, in skyfies gesny
½ ui, in dun skyfies gesny
¼ teelepel koljandersade
¼ teelepel vinkelsade
brandrissievlokkies na smaak
½ teelepel sout, of meer na smaak
1 eetlepel vars suurlemoensap
1½ eetlepel witwynasyn
½ suurlemoen, in dun skyfies gesny
2 koppies gaar mossels
½ eetlepel gekapte gemengde kruie
3 eetlepels olyfolie
½ koppie heel koljanderblare
varsgemaalde swartpeper

STAPPE
Meng die knoffel, ui, koljander, vinkel, brandrissievlokkies, sout, suurlemoensap, asyn en suurlemoenskyfies in 'n groot bak. Laat dit vir 10 minute staan.

Voeg die mossels, kruie en genoeg olyfolie by om die mengsel lekker sappig te maak. Proe vir sout en pas aan indien nodig. Laat dit staan vir ten minste nog 10 minute, of selfs oornag.

Voeg die koljander en swartpeper by net voor opdiening.

Heerlik op soutbeskuitjies.

9/16/2026

Kekerertjie puree / Chickpea Puree

As jy nou al keelvol is vir daai soveelste bakkie humus wat jy by die supermark gekoop het, is dit tyd vir 'hierdie resep.

BESTANDDELE
¼ koppie olyfolie
1 ui, gekap
sout
¼ teelepel garam masala
½ bondel beetblare, of ander groen blare, gewas en gekap
2 knoffelhuisies, in stukke gesny
3 koppies gaar kekerertjies

STAPPE
Voeg die olyfolie, die ui en 'n knippie sout in kastrol. Kook oor matige tot lae hitte.
Voeg die speserye en knoffel by sodra die ui sag geword het - ongeveer 8 minute.

Voeg die beetblare by en kook terwyl jy roer totdat die blare verlep het - ongeveer 2 minute.

Voeg die kekerertjies en 'n bietjie water by. Roer en prut oor lae hitte totdat die kekerertjies effens sag geword het - ongeveer 10 minute.

Proe en voeg nog sout by indien nodig.
Voeg nog water en / of olyfolie by indien jy 'n dit meer vloeibaar verkies.

8/20/2026

Gebakte eier slaai / Fried Egg Salad

BESTANDDELE
1 gebakte eier, in growwe stukkies gesny
2 teelepels mayonnaise
'n paar druppels suurlemoensap of rysasyn
2 druppels sriracha- of ander rissiesous
gekapte koljander of pietersielie
Opsionele byvoegings: 1–2 teelepels fyngekapte salotte of stingeluie, geweek in yswater of suurlemoensap vir 5 minute

STAPPE
Plaas die eier in 'n bak en maak fyn met 'n vurk.
Voeg mayonnaise, suurlemoensap en sriracha by en meng goed. Voeg meer mayonnaise by as dit droog lyk.
Voeg die kruie by en gaan voort met die fynmaak.
Voeg enige van die opsionele byvoegings by.
Proe vir sout; pas aan.

Bedien met sourbeskuitjies of roosterbrood.

8/13/2026

Eierslaai vir broodjies of peuselhappies

BESTANDDELE
Gekookte eiers
knoffel, fyngekap
sout
gerasperde suurlemoenskil
grasuie, gekap
varsgemaalde swartpeper
rissiesous
mayonnaise

STAPPE
Maak die eiers fyn in 'n bak met 'n vurk.

Voeg die sout, knoffel, suurlemoenskil en 'n groot handvol grasuie by die eier.
Voeg die swartpeper by en dan die rissiesous.
Voeg die mayonnaise oordeelkundig by, proe vir wanneer dit jou smaak en gebruik gaan pas.
Voeg enige ander kruie of piekels by wat jy dink goed sal pas.

8/12/2026

Fromage Fortissimo

Fromage Fortissimo is 'n Franse doopsous of smeer wat tradisioneel van ou kaas gemaak word.

BESTANDDELE
250 g kaas, of na smaak
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sout
swartpeper
'n knypie rooipeper
⅓ koppie witwyn
2 eetlepels room
'n paar blaartjies vars tiemie

STAPPE
Sny die kaas fyn op en plaas dit in 'n voedselverwerker saam met die res van die bestanddele en verwerk tot glad.

8/05/2026

Scarpetta

Scarpetta beteken letterlik "klein skoentjie" in Italiaans. Dit word gebruik om te beskryf hoe om 'n stukkie brood te gebruik om oorskietsous op 'n bord op te vee.

BESTANDDELE
500 g kersietamaties
230 g mozzarella-balletjies
½ klein rooi ui, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi soetrissie, fyngekap
1 brandrissie, fyngekap
2 eetlepels ekstra suiwer olyfolie
Vars tiemie
1 teelepel balsamiese asyn
Sout en swartpeper
6 groot basiliekruidblare
ansjovisfilette (opsioneel)

STAPPE
Rooster die kersietamaties in 'n bakskottel met olyfolie, knoffel, ui, rooi soetrissie, brandrissie en tiemie teen 180°C vir 30 minute totdat dit bars.

Plaas die balletjies tussen die warm tamaties.
Plaas onder 'n voorverhitte warm rooster (rooster) vir 5 minute totdat die mozzarella borrel, effens goudbruin is en net begin smelt.

Bedien onmiddellik in die bakskottel met geskeurde korsbrood (suurdeeg, ciabatta of baguette) om uit te skep.

7/30/2026

Soja en gemmer baba sampioen peuselhappie / Sticky Soy-Ginger Glazed Mushrooms

Maak 'n glanssous van baba sampioene en sojasous, heuning en vars gerasperde knoffel en gemmer.
Rooster hulle totdat die sous karamelliseer.
Bedien warm met tandestokkies vir 'n maklike vingerhappie.

7/02/2026

Radish Pesto / Radys Pesto

BESTANDDELE
1 knoffelhuisie
¼ teelepel sout, plus na smaak
2 bossies radyse, gewas en gedroog
¼ koppie liggies geroosterde pistasieneute of pekanneute
½ koppie vars gerasperde parmesaan of pecorino
½ koppie olyfolie

STAPPE
Stamp die knoffel saam met die sout tot 'n pasta.

Meng die radyse met die neute, knoffel en kaas in 'n voedselverwerker, terwyl jy die olyfolie in 'n dun straaltjie bygooi.
Maak seker alles meng. Jy wil 'n dik, eenvormige sous maak.
Proe vir sout en pas aan.

6/18/2026

Ertjie puree / Pea Puree

1 koppie gaar ertjies
2 eetlepels gekapte vars kruie (koljander, kruisement, dille, of 'n kombinasie)
3 eetlepels olyfolie
sout na smaak.

Pols alles saam in 'n voedselverwerker.

Dit is heerlik by kamertemperatuur op roosterbrood, of as 'n doopsous, en dit is veral lekker gemeng deur gaar groenbone of gaar broccoli.

As jy dit doop, kan jy ook 'n halwe avokado en 'n klein lepel suurroom of jogurt byvoeg.

5/08/2026

Groente pesto / Greens Pesto

1 knoffelhuisie
¼ teelepel sout
2 koppies gaar groen groente
¼ koppie geroosterde neute (dennepitte, okkerneute, amandels of pistasieneute)
½ koppie gerasperde parmesaan
½ koppie olyfolie

Stamp die knoffel fyn met die sout.

Meng die helfte van die groente met die neute, die knoffel en parmesaan in 'n menger.

Voeg dan die oorblywende groente en die olyfolie by. Pols om te meng. Maak seker alles word gekap en gemeng, om 'n dik, eenvormige sous te maak.

4/30/2026

Dille doopsous / Dill Dip

Maak 'n dille doopsous deur 1 teelepel gekapte dille, Griekse jogurt, 'n bietjie suurlemoen, 'n klein bietjie gerasperde knoffel en sout na smaak te kombineer.

Garneer dit met bietjie dille of suurlemoenskil.

Dit werk natuurlik lekker saam met aartappelskyfies, maar probeer dit ook saam met braaivleis, aartappels of eiers.

4/29/2026

Gevulde koolblare met garnale / Cabbage leaves stuffed with shrimps

Koolblare is ’n uitstekende houer vir ’n peuselhappie.

Kook hulle as heel blare in kookwater, dreineer hulle dan en vul hulle met fyn gekapte gaar garnale, gekapte stingeluie, gemmer en repies suurlemoenskil.

3/19/2026

Gebraaide salotte

5 salotte, in dun skyfies gesny
Olie, genoeg om ’n swaarboompot met ongeveer 2,5 cm te bedek

Plaas die pot oor hoë hitte en bring die olie stadig tot borrelend.

Braai dan die salotte terwyl jy aanhoudend roer, totdat dit net goudbruin is - ongeveer 10 minute.
Syg deur en behou die olie, wat jy nou salot-olie kan noem.

Dreineer die salotte op 'n papierhanddoek tot koel.

1/22/2026

Gochujang tuna

’n Blikkie tuna het nog nooit so uitgeblink in ’n gereg nie. Hierdie variasie van tuna en mayonnaise kan net so geëet word saam met kropslaai of rys, as ’n doopsous bedien word of op ’n broodjie gesmeer word. Gebruik opgesnyde rou of ingelegde groente saam met die tuna soos dit jou smaak pas.

Gochujang is ’n pasta gemaak van rooi brandrissies, gefermenteerde sojabone, rys en sout. Dit is met rede ’n stapel van die Koreaanse kookkuns.

Meng gewoon twee teelepels gochujang saam met twee eetlepels mayonnaise voor jy dit saam met jou tuna meng. Op die dag het ek twee fyngesnyde, ingelegde uie bygesit en ’n paar druppels makadamia olie.

Geur met bietjie swartpeper.

1/21/2026

Gevulde sampioene - op die Franse manier / Champignons Farcis

Gevulde sampioene maak 'n goeie warm hors d'oeuvre of 'n garnering vir 'n vleisbord.

BESTANDDELE
12 vars sampioene, stingels verwyder en fyngekap, of 4 – 6 groot sampioene
7 eetlepels gesmelte botter
Sout en peper
3 eetlepels fyngekapte uie
1 eetlepel olie
3 eetlepels fyngekapte salotte
3 eetlepels fyn, wit, droë broodkrummels
¼ koppie gerasperde Switserse kaas
¼ koppie gerasperde parmesaan
4 eetlepels gekapte kruie
½ teelepel dragon
2 tot 3 eetlepels slagroom
3 eetlepels gerasperde Switserse kaas

STAPPE
Verhit die oond tot 190 grade Celsius.

Verf die sampioene met 3 eetlepels gesmelte botter. Plaas dit, met die hol kant na bo, in ’n braaipan. Strooi liggies sout en peper oor.
Braai die uie in 2 eetlepels botter en olie vir 4 minute sonder om dit te verbruin.
Voeg die salotte en sampioenstingels by. Braai oor matig hoë hitte in ’n pan - roer gereeld. Na 6 tot 8 minute behoort die sampioen liggies te verbruin.
Verwyder van die hitte en meng die broodkrummels, kase, kruie, dragon en speserye by. Meng 'n lepelvol room op 'n slag by om die mengsel te bevogtig, maar hou dit styf genoeg om sy vorm in 'n lepel te behou.
Proe vir sout en peper.
Vul die sampioene met die vulsel. Bedek elkeen met 'n bietjie kaas en druppels gesmelte botter.
Bak in die boonste derde van 'n voorverhitte oond vir 15 tot 20 minute, of totdat die sampioene sag is en die vulsel bo-op liggies bruin is.

12/10/2025

Appelkoos-blatjang / Apricot chutney

Blatjang is altyd ’n handige bestanddeel as dit kom by die voorbereiding van peuselhappies.

’n Goeie blatjang moet nie te dun wees nie. As dit uitgeskep word moet dit as ’n hopie bly staan.

Dis makliker om jou blatjang te koop, maar die kwaliteit van tuisgemaakte blatjang is normaalweg net soveel beter.

BESTANDDELE
250 g uie
250 g ontpitte rosyne
250 g gedroogde appelkose, oornag in water geweek
250 g suiker
30 mℓ sout
7,5 mℓ fyngekapte rissie
7,5 mℓ fyngekapte gemmer
7,5 mℓ fyngekapte koljander
1,125 liter witasyn

STAPPE
Kook die appelkose, rosyne en uie in die helfte van die asyn tot sag.

Plaas die mengsel in ’n voedselverwerker en maak fyn soos jy verkies.

Voeg die res van die bestanddele by en kook die mengsel tot dit dik is.

Verseël in bottels.



As jy natuurlik sou verkies om jou lyf Mev. Balls te hou, klik op die skakel vir die resep.

Hierdie is 'n resep vir appelkoos chutney.

10/08/2025

Mossels gemarineer in olyfolie en kruie / Salade de moules

BESTANDDELE
2 koppies gaar, vars mossels of bevrore mossels – die skulpe moet verwyder wees. Hou die skulpe eenkant indien jy hulle dalk daarin wil bedien.
4 eetlepels ligte olyfolie
1 eetlepel droë wit vermoet
1 eetlepel suurlemoensap
2 eetlepels fyn gekapte salotte
3 eetlepels gekapte pietersielie of 'n mengsel van jou gunsteling vars groen kruie
’n Knippie peper

STAPPE
Meng al die bestanddele en laat dit vir ten minste 'n halfuur marineer voor opdiening.

10/07/2025

Vars mossels gestoom in wyn en kruie / Moules à la marinière

Hierdie is ’n eenvoudige weergawe van ’n tipies Franse metode vir die gaarmaak van mossels.

Die resep is genoeg vir 6 tot 8 persone.

BESTANDDELE
2 koppies ligte, droë witwyn of 1 koppie droë wit vermoet
½ koppie gekapte salotte
8 pietersielietakkies
½ lourierblaar
¼ teelepel tiemie
⅛ teelepel peper
6 eetlepels botter
1,5 kg mossels, geskrop en geweek
½ koppie grof gekapte pietersielie

STAPPE
Bring die wyn tot kookpunt in ’n groot geëmaljeerde kastrol saam met die salotte, pietersielie, lourierblaar, tiemie, peper en botter. Kook vir 2 tot 3 minute om die alkohol te verdamp en die volume effens te verminder.

Voeg die mossels by, bedek en kook vinnig oor hoë hitte. Skud die kastrol af en toe om die mossels van vlakke te laat verander en eweredig kook. Binne ongeveer 5 minute sal die skulpe oopmaak en die mossels sal gaar wees.

Skep die mossels, met skulpe en al, in wye sopborde en gooi die kookvloeistof daaroor. Jou gaste eet die mossels een vir een uit die skulpe met hul vingers of 'n vurk. Benewens die gaan, gaan hulle ook ’n soplepel benodig om die vloeistof mee te drink.
Strooi die pietersielie oor en bedien dadelik.
Bedien met Franse brood, botter en 'n verkoelde, ligte, droë witwyn saam met die mossels.

10/09/2024

Swartboontjieslaai

2 knoffelhuisies, fyn opgesny
2 teelepels sout
3 eetlepels lemmetjiesap
1 rissie, fyn opgesny met pitte
1/4 koppie olyfolie
1 koppie geblikte mieliepitte
1 geel / oranje soetrissie, in blokkies gesny
1/2 rooi ui, in blokkies gesny
1 blikkie swartboontjies
1 koppie kersietamaties, gehalveer
1 avokado, in blokkies gesny
1/4 koppie varsgekapte koljander

Meng al die bestanddele saam en bedien.

9/20/2023

Hoendervleis en pynappel smeersel / Chicken and Pineapple Spread

1 koppie gaar, gemaalde hoendervleis
1 eetlepel gerasperde pynappel
Mayonnaise
Sout en peper

Gebruik genoeg mayonnaise om ’n smeersel te maak. Meng alles deeglik saam.