Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Peuselhappie. Show all posts
Showing posts with label Peuselhappie. Show all posts

10/09/2024

Swartboontjieslaai

2 knoffelhuisies, fyn opgesny
2 teelepels sout
3 eetlepels lemmetjiesap
1 rissie, fyn opgesny met pitte
1/4 koppie olyfolie
1 koppie geblikte mieliepitte
1 geel / oranje soetrissie, in blokkies gesny
1/2 rooi ui, in blokkies gesny
1 blikkie swartboontjies
1 koppie kersietamaties, gehalveer
1 avokado, in blokkies gesny
1/4 koppie varsgekapte koljander

Meng al die bestanddele saam en bedien.

9/20/2023

Hoendervleis en pynappel smeersel / Chicken and Pineapple Spread

1 koppie gaar, gemaalde hoendervleis
1 eetlepel gerasperde pynappel
Mayonnaise
Sout en peper

Gebruik genoeg mayonnaise om ’n smeersel te maak. Meng alles deeglik saam.

9/06/2023

Crostini Gustosi alla Romana / Roosterbrood met kaas en ansjovis

8 snye goeie witbrood
8 filette ansjovis, fyngekap
8 snye mozzarella
8 eetlepels botter

Verhit die botter in ’n souspan tot dit net begin smelt. Verwyder onmiddellik van die hitte en werk die ansjovis by, tot dit ’n dun smeer vorm.
Smeer die mengsel oor die brood en bedek elke sny met ’n sny mozzarella.
Plaas dit in ’n voorverhitte oond van 230°C tot die mozzarella begin smelt.

8/02/2023

Brandade de Salmon

750 g salm
1 knoffelhuisie, fyngedruk
6 eetlepels room
125 mℓ olyfolie
Sap van ½ suurlemoen
Sout en varsgemaalde swartpeper

Posjeer die salm tot sag.
Dreineer en vlok.
Meng die salm in ’n voedselverwerker saam met die knoffel, gooi die room en olyfolie bietjie vir bietjie by tot dit geabsorbeer is.
Verhit dit stadig in ’n pan en roer die suurlemoensap by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Bedien dit saam met stukkies geroosterde brood met botter.

6/07/2023

Biltongquiche

Hierdie biltongquiche resep is genoeg vir 6 persone.

1 x 23 cm broskorsdeeg, blind gebak
1 bossie sprietuie, fyngekap
125 g klam biltong, in dun skyfies gesny
3 eiers, geklits
125 mℓ room

125 mℓ suurroom
50 mℓ parmesaan, gerasper
50 mℓ songedroogde tamatiepesto
Varsgemaalde swartpeper, na smaak

Versprei die sprietuie en biltong op die bodem van die tertkors.

Klits die res van die bestanddele saam en giet oor die bestanddele in die tertkors.

Bak die quiche by 180°C vir 30 minute of tot dit goudbruin en gestol is.

10/05/2022

Snoekbiltong

Neem een gevlekte snoek en maak dit mooi oop op ’n gelyk werksoppervlakte.
Bedek die hele snoek met ’n dik laag growwe sout. Laat so lê vir 30 – 45 minute.

Spoel al die sout af onder lopende water.
Hang die vis op aan die stert buite bereik van diere.
Hang in iewers waar die lug trek.
Hang tot dit goed droog is.

2/09/2022

Soutbeesvleis-en-marmelade-smeersel / Salted Beef and Marmelade Spread / Corned Beef and Marmelade Spread

500 g gemaalde soutbeesvleis
Marmelade
Franse slaaisous
Peper

Voeg genoeg marmelade by om die vleis te geur. Meng tot ’n smeersel met die slaaisous.
Geur met peper.

1/26/2022

Forel Brandade

4 gerookte forelle, skoongemaak en die vleis fyngestamp saam met 6 eetlepels room en 2 eetlepels olyfolie. Geur die mengsel met die sap van ’n ½ suurlemoen, sout en varsgemaalde swartpeper.

Skep die mengsel op wit roosterbrood waarop botter gesmeer is.
Garneer met fyngekapte pietersielie.

11/10/2021

Soutbeesvleis-en-marmelade-smeersel / Salted Beef and Marmelade Spread / Corned Beef and Marmelade Spread

500 g gemaalde soutbeesvleis
Marmelade, net genoeg om die vleis te geur
Franse slaaisous
Peper

Meng al die bestanddele met net genoeg Franse slaaisous om ’n smeer te maak.

10/27/2021

L’anchoïade / Warm ansjovis canapés

’n Voorgereg waarvoor sommige hul geboortereg sal verkoop.

1 flessie ingelegde ansjovis
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel botter
’n paar druppels suurlemoensap – jy kan ook brandewyn gebruik
Varsgemaalde swartpeper
Dik snye witbrood

Druk die ansjovis fyn en meng dit saam met die knoffel, olyfolie en botter tot dit ’n pasta vorm.
Geur met die suurlemoensap en varsgemaalde swartpeper.

Rooster dik snye witbrood aan eenkant en smeer die L’anchoïade aan die ander kant.
Rooster dan in ’n oond vir ’n paar minute net voor jy dit bedien.


Die resep is genoeg vir 8 tot 12 snye brood. Jy kan dit ook as doopsous gebruik.

6/30/2021

Sout en peper en paprika steurgarnale / Salt and Pepper and Paprika Prawns

24 skoongemaakte steurgarnale, maar met die stert nog aan
2 teelepels paprika
2 teelepels goeie kwaliteit sout
1 teelepel varsgemaalde swartpeper
olie

Meng die paprika, sout en peper en bedek die garnale daarmee.
Braai die garnale in ’n pan met ’n bietjie olie of op die braai. Dis reg wanneer dit van kleur verander.

3/24/2021

Tunapatee

6 ansjovisfilette
1 blik tuna in olie
100 mℓ gesmelte botter
10 mℓ suurlemoensap
’n knippie suiker
25 mℓ gekapte pietersielie
25 mℓ gekapte grasuie
25 mℓ dik suurroom

Plaas die ansjovis, tuna met die olie, gesmelte botter, suurlemoensap en suiker in ’n menger. Vermeng tot glad.
Roer die res van die bestanddele by.
Skep in houer en verkoel.
Sit voor by kamertemperatuur.

3/17/2021

Gepekelde sampioene / Pickled mushrooms

500 g sampioene, gewas en afgedroog
1 klein uitjie, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
30 mℓ gekapte grasuie
30 mℓ gekapte pietersielie
120 mℓ olyfolie
45 mℓ witwyn
45 mℓ witasyn
45 mℓ suurlemoensap
2 mℓ sout
1 mℓ rooipeper

Meng al die bestanddele saam – behalwe die sampioene. Bring dit tot kookpunt.
Voeg die sampioene by en laat stadig kook vir 5 minute.
Laat afkoel en net so in die sous staan vir ten minste 24 uur.

Dit kan as ’n peuselhappie voorgesit word of in slaaie gebruik word.

1/13/2021

Tuna met sesamsaad en wasabi-mayonnaise

300 g tuna – sashimi kwaliteit
1 eetlepel wit sesamsaad
1 eetlepel swart sesamsaad
1 eetlepel sesamolie
2 eetlepels mayonnaise
1 teelepel wasabi

Meng die saad en bedek beide kante van die tuna daarmee.

Meng die mayonnaise en wasabi.

Verhit die olie en verbruin beide kante van die tuna baie vinnig daarin.
Sny die tuna in klein happies en bedek elkeen met ’n bietjie van die wasabi-mayonnaise.

12/09/2020

Bouchée

’n Bouchée is ’n eenvoudige happie van skilferkorsdeeg. Die maklike manier is om gevriesde skilferkorsdeeg (puff pastry) te koop, dit te ontdooi en ringe uit te druk van maksimum 5 cm. Bak in ’n warm oond van 220°C.
Vul met ’n mengsel of puree van jou keuse.

11/11/2020

Canapés aux anchois / Ansjovis canapés

Smeer Montpellier botter op roosterbrood. Die brood moet dieselfde lengte gesny wees as jou ansjovis.
Smeer fyngekapte gekookte eier op die broodjies.
Plaas 2 ansjovisfilette op elke broodjie.
Garneer met fyngekapte pietersielie.

9/16/2020

Spek-smeersel / Bacon Spread

2 hardgekookte eiers, deur ’n sif gedruk
3 stukkies brosgebraaide spek, fyngekap
Mayonnaise
Worcester-sous
Sout en peper

Meng die eier en spek met genoeg mayonnaise om ’n smeersel te vorm.
Die smeersel is veral geskik om eiers mee te vul.

9/02/2020

Komkommer met rooi kaviaar

Sny ’n komkommer in dik skywe.
Skep van die sade uit om ’n bakkie te vorm.
Week die “bakkies” in ’n mengsel van asyn en sout vir ’n paar uur in die yskas.

Dreineer die “bakkies” tot mooi droog.
Meng ’n houertjie suurroom met 160 g roomkaas.
Vul die bakkies met die mengsel en rond af met rooi kaviaar.

7/22/2020

Geklopte feta / Whipped Feta

Meng 200 g feta feta, verkrummel, met ½ koppie jogurt, ’n hand vol fyngekapte pietersielie, ’n hand vol fyngekapte koljander en die sap en gerasperde skil van ’n suurlemoen.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en sit voor.

Opsioneel: ’n fyngekapte knoffelhuisie

7/08/2020

Seldery gevul met rooi kaviaar / Celery stuffed with Red Caviar

Met 250 g roomkaas met ’n ½ ui, gerasper, 2 eetlepels fyngekapte pietersielie en 4 eetlepels rooi kaviaar. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Sny die skoongemaakte seldery in lengtes van 5 cm. Vul elke lengte met die vulsel.
Bedien op ys.