Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Indonesies. Show all posts
Showing posts with label Indonesies. Show all posts

5/29/2019

Piendang vis / Piendang ketjap

’n Indonesiese gereg met sojasous as ’n sleutelbestanddele.

500 g ferm witvis, grate verwyder
1 rissie, fyngekap
5 knoffelhuisies, fyngekap
2 groot uie, fyngekap
Sout na smaak
750 mℓ water
1 lourierblaar
2 stukke suurlemoengras, fyngekap
1 teelepel fyngekapte gemmer
1 eetlepel sojasous

Kook gewoon die vis gaar in die water saam met die res van die bestanddele.

Bedien met rys.

1/09/2019

Rawon

Rawon is ’n tradisionele Indonesiese swart sop gemaak van beesvleis en keloewek neute. Die neute gee dit die swart kleur.

Jy het nodig:

250 g beesvleis, in klein stukkies gesny
’n liter water
1½ teelepel gerasperde gemmer
3 stingels suurlemoengras
2 lourierblare
2 uie, fyngekap
3 salotte, fyngekap
3 makadamia neute, fyngekap
2 keluak / keloewek neute, fyngekap
1 teelepel fyngemaalde koljander
3 eetlepels olie
’n hand vol groenboontjies
’n hand vol versnipperde kool
Sout

Plaas die vleis, gemmer, suurlemoengras, uie en lourierblare saam met sout in die water en bring tot kookpunt.

Braai die salotte en neute saam in olie tot dit lyk of die salotte wil verbruin.
Gooi by die sop saam met die koljander en groente.
Verlaag die hitte en prut tot al die groente sag is.

12/13/2017

Indonesiese groenboontjie kerrie

2 lepels olie
3 salotte, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 hande vol groenboontjies, in stukkies gesny
’n hand vol klein mielies
2 teelepels gemaalde gemmer
1 rooi rissie, fyngekap
Sout
500 mℓ aftreksel
500 mℓ klappermelk
2 teelepels kerrie
1 stuk suurlemoengras

Bring al die bestanddele, behalwe die klappermelk, tot kookpunt in die aftreksel.
Laat prut oor lae hitte met die deksel op tot die groenbone reg is.
Gooi die klappermelk by. Prut tot dit goed warm is – 10 to 15 minute.

10/20/2017

Indonesiese kerrie

2 lepels olie
5 koolbare, in repe gesny
5 aartappels, in blokkies gesny
10 groenboontjies, in stukkies gesny
5 wortels, in ringe gesny
1 rooi ui, fyngekap
1 wit ui, fyngekap
1 rooi rissie, fyngekap
6 skywe gemmer
2 teelepels kerrie
1 stuk suurlemoengras
2 teelepels gemaalde koljander
¼ teelepel gemaalde komyn
’n bietjie tamarinde
2 ansjovisfilette, fyngedruk
1 lemmetjieblaar
Sout
Suiker
500 mℓ aftreksel
1 liter klappermelk
Neute

Verhit die olie en roer al die kruie, speserye, ansjovis en lemmetjieblaar daarin tot dit goed gemeng is.
Roer nou die groente deur die olie-mengsel.
Gooi die aftreksel en klappermelk by.
Plaas die deksel op en laat die mengsel prut tot alles gaar is. Reg teen die einde gooi jy ’n hand vol van jou gunsteling neute by.