Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Wes-Indies. Show all posts
Showing posts with label Wes-Indies. Show all posts

10/31/2018

Gestoofde okra

Verwyder die hare van die okra. Was dit dan in ’n mengsel van asyn en water.
Droog die okra af en plaas in kokende water. Kook tot sag.

Skep die okra uit en laat droog drup.

Smelt ’n groot stuk botter in ’n kastrol en skep dan die okra by. Geur met fyngekapte rissie en sout en peper. Voeg ’n teelepel suiker by en smoor dan stadig.

Bedien die gestoofde okra met gebakte brood.

11/01/2013

Bronkors brèdes

Ons is nie gewoond daaraan om bronkors (watercress) te kook nie. Dit kan egter gedoen word, soos hierdie resep uit Wes-Indië wys:

Verhit 'n bietjie olie in 'n swaarboompot en braai 150 g spek, wat in blokkies gesny is, daarin saam met 'n fyngekapte ui. Braai tot die ui bruin is.
Voeg 2 fyngekapte knoffelhuisies en 'n fyngekapte tamatie by.
Wanneer alles warm is gooi jy 200 mℓ water by en laat dit bietjie afkook.
Gooi 2 hande vol bronkors in die pot en kook vir 30 minute.

Bedien dit as 'n groente saam met vleis of vis.

7/15/2008

Karibiese hoenderkerrie / Caribbean Chicken Curry

12 stukke hoender
45 ml olyfolie
2 uie, opgesny
10 ml gerasperde gemmer
30 ml kerriepoeier
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
1 blikkie (380g) Nestlé Ideal Ingedampte Melk
20 ml meel
250 ml water
30 ml sultanas
gedroogde klapper

Verbruin die hoender in die olie.
Verwyder die hoender uit die pan en braai die uie, knoffel en kerriepoeier saam.
Voeg die meel by en kook nog 1 minuut lank.
Roer die ingedampte melk en sultanas by.
Bring alles tot kookpunt en plaas die hoender terug.
Verminder die hitte, bedek en laat prut vir 30 minute tot die hoender gaar is.

Bedien met die klapper.