Hi Daar
Hier is 'n heerlike. liplekker hoenderpotjie met groente.
Bestanddele:
Sonneblom olie ( Olyfolie kan ook gebruik word - baie gesonder)
Twee groot uie (gekap)
Garlic - Hoef nie bang te wees nie ( Garlic is baie gesond )
Pak hoenderbors stukkies, hoe meer vleis hoe lekkerder ( Woolies se hoender is puik )
Bruin uie sop
1 Blikkie room
Bietjie rooi wyn - droog
Sweet corn mielies - Nie blikkies nie, die heel vars klein mielies)
Klein wortels - (Nie groot wortels nie, ook die wat jy klein aankoop)
Jou keuse van groente verder
Aanwysings:
Warm die potjie op, en voeg so bietjie olie by net om die onderkant en sykante van die potjie te "smeer" As die olie lekker warm is, voeg die uie en die knoffel by en laat dit bietjie braai - nie brand nie Sondra die uie en knoffel op proe staduim kom, voeg die hoender stukkies by, en braai die amper gaar. Maak seker dat die hoeder lekker "gebraai" is sodat jy meer smaak kan gee in jou potjie. As die hoeder op amper gaar staduim is , voeg bietjie rooi wyn by , braai so bietjie en HAAL UIT. Die rooi wyn sal nie net ´n lekker smaak gee nie, maar baie van die cholestrol wegbrand.
Nadat die hoender en die uie en knoffel uitgehaal is, voeg so 1 tot 2 liter water in die pot. Roer die water tot al die "vas gebrande" dele in die water ingeroer is. Voeg nou al jou groentes by die water mengsel, en geniet so glasie wyn of twee van jou eie. Kyk so nou en dan of die groentes al sag gekook is. MOET NIE dat die groente heeltemal sag kook nie, want ons maak potjie, nie stew nie.
Sodra jy ´n mes deer die wortel kan druk, is die groente mengsel gereed vir die res van die potjie-kos. Voeg nou weer die hoender en die uie-knoffel mengsel by die potjie. Laat die potjie nou bietjie kuier vir so 20 min of wat. Sodra die groente en die hoender mekaar ordentlik ontmoet het, kan jy nou so bietjie bruinuiesop byvoeg. As sien sien daar is bietjie min water in, voeg so bietjie by, want die bruin uie sop sal so bietjie dikkerigheid veroorsaak. Laat staan en kook die potjie nou weer vir so 10-20 minute. As die potjie op sy einde is, voeg die hele blikkie room by, en laat prut vir so 10 min. 'n Roomsous vir jou hoender in die potjie.
Bedien saam met ´n ligte mengelslaai en ´n glasie rooi wyn.
resep: Gert Brits
Soekgids aanwysers: liplekker hoender potjie potjiekos
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Hoender. Show all posts
Showing posts with label Hoender. Show all posts
2/12/2026
9/20/2023
Hoendervleis en pynappel smeersel / Chicken and Pineapple Spread
1 koppie gaar, gemaalde hoendervleis
1 eetlepel gerasperde pynappel
Mayonnaise
Sout en peper
Gebruik genoeg mayonnaise om ’n smeersel te maak. Meng alles deeglik saam.
1 eetlepel gerasperde pynappel
Mayonnaise
Sout en peper
Gebruik genoeg mayonnaise om ’n smeersel te maak. Meng alles deeglik saam.
Sleutelwoorde:
Hoender
,
Peuselhappie
,
Sous
5/31/2023
Hoender béarnaise
Die sous is nie ’n klassieke béarnaise nie, maar die resultaat is baie dieselfde. Sien die Kookkuns Woordeboek vir ’n definisie van béarnaise.
450 g Hoenderporsies
60 g botter
1 ui, in skywe gesny
110 g gerookte ham, in blokkies gesny
8 jong geelworteltjies, in kwarte gesny
’n glas witwyn
3 tamaties, geskil, ontpit en opgesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk saam met sout
Sout en peper
Gekapte pietersielie vir garnering
Braai die hoender stadig in die botter in ’n kasserol tot bruin en verwyder.
Plaas die uie en ham in koue water en bring dit tot kookpunt. Dreineer dit dan dadelik.
Blansjeer die wortels.
Pak die wortels in die kasserol.
Pak dan die hoender, uie en ham bo-op.
Gooi die wyn oor en geur met sout en peper.
Plaas die deksel op en plaas in ’n 180°C oond vir 1 uur.
Sit die tamatie en knoffel in die kasserol.
Plaas die deksel terug en los vir nog 15 minute in die oond.
Strooi die pietersielie oor net voor jy dit bedien.
(foto: Omar Mahmood)

2/15/2023
Hoender gebak met sojasous en sjerrie / Chicken with Soy and Sherry
’n Geurige, eenskottel hoendergereg wat maklik voorberei word.
1 kg hoenderstukke
Kookolie
1 ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekneus
1 stuk gemmerwortel, gerasper
50 mℓ sojasous
50 mℓ soet sjerrie
5 mℓ kerriepoeier
Verbruin die stukke hoender aan alle kante in olie.
Pak dit dan in ’n enkel laag in ’n bakskottel.
Strooi die ui, knoffel en gemmer oor.
Meng die res van die bestanddele en 25 mℓ kookolie saam en giet oor die hoender.
Bak 45 minute by 180°C oond.
Verlaag die hitte na 160°C en keer die hoender om. Bak nog 30 minute tot dit sag is en ’n mooi bruin kleur het.
Gooi van die sous onder in die skottel oor wanneer jy dit voorsit. Bedien met ’n slaai en gebakte aartappels.
Die resep is genoeg vir 6 persone.

11/30/2022
Bergsig hoender
1 gaar hoender, fyngemaak
2 uie, in halwe skywe gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
200 g spek, gesnipper
1 blikkie sampioene
½ pak spaghetti, in 4 gebreek en in hoenderaftreksel gekook
Sout en peper
1 koppie gerasperde cheddar
1 eetlepel gemengde kruie of gemengde speserye
Olie vir braai
Braai die uie tot goudbruin.
Voeg die soetrissie en spek by en braai tot die spek gaar is.
Roer die res van die bestanddele by en gooi in ’n oondskottel. Geur met sout en peper.
Laat in ’n 180°C oond prut vir ’n uur.
Bedien saam met ertjies en ’n slaai of gewoon net op rys.

7/27/2022
Geurige Gamka hoender
1 hoender, skoongemaak en in stukke gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 pakkie sampioenroomsop, aangemaak met 1 koppie water en 1 koppie melk
1 blikkie geroomde sampioene
¼ koppie kookwater
¼ teelepel paprika
1 ui
1 tamatie
Sout en peper en meel
Olyfolie
Vryf die hoender in met 1 knoffelhuisie en sout en peper.
Rol die stukke in meel en braai dit dan bruin in olyfolie.
Pak dit in ’n bakskottel en strooi die paprika oor.
Braai die ui, tamatie en oorblywende knoffelhuisie in olyfolie vir 2 minute.
Gooi die mengsel oor die hoender.
Gooi die sampioene oor die hoender.
Laastens gooi jy die sampioenroomsop oor.
Bak by 180°C tot die hoender gaar is.

4/06/2022
Klein-Karoo hoender in wyn
1 kg hoender, skoongemaak
Blikkie pynappelstukke
Marinade
½ koppie olie
1 koppie droëwyn
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels tamatiesous
Sout en peper
1 eetlepel Worcestersous
Knypie marjolein
Knypie tiemie
Knypie gemaalde gemmer
Meng al die bestanddele vir die marinade.
Plaas die hoender in ’n oondskottel en gooi die marinade oor. Laat staan vir 24 uur.
Bak in ’n 180°C tot gaar. Ongeveer 30 minute daarvoor gaar is gooi jy die pynappelstukke by.
Bedien die hoender warm op rys.

1/12/2022
Hoender-in-die-pot / Pot-roast Chicken
1 skoongemaakte hoender
30 g botter
3 repe spek
1 ui, in skywe gesny
1 wortel, in skywe gesny
1 selderysteel, in skywe gesny
Bouquet garni
Sout en peper
Smelt die botter in ’n kastrol en braai die hoender rondom bruin.
Verwyder die hoender en gooi die vet af.
Plaas die spek onder in die kastrol en plaas die hoender bo-op.
Pak die groente rondom die hoender.
Voeg die kruie by en geur met sout en peper.
Bedek die kastrol met foelie voor jy die deksel terugplaas.
Plaas op lae hitte vir 2½ tot 3 uur. Hou die deksel net op vir die eerste 1½ uur.
Die hoender is gaar wanneer dit sag is.

5/09/2021
Poulet en capilotade / Fyn hoenderbredie
Ontbeen ’n gekookte hoender en knip die vleis in klein stukkies.
Meng die vleis met ’n koue sous, bv. chasseur of Italiaanse sous.
Bedek en verhit die mengsel tot dit begin prut. Prut tot die vleis disintegreer.
Bedien met rys à la creole.
Meng die vleis met ’n koue sous, bv. chasseur of Italiaanse sous.
Bedek en verhit die mengsel tot dit begin prut. Prut tot die vleis disintegreer.
Bedien met rys à la creole.
3/31/2021
Fond Blanc de Volaille / Wit hoenderaftreksel
Gebruik die resep vir Fond Blanc Ordinaire, maar voeg ’n heel hoender by en ’n ekstra kilogram hoenderafval.
Wanneer die hoender sag is, kan jy dit verwyder en apart bedien.
Wanneer die hoender sag is, kan jy dit verwyder en apart bedien.
6/25/2020
Suprêmes de volaille / Smaaklike hoenderborsies
Daar is hoenderborsies in die yskas en jy wil nie heelaand voor die stoof staan nie.
Rol die hoenderborsies vinnig in broodmeel en verbruin dit in botter.
Voeg ’n ½ koppie sjerrie (of port) by, ’n blikkie sampioene in dun skywe gesny en 2 eetlepels bouillon (of hoenderaftreksel). Bedek en prut vir 15 minute.
Roer 2 eetlepels room geleidelik by en bedien.
Bedien met rys of saam met brood.

1/01/2020
Tikka-hoendervlerkies / Tikka Chicken Wings
1,5 kg hoendervlerkies
Sout en varsgemaalde peper
3 eetlepels tikka masala
1 eetlepel borrie
¼ koppie groente-olie
Plaas die hoendervlerkies in ’n groot bak en geur.
Meng die masala, borrie en olie.
Vryf die vlerkies daarmee in en marineer vir 1 uur.
Braai die vlerkies vir 50 minute oor medium-warm kle tot die vel bros en effens geskrei is. Draai gereeld om.
Sit die vlerkies voor saam met wiggies suurlemoen.
Die hoender is genoeg vir 6 persone.

10/17/2019
Plathoender
’n Metode om ’n heel hoender voor te berei vir gaarmaak. Sny die ruggraat uit vanaf die nek tot by die stuitjie sodat die hoender platgedruk kan word. Dit word dan na verwys as ’n plathoender. Die hoender word so vinniger gaar en dit is makliker om by die binne- en buitekant van die hoender uit te kom.
Sleutelwoorde:
Hoender
12/01/2017
Risotto met parmesaan en hoenderlewers / Risotto alla parmigiana / Parmigiano stravecchio
500 g Arborio rys
750 mℓ aftreksel
100 g botter
250 g gerasperde parmesaan
1 ui, fyngekap
’n hand vol hoenderlewers, fyngekap
Sout en peper
Smelt die helfte van die botter in ’n pot en verbruin die uie daarin saam met die hoenderlewer.
Gooi die rys by en meng tot dit begin deursigtig lyk.
Gooi die aftreksel lepel vir lepel by en roer tot die vloeistof opgeneem is voor jy die volgende lepel bygooi.
Wanneer al die aftreksel opgeneem is geur jy die risotto met sout en peper.
Draai dan die hitte af, roer die botter en parmesaan by en plaas die deksel op. Laat dit so sit vir 5 minute voor jy dit bedien. Garneer met suurlemoenskil en pietersielie.

11/15/2017
50 Hoendergeregte
Jy loop ná ’n harde dag by die huis in, daar is die reuk van hoender wat prut ...
Ja, met hierdie resepte is dit moontlik, want selfs die niekokers in jou huis sal dit regkry. Of, as jy self moet kook, dan soek jy juis hierdie resepte met bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.
50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied.
Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie – hoender is maklik om voor te berei en ’n ekonomiese keuse vir elke gesin. Die resepte bestaan uit treffers soos:
Blatjanghoender
Oros-hoender
Hoenderbobotie
Romerige hoender-stroganoff
Pikante hoender-en-lensiesop
Pynappelhoender
Hoender-en-brokkoli
Hoendersamoesas
’n Appelkoos-en-hoenderpotjie.
50 Hoendergeregte -- Lapa, November 2017; 64 p. ; sagteband. -- ISBN 9780799382853
50 Hoendergeregte,
Bettie Blom,
14 November 2017.
2

Resepteboeke
5/03/2017
Mikael Morkel: My lekker hoendersousie
Mikael Morkel en sy gesin se drempel word deesdae deurgetrap. “Almal wil hier kom kuier om my kos te eet,” sê dié 10-jarige Kokkedoortjie-deelnemer ingenome.
2/01/2017
Maak jou eie KFC – die resep
Daar is soveel stories oor Colonel Sanders en sy Kentucky Fried Chicken resepte. Die Chicago Tribune het egter reeds in 2016 die geheim van die 11 kruie en speserye gepubliseer.
’n Joernalis van die Tribune het hierdie foto geneem in die Harland Sanders Cafe and Museum in ’n klein dorpie genaamd Corbin in Kentucky in Amerika waar die “Colonel” sy hoender begin verkoop het.
Die Tribune het die KFC resep getoets en beslis dat dit “finger lickin’ good” is.
Die 11 kruie en speserye wat jy meng met 2 koppies meel is:
2/3 eetlepel sout
½ eetlepel tiemie
½ eetlepel basiliekruid
1/3 eetlepel oreganum
1 eetlepel selderysout
1 eetlepel swartpeper
1 eetlepel droë mosterd
4 eetlepels paprika
2 eetlepels knoffelsout
1 eetlepel fyngemaalde gemmer
3 eetlepels witpeper

10/21/2016
Toskaanse spaghetti
Kook die spaghetti volgens aanwysings en meng dit dan met gaar, fyngekapte hoenderlewers, fyngekapte rooi soetrissie, gerasperde parmesaan en 15 mℓ tamatiepasta.
Bedien dit saam met ekstra parmesaan en ’n tamatiesous.
Resep: Pearl Adam
Bedien dit saam met ekstra parmesaan en ’n tamatiesous.
Resep: Pearl Adam
9/06/2016
Hoenderkebabs met droë vrugte
Koskonsultant Heleen Meyer maak heerlike hoenderkebabs met droë vrugte.
Sleutelwoorde:
Hoender
,
Peuselhappie
8/19/2016
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)