Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Tarentaal. Show all posts
Showing posts with label Tarentaal. Show all posts

9/16/2016

Gesmoorde tarentaal

1 skoongemaakte tarentaal, behou die lewer
1 dik stuk spek, fyngekap
Hand vol pietersielie, fyngekap
Peper
2 stukke ham, fyngekap
2 uie, in ringe gesny
2 selderystele, fyngekap
300 mℓ bouillon / aftreksel
olie

Kap die tarentaal se lewer fyn en meng dit met die spek, pietersielie en peper. Stop die voël daarmee.

Verhit ’n bietjie olie in ’n kastrol en smoor die ham en groente tot sag.
Voeg ’n bietjie bouillon by en sit die voël bo-op.
Gooi die orige bouillon oor en sit die deksel op. Laat dit prut vir 1½ uur.

Skep enige oortollige vet af en sit voor saam met die groente.

5/08/2014

Tarentaal

Die resep is vir ’n tarentaal van so 1 kg.

sout
varsgemaalde swartpeper
60 mℓ olie
2 wortels, fyngekap
2 stokke seldery, fyngekap
’n hand vol pietersielie, fyngekap
2 takke roosmaryn – gebruik net die blaartjies
100 g botter
200 mℓ droë witwyn

Die tarentaal moet aan die binne- en buitekant goed ingesmeer word met sout en peper. Plaas dit dan in ’n roosterpan en drup die olie oor. Braai dit in ’n 180°C-oond vir 1 uur. Draai die voël nou en dan en bedruip dit met die sous wat in die bak vorm.

Intussen braai jy die groente en kruie in die botter tot sag.
Voeg nou die wyn en ’n bietjie water by en prut dit tot die vloeistof effens afgekook het. Dit sous moet nie te dun wees nie.

Wanneer die tarentaal uit die oond kom knip jy dit in stukke en benat die stukke met die sous. Jy kan dit bedien saam met aartappelskyfies, gebraaide sampioene en kraakvars brood of groente.

12/03/2010

Fisant / Pheasant

Dit is beter om wilde voëls soos fisante, tarentale en ou hoenders in ’n pot gaar te maak. Ou voëls kan baie droog word as dit gebraai word.

1 fisant
spek
1 ui, in skywe gesny
1 wortel, in skywe gesny
bouquet garni
sout
peper

Bedek die voël se bors met spek.

Smelt die botter in ’n kastrol en sit die fisant in.
Pak die groente rondom die hoender, strooi sout en peper oor en plaas die bouquet garni ook in die kastrol.
Sit die deksel op en laat die kastrol vir 6 minute oor matige hitte staan.
Draai die hitte af en prut vir 1½ uur.

Gooi enige vet af en verwyder die spek voor jy dit bedien.

10/25/2010

Haas / Hare

Hierdie resep is vir 1 kg haasvleis. Sny die vleis in stukke.

Plaas die vleis saam met 50 g repiesspek in ’n kastrol en gooi net genoeg water oor om dit te bedek.
Voeg 6 naeltjies en 12 peperkorrels by en laat 5 uur lank oor baie lae hitte kook. Na 2 ure voeg jy ook 3 lourierblare, 10 mℓ sout, 2,5 mℓ peper en 25 mℓ asyn by. Na 4 ure voeg jy 125 mℓ rooiwyn by.

Die vleis is reg as dit maklik van die bene afkom. Verwyder al die bene en veletjies en maak die vleis fyn met ’n vurk.

Verwyder die naeltjies en peperkorrels voor jy dit bedien.

Die resep kan ook vir tarentaal gebruik word.