Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Oostenryks. Show all posts
Showing posts with label Oostenryks. Show all posts

2/19/2020

Café liégeois

Kombineer twee skeppe koffie roomys en en een skep vanilla roomys in ’n lang glas.
Drup een eetlepel sterk koffie oor die roomys.
Rond af met Chantilly-room.


(foto: Julien Jorge)

8/22/2011

Oostenrykse ganslewersop

Kook genoeg hoendersop (resep 2) vir jou gaste. Die lewergereg word in die sop bedien. Hier is die resep vir die lewergereg:

ganslewers, skoongemaak, gebraai en fyngemaak
60 mℓ gesmelte botter
250 mℓ broodkrummels, in melk geweek
2 eiers, geklits
2 eiergele, geklits
60 mℓ gekapte grasuie
sout
peper
2,5 mℓ neutmuskaat
3 eierwitte, styf geklop

Klop die botter, 2 eiers en eiergele saam.

Roer die broodkrummels, grasuie, neutmuskaat en sout en peper na smaak by.

Klits die eierwit en lewer by.
Rol die mengsel in balletjies.

Smeer ’n oondplaat met botter en plaas die balle daarop. Bak by 180ºC tot gaar.

Plaas ’n lewerbal of twee in elke sopbak en gooi die sop oor wanneer jy dit bedien.

7/15/2010

Oostenrykse koffiekoek

Hierdie is 'n baie mooi nagereg. Dit is 'n koek wat deurweek word met koffie en gegeur met brandewyn.

170 g botter
170 g strooisuiker
3 eiers, geklop
170 g bruismeel
knippie sout
280 ml klaargemaakte sterk, swart koffie
suiker
280 ml room, geklop met suiker en 2 druppels vanieljegeursel
amandels, bruin gerooster
brandewyn

Stel die oond op 190ºC.

Room die botter en suiker in 'n mengbak tot dit lig en donsig is.
Klop die eiers geleidelik by en vou die meel en sout by met 'n metaallepel.
Skep die mengsel in 'n gesmeerde koekpan van 20 cm in deursnee vir 40 minute.

Keer die koek uit wanneer dit gaar is en laat afkoel.

Meng die koffie en suiker tot stroperig en geur met brandewyn na smaak.

Plaas die koek op 'n bord, deurweek dit met die koffiestroop en smeer toe met die room.
Versier die koek met die amandels.

7/07/2008

Nougat

Kook 250 g heuning en 250 g suiker saam tot die suiker gesmelt het - tot by 129°C.
Voeg 1 eetlepel lemoenblomwater en die styfgeklopte wit van 1 eier by.
Smelt oor lae hitte en roer aanhoudend - tot by 109°C.
Voeg nou 500 g gekapte amandels by wat jy geblansjeer, gedroog en toe verhit het voor jy dit fyn gekap het.

Gooi die mengsel in 'n plat bakplaat wat met ryspapier uitgevoer is. Plaas ryspapier ook bo-op en plaas 'n gewig soos 'n broodplank bo-op.

Sny terwyl dit nog effens warm is.