Hi Daar
Hier is 'n heerlike. liplekker hoenderpotjie met groente.
Bestanddele:
Sonneblom olie ( Olyfolie kan ook gebruik word - baie gesonder)
Twee groot uie (gekap)
Garlic - Hoef nie bang te wees nie ( Garlic is baie gesond )
Pak hoenderbors stukkies, hoe meer vleis hoe lekkerder ( Woolies se hoender is puik )
Bruin uie sop
1 Blikkie room
Bietjie rooi wyn - droog
Sweet corn mielies - Nie blikkies nie, die heel vars klein mielies)
Klein wortels - (Nie groot wortels nie, ook die wat jy klein aankoop)
Jou keuse van groente verder
Aanwysings:
Warm die potjie op, en voeg so bietjie olie by net om die onderkant en sykante van die potjie te "smeer" As die olie lekker warm is, voeg die uie en die knoffel by en laat dit bietjie braai - nie brand nie Sondra die uie en knoffel op proe staduim kom, voeg die hoender stukkies by, en braai die amper gaar. Maak seker dat die hoeder lekker "gebraai" is sodat jy meer smaak kan gee in jou potjie. As die hoeder op amper gaar staduim is , voeg bietjie rooi wyn by , braai so bietjie en HAAL UIT. Die rooi wyn sal nie net ´n lekker smaak gee nie, maar baie van die cholestrol wegbrand.
Nadat die hoender en die uie en knoffel uitgehaal is, voeg so 1 tot 2 liter water in die pot. Roer die water tot al die "vas gebrande" dele in die water ingeroer is. Voeg nou al jou groentes by die water mengsel, en geniet so glasie wyn of twee van jou eie. Kyk so nou en dan of die groentes al sag gekook is. MOET NIE dat die groente heeltemal sag kook nie, want ons maak potjie, nie stew nie.
Sodra jy ´n mes deer die wortel kan druk, is die groente mengsel gereed vir die res van die potjie-kos. Voeg nou weer die hoender en die uie-knoffel mengsel by die potjie. Laat die potjie nou bietjie kuier vir so 20 min of wat. Sodra die groente en die hoender mekaar ordentlik ontmoet het, kan jy nou so bietjie bruinuiesop byvoeg. As sien sien daar is bietjie min water in, voeg so bietjie by, want die bruin uie sop sal so bietjie dikkerigheid veroorsaak. Laat staan en kook die potjie nou weer vir so 10-20 minute. As die potjie op sy einde is, voeg die hele blikkie room by, en laat prut vir so 10 min. 'n Roomsous vir jou hoender in die potjie.
Bedien saam met ´n ligte mengelslaai en ´n glasie rooi wyn.
resep: Gert Brits
Soekgids aanwysers: liplekker hoender potjie potjiekos
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Braai. Show all posts
Showing posts with label Braai. Show all posts
3/26/2025
5/29/2024
Kaboemielies
Hierdie resep is in antwoord op 'n vraag van Michelle Janse van Rensburg.
750 ml droë skoon mielies
sout
spek
Week mielies oornag in koue water. Kook in soutwater totdat mieliepitte uit doppies spring. Voeg bietjie spek by en prut tot dit gaar is. Dit is heerlik saam met gebraaide hoender.

resep: Petro van der Westhuizen
Sleutelwoorde:
Braai
,
Groente
,
Suid-Afrikaans
9/28/2022
Salsina per Arrosti e Cacciagione / ’n Sous vir braaivleis en wild
’n Italiaanse sous vir braaivleis en wild wat in ’n gietyster pot gemaak moet word.
50 g prosciutto, fyngekap
2 hoenderlewers, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
500 mℓ witwyn
3 blare salie
’n takkie roosmaryn
’n paar jenewerbessies
½ suurlemoen, in ringe gesny
80 mℓ olie
200 mℓ rooiwynasyn
Sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas die bestanddele in die pot en laat dit begin prut oor lae hitte. Roer dit van tyd tot tyd. Prut tot die sous met die helfte afgekook het.

7/07/2022
Sampioene op die braai
Meng gesmelte botter met gekapte knoffel. Bestryk groot bruin sampioene daarmee. Of gebruik gegeurde olie.
Braai op ’n rooster tot gaar.
Braai op ’n rooster tot gaar.
Sleutelwoorde:
Braai
,
Bykos
,
Suid-Afrikaans
,
Vegetaries
5/20/2020
Braaibroodjies in ’n pan
90 mℓ sagte botter
12 snye witbrood
60 mℓ blatjang
12 skywe cheddar
1 ui, in ringe gesny
2 tamaties, in ringe gesny
Sout en varsgemaalde peper.
Verhit ’n riffelpan tot matig warm.
Smeer brood met botter aan beide kante.
Smeer 6 snye met blatjang, gevolg deur ’n skyf cheddar.
Verdeel die uieringe tussen die 6 snye. Daarna die tamatie.
Geur met sout en peper.
Sit nog ’n skyf cheddar op en plaas die ander 6 snye bo-op.
Braai vir 5 tot 8 minute aan ’n kant tot goudbruin en die kaas gesmelt het.
Die resep is genoeg vir 4 tot 6 persone.

4/20/2020
Aspatat / Ash-roasted sweet potato
Die patat moet toegedraai word in lae dik foelie. Sit by elke patat ’n eetlepel botter. Jy kan ook ’n hand vol gerasperde kaas byvoeg.
Bak dit in jou kole vir ’n uur of twee. Die skil moet moet stewig en effe hard voel en die binnekant sag.
Wanneer dit gaar is, sny oop en geur met sout en peper. Jy kan dit net so uit die skil eet of uitskep en nog botter en/of kaas byvoeg.
As jy jou storie ken kan jy ’n patat sonder enige bedekking tussen die kole gaarmaak.
Bak dit in jou kole vir ’n uur of twee. Die skil moet moet stewig en effe hard voel en die binnekant sag.
Wanneer dit gaar is, sny oop en geur met sout en peper. Jy kan dit net so uit die skil eet of uitskep en nog botter en/of kaas byvoeg.
As jy jou storie ken kan jy ’n patat sonder enige bedekking tussen die kole gaarmaak.
Sleutelwoorde:
Braai
,
Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
4/17/2020
Asbrood / Ash Bread
360 g bruin broodmeel
140 g wit broodmeel
10 g kitsgis
5 mℓ sout
50 mℓ varkvet, botter of margarien
500 mℓ karringmelk
Meng die droë bestanddele saam.
Vryf die botter in met die vingerpunte tot dit goed gemeng is.
Voeg die karringmelk by en meng goed.
Plaas die deeg op ’n groot vel aluminiumfoelie. Vorm tot ’n ovaal/ovale brood, ongeveer 3 cm dik. Vou dit toe in die foelie en plaas op matige warm kole. Bedek met nog kole. Bak ongeveer 45 minute of tot die brood klaar is.

8/22/2018
Spaanse varksosaties
Week die sosatiestokkies oornag in water, of ten minste vir 3 uur.
750 g varkfilet, in 3 cm stukkies gesny
6 knoffelhuisies, fyngedruk
1 eetlepel fyngemaalde komyn
2 teelepels fyngemaalde koljander
2 teelepels fyngemaalde paprika
¼ koppie fyngekapte vars pietersielie
2 eetlepels fyngekapte vars oreganum
½ koppie olyfolie
Meng alles behalwe die vleis saam.
Gooi die vleis by en meng goed.
Bedek en hou oornag in die yskas, of ten minste vir 3 uur.
Braai die sosaties in ’n riffelpan of oor ’n vuur.

11/30/2017
Shisanyama
Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai.
As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.
Shisanyama / Jan Braai -- Human & Rousseau, 20 November 2017; 200 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798176361
Shisanyama,
Bettie Blom,
29 November 2017.
2.5

Resepteboeke
10/31/2017
Plank braai
Dink jy hout word net kole by 'n braai? Nee wat, hier is planne om vleis en bykos nog lekkerder daarmee te geur.
1/16/2017
Camembert Braai Bom
Cheesy Braai Bombs are easy to make, just have look at this short clip. #namibia #wood #Namibiahardwood #recipe #dish #braai #video #food pic.twitter.com/uTJibThWPI
— Namibian Hardwood (@NamibiaHardwood) January 10, 2017
9/23/2016
Braai gesond
Koskonsultant, Heleen Meyer, het met ons gesels oor hoe om op die gesonde manier te braai.
Sleutelwoorde:
Braai
,
Peuselhappie
,
Slaai
9/19/2016
Ikoniese Suid-Afrikaanse resepte: Snoek, lamsboud, koemkwat en hanepoot konfyt en malvapoeding
Sjefs Reuben Riffel en Duane Lewis kook Suid-Afrikaans:
8/19/2016
6/10/2016
5/12/2016
Vinnige potbrood
Maak vinnig 'n broodjie by die braai deur 500 g bruismeel met een blikkie bier te meng. Voeg 5 mℓ sout by.
Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond.
Foto: Christopher Liang
Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond.
Foto: Christopher Liang
3/29/2016
Gebakte groenmielies
Trek die groenmielies se buiteblare af, maar nie die binneblare nie.
Bak die mielies net so in die oond, sit dit in warm asof braai dit op die rooster.
(foto Steven Depolo)
Bak die mielies net so in die oond, sit dit in warm asof braai dit op die rooster.
(foto Steven Depolo)
Sleutelwoorde:
Braai
,
Groente
,
Vegetaries
3/25/2016
1/14/2016
Patio-brood
Ons noem die een sommer patio-brood. Jy sal hom aantref op die lys van partytjie treffers.
150 g kaassmeer
125 mℓ sagte botter
125 mℓ medium sjerrie
30 mℓ vars gekapte pietersielie
Fyngedrukte knoffel na smaak
Franse brood
Meng die kaas, botter, wyn, pietersielie en knoffel saam.
Sny die lang Franse brood in die dwarste indik snye, maar sny net tot by die onderste korsie en nie deur nie.
Smeer die kaasmengsel tussen die snye.
Draai die brood toe in aluminiumfoelie en plaas op ’n bakplaat.
Bak 30 minute by 180°C.
Jy kan dit ook op die braai maak oor ligte kole.
Sit dit vuurwarm voor.

Brood
,
Peuselhappie
12/04/2015
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)