Dorado is ’n goudkleurige seevis. Chermoula is ’n Marokkaanse marinade wat ook as ’n sous bedien kan word.
Chermoula
3 knoffelhuisies, fyngedruk
1 teelepel fyngemaalde komyn
½ teelepel paprika
’n knypie rissiepoeier
2 eetlepels vars, gekapte koljander
2 eetlepels vars, gekapte pietersielie
¼ koppie olyfolie
¼ koppie suurlemoensap
2 teelepels gerasperde suurlemoenskil
Meng al die bestanddele vir die chermoula in ’n glasbak.
Skep die helfte van die sous uit en hou dit eenkant.
Bedek 8 x 200 g dorado-filette een vir een met die sous voor jy dit in ’n bak plaas saam met die marinade, bedek en oornag in die yskas hou. Onthou daarom apart te hou van die sous wat jy aanvanklik uitgeskep het.
Gooi die marinade af van die vis.
Braai die vis in ’n pan aan beide kante tot dit begin verbruin.
Bedien die vis saam met die behoue chermoula.
Die resep is genoeg vir 8 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Marokkaans. Show all posts
Showing posts with label Marokkaans. Show all posts
10/16/2017
4/14/2016
Lemoen-en-radys-slaai / Orange and Radish Salad
Hier is nog ’n kombinasie waaraan jy nog nooit gedink het nie. Die soet lemoen komplimenteer die sterk frank smaak van die radyse perfek.
5 lemoene – skil en maak die skyfies skoon
12 radyse, in papierdun skywe gesny
Olyfolie
Knippie sout
Meng die lemoen en radyse in ’n mengbak en bedruip met olyfolie voor jy goeie sout oorstrooi. So maklik soos dit.
Opsioneel: Jy kan die slaai meer lyf gee met dun rooi ui en swart olyf skywe. Garneer met pietersielie.
(foto Tracy Benjamin)

Sleutelwoorde:
Marokkaans
,
Slaai
,
Vegetaries
11/18/2008
Marokkaanse kruisementtee / Moroccan Mint Tea
1 teelepel kruisement
warm water
´n druppel heuning
1 lemmetjie skyfie
1 teelepel vars gekapte gemmer
Meng al die bestanddele saam, behalwe die heuning, en gooi deur ´n siffie. Voeg die heuning by.
warm water
´n druppel heuning
1 lemmetjie skyfie
1 teelepel vars gekapte gemmer
Meng al die bestanddele saam, behalwe die heuning, en gooi deur ´n siffie. Voeg die heuning by.
Sleutelwoorde:
Drankie
,
Marokkaans
9/04/2008
Na'na' kruisementtee / Mint Tea
Ans van der Westhuizen wou 'n resep hê vir kruisementtee van Marokko.
(maak 1 liter)
4 eetlepels groentee
suiker na smaak
1 liter kookwater
6 vars kruisementblare
6 suurlemoenskywe
Spoel 'n teepot met warm water uit. Plaas die tee in die pot en bedek met 'n bietjie kookwater. Skink deur 'n siffie om van die blare ontslae te raak. Gooi jou suiker in die pot en vul op met kookwater. Voeg die kruisementblare en suurlemoenskywe by. Laat trek vir 'n paar minute.
Bedien dit warm of koud in lang glase.

9/03/2008
Farina
Farina is 'n Marokkaanse brood wat op klippe gebak word.
Kry vir jou 'n klomp klippe bymekaar, genoeg om die bodem van jou oondpan te bedek.
Verder benodig jy:
1 kg broodmeel
4 koppies water
50 g gis
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
Meng al die droë bestanddele en voeg die water geleidelik by terwyl jy dit meng. Wanneer jy 'n sagte deeg het plaas jy dit op ’n oppervlakte waaroor meel gestrooi is. Laat dit 10 minute rus.
Vorm die deeg nou in 'n bal, rol in meel, bedek met 'n doek en laat lê vir een uur.
Knie die deeg af vir drie minute. Vorm weer 'n bal en laat lê vir 'n halfuur.
Knie die deeg weer af en laat vir nog 'n halfuur.
Deel die deeg in vier, maak elke kwart plat tot dit omtrent een sentimeter dik is. Verhit die klippe en sodra dit warm is plaas jy die brood daarop en verf die brood met geklitste eier.
Bak 20 minute tot die brood goudbruin is.

Brood
,
Marokkaans
9/02/2008
Tabbouleh-slaai / Tabbouleh Salad
Vir hierdie Marokkaanse slaai gaan jy 'n paar pita-brode in 'n bord sit. Pak klein bakkies uit met die volgende daarin:
halwe kersietamaties
ontpitte olywe
blokkies feta
gekerfde slaaiblare
Laat jou gaste nou hulle eie skeppings op die brode maak wat hulle dan toevou en eet.
halwe kersietamaties
ontpitte olywe
blokkies feta
gekerfde slaaiblare
Laat jou gaste nou hulle eie skeppings op die brode maak wat hulle dan toevou en eet.
Sleutelwoorde:
Marokkaans
,
Slaai
,
Vegetaries
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)