’n Voedsame Ierse bredie.
2 eetlepels olie
1 ui, in blokkies gesny
4 wortels, geskil en in ringe gesny
3 stokke seldery, in stukkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
6 klein aartappeltjies, gehalveer
2 patats, in stukke gesny
2 eetlepels Marmite
2 koppies groenteaftreksel
1 blikkie bier
4 lourierblare
Sout en varsgemaalde swartpeper
1 blik cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
Gekapte pietersielie
Verhit die olie in ’n groot pot.
Braai die ui, wortel en seldery tot bruin.
Voeg die knoffel by en braai nog 1 minuut.
Voeg die aartappels en patat by.
Roer die Marmite by en laat kook vir 2 minute.
Voeg die aftreksel, bier en lourierblare by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat onbedek prut vir 30 minute. Al die groente moet sag wees.
Geur met sout en peper.
Voeg die bone by en prut nog 10 minute.
Strooi die pietersielie oor en bedien met brood.
(die resep is genoeg vir 6 persone)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Iers. Show all posts
Showing posts with label Iers. Show all posts
4/21/2021
12/19/2016
Ierse Mochachino
Klop die volgende bestanddele saam:
30 mℓ room
15 mℓ kakao
15 mℓ strooisuiker
5 mℓ vanieljegeursel
Meng 60 mℓ espresso en 30 mℓ Ierse whiskey en gooi dit in ’n glas.
Rond dit af met die room-mengsel en sjokoladeskaafsels.
Bedien.
(foto: Heather Joan)
30 mℓ room
15 mℓ kakao
15 mℓ strooisuiker
5 mℓ vanieljegeursel
Meng 60 mℓ espresso en 30 mℓ Ierse whiskey en gooi dit in ’n glas.
Rond dit af met die room-mengsel en sjokoladeskaafsels.
Bedien.
(foto: Heather Joan)
10/05/2009
Ierse koffie / Irish Coffee

Maak 'n glas warm.
Meng 2 eetlepels whisky, 1 eetlepel bruinsuiker en 2/3 sterk koffie.
Skep 3 eetlepels room bo-op.
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)