BESTANDDELE
500 g wildsvleis - die afvalstukkies as die bok opgesny word werk net so goed – in klein stukkies gesny
250 g beesvleis, in dun skywe gesny
60 g varkvleis, in blokkies geknip
30 mℓ botter
1 wortel, fyngekap
1 witwortel, fyngekap
1 ui, fyngekap
1 stok seldery, fyngekap
1,7 liter vleisekstrak
1 bouquet garni
sout
varsgemaalde swartpeper
4 jenewerbessies
60 mℓ droë sjerrie
250 g borsvleis van die bok, gekook en in repies gesny
STAPPE
Smelt die botter in 'n soppot en gooi die stukkies wild, die varkvleis en die groente by. Braai tot bruin.
Voeg die vleisekstrak en beesvleis by.
Plaas ook die bouquet garni in die pot en voeg die sout, peper en jenewerbessies by. Prut alles saam oor lae hitte vir 2 uur.
Indien die vloeistof te veel wegkook kan jy water byvoeg.
Skep enige vet af en gooi die sop deur 'n fyn sif.
Gooi die vloeistof in 'n skoon pot saam met die sjerrie en die borsvleis. Kook stadig tot alles goed verhit is en bedien dadelik.
Die resep is genoeg vir 8 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Suid-Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Suid-Afrikaans. Show all posts
7/23/2025
5/29/2024
Kaboemielies
Hierdie resep is in antwoord op 'n vraag van Michelle Janse van Rensburg.
750 ml droë skoon mielies
sout
spek
Week mielies oornag in koue water. Kook in soutwater totdat mieliepitte uit doppies spring. Voeg bietjie spek by en prut tot dit gaar is. Dit is heerlik saam met gebraaide hoender.

resep: Petro van der Westhuizen
Sleutelwoorde:
Braai
,
Groente
,
Suid-Afrikaans
4/05/2024
Kaapse kerrievis
Hierdie is 'n resep wat gewild is in die Kaapse Maleiergemeenskap.
2 kg ferm visfilette (verkieslik geelstert of kabeljou)
sout en varsgemaalde witpeper
Kerriesous:
125 ml olie
3 uie, dun gesny
200 ml bruinasyn
20 ml suiker
5 ml borrie
10 ml kerrie
5 ml rissiepoeier
5 lourierblare
sout
Geur die vis met die sout en peper.
Verhit die olie in 'n pan en braai die vis vir 5 minute aan 'n kant.
Verwyder die vis uit die olie en dreineer om handdoekpapier.
Kook die uie, asyn, suiker en speserye saam in 'n souspan vir 10 minute.
Geur met sout na smaak.
Plaas die vis in 'n bak en gooi die sous oor. Sorg dat die sous die vis bedek.
Plaas 'n deksel op die bak en bêre in die yskas vir ten minste 'n dag voor jy dit gebruik.
(die Kaapse kerrievis resep is genoeg vir 6 persone)

Hoofgereg
,
Inlê
,
Suid-Afrikaans
,
Vis
7/07/2022
Sampioene op die braai
Meng gesmelte botter met gekapte knoffel. Bestryk groot bruin sampioene daarmee. Of gebruik gegeurde olie.
Braai op ’n rooster tot gaar.
Braai op ’n rooster tot gaar.
Sleutelwoorde:
Braai
,
Bykos
,
Suid-Afrikaans
,
Vegetaries
12/08/2021
Ouma-onder-die-kombers
Gebruik enige oorskietvleis en/of –groente. Of gebruik klein gaar frikkadelletjies.
Maak ’n beslag met 250 mℓ meel, 10 mℓ bakpoeier en ’n knippie sout gemeng met koue water. Dit moet nie te slap wees nie.
Doop die vleis en/of groente in die beslag om dit te bedek met die deeg. Bak dit dan stadig in vlak olie in ’n pan. Bak beide kante.
Bedien met slaai.
Maak ’n beslag met 250 mℓ meel, 10 mℓ bakpoeier en ’n knippie sout gemeng met koue water. Dit moet nie te slap wees nie.
Doop die vleis en/of groente in die beslag om dit te bedek met die deeg. Bak dit dan stadig in vlak olie in ’n pan. Bak beide kante.
Bedien met slaai.
Sleutelwoorde:
Groente
,
Suid-Afrikaans
,
Vleis
11/17/2021
Groenboontjies in suursous
Jong groenboontjies, skoongemaak en in die lengte deurgesny.
Kook die groenboontjies tot sag.
Maak ’n sous soos vir slaphakskeentjies en gooi dit oor die boontjies.
Bedien dit koud.
Kook die groenboontjies tot sag.
Maak ’n sous soos vir slaphakskeentjies en gooi dit oor die boontjies.
Bedien dit koud.
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Suid-Afrikaans
8/18/2021
Koperpennie-wortelslaai
1 kg wortels, in ringe gesny
4 uie in skywe gesny
1 soetrissie, grof gekap
Kook die wortels en soetrissie saam tot die wortels halfgaar is.
Meng met die uie.
Sous
1 pakkie tamatieroomsop
2 eetlepels Worcestersous
1 koppie water
1 koppie wit asyn
¾ koppie olie
1 teelepel mosterd
1 koppie suiker
Kook die sous bestanddele saam tot die suiker gesmelt is.
Gooi die sous oor die groente.

Slaai
,
Suid-Afrikaans
,
Vegetaries
8/04/2021
Kweperkonfyt / Quince Jam
4 kwepers, vryf die donse af en rasper die kwepers met skil en al
1500 mℓ suiker
500 mℓ water
Gooi die suiker en water in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer. Die suiker moet oplos voor die water kook.
Voeg die kwepers by wanneer die stroop begin kook.
Meng goed en laat dit oop kook vir 30 minute. Roer af en toe.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

Vrug
7/28/2021
5/19/2021
3/03/2021
Lemoenpatats / Sweet potatoes with orange
2 kg patats
50 mℓ mielieblom
500 mℓ lemoensap
125 mℓ bruinsuiker
125 mℓ witsuiker
2 mℓ sout
2 mℓ lemoenskil
125 mℓ pitlose rosyne
Kook die patats in soutwater tot sag.
Trek die skille af en sny in skywe.
Pak dit in ’n bakskottel van 20 x 30 x 5 cm.
Meng die mielieblom met ’n bietjie lemoensap tot ’n gladde pasta.
Voeg die res van die sap en bestanddele by.
Verhit dit oor matige hitte tot dit verdik.
Gooi die sous oor die patatskywe en bak 30 minute in ’n voorverhitte oond teen 160°C.

2/24/2021
Kerriemaalvleis
Olie
2 kg maalvleis
4 uie, fyn opgesny
4 eetlepels kerrie
1 eetlepel borrie
4 eetlepels blatjang
½ koppie asyn
1 eetlepel suiker
2 koppies wortels, fyn gerasper
3 eetlepels sout
3 groen appels, grof gerasper
2 koppies water
2 kg aartappels, in blokkies gesny
1 pakkie bruinuiesoppoeier
Braai die uie stadig in 4 eetlepels olie vir 5 minute op lae hitte.
Roer die kerrie en borrie by.
Voeg die blatjang, asyn en suiker by en laat stadig prut vir 10 minute oor lae hitte.
Roer die vleis, wortels en sout by. Hou aan roer tot die vleis los is.
Voeg die appel en water by. Laat prut vir 20 minute. Roer af en toe dat die vleis nie brand nie.
Kook intussen die aartappel in ’n klein bietjie water saam met 1 teelepel borrie tot sag.
Gooi die aartappels se water af en voeg dit by die vleis.
Maak die sop aan met ’n ½ koppie water en voeg dit by die vleis.
Laat alles goed deurkook.
Die resep is genoeg vir 12 tot 15 persone.

1/08/2021
Gestoofde groenboontjies / Stewed Green Beans
500 g groenboontjies, gekerf
1 groot aartappel, geskil en in skywe gesny
Stukkie skaaprib
1 groot ui, fyn opgekap
Sout en peper
Plaas die bone, aartappel, uie en vleis in ’n kastrol saam met ’n klein bietjie kookwater. Stowe tot die skaaprib sag is.
Geur met sout en peper.
1 groot aartappel, geskil en in skywe gesny
Stukkie skaaprib
1 groot ui, fyn opgekap
Sout en peper
Plaas die bone, aartappel, uie en vleis in ’n kastrol saam met ’n klein bietjie kookwater. Stowe tot die skaaprib sag is.
Geur met sout en peper.
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Suid-Afrikaans
10/07/2020
Korslose souttert – ’n eenvoudige resep
1 liter melk
2 blikkies Bull Brand “corned beef”, fyngemaak
4 koppies gerasperde cheddar - rasper bietjie ekstra cheddar vir bo-op
1 koppie koekmeelblom – moet dit nie sif nie
6 eiers, geklits
2 uie, gekap
10 mℓ sout
10 mℓ mosterdpoeier
10 mℓ gedroogde pietersielie
4 mℓ knoffelsout
Meng alles (nie die ekstra cheddar nie) saam en gooi in ’n gesmeerde oondbak. Bak in ’n voorverhitte oond teen 180°C tot gestol en ligbruin. Dit kan tot 40 minute in die oond bly.

Eier
,
Suid-Afrikaans
9/25/2020
Stoofpatats / Stewed Sweet Potatoes
Sny 500 g geskilde patats in dik skywe.
Voeg 1 koppie water, 60 g geelsuiker, 30 g botter, ’n reep gedroogde nartjieskil en sout na smaak by.
Stoof tot die patats sag is.
Voeg ’n skeut sjerrie by net voor jy dit bedien.
Voeg 1 koppie water, 60 g geelsuiker, 30 g botter, ’n reep gedroogde nartjieskil en sout na smaak by.
Stoof tot die patats sag is.
Voeg ’n skeut sjerrie by net voor jy dit bedien.
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Suid-Afrikaans
7/15/2020
Visbobotie
1 kg gevlokte, gaar stokvis
1 uie, fyngekap
25 mℓ botter/olie
1 dik sny brood
250 mℓ melk
12,5 mℓ appelkooskonfyt
50 mℓ suurlemoensap
75 g ontpitte rosyne
10 droë appelkose
30 mℓ kerriepoeier
12 amandels, in kwarte gesny
5 mℓ sout
2 mℓ peper
6 lourierblare (suurlemoenblare kan ook gebruik word)
2 eiers
Soteer die uie in die botter/olie.
Week die brood in die helfte van die melk.
Meng alle bestanddele behalwe die res van die melk, die eiers en die lourierblare.
Skep die mengsel in ’n oondbak en druk die lourierblare in.
Klits die orige melk en die eiers saam.
Giet oor die vleis.
Bak ongeveer 45 minute lank by 180°C.
Bedien met rys, blatjang, gerasperde klapper en gekapte neute.

7/24/2019
Poetoepap / Krummelpap
Verhit 1 liter soutwater tot kookpunt in ’n bedekte pot.
Gooi 4 koppies mieliemeel op een slag in die middel van die pot wanneer die water kook. Moet dit nie roer nie.
Bedek die pot en laat vir 10 minute lank stoom.
Na 10 minute roer jy die pap met ’n tweetandvurk sodat dit krummels vorm.
Verlaag no die hitte en stoom ’n verdere 30 minute. Roer elke 5 minute.
Sit voor met ’n klont botter.
foto: Twitter

7/27/2018
Nagemaakte wildsboud
Een skaapboud van so minimum 1,5 kg
250 g spek
50 g rosyne
1 knoffelhuisie, fyngekap
’n knippie sout en peper
’n knippie fyngemaalde gemmer
’n knippie fyngemaalde naeltjies
25 mℓ fyngemaalde koljander
1 ui, in skywe gesny
250 mℓ asyn
15 mℓ suiker
250 mℓ kookwater
25 mℓ meelblom
25 mℓ appelkooskonfyt
Lardeer die boud deur klein snytjies daarin te maak. Druk in elke snytjie ’n repie spek, ’n rosyntjie en ’n stukkie knoffel.
Vryf nou die boud in met die sout, peper, gemmer, koljander en naeltjies.
Plaas die boud in ’n porseleinbak en gooi die asyn oor. Laat dit vir 3 dae in die asyn marineer. Draai dit 2 maal per dag om.
Syg die marinade deur na drie dae en verdik dit met meel tot dit ’n pasta vorm.
Roer die appelkooskonfyt by die pasta.
Smeer die mengsel oor die boud.
Braai tot gaar.

Lam
,
Skaap
,
Suid-Afrikaans
,
Wild
7/11/2018
Vrystaat Biltongfees 2018
Biltong, vye en bloukaas, romerige biltongsop, varsgebakte brood of dalk ’n biltong potjie.
Kuier vanaf 27 tot 29 Julie 2018 by die Rambler’s-klub in Bloemfontein vir ’n lekker fees. Kos, demonstrasies, vermaak, lekker kuier en vele meer.
die amptelike webtuiste
Kuier vanaf 27 tot 29 Julie 2018 by die Rambler’s-klub in Bloemfontein vir ’n lekker fees. Kos, demonstrasies, vermaak, lekker kuier en vele meer.
die amptelike webtuiste
Sleutelwoorde:
Suid-Afrikaans
,
Vleis
7/04/2018
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)