Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Aanbrandsel

Anoniem: Ek het nou die dag my pap pot verbrand en gesukkel om die swart onder af te krap. My dogter kom daaraan en sy gooi bietjie Domestos met bietjie water in die pot en maak effens warm die swart kom af sonder skuur of enige gesukkel, pot lyk weer normaal.

♦♦♦

Vir enige potte wat erg aangebrand het gooi een koppie jik of domestos daarin en laat een uur staan en spoel uit. Daar bly nie 'n teken van brand oor nie.

♦♦♦

Strooi koeksoda op die aangebrande deel in 'n pot. Maak klam met 'n bietjie water.

♦♦♦

Citrus soda en asyn maak 'n aangebrande pot sommer vinnig skoon.

Aanpaksel

Vir die aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of 3 eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel ketel uit. Dis onmiddellik skoon.


aarbei

As aarbeie nie geurig genoeg is nie, sny dit oop en strooi bietjie bruinsuiker oor. Laat dit staan tot die bruinsuiker gesmelt het.


Aartappel

Gerasperde ui gee ’n besondere smaak aan kapokaartappels.

♦♦♦

’n Bietjie melkpoeier oor gekookte aartappels en kapokaartappels maak dit mooi donsig.

♦♦♦

Ou aartappels moet eerder geskil word voor dit gekook word. Plaas die skil ook in die water om die voedingswaarde te verhoog.

♦♦♦

Gooi 'n eetlepel melk in 'n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor.

♦♦♦

Laat aartappels 'n half-uur lank in melk lê om mooi bruin te bak.

♦♦♦

Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ´n vars groen appel by dit.

♦♦♦

'n Knippie bakpoeier by kapokaartappels maak dit sag en lig.

♦♦♦

Voeg suurlemoensap by die water as jy ´n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.

♦♦♦

5 mℓ asyn by die water waarin jy aartappels kook hou hulle mooi wit. Jy kan ook 10 mℓ by die water oor geskilde aartappels gooi om te help keer dat dit verbruin.


Aïoli
Indien jy nie tyd het om Aïoli te maak nie, kan jy knoffel met mayonnaise meng as ’n plaasvervanger.


Appels

Gebakte appels sal nie plooi indien jy ´n paar klein snytjies in die skil maak voor hulle oond toe gaan nie.

♦♦♦

Appels word makliker geskil indien dit vooraf ´n paar minute lank in kookwater lê.


Avokado
Bestrooi avokado’s met meel en maak toe in koerantpapier, bêre onder in die oondlaai. Dit sal gouer ryp word.

♦♦♦

Maak 'n avokado vinnig ryp deur dit in meel te begrawe.

♦♦♦

Avokado’s sal tot twee weke in die yskas hou. Plaas hulle in die groentelaai om ryp te word.

3 comments :

  1. Waar kry ek 'n gids tot hoeveelhede om vir groot getalle te kook?

    ReplyDelete
  2. Waar kry ek 'n volledige gids tot hoeveelhede om op groot maat te kook?

    ReplyDelete
  3. Anonymous27/2/15 14:55

    die formaat van n skemerkelfunksie

    ReplyDelete