Ware vla het nie meel daarin nie, maar daar is een soort vla waarvoor jy wel meel nodig het. Dit is crème pâtissière, wat jy gewoonlik in terte en koeke gebruik.
Om die vla te maak het jy nodig:
570 mℓ melk
110 mℓ suiker
60 mℓ meel
3 eiergele
1 eier
5 mℓ vanilla ekstrak
Verhit die melk en laat dit dan afkoel tot louwarm.
Klop die eiergele saam en meng dit dan met die suiker.
Gooi die louwarm melk stadig oor die mengsel terwyl jy aanhoudend roer.
Klop die eier en vou by die mengsel.
Gooi die mengsel nou in ’n souspan en plaas dit op lae hitte.
Roer terwyl dit kook, tot dit begin verdik. Dit sal so 5 tot 6 minute neem.
Roer ook terwyl dit afkoel om te verhoed dat dit klonte en ’n vel vorm.
As dit klonte vorm gooi dit deur ’n sif.
Bakkers vla resep
Bakkersvla
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Koek. Show all posts

5/03/2023
2/01/2023
Plaatkoek
60 g botter
250 mℓ melk
3 ekstra groot eiers
470 mℓ suiker
520 mℓ koekmeelblom
20 mℓ bakpoeier
9 mℓ vanieljegeursel
Gebruik ’n oondpan of 2 ronde koekpanne (23 cm deursnee). Voer die boom van die pan uit met waspapier en smeer die kante van die pan met botter.
Verhit die botter en melk saam tot kookpunt.
Klits die eiers en suiker tot lig en die suiker opgelos is.
Sif die droë bestanddele saam en vou dit by die eiermengsel. Gooi die melkmengsel bietjie vir bietjie by. Vou dit deeglik, maar liggies in.
Gooi die beslag in ’n pan.
Bak 20 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C.
Laat die plaatkoek in die pan afkoel. Keer dit dan uit op ’n skinkbord waarop ’n droë doek geplaas is en dop dit dan om op ’n skinkbord of bakplaat.

Sleutelwoorde:
Koek
4/10/2020
Krummelkors / Crumb Crust
1½ koppie beskuitjie krummels of rice Crispies. Meng met ½ koppie sagte botter en 1½ eetlepel suiker.
Druk stewig vas in tertpan. Verkoel tot styf is.
resep: Petro van der Westhuizen

11/21/2016
Sjokolade-appelliefie-crêpekoek uit Corli se kombuis
Op soek na iets nuut en opwindend om op Oukersaand voor te sit? Probeer gerus Koekedoorwenner Corli Botha se resep vir sjokolade-appelliefie-crêpekoek uit haar jongste resepteboek, Corli se kombuis.
Hierdie resep lewer een groot koek wat bestaan uit konfytstroop, crêpes en ’n smullekker vulsel. Gebruik ’n bietjie donker kakao in die crêpes-beslag vir ’n pragtige kleur en tekstuur en natuurlik daardie heerlike sjokoladesmaak. Versier met vars aarbeie, bessies of sjokolade en strooi versiersuiker oor voor jy die koek voor sit.

8/26/2016
Bak in Afrikaans
Waarna verwys die verskillende maniere van bak in Afrikaans?
1. Gewoonweg beteken “bak” om iets in die oond gaar te maak met droë hitte.
2. “Leeg bak” (bake blind) is om byvoorbeeld ’n tertdop sonder vulsel te bak.
3. “Blind bak” (bake blind) is om ’n tert met ’n tydelike vulsel te bak.
Vir nog Afrikaanse woorde wat met bak verband hou besoek gerus ons uitgebreide B-woordelys.

8/19/2016
7/01/2016
Top 2 Koekedoor-finaliste
Top 2 Koekedoor-finaliste, Corli Botha en Wessels van Vuuren vertel ons meer van Koekedoor en hul lewens buite dié kombuis.
Sleutelwoorde:
Koek
4/26/2016
4/16/2016
Sjokolade kolwyntjies
Bestanddele:
3 koppies (270 g) meel
2 koppies (390 g) strooisuiker
3 eetlepels (45 mℓ) goeie gehalte kakaopoeier
1 teelepel (5 mℓ) koeksoda
4 teelepel (20 mℓ) bakpoeier
Knippie sout
2 koppies (500 mℓ) kookwater
1 koppie (250 mℓ) canola-olie
1/3 koppie (80 mℓ) wit asyn
1 teelepel (5 mℓ) vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 C. Plaas kolwyntjie omhulsels in pan.
Meng die meel, strooisuiker, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam in 'n bak.
In 'n aparte bak, meng die kookwater, olie, asyn en vanieljegeursel.
Gooi nat bestanddele by die droë bestanddele en meng om te kombineer.
Skep beslag in die kolwyntjie omhulsels dan bak vir 20 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom.
Verwyder uit die pan en laat afkoel voordat jy dit versier.
Vir die sjokolade ganache versiersel:
Plaas ’n ½ koppie (125 mℓ) room, gerasperde sjokolade, 2½ eetlepels (37½ mℓ) Antonella Tiramisu likeur en ½ koppie (125 mℓ) botter in 'n bain-marie oor kookwater.
Verhit dit stadig tot die sjokolade gesmelt en die mengsel glad en blink is.
Verwyder van die hitte en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Versier die afgekoelde kolwyntjies met die ganache.

1/29/2016
Dubbel-sjokoladekoek
Resep: Karla Janse van Vuuren.
Dié resep kom uit Celebration Cakes deur Grace Stevens, Random House Struik.
Dié resep kom uit Celebration Cakes deur Grace Stevens, Random House Struik.
Sleutelwoorde:
Koek
11/26/2015
10/18/2015
7/16/2015
Koekedoor 2: Inskrywings sluit binnekort
Die soektog na die land se beste amateur-bakkers duur voort!
Inskrywings vir Koekedoor 2 sluit op 7 Augustus 2015.
Is jy so passievol soos Mareli, of so presies soos Martjie? Kan jy koeksisters vleg soos Gerda, of melktert bak soos Gerrit? Hulle wag dan vir jou inskrywing!
Koekedoor 2 gaan weer in Tulbagh, op die bekende landgoed Twee Jongegezellen, verfilm word. Voornemende Koekedore kan solank hul vere regskud vir ’n gebak en gebrou vir gróót pryse.
Lees die reëls en voorwaardes deeglik deur, vul die inskrywingsvorm volledig in, en beplan solank ’n wenkoek vir die oudisierondes. Alle inskrywings wat ons teen 7 Augustus bereik, sal oorweeg word. Kandidate wat kwalifiseer sal voor 21 Augustus ’n oproep of e-pos ontvang.
Laai die inskrywingsvorm hier af: Koekedoor 2 Inskrywingsvorm
Laai die reëls en voorwaardes hier af: Koekedoor 2 Inskrywingsreëls en Voorwaardes

3/29/2015
Amandel-botter
Blansjeer 125 g soet amandels en maak dit daarna fyn tot ’n pasta in ’n voedselverwerker. Voeg 15 mℓ koue water by tydens die fynmaakproses.
Meng die amandelpasta met saggemaakte botter.
Hierdie botter word gebruik in of saam met peuselhappies of in koeke.
Meng die amandelpasta met saggemaakte botter.
Hierdie botter word gebruik in of saam met peuselhappies of in koeke.
Sleutelwoorde:
Koek
,
Peuselhappie
,
Sous
9/06/2014
Kokkedoor het nou 'n Koekedoor
Goeie nuus vir alle Kokkedoor liefhebbers!
kykNET het ‘n handelsmerk-uitbreiding van Kokkedoor aangekondig. Koekedoor is ‘n splinternuwe bakkompetisie en inskrywings open Maandag 8 September.
kykNET en Koekedoor is op soek na die land se beste mees veelsydigste amateurbakkers. Die nuwe program sal bestaan uit 10 deelnemers wat meeding en elkeen 3 uitdagings per episode moet voltooi. Net soos Kokkedoor val die fokus op tradisie en vernuwing, maar word daar nie in spanne meegeding nie. Kontantpryse, asook weeklikse pryse is op die spel in die soektog vir die eerste Koekedoor.
Daar is iets baie spesiaal aan bakwerk. Die afmeet en weeg van uiteenlopende bestandele tot ‘n volmaakte produk wat met vernuf afgerond en voorgesit word. Bak is ‘n groot deel van ons Afrikaanse geskiedenis; of ons lag of huil, troue- of begrafnis hou word daar deurlopend gebak. Daar bestaan ook so ‘n ryk skatkis van wenke en tegnieke wat deur generasies heen mondelings gedeel word. Koekedoor wil bakwerk vier en die kos-rewolusie van Kokkedoor voorsit met tradisionele en vernuwende denke.
Die term “bak” verwys na die voorbereiding en bak van produkte soos brood, koek, soetgoed, pasteie, terte, beskuit en koekies.
Is jy Suid-Afrika se volgende bo-baas bakker? Inskrywingsvorm kan op kykNET se web afgelaai word.
kyknet.dstv.com

12/06/2013
Sjokolade en neut sponskoek
Die vinnigste manier om n gewone vanilla sponskoek in iets hemels te verander is met twee Tasti MeGa NUTS stafies. Proe is glo!
300 mℓ koekmeel
250 mℓ suiker
15 mℓ bakpoeier
knippie sout
125 mℓ olie
125 mℓ water
5 mℓ vanillageursel
4 eiers, geskei
2 x 40g Tast MeGa NUTS stafies (of enige ander soortgelyke stafies), grof gekap
Versiering
100 g donker, melk of wit sjokolade, of 'n kombinasie daarvan
10 mℓ botter of room
Verhit die oond tot 180°C. Gebruik 'n ongesmeerde ringpan met 'n los bodem, of smeer 'n ringpan wat 'n pypplooi in die middel het.
Gooi die meel, bakpoeier en sout in 'n mengbak en klop die olie, water en vanillageursel by tot dit goed gemeng is.
Meng die eiergeel met die gekapte stafies.
Roer dit dan by die meelmengsel.
Klop die eierwitte styf en vou dit dan in die mengsel.
Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir 40 minute tot ferm en gaar.
Laat die pan met die los bodem onderstebo staan op 'n draadrak om af te koel. Die ander soort panne moet regop staan. Dit moet vir 10 – 15 minute afkoel.
Verwyder nou die koek uit die pan.
Plaas die bestanddele vir die versiering in 'n gepaste houer en verhit op medium in 'n mikrogolfoond vir 2 – 3 minute – dit moet smelt.
Roer die mengsel en gooi oor die koek.
Laat die koek effens afkoel voor jy dit bedien.
Jy kan ook die versiering uitlos en versiersuiker oor die koek sif.
Resep: Carolie de Koster
Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.
Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.
Lees meer oor Art of Cooking

8/25/2013
4/27/2013
Tjoklitvrugtekoek
Hierdie resep is deel van Willie Strauss se versameling van gunsteling resepte. Die resepte is vervat in die hardebandboekie wat deel is van sy verpakking van sy nuwe CD Seisoene.
Lees meer oor Seisoene >>
125 g botter
150 g bruinsuiker
100 g gesmelte donkersjokolade
125 mℓ sterk koffie
70 mℓ Van der Hum-likeur
50 mℓ Cape Velvet-likeur
100 g gemengde neute
400 g vrugtekoekmengsel
100 g gekerfde groen vye, waatlemoenstukke, ingelegde nartjiestukke en kersies, gemeng
30 mℓ kakaopoeier
200 g koekmeel
50 mℓ bruismeel
5 mℓ gemengde speserye
2 eiers, liggies geklits
Voorverhit die oond tot 160°C.
Gebruik 'n diep koekpan en onthou om die bodem met gesmeerde bakpapier uit te voer.
Klop die botter, suiker en kakao saam tot romerig.
Smelt die sjokolade en meng dit met koffie, Van der Hum- en Cape Velvet-likeur.
Gooi die koffiemengsel oor die vrugtekoekmengsel in 'n groot mengbak.
Roer die neute en ander vrugte by.
Skep die bottermengsel by en meng deeglik.
Sif die koekmeel, bruismeel en gemengde speserye by en meng goed.
Voeg die liggies geklitste eiers laaste by en meng weer goed.
Skep die mengsel in die voorafbereide pan.
Bak vir ongeveer twee uur tot gaar.
Druk 'n mes in die middel; as die lem skoon uitkom is die koek gaar.
Gooi nog Van der Hum-likeur oor sodra die koek uit die oond kom en laat dit in die pan afkoel.
Draai die koek in aluminiumfoelie toe en bêre dit vir minstens 'n maand om goed ryp te word.
Resep: Willie Strauss
Lees meer oor Seisoene >>
Die musiek van Seisoene is deel van Strauss se nuwe “kabasert” Daar is ‘n Engel in die Koskas.

3/26/2013
Sjokolade oondpankoek / Chocolate Oven Pan Cake
“Die koek het ek die 23ste Februarie 2013 gebak met ons 48 ste troudag herdenking.
Hoe langer die koek staan, hoe lekkerder raak dit.”
- Naomi le Roux
Voorverhit die oond na 190°C.
Sif 3 koppies meel saam met:
4 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
1 teelepels koeksoda
Meng nou:
80 ml kakao
2 ml sout
2 k kookwater
2 t vanieljegeursel
en 50 ml asyn goed deur
Meng die sousbestanddele met die meel en maak ‘n slap deeg aan. Roer baie goed en giet die beslag in ‘n gesmeerde oondpan.
Lig die pan effens en laat val dit op die werkplank sodat die lugborrels kan ontsnap.
Bak vir 20 minute in ‘n oond van 180°C.
Sous:
Sit 1 koppie suiker
50 ml mielieblom
50 ml kakao
7 ml kitskoffie poeier
375 ml water en 50 g margarine in 'n kastrolletjie en roerkook tot dik en gaar.
Sodra die warm gaar koek uit die oond kom, giet die stroop oor die warm koek. Sodra die koek bietjie afgekoel het kan jy met 'n vurk patroontjies daaroor trek of dit net so laat staan.
Variasie: Om dit as poeding te bedien ... los dan die sous weg.
Wenk:
Voorverhit altyd jou oond 10 grade warmer as die aangegewe hittegraad.
Wag tot die liggie weer doodgaan nadat jy die gereg in die oond gesteek het ... en stel dit dan op die regte hittegraad. So bespaar jy krag.
Resep: Naomi le Roux

3/03/2013
Hoe om marsepein te maak (marzipan)
Sif 500 g versiersuiker en 450 g fyngemaalde amandels saam – sif dit 3 keer.
Voeg 2 groot eierwitte by en 5 mℓ vanillaekstrak. Meng om 'n stywe pasta te vorm.
Knie tot dit glad is.
Draai die marsepein styf toe in plastiek en hou dit in die yskas. Jy kan dit vir so 7 dae hou.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)