Enige hoeveelheid gaar groen groente maak ’n mooi heldergroen risotto.
Puree die gaar groente met 'n bietjie olyfolie en 'n lepel water tot 'n gladde pasta.
Meng dit dan met ’n wit risotto.
Voeg ekstra parmesaan by en dit is gereed vir die tafel.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Rys. Show all posts

5/13/2026
11/03/2021
Risotto alla Parmigiana
4 eetlepels botter
½ ui, in stukkies gekap
350 g Arborio rys
l ℓ groenteaftreksel
100 g gerasperde parmesaan
Sout
Gebruik ’n diep pan en braai die uie tot deurskynend in ⅓ van die botter.
Voeg die rys by en roer met ’n houtspaan oor lae hitte. Hou aan tot die buitekant van die rys deursigtig raak.
Gooi ’n koppie aftreksel by en roer tot dit opgeneem is deur die rys. Voeg die res van die aftreksel so by die rys – lepel vir lepel. Die risotto is reg as die houtspaan kan regop staan in die mengsel. Verwyder dan van die hitte.
Roer nou die res van die botter en parmesaan by.
Plaas die deksel op en laat staan vir ten minste 5 minute voor jy dit bedien.

Sleutelwoorde:
Italiaans
,
Rys
,
Vegetaries
12/16/2020
Riso col Preboggión / Rys met kruie en pesto
2 hande vol van ’n mengsel van kruie en spinasie. Die kruie wat goed werk is die volgende: pietersielie, marjolein, basilie, kruisement en kerwel. Die kruie moet vasgebind wees in bossies. Hou ’n hand vol van die kruie eenkant – kap dit fyn.
200 g Arborio rys (wat gewoonlik gebruik word vir risotto)
3 eetlepels olie
3 eetlepels pesto
’n halwe teelepel aftreksel
Sout
Parmesaan
Kook die kruie en spinasie in 1½ liter soutwater. Wanneer die spinasie so te sê gaar is verwyder jy dit en gooi die rys in die water. Kook tot die rys sag is.
Net voor jy die rys afhaal roer jy die olie, pesto en aftreksel by.
Geur met sout na smaak.
Strooi die gekapte kruie oor die rys voor jy dit bedien. Bedien dit saam met parmesaan.

12/12/2018
Garnaal-risotto / Risotto di Gamberi
400 g garnale, gekook in 6 koppies water en die doppe verwyder
1 knoffelhuisie, fyngekap
½ ui, fyngekap
’n klein bossie fyngekapte pietersielie
350 g Arborio rys
⅓ koppie olie
⅓ koppie witwyn
Varsgemaalde swartpeper
Sout
’n eetlepel botter
Kook die doppe van die garnale vêrder in die water, terwyl jy die gereg begin. Verwyder dan die doppe en gebruik die vloeistof as aftreksel vir die risotto.
Braai die knoffel en ui in die olie tot sag.
Gooi die rys by en bly roer tot die rys begin deursigtig raak.
Gooi die wyn by en verhoog die hitte, terwyl jy aanhoudend roer. Wanneer die wyn verdamp het, kan jy die garnale in die pot plaas en alles geur met die swartpeper en miskien ’n klein knippie sout.
Begin nou die aftreksel lepel vir lepel byroer.
Wanneer al die aftreksel deur die rys opgesuig is draai jy die hitte af en roer die pietersielie en botter by.
Bedien dadelik.

12/01/2017
Risotto met parmesaan en hoenderlewers / Risotto alla parmigiana / Parmigiano stravecchio
500 g Arborio rys
750 mℓ aftreksel
100 g botter
250 g gerasperde parmesaan
1 ui, fyngekap
’n hand vol hoenderlewers, fyngekap
Sout en peper
Smelt die helfte van die botter in ’n pot en verbruin die uie daarin saam met die hoenderlewer.
Gooi die rys by en meng tot dit begin deursigtig lyk.
Gooi die aftreksel lepel vir lepel by en roer tot die vloeistof opgeneem is voor jy die volgende lepel bygooi.
Wanneer al die aftreksel opgeneem is geur jy die risotto met sout en peper.
Draai dan die hitte af, roer die botter en parmesaan by en plaas die deksel op. Laat dit so sit vir 5 minute voor jy dit bedien. Garneer met suurlemoenskil en pietersielie.

11/12/2017
Risotto uit Milan / Risotto alla Milanese
500 g Arborio rys
1 ui, gekap
120 g botter
60 g beenmurg, fyngekap
120 g gerasperde parmesaan
3 eetlepels witwyn
750 mℓ aftreksel, beesvleis of hoender
½ teelepel saffraan
Sout en peper
Braai die ui en beenmurg in die helfte van die botter tot die ui goudkleurig raak.
Voeg die rys by en kook vir 15 minute terwyl jy aanhoudend roer met ’n houtlepel.
Voeg die saffraan, witwyn en aftreksel lepel vir lepel by en roer tot die vloeistof opgeneem is voor jy die volgende lepel bygooi.
Geur met sout en peper.
Draai dan die hitte af, roer die res van die botter by asook die parmesaan en plaas die deksel op. Laat dit so sit vir 5 minute voor jy dit bedien.

2/17/2017
Il risotto bianco / Wit risotto
500 g Arborio rys
750 mℓ aftreksel
100 g botter
100 g gerasperde parmesaan
1 ui, fyngekap
Sout en peper
Smelt die helfte van die botter in ’n pot en verbruin die uie daarin.
Gooi die rys by en meng tot dit begin deursigtig lyk.
Gooi die aftreksel lepel vir lepel by en roer tot die vloeistof opgeneem is voor jy die volgende lepel bygooi.
Wanneer al die aftreksel opgeneem is geur jy die risotto met sout en peper.
Draai dan die hitte af, roer die botter en parmesaan by en plaas die deksel op. Laat dit so sit vir 5 minute voor jy dit bedien. Garneer met suurlemoenskil en pietersielie.
750 mℓ aftreksel
100 g botter
100 g gerasperde parmesaan
1 ui, fyngekap
Sout en peper
Smelt die helfte van die botter in ’n pot en verbruin die uie daarin.
Gooi die rys by en meng tot dit begin deursigtig lyk.
Gooi die aftreksel lepel vir lepel by en roer tot die vloeistof opgeneem is voor jy die volgende lepel bygooi.
Wanneer al die aftreksel opgeneem is geur jy die risotto met sout en peper.
Draai dan die hitte af, roer die botter en parmesaan by en plaas die deksel op. Laat dit so sit vir 5 minute voor jy dit bedien. Garneer met suurlemoenskil en pietersielie.
7/29/2016
Gestoomde rys / Steamed Rice
250 mℓ rys
500 mℓ water
15 mℓ olie
5 mℓ sout
Spoel die rys af in ’n vergiettes.
Meng die rys met die res van die bestanddele in ’n souspan.
Verhit dit oor medium hitte tot die rys begin kook.
Stel die hitte nou op laag en prut tot die rys sag is – 15 tot 20 minute.
Verwyder van die hitte en laat dit vir 5 minute staan.
Roer dit om met ’n vurk en bedien.

1/08/2016
Kaas en rys gebak
1 liter gaar rys
750 mℓ kaassous
125 mℓ broodkrummels
Gesmelte botter
Gooi die rys en kaassous om die beurt in lae in ’n glas of erde oondbak.
Bedek met broodkrummels en drup bietjie gesmelte botter oor.
Bak by 180°C vir 30 minute.
Opsioneel: In plaas van broodkrummels kan jy gerasperde kaas gebruik.

11/05/2015
Aspersie risotto
1 kg aspersies
1 blokkie aftreksel
50 g botter
1 ui, fyngekap
300 g Arborio rys
100 mℓ droë witwyn
Sout
Varsgemaalde swartpeper
50 g gerasperde parmesaan
Spoel die aspersies af en sny die punte af. Behou die punte.
Kook die aspersies in soutwater tot baie sag.
Haal die aspersies uit die water en verwerk in ’n voedselverwerker tot ’n pulp. Gooi die pulp terug in die water waarin jy dit gekook het.
Roer die blokkie aftreksel by en prut stadig oor lae hitte.
Intussen smelt jy 40 g van die botter in ’n swaarboomkastrol.
Voeg die uie by en braai liggies vir ’n paar minute.
Roer nou die rys by en roer tot die rys goed bedek is met die botter.
Gooi die wyn by en stel die hitte hoër. Roer tot die wyn verdamp het.
Roer nou die aspersie-vloeistof bietjie vir bietjie by. Roer aanhoudend.
Wanneer al die vloeistof geabsorbeer is verwyder jy dit van die hitte en roer die res van die botter by, asook die parmesaan. Bedek en laat 5 minute rus voor jy dit bedien.
Jy kan die aspersiepunte in ’n ander gereg gebruik of dit gaar stoom en die risotto daarmee garneer.
Opsioneel: Gooi 'n hand vol gaar ertjies by saam met die botter en parmesaan.

9/26/2015
Rys met ertjies / Risi e Bisi
Hierdie Italiaanse gereg is wêreldwyd bekend en gewild.
50 g pancetta, in stukkies geknip
’n hand vol vars pietersielie, fyngekap
½ ui, fyngekap
Knoffelhuisie, fyngekap
50 g botter
800 g jong ertjies
250 mℓ water
Knippie suiker
1 liter aftreksel
250 g rys
Sout en varsgemaalde swartpeper
50 g gerasperde parmesaan
Braai die pancetta, pietersielie, ui en knoffel in die helfte van die botter in ’n swaarboompot.
Voeg nou die ertjies, die water en die suiker by. Plaas die deksel op en kook vir 5 minute.
Voeg die aftreksel by. Sodra dit begin kook gooi jy die rys by en geur met sout en peper.
Wanneer die rys gaar is kom die res van die botter en die parmesaan by.
Party mense verkies om ’n risotto tipe rys te gebruik vir die resep.

9/25/2015
Rys pastei
Voer ’n tertbak uit met gekookte rys. Risotto werk natuurlik beter as normale wit rys. Geur die rys met sout en peper. Sif ook ’n bietjie meel daaroor – dit help dat die vulsel nie die rys deurweek nie.
Klits 5 eiergele saam en geur met sout en peper.
Voeg 125 mℓ dik room by die eiergele, asook 125 mℓ gerasperde kaas. Meng alles saam en gooi op die rys.
Bak by 180°C vir 20 minute.
Bedien dadelik.
Klits 5 eiergele saam en geur met sout en peper.
Voeg 125 mℓ dik room by die eiergele, asook 125 mℓ gerasperde kaas. Meng alles saam en gooi op die rys.
Bak by 180°C vir 20 minute.
Bedien dadelik.
Sleutelwoorde:
Rys
4/18/2015
Bier-en-tamatie risotto
Dit raak tans koeler en mens se gedagtes begin dryf in die rigting van risotto. Hier is ’n resep vir risotto vir 4 persone:
1 ui, fyngekap
’n klein bossie stingeluie, fyngekap
45 mℓ olyfolie
1 knoffelhuisie, fyngedruk
375 mℓ Arborio rys
250 mℓ bier
1 blikkie fyngekapte tamaties
Sout en peper
750 mℓ aftreksel
45 mℓ vars gekapte pietersielie – gebruik ekstra pietersielie vir die garnering
‘n klont botter
Braai die uie oor lae hitte tot sag en roer dan die knoffel en rys by.
Gooi die bier by en stel die hitte hoër. Roer aanhoudend tot die bier geabsorbeer is.
Roer die tamatie by en geur met sout en peper.
Gooi nou die aftreksel by, ’n bietjie op ’n slag. Roer aanhoudend tot dit opgelos is en gooi dan weer ’n bietjie by. Hou so aan tot al die aftreksel geabsorbeer is.
Verwyder die risotto van die hitte en roer die pietersielie en botter by. Laat dit toe staan vir 5 minute voor jy dit garneer met pietersielie en bedien.

Hoofgereg
,
Rys
,
Vegetaries
1/04/2015
Beenmurg risotto / Risotto alla Milanese
’n Italiaanse risotto uit Lombardye.
50 g botter
20 mℓ beenmurg
½ ui, fyngekap
100 mℓ witwyn
300 g Arborio rys
l ℓ aftreksel
sout
knypie saffraan
50 g gerasperde parmesaan
20 g botter
Smelt die 50 g botter en beenmurg saam in ’n groot swaarboompot. Verwyder enige stukkies vet wat nie smelt nie.
Voeg die uie by en kook tot dit deurskynend is.
Verlaag die hitte en roer die rys by tot dit begin glaserig raak.
Gooi die wyn by en roer tot dit geabsorbeer is.
Roer nou die aftreksel bietjie vir bietjie by. Roer aanhoudend en laat die aftreksel eers absorbeer voor jy die volgende lepel bygooi.
Wanneer al die vloeistof geabsorbeer is verwyder jy die pot van die hitte en roer die 20 g botter by. Plaas ’n deksel op en laat staan vir 5 minute.
Strooi die parmesaan oor en bedien.

11/22/2014
Geurige rys
140 g langkorrel rys
sout
3 repies spek, in stukke gesny
110 g sampioene, gesnipper
250 g gaar ertjies
4 tamaties, geskil, ontpit en in stukkies gesny
30 g botter
Kook die rys in water met sout tot sag.
Dreineer dit in ’n vergiettes, spoel af in warm water en maak ’n paar dreineergate met die handvatsel van ’n houtlepel. Laat staan vir 30 minute.
Smelt die botter in ’n pan en braai die spek en sampioene daarin vir 5 minute.
Voeg die rys, ertjies en tamaties by.
Geur met sout.
Verhoog die hitte en roer deur die mengsel met ’n vurk, tot dit goed warm is.
Bedien.

11/12/2014
Pampoen risotto
500 g pampoen, in blokkies gesny
½ ui, fyngekap
60 mℓ olyfolie
water
20 mℓ botter
300 g Arborio rys
’n blokkie vleisaftreksel
sout en peper
gerasperde parmesaan
Verhit die olyfolie in ’n swaarboompot en praat die uie oor lae hitte tot dit begin sag raak.
Voeg die pampoen by en braai vir ’n paar minute. Gooi af en toe ’n bietjie warm water by om te sorg dat die pampoen klam bly. Roer met ’n houtlepel.
Wanneer die pampoen begin sag raak roer jy die rys, vleisekstrak en sout en peper by. Roer aanhoudend. Soos die rys die water absorbeer voeg jy nog by. Nie meer as 250 mℓ op ’n slag nie.
Wanneer die rys gaar is gooi jy die botter en parmesaan by. Verwyder van die hitte, roer en plaas die deksel op. Laat dit vir ten minste 5 minute staan voor jy dit bedien.
foto: Luca Lebuloni

9/13/2014
Varkwors risotto / Risotto alla pilota
350 g Arborio rys
200 g varkwors – die vleis verwyder uit die derm
50 g botter
50 g gerasperde parmesaan
Bring 850 mℓ soutwater tot kookpunt en gooi dan die rys by. Kook dit vir omtrent 5 minute. Plaas dan ’n deksel op en kook oor lae hitte. Kyk ook na die aanwysings op die rys se verpakking. Dit sal dalk beter wees om die verpakking se aanwysings te volg. Let ook op na die verhouding tussen die vloeistof en rys. Gebruik die verpakking se aanwysings as ’n aanduiding. Jy wil hê al die vloeistof moet geabsorbeer word deur die rys.
Druk die varkvleis, wat jy uitgedruk het, fyn met ’n vurk en braai dit in die botter. Wanneer die rys klaar gekook het roer jy die vleis in botter en die parmesaan by. Bedien dit dadelik.

6/08/2014
Rys in klappermelk gekook
'n Eenvoudige alternatiewe manier om rys voor te berei. Dit kan bedien word saam met sambels of kerrie.
500 mℓ rys
750 mℓ water
500 mℓ klappermelk
10 mℓ sout
1 stuk pypkaneel
Verhit die rys en water saam tot kookpunt. Bedek en kook vir 15 minute.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Kook oor lae hitte vir 'n verdere 15 minute - tot al die melk absorbeer is.
Verwyder die pypkaneel en laat dit effens afkoel en keer dit dan uit op 'n bord.
Jy kan vorms uit die rys druk en dit so bedien.
Die resep is genoeg vir 5 persone.

Bykos
,
Rys
,
Vegetaries
5/22/2014
Rys in ’n vorm
Mens kan rys in verskeie vorms bedien. Die bekendste is seker die gebruik van ’n koppie. Die gaar rys word eenvoudig vasgedruk in ’n koppie en dan uitgedop op ’n bord.
Nog ’n idee is om iets in die rys weg te steek. Ek gebruik byvoorbeeld skywe gaar eier wanneer ek kerrie of iets soortgelyk bedien. Jy vul jou vorm halfpad met rys, druk vas, plaas jou skyf eier op die rys, vul verder met rys en druk vas.
Wanneer ek ’n groot bak rys voorsit doen ek dieselfde, dan gebruik ek stukkies groente en kruie wat ek vooraf met die rys meng daarom meer kleurvol te maak.
(foto Janne Moren)

5/19/2014
Gekookte rys
Daar is verskeie manier om rys te kook. Indien jy sukkel om die proses onder die knie te kry, kan jy dié metode probeer:
55 g is omtrent die regte hoeveelheid rys per persoon.
Wat water betref kan jy werk om 3,1 liter per 225 g rys. Gooi sout en ’n suurlemoenskyfie by die water vir geur. Wanneer dit begin kook roer jy dit met ’n vurk om sodat die rys nie vassit aan die bodem nie. Kook die rys vir 12 minute.
Wanneer die kooktyd om is gooi jy die rys deur ’n vergiettes. Spoel die rys in die vergiettes vinnig af met warm water. Dit verwyder enige oorblywende stysel. Laat die rys nou staan om te dreineer. Steek ’n paar gate daarin met ’n houtlepel om die dreinering te bespoedig.
Keer die rys nou uit in ’n bak en laat dit op ’n warm plek staan om uit te droog. Keer dit af en toe om met ’n vurk.
Om die rys te verhit voor opdiening plaas jy dit in ’n vlak oondbak wat jy met botter gesmeer het. Plaas bottergesmeerde bakpapier bo-oor. Verwarm dit by 180°C vir 30 minute.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)