3/12/2010

Chicken Dust / Nandos / Amahotwane / Dihlakoane

In al wat 'n township is sal jy hierdie gereg kry. Dit is veral gewild in Soweto, maar dit is selfs beskikbaar in Swaziland en in Durban kry jy dit selfs met 'n Indiese karakter.

Chicken Dust, ook bekend as Nandos, Amahotwane of Dihlakoane, is niks anders as hoenderpote nie.

Dit is eenvoudig om te maak. Skrop die pote skoon en braai tot gaar. As jy pote sonder skubbe wil hê by 'n straatsmous in Soweto betaal jy 'n paar sent meer.

Chicken Dust word gewoonlik met pap bedien, maar in 'n goeie sjebeen kry jy dalk Chicken Dust, slaai en pap. In Durban kry jy Chicken Dust en atjar te koop.

(foto Chooyutshing)

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

3/11/2010

Uie konfyt

Heerlik saam met alle vleissoorte

450 g uie, in ringe gesny
100 g preie, in ringe gesny
50 g grasuie, fyngekap
1 liter water
750 ml suiker
5 ml gemengde speserye

Kook die ui, prei en grasui in 'n bietjie water tot net sag.
Dreineer goed.
Voeg die water, suiker en speserye by en roer tot die suiker opgelos is.
Bring tot kookpunt en prut tot die mengsel verdik en nie meer waterig is nie.

Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is.

Lewer 750 ml.


Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

3/10/2010

Turksvy konfyt

Skil 1 kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.

Voeg 625 ml water by.
Verhit dit tot kookpunt en kook dit 'n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375 g witsuiker, die sap van 'n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en 'n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg.

Sep die skuim af.

Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

3/09/2010

Groen soetrissie konfyt

Die konfyt is heerlik op roosterbrood. Maak net seker jy kap die soetrissies baie fyn.

4 koppies groen soetrissies, fyngekap
500 ml suiker
2 ml sout
2 ml gemmer
2 ml gemengde speserye

Meng al die bestanddele in 'n vlekvrye staalpot en laat staan vir 2½ uur.

Kook nou alles saam vir 40 minute oor matige hitte tto stroop begin dik word.
Verwyder van stoof en bottel warm.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

3/08/2010

Olifant trompetter

30 ml pepermentlikeur
30 ml Amaroela likeur
room

Skink die pepermentlikeur onder in 'n glas. Dan die Amaroela likeur en voeg room heel laaste by.

Skink versigtig sodat lae mooi vorm en rond die drankie af met 'n kersie.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

3/07/2010

Geelperske konfyt

2,5 kg geelperskes
750 ml water
7 x 250 ml suiker
5 ml wynsteensuur

Ontpit en skil die perskes. Snipper dit.

Plaas perskes in ‘n kastrol en voeg die water by.
Kook die snippers ongeveer 10 minute lank totdat dit sag is.

Roer die suiker en wynsteensuur by totdat die suiker heeltemal opgelos is.
Stel die plaat laer en kook die konfyt oor matige hitte totdat dit soos dik lawa lyk. Toets of stolpunt bereik is.
Skep in warm, droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

3/06/2010

Drie-sitrus marmelade

2 lemoene
2 pomelos
2 suurlemoene
sowat 2 liter water
witsuiker

Sny die skil van vrugte in repies en trek versigtig af.
Sit in gaasdoekie en bind vas.
Sny heel vrugte in wiggies en verwyder die pitte.
Verwyder die wit gedeeltes.
Meet hoeveel pulp daar is en sit dit in die kastrol.
Voeg 500 ml water vir elke 250 ml pulpmengsel by.
Verhit tot kookpunt.
Verlaag hitte en kook vir nog 40 minute oor stadige hitte.

Giet die mengsel in maatbeker en voeg dan 250 g witsuiker by vir elke 250 ml pulp. Giet alles, ook die skilsakkie, in die kastrol.
Verhit stadig tot die suiker opgelos is.
Verhit en kook mengsel vir 25 minute, totdat dit nie meer waterig is nie.

Laat afkoel, as dit stewig en nie meer loperig is nie, is dit reg.

Skep warm marmelade in bottels wat gesteriliseer is.

Lewer sowat 2 liter marmelade.

Opsioneel: 1 Gesnyde pynappel kan ook bygevoeg word. Vir iets anders!

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

3/05/2010

Sabi Sabi skemerkelkie

30 ml Tequila
Vars lemoensap
paar druppels grenadine

Vul 'n lang glas met ys.
Voeg eers tequila by en vul dan die res van die glas met lemoensap.
Gooi 'n paar druppels grenadine by.
Rond af met lemoenskyfie.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

3/04/2010

Appelliefie konfyt

1 kg appelliefies
750 g suiker
125 ml water
20 ml suurlemoensap

Trek die doppies en stingeltjies van die appelliefies af.
Spoel vrugte af.

Plaas suiker, appelliefies, water en suurlemoensap in 'n groot genoeg kastrol.
Kook vrugte oor lae hitte totdat dit soos konfyt begin lyk.
Roer af en toe om suiker op te los.
Skep oortollige skuim wat gedurende die kooktyd gevorm het, af.
Toets die konfyt om te sien of dit styf genoeg is.

Skep in warm gesterilliseerde flesse en verseël dit onmiddellik terwyl dit nog warm is.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.