BESTANDDELE
2 eetlepels olyfolie
½ ui, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, in skyfies gesny
1 blikkie sardientjies
rissievlokkies (opsioneel)
500 g spaghetti
'n hand vol pietersielie / vinkel, gekap
1 koppie geroosterde broodkrummels
STAPPE
Verhit 'n pan wat groot genoeg is vir die pasta. Voeg die olyfolie, uie, knoffel en 'n klein knippie sout by en soteer tot net sag, ongeveer 5 minute.
Voeg die sardientjies met hul olie by en laat dit in die pan braai terwyl jy dit liggies met 'n lepel breek.
Voeg 'n bietjie rissievlokkies by. Sodra die sardientjies gebraai is en deel van die sous lyk, haal dit van die hitte af.
Kook die pasta in 'n groot pot kookwater wat gesout is om effens soos seewater te smaak. Hou ½ koppie van die pastawater eenkant en plaas die pasta dan met 'n tang direk in die pan met die sardientjies.
Plaas die pan terug op die hitte.
Voeg ¼ koppie van die pastawater by en meng die sardientjies en ui deur die pasta. Voeg nog water by (bietjie vir bietjie) as dit te droog lyk.
Wanneer die pasta en sous goed gemeng is, roer die helfte van die pietersielie en ½ koppie van die broodkrummels by. Strooi die res van die bestanddele bo-oor net voor opdiening.
Kookkuns
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
10/08/2026
10/07/2026
Vis-smeer / Fish spread
Ideaal vir broodjies of peuselhappies.
BESTANDDELE
1 koppie gaar vis, gevlok
2 eetlepels roomkaas
2 eetlepels gekapte grasuie
½ teelepel sout
⅛ teelepel gemaalde koljander
⅛ teelepel gemaalde komyn
'n bietjie varsgemaalde swartpeper.
Meng alles in 'n bak en druk dit goed fyn.

Sleutelwoorde:
Doopsous
,
Peuselhappie
,
Souse
10/01/2026
Edamame pesto
BESTANDDELE
Sout
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 koppie gaar edamame
'n bietjie suurlemoensap of die gerasperde skil van 1 suurlemoen
'n paar dennepitte
2 eetlepels olyfolie
'n klein handjievol koljander- of basiliekruidblare.
STAPPE
Plaas die edamame en knoffel in 'n voedselverwerker, voeg die suurlemoensap of -skil by en verwerk tot gemeng.
Voeg die olyfolie, kruie en 'n klein bietjie water by, en verwerk tot 'n gladde mengsel.
Proe en voeg nog sout by indien nodig.
Heerlik saam met pasta of as 'n doopsous.

9/30/2026
Bone wat brand / Very Spicy Beans
BESTANDDELE
Olyfolie
1 ui, gekap
baie knoffel, in skyfies gesny
'n groot hoeveelheid ingelegde rissies
'n hand vol koljander, fyngekap
sout
gaar boontjies
STAPPE
Verhit 'n pot wat groot genoeg is vir al die bestanddele. Voeg 'n ruim hoeveelheid olyfolie by. Soteer die ui, knoffel, ingelegde brandrissies, koljanderstingels en 'n knippie sout oor matige hitte totdat die ui sag is - ongeveer 10 minute.
Voeg die boontjies by. Roer en druk die boontjies effens fyn. Laat dit vir 10 minute prut en proe dan. Dit moet sterk, ryk (vetterig) en sout wees.
Heerlik saam met tortillas of naan.

9/24/2026
Ingelegde mossels / Pickled Mussels
As dit in 'n skulp is en in die see is kan jy dit gebruik vir hierdie resep.
BESTANDDELE
1 knoffelhuisie, in skyfies gesny
½ ui, in dun skyfies gesny
¼ teelepel koljandersade
¼ teelepel vinkelsade
brandrissievlokkies na smaak
½ teelepel sout, of meer na smaak
1 eetlepel vars suurlemoensap
1½ eetlepel witwynasyn
½ suurlemoen, in dun skyfies gesny
2 koppies gaar mossels
½ eetlepel gekapte gemengde kruie
3 eetlepels olyfolie
½ koppie heel koljanderblare
varsgemaalde swartpeper
STAPPE
Meng die knoffel, ui, koljander, vinkel, brandrissievlokkies, sout, suurlemoensap, asyn en suurlemoenskyfies in 'n groot bak. Laat dit vir 10 minute staan.
Voeg die mossels, kruie en genoeg olyfolie by om die mengsel lekker sappig te maak. Proe vir sout en pas aan indien nodig. Laat dit staan vir ten minste nog 10 minute, of selfs oornag.
Voeg die koljander en swartpeper by net voor opdiening.
Heerlik op soutbeskuitjies.

Seekos
9/23/2026
Bone, blare en eier / Beans, Greens and Eggs
BESTANDDELE
'n blikkie bone (baked beans)
2 koppies blaargroente (soos krulkool of spinasie)
2 eiers
sout
olyfolie
ingelegde brandrissies
STAPPE
Verhit die bone en blaargroente saam in 'n klein pan met 'n klein bietjie water.
Sodra dit begin prut, breek die eiers in die pan, strooi sout oor elke eier, plaas 'n deksel op die pan en kook oor lae hitte totdat die eierwit gestol is en die geel na jou smaak is.
Drup mildelik olyfolie oor en sit voor met ingelegde brandrissies.

9/17/2026
Bone en eier op roosterbrood / Beans and Egg on Toast
BESTANDDELE
'n hand vol koljander, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
'n eetlepel olyfolie
sout na smaak
'n blikkie bone
'n sny brood, gerooster
1 of 2 eiers, gebak
botter
'n rissie, fyngekap
'n stingelui vir garnering
STAPPE
Verhit die olie in 'n pan en braai die koljander, knoffel, rissie en sout oor matige hitte totdat dit net begin sag word - sowat 2 minute.
Voeg die bone by en verhit tot alles warm is.
Wanneer die bone warm en die eiers gaar is, smeer die roosterbrood met botter en skep die bone oor.
Plaas die eier bo-op.
Garneer met stingeluie.

9/16/2026
Kekerertjie puree / Chickpea Puree
As jy nou al keelvol is vir daai soveelste bakkie humus wat jy by die supermark gekoop het, is dit tyd vir 'hierdie resep.
BESTANDDELE
¼ koppie olyfolie
1 ui, gekap
sout
¼ teelepel garam masala
½ bondel beetblare, of ander groen blare, gewas en gekap
2 knoffelhuisies, in stukke gesny
3 koppies gaar kekerertjies
STAPPE
Voeg die olyfolie, die ui en 'n knippie sout in kastrol. Kook oor matige tot lae hitte.
Voeg die speserye en knoffel by sodra die ui sag geword het - ongeveer 8 minute.
Voeg die beetblare by en kook terwyl jy roer totdat die blare verlep het - ongeveer 2 minute.
Voeg die kekerertjies en 'n bietjie water by. Roer en prut oor lae hitte totdat die kekerertjies effens sag geword het - ongeveer 10 minute.
Proe en voeg nog sout by indien nodig.
Voeg nog water en / of olyfolie by indien jy 'n dit meer vloeibaar verkies.

Sous
9/10/2026
'n Vinnige smaaklike aftreksel / Savory Stock
As jy nie 'n aftreksel (stock) beskikbaar het nie kan hierdie hierdie smaakvolle weergawe probeer wat na 1 uur gereed kan wees.
BESTANDDELE
Sny 'n harde stul skil van jou parmesaan af
5 knoffelhuisies, skil en al
sny 'n ui op, skil en al
kruie, soos roosmaryn, tiemie, salie en pietersielie
'n lourierblaar
'n glas wyn
water
STAPPE
Gooi alles in 'n pot en bedek met water - ten minste 1,5 liter water. Bring tot kookpunt en laat dit dan prut vir 1 uur.
Proe of dit smaakvol genoeg is vir jou. Indien nie, kook verder.
Gooi dit deur 'n sif en gebruik, of vries vir 'n volgende keer.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)