Eers sny jy 'n paar knopiesampioene in skywe en braai dit in botter tot sag. Hou eenkant.
Jy benodig 3 eiers per persoon. Die eiers moet goed geklits word met die hand. Dit moet ook 'n knippie sout kry.
Smelt 'n groot stuk botter in 'n swaarboompan. Hou bietjie gesmelte botter eenkant om oor jou omelet te gooi.
Dit moet oor lae hitte gesmelt word – moenie dat die botter verbruin nie!
Gooi die eier by, terwyl jy die pan skud. Dit is om te sorg dat die eier nie vassit op een spesifieke plek in die pan nie. Draai die pan sodat die eier die hele bodem bedek. Hou aan met skud.
Na 'n paar minute sal jy sien dat die omelet begin stol.
Bedek die omelet met dun skywe Switserse kaas en strooi die sampioene bo-oor.
Lig die pan weg van jou en vou ⅓ van die omelet aan jou kant na die middel toe. Nou lig jy die pan na jou toe op en vou ⅓ van die ander kant af na jou toe. Gly die omelet uit in 'n bord.
(foto Timothy Valentine)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label Switsers. Show all posts
Showing posts with label Switsers. Show all posts
7/12/2013
7/01/2013
Switserse eiers
6 eiers
45 mℓ botter
125 mℓ room
sout en peper, na smaak
Switserse kaas
Smelt die botter in 'n oondbak.
Breek die eiers in die bak en plaas 'n dun sny Switserse kaas op elke eier.
Bak by 180°C tot die eiers na jou sin is.
Resep: Marion Harris Neil

1/26/2012
Switserse sous
Switserse sous is veral lekker saam met eiers.
500 mℓ rooiwyn
1 ui, fyn opgesny
2 salotte, fyn opgesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
250 mℓ bruinsous
30 mℓ botter
2 ansjovisfilette
knippie suiker
Kook die rooiwyn saam met die ui, salotte, knoffelhuisie,
kruie en naeltjies tot alles sag is.
Voeg die bruinsous by en laat dit stadig kook tot die sous
begin dik raak.
Gooi die sous deur 'n fyn sif en plaas dit terug in die
kastrol.
Voeg die ansjovis, botter en suiker by en verhit die sous
tot die ansjovis gedisintegreer het.
8/24/2010
Salé
Vandag is ons in Switserland en maak salé. Dit is ’n kaastert. Sny dit op om as happies te bedien of maak dit vir jou gesin vir ’n ligte ete saam met ’n groen slaai en groente.
Jy het ryk broskorsdeeg nodig wat jy verkoel voor jy ’n 17,5 cm-deursnee tertring daarmee uitvoer.
Jy het ook 280 mℓ béchamelsous nodig. Jou sous moet afgekoel wees.
Sodra jou béchamelsous gereed is vir gebruik klop jy 3 eiers in en voeg 127 g Gruyèrekaas, ’n knypie neutmuskaat en lekker baie sout en peper by.
Gooi jou mengsel in die tert en bak 25 minute lank by 190ºC.
Die tert is groot genoeg vir 5 persone, indien jy dit met ete bedien.

Sleutelwoorde:
Kaas
,
Peuselhappie
,
Switsers
,
Vegetaries
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)