1 rooi ui, fyn opgesny
800 g geelstert
sap en gerasperde skil van 2 lemoene
10 mℓ vars dille, gekap
10 mℓ vars pietersielie, gekap
5 mℓ gekapte knoffel
5 mℓ gekapte gemmer
200 g swart olywe, ontpit
olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit ’n oond tot 180ºC.
Voer ’n oondbak uit met foelie en gooi die helfte van die ui op die bodem.
Laat die vis op die ui lê met die vel na onder.
Meng die res van die bestanddele en gooi oor die vis.
Bedek met foelie en plaas in die oond.
Bak vir 20 minute.
Hierdie vis kan ook gebraai word. Draai dit toe in foelie en braai oor warm kole.
No comments :
Post a Comment