Druk die rand van 'n Martini-glas in grandinestroop en daarna in rooi jelliepoeier.
Hou eenkant.
Plaas vyf ysblokkies in 'n menger, voeg 2 sopies ligte rum, 4 sopies vars lemoensap en 1 sopie kersiestroop (van kersies wat vir koeke gebruik word) by en skud goed.
Plaas 1 kersie onder in die glas en giet die rummengsel bo-oor.
Bedien met 'n vrugtestokkie.
No comments :
Post a Comment