Fonda del Sol is ’n tradisionele Argentynse pampoensop.
1,2 kg pampoen, afgeskil en in blokkies gesny
1 liter hoenderaftreksel
1 ui, fyngekap
6 sprietuie, in stukkies gesny
6 tamaties, opgekap
300 mℓ room
sout
varsgemaalde swartpeper
1 gedroogde rissie, fyngemaak
150 mℓ room, geklop
Plaas die pampoen in ’n soppot saam met die aftreksel, uie en tamaties.
Bring tot kookpunt en laat prut tot die pampoen sag is.
Laat die mengsel afkoel.
Gooi die sopmengsel saam met die room, rissie, sout en varsgemaalde swartpeper in ’n voedselverwerker.
Verwerk tot ’n puree.
Bedien koud in sopbakkies wat jy in die vrieskas verkoel het.
Net voor jy dit bedien plaas jy ’n blerts van die geklopte room op elke porsie.
(hierdie resep is genoeg vir 6 persone)
No comments :
Post a Comment