Skordalia is 'n Griekse knoffelsous.
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 eetlepepels vars, gekapte pietersielie
1 groot saggekookte aartappel, geskil
50 g amandels, geblansjeer en fyngekap
olyfolie
4 eetlepels asyn
sout
varsgemaalde swartpeper
Stamp die knoffel, pietersielie, aartappel en amandels saam fyn in ’n vysel.
Voeg die olyfolie en asyn bietjie vir bietjie b, terwyl jy dit aanhou stamp. Dit sal ’n pasta begin vorm.
Voeg sout en varsgemaalde swartpeper by.
Hou aan met stamp tot dit 'n dik puree is.
No comments :
Post a Comment