680 g aartappels, geskil, in ewe groot stukke gesny en gaar gekook.
Wanneer die aartappels sag gekook is gooi jy die water af en kook droog op lae hitte.
Voeg botter by na smaak en druk die aartappels fyn in die pot.
Geur met sout en peper.
Druk die aartappels vas op die bodem van die pot en gooi 140 ml kokende melk daarop.
MOET NIE ROER NIE!
Plaas die deksel terug en hou die aartappels warm tot bediening. Dit kan vir sowat 30 minute so gehou word.
Klop die aartappels goed met 'n houtlepel net voor opskeptyd.
(resep is genoeg vir 4 persone)
No comments :
Post a Comment