Hierdie sous kan gebruik word vir pannekoeke, roomys of enige ander nagereg.
125 g suiker
60 ml lemoensap
160 ml water
2 heel steranys
1 vanieljepeul
30 ml lemoenlikeur
Verhit die suiker, lemoensap, water en steranys in ‘n kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is.
Sny die vanieljepeul oop en skraap die saadjies uit.
Voeg die vanieljesaadjies en -peul by die suikerstroop en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat prut tot ‘n dik stroop gevorm het.
Verwyder van die hitte en roer die lemoenlikeur by.
No comments :
Post a Comment