Maak 500 g hoendervlerkies skoon en knip die punte van die vlerke af.
Smelt 125 ml botter en doop die hoendervlerkies daarin.
Meng die vlerkies nou met:
250 ml Parmesan
40 ml vars, gekapte pietersielie
10 ml paprika
10 ml vars origanum
10 ml vars basiliekruid
'n knippie sout
'n knippie peper
Pak die vlerkies op 'n gesmeerde bakplaat en bak vir 40 minute by 180ºC.
(die resep is genoeg vir 4 persone)
No comments :
Post a Comment