Vier die koms van die lente met hierdie heerlike nagereg.
2 pakkies aarbeijellie
1 pakkie Tennis-beskuitjies
1 blikkie kondensmelk
2 koppies kookwater
1 liter aarbeijogurt
Los die jellie op volgens aanwysings en laat afkoel.
Lê 'n vierkantige bak uit met die Tennnis-beskuitjies. Hou 'n paar beskuitjies eenkant.
Wanneer die jellie afgekoel is meng jy dit met die kondensmelk en jogurt.
Gooi die mengsel oor die tennisbeskuitjies.
Krummel die ekstra beskuitjies oor die tert.
Plaas in die yskas om te stol.
No comments :
Post a Comment