3 groot kwepers, gewas, die donse afgevryf en in kwarte gesny
Sap van 1 suurlemoen
90 mℓ botter
125 mℓ suiker
50 mℓ water
Voorverhit die oond tot 180°C.
Plaas die kwepers in ’n oondroosterpan en drup die suurlemoensap oor. Stip die kwepers met die botter en strooi die suiker oor.
Gooi die water in die pan.
Bak 1½ uur tot sag. Draai die kwepers so nou en dan om.
Bedien saam met lamsvleis of as nagereg met room.
Die resep lewer 6 porsies.

No comments :
Post a Comment