Hierdie vinnige resep met gnocchi wat jy nie in water hoef te kook nie. Jy het gewoon ’n plat oondpan nodig en die volgende bestanddele:
1 rooi ui, in halwe, dun skywe gesny
1 rooi (of geel) soetrissie, in dun repe gesny
4 knoffelhuisies - ongeskil
14 murgpampoentjies, in dun skywe gesny – jy kan ook die murgpampoentjies vervang met eiervrug
500 g kersietamaties, gehalveer
400 g gnocchi
¼ koppie olyfolie
1½ teelepel sout
¼ teelepel varsgemaalde swartpeper
5 blare basiliekruid
¼ koppie verkrummelde feta
Meng al die bestanddele saam in ’n mengbak – behalwe die basilie en feta.
Versprei dit egalig oor ’n oondpan of twee.
Plaas onder ’n oondrooster tot alles sag is – ongeveer 25 minute.
Verwyder uit die oond en druk die knoffelhuisies uit in die pan – pasop, dit is warm. Druk die knoffel fyn en meng deur alles.
(foto: Micheile OlivieStrauss)
No comments :
Post a Comment