Mirepoix is ’n Franse woord vir ’n mengsel van fyngekapte groente, tradisioneel ui, wortel en seldery, wat as basis in sop, bredies en souse gebruik word. Die mengsel word gewoonlik in botter of olie gekook op lae hitte sonder daarom te kleur of verbruin.
Mirepoix au gras word gemeng met vleis, gewoonlik ham of spek.
Mirepoix kan ook as garnering gebruik word.
As jy nie seldery wil gebruik nie kan jy vinkel as ’n plaasvervanger oorweeg.
Die verhouding is 1 koppie ui vir ½ koppie elk van die ander.
Sout dit dadelik as jy die groente in die pan gooi.
No comments :
Post a Comment