Hierdie is die basiese Franse resep vir wortels; hulle kan bedien word met kruie, in room geprut, of gemeng met ander groente.
Hierdie resep is genoeg vir 6 persone.
BESTANDDELE
250 g wortels, geskil en in kwarte gesny
1 eetlepel suiker
1½ koppie water
1½ eetlepel botter
½ teelepel sout
'n Knippie peper
STAPPE
Bring die wortels in ’n kastrol tot kookpunt saam met die suiker, water, botter en sout.
Bedek en kook stadig vir 30 tot 40 minute of totdat die wortels sag is en die vloeistof verdamp het.
Proe vir sout en peper.

No comments :
Post a Comment