Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/30/2008

Bier

Kos en drank is so inmekaar geweef dat ´n mens amper nie van die een kan praat sonder die ander een nie. So met soeke na onderwerpe om oor te skryf het ek afgekom op ´n baie interessante feit. Die oudste resep wat nog gevind is, is sowat 5 000 jaar oud en is gevind op ´n Egiptiese tempelmuur.

Sowat 10 tot 15 000 jaar gelede het mense begin om van hulle nomadiese bestaan af weg te beweeg. Hulle het toe met graan begin boer. Daar word beweer dat die Sumeriane die brou van bier per ongeluk uitgevind het. Sumeria is sover ek kon vasstel in die huidige Irak.

Volgens die "Hymm of Ninkasi", wat eintelik ´n resep vir bier is, het die mense brood gebak en dit verkrummel. Die verkrummelde brood is dan in water gegooi waar dit dan ´n pappery van brood en water gevorm het. Hierdie pappery het dan in ´n drankie verander wat mense 'exhilarated, wonderful en blissful' gemaak het. Na ´n paar Castle's kan enige iemand seker 'wonderful' en sterk wees.

Koning Hummurabi het ´n wet uitgevaardig dat almal volgens hulle stand in die gemeenskap ´n daaglikse rantsoen van bier moet ontvang. Gewone werkers het 2 liter ontvang, regeringsamptenare 3 liter en administrateurs en priesters het 5 liter bier per dag ontvang. As ek nog nooit ´n motivering gesien het om beter te doen in die lewe nie het ek nou die rede gesien.

Oral oor in die wêreld het mense gefermenteerde dranke gemaak van mielies en kameelmelk. Die word bier kom van die Latynse word bibere wat beteken 'om te drink' en in Spaans het die woord Cerveza sy oorsprong van die Griekse godin van landbou, Ceres.

Bier is sowat 800 voor Christus gebrou in Duitsland. Daar is geglo dat die daaglikse gebruik van bier ´n mens se gesondheid en lewensverwagting verbeter. Daar is ook geglo dat bier siektes verminder en dat dit die hongersnood voorkom.

Tot in die middle eeue was dit die vrouens se taak om brood te bak en bier te brou. Maar toe begin die kloosters om bier te brou. Hier het veral die kloosters in Nederland en Belgie aan die voorpunt gestaan. Hoe meer bier die klooster gebrou het, hoe minder het die vrouens gebrou.

Aangesien dit in die kloosters gebrou is, is dit seker nie verbasend dat die drink van bier nie beskou is as ´n breek van die vastydperk nie. Monnikke het in daardie tyd 5 liter bier per dag gekry om te drink. Party werke lyk my het ook hulle voordele.

So deur die eeue heen het die brou van bier en die metodes net van krag tot krag gegaan. Wat my egter verbaas met al die feite is dat dit welbekend is dat die Duitsers hoë kwaliteit bier het en die grootste bierdrinkers in die wêreld is, maar ons in Suid Afrika sit met die grootste brouery ter wêreld.

So dames indien julle mans ´n bier drink onthou net hy doen dit vir jou. Hy probeer net om sy gesondheid en lewensverwagting te verbeter.

- Frik Lombard

2 comments :

  1. Kelly Karna9/2/11 11:02

    Hi daar

    Ek is opsoek na ‘n hopbier resep

    ReplyDelete
  2. Anonymous13/9/12 18:10

    Hi ek is op soek na n hop bier resep asb

    ReplyDelete