Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/06/2008

Geroosterde pynappelsop / Roasted Pineapple Soup

Hou my vas korporaal! Hierdie sop is 'n geskenk van die gode. Laflie!

2 pynappels
250 ml strooisuiker
850 ml water
2 stukke suurlemoengras, gekap
1 lemmetjieskil, gerasper
2 vanielje peule

Rooster die pynappel net so met die skil aan, geprik natuurlik, vir een uur.
Smelt die suiker saam met 100 ml water tot dit begin karameliseer.
Skil en kap die pynappel, meng dit met die res van die water en voeg alles saam met die suikermengsel. Voeg die suurlemoengras, lemmetjieskil en vanielje by. Bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte en laat afkoel en plaas in yskas.
Verwyder die vanielje en suurlemoengras voor opdiening.
Bedien dit saam met roomys.

No comments :

Post a Comment